{ARGIEF}

Scharmer gebruik dan talle voorbeeld vanuit die praktyk van intervensies in besigheid om aan te toon hoe bepalend hierdie blinde kol in leierskap is.  Hy som dit op:  “The blind spot at issue here is a fundamental factor in leadership and in social sciences.  It also affects our everyday social experience.  In the process of conducting our daily business and social lives, we are usually well aware of what we do and what others do; we also have some understanding of how we do things, the processes we and others use when we act.  Yet if we were to ask the question ‘From what source does our action come?’ most of us would be unable to provide an answer.  We cant see the source from which we operate; we arent aware of the place from which our attention and intention originate.”

Ek wil graag in ‘n volgende blogbydrae nadink oor Scharmer se denke ten opsigte van die toekoms as ‘n alternatiewe bron vir leierskap, maar ek wonder net op hierdie stadium hoe sy insigte oor die blinde kol ons kan help in gesprekke oor leierskap in gemeentes.  Ek sien baie boeke oor gemeentelike transformasie en leierskap wat fokus op die wat en die hoe, maar baie min wat erns maak na die vraag oor watter unieke bronne gemeentes beskik wat allesbepalend is vir hoe transformasie gebeur en leierskap beoefen word.  Selfs die van ons wat nog altyd krities was oor resepmatige benaderings tot gemeentelike transformasie en leierskap, en meer op prosesse begin fokus het, het dalk nie altyd genoeg “die blinde kol” vraag gevra nie.  Die uitdaging vanuit die oogpunt van gemeentelike kultivering is juis om te fokus op die “fertile topsoil” (soos Scharmer dit noem) waar die onsigbare en die oppervlak dimensies bymekaar kom.  Vanuit kulturele oogpunt is dit dalk ‘n krities belangrike vraag oor hoe ons toegang kry tot hierdie onsigbare dimensie van wat alles op ‘n fundamentele vlak gemeentelike leierskap vorm, en vanuit teologiese ooppunt hoe ons die rykdom van uniek christelike bronne waaroor gemeentes deur die eeue heen beskik kan ontgin as die bepalende “stof” van die “social fields” in gemeentelike leierskap en transformasie.  Om meer intensioneel hieroor te besin kan ons dalk dan ook help om nuwe maniere te vind wat die valse teenoorstelling van tradisie (bronne wat oor die eeue heen aan die kerk gegee is) en vernuwing (kreatiewe intervensies in gemeentes) oorkom.