Vroeg

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Iewers tussen slaap en wakker,
daar kom kry U my.
Dankie vir die impuls-wenke
wat U dan kom gee.
En later, in my oopoog denke,
gaan U altyd mee –
tot U my daar kry
waar U my wil hê: op-en-wakker.

Al is ek nog nie heel by,
is U heel by my;
begin U voorberei
en lei.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment