{ARGIEF}

Vir my is en was roeping nog altyd een van die belangrikste woorde in my woordeskat. Ek dink baie oor my eie roeping en probeer my lewe daarvolgens inrig- in kort is dit hoe ek verstaan wat gehoorsaamheid beteken en waaroor integriteit gaan. Ek het nog altyd gedink ons bestaan behoort gedefenieer te word deur iets groter as onsself.

Ek is die afgelope tyd gedwing om dieper hieroor te dink- dit is nou al ‘n geruimte tyd wat ek ernsitge vrae het oor die manier waarop ek oor roeping dink. Ek het tot die slotsom gekom dat my denke hieroor meer gevorm deur my westerse kulturele erfenis as my geloof in God- ek fokus daarom genieg om te veel op ‘n bepaalde uitkoms te fokus.  Min of meer al my nadenke gaan oor die vraag of ek reg verstaan wat die inhoud van my roeping moet wees en of ek effektief is in die uitleef daarvan. So op my manier was ek nogal redelik gehoorsaam aan hierdie ideologie van effektiwiteit.

Toe ek onlangs Gabriel Fackre se boek The Church Signs of the Spirit and Signs of the times (Eerdmans 2007) begin lees, was ek onmmiddelik geinteresserd in wat hy noem die vermoe om die tekens van die tye te kan lees.  Om te kan onderskei nie net oor wat ons roeping is nie, maar oor wanneer die tyd ryp is. Ek moet se dit voel vir my ek het geen tools om hierdie onderskeiding te doen nie. Hoe weet ‘n mens wanneer die tyd reg is? Terloops horlosies is die laaste tool wat hiermee help, glo my ek het probeer! Om die tyd te kan lees moet jy op ‘n manier afstand kry op jou besig wees in die tyd.

In die tyd kry ek ‘n foto van Jannie Hougaard- ‘n kollega-vriend van die Overberg wat met foto’s sy verwondering oor God verbeeld.  Die foto is is tydens hulle vakansie in Tanzanië geneem by die Manyarameer. Die lugspieëling ( sien foto hierbo) het hom die volgende gedig laat skryf:

Kontemplasie

daar
waar die lyn
tussen bo en onder
verdwyn,
wil ek talm en kalm in U bestaan opgaan

Ja ek glo dat God mense soos ek en jy roep, ek glo dat God, Vader-seun en Gees nou soos wat ek hier sit en tik op ‘n unieke manier besig is, en dat alles wat ek kan ervaar. of oor dink, deurdrenk is van die energie van die Gees. Ek weet die Gees is die bron van energie.  As ek Jannie reg verstaan moet ek kan opgaan in daardie energie- vanuit daardie bron leef.

Om die tyd te leer lees sal dan  begin by kontemplasie, by stil word, gaan stap, musiek luister, niks doen, nutteloos wees en wag …om meegeneem te word deur ander energie as my eie. Om hierdie vreemde energie dan te begin volg sonder dat ek noodwendig weet waaheen dit my neem.

As westerling is ek grootgemaak met die mantra: menswees gaan oor produktief wees, produktiefwees gaan oor besigwees, hoe besiger ek is hoe meer is ek mens. Om hiervan om te keer  is ‘n moeilike een…ek is besig(sic) daarmee, maar as ek so om my kyk sien ek net besige dominees en gemeenteleiers met DVK’s wat wonder of hulle besig genoeg is…of kyk ek verkeerd?

Frederick Marais

Kontemplasie - Jannie Hougaard