Suid-Afrika en Afrika se toekoms lê in harde werk, kreatiwiteit, kennis en deursigtigheid.

Written by Frederick on . Posted in Preekstudies

So het die getal Nigeriërs wat onder die armoede-lyn leef vermeerder vanaf 19 miljoen in 1970 tot 90 miljoen in die jaar 2 000. In 1970 het die boonste 2% van die bevolking dieselfde inkomste gehad as die onderste 17%. Teen 2 000 was die inkomste van die top 2% gelyk aan die onderste 55%!

In dieselfde tydperk in China het die inkomste per capita sewevoudig vermeerder en sodoende 400 miljoen mense uit hul armoede gelig.

Die sleutel tot ekonomiese ontwikkeling bly private entrepeneurskap, waarvan sleutelelemente te doen het met produksie, die ontwikkeling van markte, valuta, besparings, verbeterde tegniese vaardighede, beleggingsgeleenthede en ekonomiese groei. Dít lei tot sekuriteit en “gemak”, maar ál meer mense in Afrika ervaar net mooi die teenoorgestelde. Hiervan vertel hongersnood, behuisingsnood, geweld en siektes die verhaal.  

Afrika het die potensiaal om ‘n indrukwekkende privaatsektor te ontwikkel, maar sukkel. De-industrialisasie is aan die orde van die dag, wat onderontwikkeling stimuleer. Beleggings ís daar wel, maar dit maak nie ‘n duik in hierdie onderontwikkeling nie.

En die gevolge?

  • Stabiele sosiale strukture en regeerders met geloofwaardigheid ontbreek. Daar vind ‘n uitvloei van kundigheid uit Afrika plaas. Die Wêreldbank skat dat daar jaarliks omtrent 20 000 gegradueerdes die kontinent verlaat.
  • Al meer geld word van die buiteland geleen om kortvalle uit te wis, met die gevolg dat Afrikalande se skuldlaste aan internasionale finansierders asook regerings oploop.
  • Met groterwordende skuldlaste word die toeganklikheid tot sekere Afrikalande deur ryk ontwikkelde lande net soveel makliker en word die ryk hulpbronne van Afrika al meer blootgestel aan buitelandse “uitbuiting”.

Wat erg teen Afrika tel, is die feit dat daar nie genoegsame instellings tot stand kom wat die belange van gewone burgers op die hart dra nie, asook ‘n gebrek aan leierskap wat Afrika in ‘n globale, voortdurend-veranderende omgewing, vorentoe kan vat.

Trackback from your site.

Leave a comment