{ARGIEF}

Voor in die Positiewe Ouerskap handleiding is die volgende aanhaling:

“I was a wonderful parent before I had children.
I was an expert on why everyone else was having  problems with theirs.
Then I had one of my own…..”

(bron onbekend)

So liewe ouers: “Welcome to the club”.
Ons worstel vandag almal met baie onsekerhede, maar ons het geleer as
ons saam worstel kom ons nogal by wonderlike onverwagse plekke uit. 
Daar is beslis hoop.

Vir eeue was die outokratiese ouerskapstyl
algemeen aanvaar as die “regte” styl. Ouers het presies geweet hoe
kinders hulle behoort te gedra en hulle sukses is gemeet aan hulle
kinders se gehoorsaamheid. Tye het egter verander en ouers vind dat
hierdie styl nie meer so gemaklik werk nie. Dr Haim G Ginott het reeds
in 1956 begin om ‘n ouerskapsbenadering te bepleit wat gegrond is op die verhouding tussen ouers en kinders. Hierdie “deelnemende” benadering
is dié waarby positiewe ouerskap aansluit. Dit is ook ‘n benadering
waarby Christene geredelik aansluiting vind, want ons verhouding met
ons hemelse Vader is tog die wesentlike van ons godsdiens.

Positiewe
Ouerskap of POSPAR soos wat dit in die volksmond bekend staan, maak nie
daarop aanspraak dat ‘n oplossing aangebied word vir elke probleem wat
ouers ondervind nie. Ek het egter die voorreg gehad om hierdie pad met
honderde ouerpare reg deur ons land te loop en ek het gesien hoe hulle
lewens verander.  Omdat ek dit al oor meer as ‘n dekade doen kan ek
sien watter verskil dit in daardie kinders se menswees maak. Kinders
van deelnemende ouers word selfstandige jong mense wat eie keuses kan
maak en waardes maak vir hulle baie saak.

Die POSPAR
help wel ouers om ontslae te raak van ‘n hele klomp onsekerhede omdat
hulle gehelp word om ‘n breë ouerskap siening (wat goed werk) te
ontwikkel. Hulle leer oa om meer effektief te kommunikeer. Daarom
verander die gesindheid in die huis, kinders voel beter oor hulle ouers
omdat ouers hulle gevoelens in ag neem en na hulle luister as hulle
praat.. en so sou ek kon aangaan.

Nou kan ons
deur middel van die nuwe tegnologie ‘n gemeenskap vorm op die internet
waar ons ons vrae kan vra en mekaar help om vol te hou met die
beginsels van deelnemende ouerskap.  Ek sien baie uit daarna dat julle julle vrae vra, vertel van suksesse wat julle gehad het, boeke wat julle gelees het ens.

Tot volgende keer