{ARGIEF}

 

 ONS DINK NA

 * Die opgewekte Here leer sy volgelinge gedurende 40 dae waaroor Sy Nuwe Lewe vir ons gaan. En dan volg hulle respons!! Dink goed na; gebruik jou verbeelding – hoekom het hulle so reageer? Hoe is jy deel van die reaksie?

 

* Maar,  Jesus het duidelik geantwoord: Julle mis die punt heeltemal. Maar julle sal krag ontvang. Hoe verstaan jy hierdie ‘krag’?  Luister weer goed in watter konteks Jesus dit sê en hoe dit sy navolgers persoonlik geraak het?  En vir jou?

 * Hoe verstaan jy die opdrag: Gaan getuig in Jerusalem, Judea en tot die uiterste van die wêreld?

* Hoe pas Jesus se Hemelvaart in sy krag-antwoord in vers 8 in?

 * Is daar dalk iets anders wat jou in hierdie Hemelvaart-verhaal direk geraak het?

 ONS ANTWOORD GOD IN GEBED

 * Vra die Here om jou goed te laat onderskei wat Hy eintlik in die verhale vir jou wil sê?

 * Dank Hom dat Hy jou oë/hart oopgemaak het om te hoor wat sy ‘krag’ in jou lewe in die verband beteken?

 

* Dank Hom dat Sy krag jou totaal verander het om van Hom, wat die hele wêreld in jou en rondom jou omskep het, oral en altyd te getuig?  

 * Dank God dat dit alles waargemaak is in Jesus se Hemelvaart? Vier dit deur Ps 47 en Ps 93 hierdie week herhaaldelik te bid?

* Bely:  Jou siek neiging om net jou eie ‘koninkrykie’ te bou; jou traagheid om ‘n getuie vir Christus te wees – alles net in sy krag!

 

ONS VOLG JESUS DIE OPGEWEKTE HEER

 * Wees prakties: Moenie huiwer om oral en altyd van Christus te getuig nie. Petrus die verraaier het dit dadelik begin doen. Paulus die moordenaar het ook!

* Bespreek met vriende en familie hoe God jou Self vat om vir Hom te getuig – selfs al skop jy meestal teë?

 

ONS KINDERS

 Deel die verhaal van Jesus se Hemelvaart met jou kinders. Sê vir hulle hoe belangrik dit in jou lewe is – netso belangrik soos Kersfees en Pase.

  6-11 Mei  2013

Karlien Geldenhuis oor die Weeklikse Riglyne

 

“Karlien Geldenhuis in Livingstone draai nie doekies om as mens met haar gesels nie. Só het ek haar leer ken. Sy is ‘n regte jongmens van ons tyd. Sy is vir seker ‘n gelowige. Die lewe maak vir haar saak. In haar werk het sy met media-goed; fotografie ens. te doen. Sy kyk dus bietjie skerper as ons gemiddeldes na dinge en sy geniet haar werk.

 

    Ek wil graag by haar weet hoe werk die Weeklikse Riglyne wat bedoel is om ons te help om saam na God se Woorde vir ons te luister. Hulle kleingroep kry dit ook. Sy huiwer nie: “Die kleingroep werk nie regtig nie en die Riglyne werk ook nie eintlik vir my nie, maar ons sal weer in die groep praat”. Klaar hieroor gepraat en dis duidelik! Dis lekker om met so ‘n mens te doen te hê!

Lees meer …