{ARGIEF}

5 Februarie 2012 ~ Vyfde Sondag na Epifanie ~ 1 Kor 9:16-27

Is Paulus ‘n manteldraaier?  Of ‘n ja-broer? 

Of  demonstreer hy vir ons ‘n lewe van oorvloed teenoor ‘n lewe van skaarste?

‘n Lewe van skaarste verwag nie te veel van die lewe of van mense nie, selfs nie eens van jouself nie:  

Werk is ‘n noodsaaklike euwel en werknemers moet op ‘n kort lyntjie gehou word.  Verhoudinge moet tot jou voordeel wees, nog beter as dit ekonomiese voordeel is, en dit is beter om mense op ‘n veilige afstand te hou. Liefde en die waardes wat daaruit voortvloei, is ‘n stukkie gereedskap en nie ‘n leefwyse nie.

‘n Lewe van oorvloed is die teenoorgestelde van bogenoemde:

Die lewe is vol geleenthede om ontdek en benut te word. Mense is reisgenote wat mekaar wil ondersteun en aanmoedig eerder as om te gebruik of selfs misbruik. Nie jaloers, afgunstig of dominerend nie, maar vind vreugde in saamwerk en die ontwikkeling van mekaar.  Liefde en die waardes wat daaruit voortvloei is tot die opbou van mekaar en die gemeenskap.

Paulus demonstreer hierdie waardes wanneer hy bereid is om werklik met oorgawe by mense “in te haak” en saam te stap ongeag wie hulle is. Hy sien die groter prentjie raak – die oorvloed van God se liefde – en is nie bang om homself / gewoontes / standpunte daarvoor te gee nie.
Die leierskap wat Paulus hier openbaar word deur “Peak Leadership” beskryf as “new economy leadership” teenoor “old economy leadership”. In missionale taal kan ons praat van gestuurde leierskap teenoor instandhouding leierskap. 

Instandhouding leierskap (skaarste) werk na binne. Besluit van ‘bo’ af,  soms met dwang of hoogstens deur ander te koöpteer. Hou ander so afhanklik en hulle moet maar tevrede wees met die melkkossies waarvan Paulus per geleentheid praat. 

Gestuurde leierskap (oorvloed) wil potensiaal ontsluit en mense help om saam te besluit en saam te skep. Dit is ‘n uitbundige leierskap wat soos ‘n Paulus wil uitgaan, amper uit sy eie vel uit (die bekende) om ander te ontmoet daar waar hulle is. 

Paulus opportunisties, polities-diplomaties?
Nee.

Paulus dansend met die Drie-enige-God om ander ook so in te nooi.

(Gemeenskapsbegeleiding: Peak Leadership.  VBO kursus 7 – 9 Februarie 2012 op Stellenbosch

http://communitas.co.za/kursusse-2012-mobile/2566-7–9-feb–gemeenskapsleiding–peak-leadership-)

Pierre Goosen

Seisoen van Luister Powerpoint

Preekriglyn 1 in Argief

Preekriglyn 2 in Argief