{ARGIEF}

Daar is baie beter toepassings om meer getrou aan die konteks van destyds die skrifgedeelte aktueel en toepaslik in ons huidige konteks te maak.

Dit is die tema van rassisme of etnosentrisme. Eenvoudiger: om diversiteit te hanteer. Nog eenvoudiger: om verskille in kultuur en agtergrond te kan hanteer. Van die begin van Galasiërs hoofstuk 2 is dit aan die orde. Mens kan dalk sukkel om presies te weet wat Paulus in van sy kompakte sinne wil sê, maar, die Vader weet, ons in SA weet waarom dit hier gaan!

Dus: sonder om inhoudelik uit die preekstudie te herhaal: werk met Paulus se fokus op kultuur en etniese verskille tussen groepe en hoe om dit te oorbrug: CHRISTUS, genade! Vra jouself en die gemeente af: waarom draai ons lewe? Sokker? Jood (Afrikaner) wees?

Miskien kan u luister na die getuienis wat verlede Sondagaand oor Kruis en Dwars uitgesaai is (http://www.rsg.co.za/programme_klank_soek.asp?id=173)  Sondag 6 Junie 2010. Dit illustreer in terme van ons land en kerk ʼn les uit die kerk se geskiedenis goed verduidelik deur Andrew F Walls in The cross-cultural process in Christian History (2002, Maryknoll NY: Orbis). Die kerk het slegs impak en die Koninkryk word slegs sigbaar as gelowiges in navolging van Christus oor grense beweeg. Walls skryf:
A significant feature of the demographic and cultural shifts in the Christian centre of gravity is that each threatened eclipse of Christianity was adverted by its cross-cultural diffusion. Crossing boundaries have been the life blood of historic Christianity. The energy for these crossings has come from the periphery rather than the centre.
Wat, byvoorbeeld, met die Super 14 rugby-eindstryd in die Orlando-stadion in Soweto gebeur het, illustreer die saak waarom dit hier gaan, by uitnemendheid. As dit, van ʼn Stormer perspektief uit die Suide van ons land, met Blou-Bul ondersteuners in die Noorde kan gebeur, hoeveel te meer gaan die wêreld verander waar mense “saam met Christus gekruisig is” en iets van genade verstaan?

Jurgens Hendriks