{ARGIEF}

Derde Sondag van Advent ~ 12 Desember 2010 – Verder Geluister: Mat 11:2-11

Oor klere en geringstes, dié buitengewone deur die gewone, twyfel en moed, kaal  voete  en ubuntu …

“ … kyk, die wat deftig aantrek kry ‘n mens in koninklike paleise … Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie en tog is die geringstes in die koninkryk van die hemel groter as hy. Jesus in Matteus 11:8, 11

“Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe”- Matteus 3:4

“Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie en wie kos het, moet dieselfde doen” – Johannes die Doper in Lukas 3:11

“Our clothes styles can define us. It is like throwing everything off for a fellow human being” – Albie Sachs n.a.v. Barefoot Against Poverty

“… vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan my gedoen” – Jesus in Matteus 25:40

“ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het … behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes” – Loflied van Maria in Lukas 1:47-48, 53   

Ons wat uit die slym
berg en ster berym,
roep oor die borreling van die moeras
deur die eeue in ons sange,
toesang en teensange
op Hom die groot hosannas –  Paddakoor

D J Opperman se gedig, Paddas gee ’n verrassende blik op die Egiptiese paddaplaag en laat ons die paddakoor God se lof hoor. Die paddas verteenwoordig die nederiges, die eenvoudiges. God lê sy lof in die monde van die geringes (Cas Vos).

“Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het” – Jesus in  Matteus 11:25

Geringstes (die eenvoudiges, sogenaamd) het baie keer wonderlike insig wat nie deur boekkennis bekom is nie. In ons gemeente verras broers en susters met geen of weinig skoolopleiding, my met hul diep insig. Carlos Mesters van die Bybelinstituut in Brasilië het ‘n storie hieroor:

In ‘n dorp staan ‘n besondere huis wat aan die mense behoort. Hy is deel van die straat en sy deur is altyd oop. Die mense was tuis in die huis, het daar fees gevier, en soms gehuil. Eendag kom kyk twee geleerdes na die huis, en is so beïndruk dat hulle aanbly. Hulle ontdek ‘n hoekie met ‘n sydeur en rig dit in om ongestoord die geskiedenis van die huis te bestudeer.

Die mense bewonder die geleerdes vir hul ontdekkings, en kry groot ontsag vir die huis en die geleerdes. “In ‘n huis met so ‘n geskiedenis mag mens nie feesvier nie,” sê hulle, begin fluister en gebruik net die sydeur om die rumoer van die straat uit te hou. Hulle kom nou net na die geleerdes luister en vergeet dis hul huis, so dom en minderwaardig voel hulle.

Met ‘n storm waai die voordeur amper heeltemal toe. Die bietjie lig wat deur die skrefie inkom, word deur onkruid verdring. Dis donker daarbinne; die straat se lig skyn nie meer in nie. Die mense gebruik nou kerse en lampe, maar die kunsmatige lig verander die kleure. Die atmosfeer op straat verander ook. Daar was nie meer ‘n huis wat aan die mense behoort nie.

Jare later soek ‘n boemelaar slaapplek en sien toevallig ‘n deur wat op ‘n skrefie oop is. Hy stoot dit oop, stap in en is stomverbaas oor die ruimte. Gou word die huis ‘n toevlug vir dakloses, en ‘n paadjie deur die lang gras oopgetrap. Die skrefie word groter, en die son skyn weer in. Soos ‘n veldbrand versprei die nuus van die vonds, en raak die mense weer tuis in die huis.

Die een geleerde word verskriklik kwaad, bang die mense verniel die skatte daarbinne, dan is sy jarelange navorsing verniet. Brommend studeer hy verder. Sy medewerker sien hoe tuis die mense is, besef die sydeur het hom mislei en dat die toe voordeur die huis donker gemaak, en die straat leeg en verlate gelaat het. Hy gaan saam met die mense deur die voordeur, en ontdek wat hy gemis het. Hy kyk na die huis deur die oë van die mense rondom hom. “Alles lyk anders, terwyl niks verander het nie,” dink hy. Hy sit sy studies voort, maar doen dit waar die lig van die straat weer in die huis skyn en die mense tuis is. Hy luister na die mense en gebruik nie die wetenskap om hulle te beïndruk nie.

Gelowiges wat net in hul aparte hoekie beterweterig die wil van God wys en bewys verloor die hart van die Evangelie en in die proses hul ware identiteit in Christus. Die Bybel se deur is vir almal oop, ryk in interpretasie en verwondering. Gelowiges aan beide kante van die spoorlyn ontdek saam God se hart en bely in eenvoud hul afhanklikheid van Hom.

Dit moet tog nie gebeur dat ons dominees soos skrifgeleerdes van Jesus se tyd optree nie; dat Jesus sy Vader bedank dat sinodes, dominees en teoloë nie in staat is om God se wil te verstaan nie, maar “eenvoudiges”.

“Is U die een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?” –  Johannes die Doper se vraag via sy volgelinge aan Jesus in Matteus 11:3

Profete van die Here, volgelinge van Jesus, kan soos Johannes die Doper twyfel. Ek haal Christo Nel se artikel in w.w.w. woes.co.za/…/12596… aan:

God doen buitengewone dinge deur gewone mense …

As jy iets verstaan van die vroeg-Christelike gemeente se “teologie”, weet jy God doen buitengewone dinge deur gewone mense van vlees en bloed. Soos ‘n Paulus, of ‘n Petrus, of ek en jy.

Die geheim is dit wat Jesus daar in Hand 1: 8 geprofeteer het: “… julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees op julle kom, en dan sal julle My getuies wees …” As die gawes van die Gees genesings laat plaasvind, of mense bedien het met profetiese woorde, of met aangrypende Bybelse lering, het almal verstaan: dit was net God wat self hier besig was om mense te bedien! Moenie teen Sy tuinslange vaskyk nie!

Soms sien ek die “geestelike bewondering” waarmee mense na my of Hetta kyk as die Here deur ons werk, of as ons hulle vertel van die dinge wat die Here ons vra om in geloof te doen. Uit my ervaringe as predikant in ‘n tipiese tradisionele kerksisteem, weet ek hoe maklik mense jou op ‘n soort geestelike verhogie kan sit, asof jy anders is as hulle. Asof jy nie ook maar net gewoon mens is nie.

Hulle weet en sien nie altyd die gewone kant in jou lewe nie. Hulle is nie altyd daar as jy ook deur tye van twyfel en geestelike worsteling gaan nie. Hulle weet nie van al die trane en ure en dae van soek na God se hart as dinge om jou totaal onverstaanbaar lyk en gebeur nie. Hulle weet nie van die pyn en die prys wat julle in die stilligheid, daar waar niemand anders sien, betaal om gehoorsaam, beskikbaar en gelowig-vertrouend te wees as God julle daar tussen hulle wil gebruik nie!

Daarom is dit so belangrik om gereeld vir gelowiges ook hierdie kant van jou lewe as geestelike leier eerlik te wys en te vertel. Om hulle te help onthou: as God jou kan gebruik, kan Hy ook hulle gebruik om buitengewone dinge vir die koms van Sy Koninkryk te doen.

Dit is waarom Paulus so eerlik hieroor was in sy brief aan die gelowiges daar in die Griekse stad, Korinte. Hy weet baie van hulle het hierdie “swak-gewone-kant” in sy lewe gesien toe hy in 52-53 nC vir 18 maande tussen hulle gewoon en gewerk het. En dié wat dit nie gesien het nie, moes ten minste daarvan weet!

In 1 Kor 2:1 tot 6 bely hy dit in die volgende woorde: “Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. Die
boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.”

En in 2 Kor 6:3 tot 11 bely hy dit soos volg teenoor hulle: “Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie, maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood. Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen. Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar; as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie; as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. Ons het openhartig met julle gepraat, Korintiërs. Ons harte is vir julle wyd oop.”

Lees ‘n mens Handelinge 18, veral oor die tyd wat Paulus nog probeer het om sy Joodse oud-landgenote in die sinagoge te bedien, is dit duidelik dat dit soms “nag” vir hom was. Hy het soveel moeilikheid, teenkanting en beledigings van alle kante gekry dat hy gevoel het om op te hou.

Soveel so dat ons hoor hoe Lukas daar in Handelinge vertel dat dit nodig was dat die Here self Paulus moes kom bemoedig het een nag in ‘n gesig met die woorde: “Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My.” (Hand 18:10 en 11)

God moes vir hom kom sê: Toe maar. Ek is by jou. Hou jy maar net aan vir solank Ek vir jou sê om aan te hou.

God gebruik gewone mense. Hy rus gewone mense toe met bonatuurlike gawes en krag deur Sy Gees. Om hulle te gebruik om bonatuurlik deur en in hulle lewens te werk onder mense. En dit is nie beperk net tot ‘n sekere groepie uitverkore witbroodjies van God se mense nie. Nee, dit is Sy hart vir al Sy mense.

Ons is bedoel om net tuinslange te wees waardeur Sy krag, genade, genesing, lering, profesie en bemoediging kan vloei. Kom jy naby genoeg aan die tuinslang, sal jy gou genoeg al die fyn barsies, dowwe kolle en foute sien. Wat jou maar net herinner om asseblief nie hierteen vas te kyk nie! Hou jou oë liewer op die wonderlike God wat deur elkeen van ons iets van Sy heerlikheid kan vertoon!

“… Hy wat na my kom, is my meedere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie” -Johannes die Doper oor Jesus in Matteus 3:11

Albie Sachs gets behind Barefoot Against Poverty
www.mg.co.za/article/2010-11-29-albie-sachs-gets-behind-barefoot-against-poverty

The 75-year old human rights activist kicked off his Crocs, and the minute his feet touched the ground on the fan walk to the Cape Town Stadium, he felt humbled.

Retired Constitutional Court judge Albie Sachs admitted he initially felt awkward about taking part in the Barefoot Against Poverty campaign, but he said he simply could not say no as it had the support of The Elders.

Considering the eminence of the independent group of global leaders, brought together by former president Nelson Mandela, the celebrated South African agreed to stroll barefoot down the fan walk to publicise the world-wide campaign, which takes place on International Human Rights Day on December 10.

“At first I felt a bit awkward about the whole thing. The idea is that people who have shoes should take them off to remember those who haven’t got shoes,” he said. “I must say the minute I took my shoes off — I was wearing Crocs — and my feet touched the ground, I felt the tar and it was terrific. It was like I had direct contact with the world. It was not a false mimicking of the poor. It was just the sense of aligning myself with all humanity with this notion of going barefoot.”

Sachs was interviewed in a homely bungalow in Clifton, where he is staying while his house is being built. With the glorious backdrop of white sands and turquoise water behind him, poverty seems far away. But in the carpark, a homeless couple are sleeping rough on the tarmac, and carguards descend for tips. Sachs acknowledged poverty is all around us. “Poverty does not hide away because it is a reality,” he said. “And when we see it, we can help.”

Humble yourself
Walking barefoot was a form of humbling himself, said Sachs, and he hopes the idea will catch on. At noon on December 10, people around the world are being asked to take off their shoes and walk around the block or even around their office. People are also being encouraged to make a video or take photographs, and upload them on to the website www.barefootagainstpoverty.org

“Our clothes styles can define us. It is like throwing everything off for a fellow human being,” said Sachs.

Sachs said he had enjoyed the barefoot experience and taking a stroll down the fan walk, which had evoked wonderful memories of the World Cup held in a joyous South Africa.
Touching the ground also brought back memories of the years Sachs spent in forced exile in Mozambique, where he worked as a law professor and legal researcher. He thought of the “barefoot” doctors and lawyers who lived there at the time, so-called because they did not have all the paraphernalia to do the work. But Sachs said they had direct contact with the communities, which meant they still did a great job.

Ubuntu
In 1988, Sachs had experience of the powers of healing in Maputo when a bomb, placed in his car by South African security agents, blew up. He lost an arm and the sight in one eye during the bombing.

Surviving against the odds, Sachs is today as busy as ever, writing and travelling locally and abroad to give talks on his experiences under apartheid. As an African National Congress (ANC) member and advocate defending people in repressive times, he was persecuted by the security police and spent 168 days in solitary confinement without trial.

In the South Africa of today, Sachs said there were still tremendous disparities between rich and poor in South Africa, but there was a vast middle class with access to resources, and people could still make a difference by spreading ubuntu to those around them.

The South African principle of ubuntu speaks particularly about the fact that you can’t exist as a human being in isolation. Rowena McNaughton, media officer for CIVICUS, the World Alliance for Citizen Participation which is helping organise the event, said that in South Africa, around seven-million children do not have access to shoes. So like Sachs has done, kick off your shoes, and feel humbled.

For more information, go to www.barefootagainstpoverty.org/

Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister Powerpoint

Preekriglyn in argief