{ARGIEF}

Drie-eenheidsondag – 30 Mei 2010 ~ Joh 16: 12 – 15

Jesus is nog besig met die laaste dinge voordat Hy “opvaar”.  Hy werp verhelderende lig op die persoon en plek van die Heilige Gees. As ons dink hoeveel spanning en verdeeldheid die verskillende vertolkinge van die Heilige Gees al veroorsaak het, kan dit ons help om fyn te luister na wat Jesus sê.

Dit is duidelik dat die Heilige Gees geen selfstandige God is nie. Hy sal “in die waarheid lei”, maar nie uit Homself nie. Hy sal net leer wat Hy ontvang het. Hieruit is dit duidelik dat ons kan praat van die Heilige Gees as die Gees van Christus. Daarom sal Hy, deur hoe Hy lei, Christus verheerlik en verteenwoordig. Om dus kerke en teologie te bou op die selfstandige verstaan van die Heilige Gees, is ‘n mistasting.
Om die (drie-eenheid) sirkel te voltooi word die Vader betrek, omdat Hy alles met Christus deel en aan Hom gee. Christus op sy beurt, deel dit weer met die Heilige Gees.

André Olivier

Seisoen van Luister Powerpoint

Geen verdere preekriglyne in Argief