Tweede Gedagtes: Hand 4:5-12

Written by Admin on . Posted in Verder geluister

Sondag 3 Mei 2009 – Arbeidsondag

Ons sit Christus se werk as Profeet, Priester en Koning in ons werk voort

Werk neem ’n belangrike plek in ons lewens in. Dit neem ’n groot gedeelte van ons wakker-ure in beslag. Dit wat ons verdien deur ons werk, bepaal watter soort bestaan ons kan voer. Die soort werk wat ons doen en die soort mense met wie ons in ons werk te doen het, druk ’n stempel af op ons persoonlike identiteit. – Etienne de Villiers

ORA ET LABORA –BID EN WERK

Dit is Arbeidsondag. ‘n Preek oor werk is gepas. Wat sê die evangelie – die goeie nuus van God se verlossing in Jesus Christus – oor werk?

Hier is ’n paar  knelpunte waarmee ons moet rekening hou wanneer ons oor werk preek:

  • Dit is nie altyd so maklik om ’n Christen by die werkplek te wees nie. Die waardes wat daar geld, mag in stryd met ons Christelike waardes wees. Dit is daarom gerieflik om nie kerk met werk te meng nie. Waarskynlik wil mens juis in die kerk wegkom van die stres by die werk.
  • Weens die wêreldresessie, rasionalisering, regstellende aksie, meganisering ens. is arbeidonsekerheid en werkloosheid onder lidmate – ook in gegoede gemeentes – ’n groter werklikheid.  
  • “Aangesien status in die samelewing ook ten nouste korreleer met die posvlak wat beklee word en die salaris wat verdien word, hou werkloosheid besonder negatiewe konsekwensies vir ‘n persoon se status en ook selfbeeld in” (De Villiers).
  • Die groot gaping tussen ryk en arm, hoogs besoldigdes en laag besoldigdes, is kommerwekkend. Dit skep spanning tussen die bestuur en die werkers.
  • Bedrog en korrupsie is aan die toeneem en die volhoubaarheid van die natuurlike hulpbronne, is aan die afneem. Seksuele teistering by die werkplek kom meer na vore.
  • Die emigrasie van kundiges laat leemtes by die werkplek.

Dis nie maklik om oor werk te preek nie. Eddie Orsmond skenk heelwat aandag in sy besonder deeglike preekstudie oor die uitdaging wat Arbeidsondag aan Christene stel. Ek hoop hierdie tweede gedagtes komplimenteer sy preekstudie.

Die prediking oor werk behoort priesterlik, koninklik en profeties van aard te wees (De Villiers in sy notas van “Prediking oor werk”). Dit sluit aan by Coenie Burger (“Waar is Jesus vandag as ons Hom nodig het?” in Kruisgewys Februarie 2008) en klop met Eddie Orsmond se slotopmerking in sy preekvoorstel van die teks.

Vers 12 rig die preek:
Christus is Verlosser en Heer van ons hele lewe, waarvan werk ‘n groot deel van ons dag uitmaak. Sy verlossing beïnvloed ons daaglikse handel en wandel. Hy is die lewende Here wat vandag nog onder ons leef en werk. Hy sit sy werk as priester, profeet en koning daagliks onder ons voort (Burger).

  • Die werk as priester is troostend en genesend. Lidmate soek waarskynlik nie nog meer werk omdat hulle Christene is nie. Hulle het genoeg stres en wil juis ontslae raak daarvan. Begrip hiervoor, maar veral die begrip vir en deernis met werkloses kan in die preek duidelik aangespreek word. Christene gee om vir ander mense.
  • Die werk as koning is oorwinnend. Lidmate leef op alle lewensterreine ’n oorwinnende lewe as Christen. Ons kan soos konings die sonde en negatiewe in die werkplek oorwin (De Villiers). Werk het onder andere ’n  geloofsbetekenis (gawes en geleenthede wat God gee; werk is God se  roeping aan die mens). Onaangename werksomstandighede kan daarom met ’n positiewe gesindheid benader word. Dit plaas ’n ander perspektief op betaalde en onbetaalde werk (werkloses verwys eintlik dat hulle inkomsteloos is en nie dat hulle nie werk nie). Ons het die verantwoordelikheid in ons werk om getrou aan die Christelike morele waardes te wees en dit in die werkplek te bevorder.
  • Werk as profeet is vernuwend. Lidmate kan deur kritiese betrokkenheid ’n bydrae tot vernuwing van die samelewing lewer. Ek herinner my aan ’n tuinwerker by ‘n gemeente jare gelede. Hy het ongeveer twintig jaar reeds die tuin van die pastorie en kerkgebou in stand gehou en het gesukkel om finansieel kop bo water te hou. Hy het eendag met die hulp van ‘n lidmaat op grond van Bybelse beginsels vir die saakgelastigde gewys dat hulle hom beter behoort te vergoed. Sy salaris was met 200% verhoog.

’n Paar ander gedagtes om oor na te dink:

  • Hay, ‘n ekonoom van die Universiteit van Oxford, stel voor “that the Bible has enough in it to make Christians rethink their behaviour in developing the market economy”. Hy hou agt beginsels vir Christene in ‘n markgerigte ekonomie voor:
  1. Humanity must use the resources of creation to provide for its existence, without wasting or destroying the created order.
  2. Every individual has a calling to exercise stewardship of resources and talents.
  3. Tied to the above is the responsibility to determine the disposition of resources. Every individual is accountable to God for this stewardship.
  4. Human beings have a right and an obligation to work.
  5. Work is the means of exercising stewardship. In work, humanity must have access to resources and should have control over them.
  6. Work is a social activity; human beings co-operate as stewards of their individual talents, and as joint stewards of resources.
  7. Every individual has a right to share in God’s provision for humanity for basic needs of food, clothing and shelter. These needs are to be met primarily by productive work.
  8. Personal stewardship of resources does not imply the right to consume the entire product of these resources. The rich have an obligation to help the poor who cannot provide for themselves by working.
  • Eddie Bruwer skryf dat die Tsonga-spreekwoord “Musemgo a nga langutiwi nonweni” (Jy kyk nie in die mond van die melkman nie) iets anders vir Westerlinge beteken. Die Westerse konsep van werk en vergoeding is op mededinging tussen werkgewer en werknemer gebaseer. Verder hou dit verband met maksimum profyt vir die werkgewer wat toegang tot kapitaal het en geregtig is tot die beskerming daarvan. Die melkman is nie veronderstel om die melk wat hyself gemelk het te drink nie. Dit is die reg van die eienaar van die koei om die proses van die begin tot die einde te kontroleer. Die Afrika- of “menslike” konsep word gebou op saamwees en om te deel. Daar bestaan ‘n gedeelde verantwoordelikheid en respek tussen werker en eienaar. Die eienaar van die koei respekteer die reg van die melkman om bloot sy aandeel te vat. Die werker het ‘n aandeel in die kapitaal. Bruwer beklemtoon die “menslike” dimensie in werk en reken dat “deelname en om te deel met ander” net so basies soos die realiteit van werk is.
  • In die Rapport van  20 Junie 2004 verskyn ‘n  artikel van my met die opskrif ‘n Kopskuif nodig oor ryk en arm. Ek haal gedeeltes daarvan aan:
    Daar is boonop fout met die ekonomiese stelsel se waardes. Kenners sê dit verwoes mense se lewe, verhoudinge en die omgewing. Die planeet se vermoë om mense te voed en te onderhou, gaan agteruit. Dit is veral te wyte aan gierigheid en aan die fel en genadelose wedywering om meer geld te maak.
    In haar boek It Doesn’t Have to Be Like This! – A New Economy for South Africa and the World – skryf Margaret Legum dat die postmoderne ekonomie terugkeer na die idee dat ekonomie ‘n menswetenskap en in diens van mensontwikkeling is.
    Clem Sunter skryf in die voorwoord van Legum se boek die sogenaamde derde weg moenie die mengsel van sosialistiese en kapitalistiese ekonomiese style a la premier Tony Blair van Brittanje wees nie. Wat nodig is, is ‘n sintese, iets heeltemal nuuts: ‘n ekonomiese stelsel wat op gewone, beskaafde menslike waardes gebou is en waar die gesondheid van gesinne en gemeenskappe en van hul omgewing voorrang geniet. “Begin met moraliteit en die heiligheid van die individu se lewe en laat dit na buite uitkring,” skryf Sunter.
  • Sonwabo Qathula se storie oor sy werk is inspirerend. Ek haal enkele gedeeltes aan uit Mail &Guardian van 24 Maart 2009:
    Man enough to wear an apron

    Sonwabo Qathula puts on his apron and starts peeling a pile of butternut, while a pot of rice boils on the stove next to him. The 50-year-old is preparing lunch for poor and orphaned children who attend a rural school in the Eastern Cape…
    Men caring for others is a relatively new phenomenon in South Africa and elsewhere on the continent. “In African society, it is seen as culturally incorrect to involve men in care. Men are seen as financial providers, whereas women are supposed to be the nurturers of the community,” said Godana. “Men don’t even take care of their own health. Going to the clinic is regarded as a sign of weakness, of being ‘not man enough'”…
    Qathula says he initially received derogatory remarks from other men in his community who questioned his manhood because he was doing “women’s work”…
    Over time, those who used to ridicule him have taken note of the positive impact of his work and started to show him respect… “People’s attitudes are changing. I get recognition from the school principal, the chief of my area and many men and women in my community,” said Qathula. “Being able to help people makes me proud and that’s what keeps me going.”
    http://www.mg.co.za/article/2009-03-24-man-enough-to-wear-an-apron

Sterkte met jou preekwerk!  
Pieter van Niekerk

Seisoen van Luister PowerPoint

Sien verdere Preekriglyne uit Leesrooster-argief

Tags: ,

Trackback from your site.

Leave a comment