{ARGIEF}

Stereotipering op grond van velkleur of ras was weer ‘n kern debat in die Amerikaanse nuus die afgelope paar weke nadat ‘n baie bekende African-American professor in African-American geskiedenis, Henry Louis Gates, in sy eie huis vir “disorderly conduct” gearresteer is deur ‘n blanke polisieman, Sersant James Crowley van die Cambridge Police Department (sien http://www.nytimes.com/2009/07/21/us/21gates.html?_r=1&scp=3&sq=henry%20louis%20gates&st=cse).  Daar is vinnig besluit om nie die saak teen die professor verder te voer nie, maar die debat oor rasse-stereotipering na aanleiding van die voorval het onmiddellik opgevlam.  Was dit ‘n geval dat die polisiesersant, nadat hy na die professor se huis uitgeroep is o.g.v. ‘n “wit” vrou (wat later blyk ‘n Latino vrou te wees) se 911 oproep dat sy twee “swart” mans (wat later blyk sy nooit so geidentifiseer het in haar 911 oproep nie) sien inbreek het by die huis, nie wou glo dat dit die professor se eie huis kan wees nie omdat hy swart is (sien Stanley Fish se blogbydrae hieroor by http://fish.blogs.nytimes.com/2009/07/24/henry-louis-gates-deja-vu-all-over-again/#more-791)?  Of was dit dalk ‘n geval dat die professor oorsensitief was en oorreageer het toe die polisieman maar net sy roetine pligte wou nakom om seker te maak van die professor se identiteit en dat dit inderdaad sy huis was?

President Obama het vinnig besef dat hy nie eintlik die debat help deur op ‘n hoofnuus mediakonferensie die Cambridge Polisiedepartement te beskuldig van “acted stupidly” nie, en was vinnig om die volgende dag sy swak woordkeuse uit te wys toe die gort gaar word in die media.  Soos dit dikwels die afgelope jaar of wat sy gebruik was wanneer hy besef dat hy ‘n fout gemaak het, het hy ook dadelik die telefoon opgetel en die Sersant gebel om persoonlik die saak reg te stel.  En toe die Sersant in die gesprek daarop sinspeel dat dit darem lekker sal wees om eendag oor te kom Withuis toe vir ‘n bier, het president Obama vinnig die geleentheid aangegryp om ‘n versoeningsgebaar te inisieer deur beide professor Gates en sersant Crowley oor te nooi sodat die drie van hulle saam ‘n bier kan drink (om nie eens te vertel wat ‘n debat dit afgegee het in die media oor watter soort bier nou eintlik gepaslik sou wees vir die geleentheid nie!).  Ons weet nie veel van die inhoud van gesprekke rondom bier in die Withuis se tuin nie, maar te oordeel na al drie se reaksies was dit inderdaad ‘n versoeningsgesprek waaruit almal iets wil leer ter will van die toekoms.  Die professor en die sersant gaan selfs binnekort weer op eie inisiatief bymekaarkom om self verder konstruktief hieroor gesprek te voer.

Terselfdertyd is daar die afgelope week ook uit Suid-Afrika ‘n berig oor ‘n swart Suid-Afrikaanse professor wat dikwels in sy verlede onderworpe was aan rasse-stereotipering.  Maar die slag vertel dit ‘n storie van hoe die professor onlangs op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat ‘n soortgelyk rol as president Obama probeer speel het.  Dit was net nie rondom biere nie, maar rondom ‘n pakkie chips.  Professor Jonathan Jansen, visie-Kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het blykbaar self die storie vertel by ‘n onlangse bekendstelling van sy outobiografie, Knowledge of My Blood: Confronting Race and the Apartheid Past (sien Lindy Mtongana se berig hieroor by http://www.sagoodnews.co.za/newsletter_archive/the_professors_teachers.html).  Hy vertel hoedat hy eendag op die kampus afkom op “twee depressiewe boerseuns” waar hulle besig is om te gesels terwyl hulle saam aan ‘n pakkie chips eet.  Hy besluit toe net daar om tussen die twee te gaan sit en saam te eet aan hulle chips.  Lindy Mtongana vertel die res van die storie so mooi dat ek dit eerder in haar woorde wil oorvertel:  “From sharing their food the Professor then invited the boys to share their thoughts about what he, as their ‘servant-leader’, should do for them.  ‘They didn’t say what most students say – bring the fees down and get better food in the koshuis. No, they simply said, without any anger, ‘”Please don’t force us to integrate”.  That statement hung in the air for a while, before Jansen added that it was a stark reminder of the fact that we are “a nation still deeply traumatised.”‘

Professor Jansen het blykbaar nie vertel wat sy reaksie hierop was nie, en nerens probeer hy maklike antwoorde gee om uiters gekompliseerde kulturele verskynsels soos hierdie te hanteer nie.  Hy worstel met die vraag, “why is it that Afrikaans children, who were but infants during the dying dies of Apartheid, hold the same pessimistic views about South Africa’s future and are as bitter about the present, as their fathers and grandfathers?”  As iemand wat self die slagoffer was van rasse-stereotipering, probeer hy luister en verstaan, en probeer ny met eerlikheid begrip toon vir die angstigheid rondom transformasie.  Soos die slag toe hy deur ‘n 17-jarige meisie by ‘n Afrikaanse meisieskool gekonfronteer was.  Lindy vertel:  “As Dean of Education, he was once invited to address a meisies hoerskool Grade 10 camp. After relaying the story of the Good Samaritan as a way to teach the group a lesson on crossing bridges, one of the girls raised a hand and said, “Well Professor I agree with what you say about crossing borders and stuff. But tell me this, how do I cross bridges toward someone who looks like the people who almost killed my sister and me a few weeks ago in a violent car jacking?” The question was honest and brave and Jansen didn’t know how to answer it. After much deliberation he finally answered her by telling them about a particular incident in his life. A young Jansen, 17 years old and already quite politicised, was walking to the shops when he was hit by a brick that came flying from the hands of a young white boy. He reacted by hitting the boy, whose father was an off-duty policeman. Jansen was thrown into the back of a police car and the boy’s father repeatedly beat and humiliated him – a memory that clearly haunts him even today. “So you see,” he tells the Grade 10 girl, “I too have this terrible knowledge of what happened to me, and all my life I have been struggling to cross this bridge toward people who look like you. And I must be honest it is very difficult. “And so all I can ask of you is that you try to cross the same bridge from the other side and maybe we will meet each other somewhere in the middle. For the sake of our country, we must at least try.” This moment, said Jansen, and others like it – moments of honesty and sharing with young Afrikaans children who in the end were battling the same fears as he – had changed his life. “I am deeply aware of how my encounters with young Afrikaans children have helped to make me more human, more tolerant and to deal with my demons. I was transformed by my white kids and am eternally grateful to them.”

Gemeentes behoort te verstaan wat president Obama en professor Jansen probeer doen het.  As gemeenskappe wat gereeld saam sit  rondom ‘n beker wyn en ‘n stukkie brood (ek wens baie keer dat dit in die NG Kerk meer gereeld kan wees!), behoort ons hierdie soort gesprekke rondom ‘n bier en ‘n pakkie chips te verstaan.  Gesprekke wat nie noodwendig maklike oplossings oplewer nie, maar gesprekke waarin begrip getoon kan word en respek kan ontwikkel.  Gesprekke waarin ons saam kan soek na maniere om ingewikkelde kwessies te hanteer.  As gemeenskappe wat leef van herinnering aan sovele Bybelse stories waar mense dikwels die opgestane Here kan herken wanneer hulle saam brood breek, sou ‘n mens wou dink dat ons die bier- en chips-gesprekke in ons buurte en gemeenskappe wou opsoek.  Ek is seker daar is baie kragtige stories hieroor… ek hoop gemeentes vertel dit sodat dit ander kan inspireer soos president Obama en professor Jansen se versoeningsgebare.