{ARGIEF}

Ek moes hierdie afgelope 6 maande heelwat lees oor kultuur in gemeentes en moes saam met Leon Venter ‘n kursus hieroor doen waar ek baie geleer het. Ek  het tot ‘n paar ontdekkings (sommige bekerings) gekom hieroor.  Anders gelees probeer ek maar eintlik sê dat ek in my vorige lewe heelwat nonsens gepraat het oor kultuur in gemeentes – so neem hierdie ook maar as soort van ‘n belydenis.

Prosesse wat nie inpakteer op die skepping van ‘n nuwe kultuur in die gemeente nie, maar alleen fokus op die transaksionele strukture en bedieninge is gedoem om te faal. Kyk gerus na die skema van die driehoek in die dokument oor prosesbegeleiding wat dit goed demonstreer. Dit is eers wanneer ons instaat is om inpak te maak op die kultuur van ‘n gemeente wat die vernuwing volhoubaar word.

  1. Die kultuur van ‘n gemeente is nooit staties nie maar altyd ‘n dinamiese dialogiese proses waar die gemeente basies in gesprek is met die konteks en die hele tyd besig is om dinamies te reageer op die uitdagings van die konteks. Soms beland ‘n gemeente egter so op ‘n eiland- geisoleerd van die heersende kultuur- dat die gemeente haar vermoe verloor om met die mense van daardie gemeenskap te kommunikeer. Die is dan wanneer die heerdende kultuur in die gemeente toksies raak en die sisteem vergiftig. Die waarheid is dat toksiese sisteme niks het om te verloor nie en dikwels al hulle energie spandeer aan oorlewing en meeste van ons uitoorle daarin. In sulke tye onstaan kultuur-entropie.
  2. Om ‘n kultuur te beveg is gewoonlik kontraproduktief. As leiers die kultuur van die gemeente sien as hulle vyand wat hulle moet beveg, is die reaksie in die gemeente ‘n verharding en ‘n verskansing van die kultuur. Wyse leiers beveg nie ‘n kultuur nie, maar transformeer dit deur waarderende begrip en kritiese refleksie. Ek moes al dikwels in konferensies oor gemeentevernuwingt luister na onsinnighede soos : Sacred cows make the best steak- na jare het ek ‘n antwoord hierop- You are welcome but you will be the 3rd seak they eat!
  3. Die meeste goed wat geskryf word oor die kultuur in gemeentes is baie teoreties deur mense wat nie noodwendig ‘n evenageliese tranformasie motief het nie, maar op ‘n afstand hieroor wil reflekteer. Ons het hierdie teoretiese aanpak nodig maar ek voel dinkwels na die lees van die boeke- dankie maar hoe nou verder as ek dink die evangelie daag my gemeente se kultuur uit om te transformeer.  My heel eerste boek hieroor, James Hopewell Congregations stories and structures, het my so onvergenoegd gelaat- nadat ek nou die 4 genres kan identifieer, wat maak ek nou hiermee as leier in die gemeente. Ons moet eenvoudig verder waag en praat oor hoe ons as leiers kan inpakteer op die kultuur van die gemeente.
  4. H Richard Niebuhr se klassieke werk Christ en Culture help ons om te verstaan dat die transformasie van die kultuur nie noodwendig die enigste opsie is vir die leierskap in ‘n gemeente nie- soms moet daar oor bevestiging in tye van chaos plaasvind bv. Die Evangelie en Transformasie is nie sinonieme nie- aan die anderkant is suiwerheid en instandhouding  ook nie altyd sinonieme nie.
  5. Daar is 4 leierskap uitdagings in kultuurskepping
    die skep van ‘n ko-hirente  taal(of narratief) die teologiese uitdaging
    die bewusmaking en verantwoording tov kernwaardes die leierskap uitdaging
    die in-oefening van nuwe gedrag die uitdaging van die leier as afrigter
    die be-oefening van nuwe gewoontes die uitdaging van gemeenskapskepping
  6. Lesslie Newbigin se stelling dat die westerse kultuur, veral soos wat dit belag gekry het in die moderne era,  die mees weerstandige kultuur teenoor die kernwaardes van die evangelie is- het my geweldig baie gehelp om in die blindkol van ons/my eie kerkultuur te verstaan. Daar is op baie diep kultuurvlak in gemeentes wat orienteer aan hierdie westerse moderne kultuur, weerstande teen die evangelie wat ons eenvoudig in die oe moet kyk.
  7. Ons ontdek ons kulturele blindkolle die beste wanneer ons in dialoog is met gemeentes en christene van ‘n ander kultuur. Hierdie proses is ‘n proses van geloofsonderskeiding wat ten beste werk as ons ons besig hoe met vrae oor God en nie vrae oor die kerk nie.
    Die Christendom se erfenis is gemeentes met ‘n kultuur van bewaring eerder as ‘n kultuur van verwondering en daarom sal soveel mense uit die post-christendom in hulle kontak met ons ervaar dat ons met die instandhouding van die kerk besig is en nie met God nie