Communitas-samesyn

Written by Wilma le Roux on . Posted in Argief, Communitas Inligting, Ekklesia, Personeel, Taakspanne

Op Maandag 11 Julie toe die meeste van Communitas se personeel weer terug op kantoor was na ‘n lekker winterbreek, het die dames besluit om pannekoek te bak in die boonste kombuis en almal  in die gebou te nooi om te kom saamkuier  met lekker koffie en pannekoek. (Eintlik het Adrienne en Mathilda al die werk gedoen!) Amanda was so gaaf om ‘n yslike kaaskoek te organiseer, en skielik was daar ‘n fees waar twee nuwelinge verwelkom is (Pieter van der Walt wat op 1 Augustus as PSD:Navorsing aansluit en Isabelle Murray wat op 1 Junie begin het as Argiefbeampte); twee verjaarsdae gevier is (Amanda van Niekerk, 26 Junie en Peter Adams, 30 Junie) en die personeel van Communitas se verskillende afdelings saam met dié van Ekklesia, die Seminarium en die Argief kon kuier en mekaar beter leer ken, en sommer net die nuwe kwartaal en die lewe vier!
Hier onder is ‘n paar foto’s om dit uit te beeld: (kliek op Continue Reading) – elke foto se byskrif verskyn bokant die foto.

100 Dae

Written by Sharon on . Posted in Argief

Uitnodiging vir Die 100dae van Geestelike transformasie

Ons het met meeste van julle reeds oor hierdie program gesprek gevoer en rig daarom hierdie uitnodiging aan julle met vrymoedigheid.

Program in ‘n neutedop:

Ons wil ‘n omgewing skep waar predikante deur middel van ‘n struktuur van verantwoordbaarheid begelei word om ‘n nuwe lewensstyl van geestelike leierskap te ontwikkel. Die 100dae sal fokus op geestelike dissiplines, ‘n geestelike leierskaps-uitdaging, ‘n dieet en ‘n oefenprogram. Predikante sal in ‘n groep van ± 10 predikante wees wat mekaar verantwoordbaar sal hou tov keuses op bg drie areas van hulle lewe.

Disqus – nuwe kommentaar sisteem vir Communitas

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Communitas het ‘n nuwe sisteem om kommentaar te lewer.  Dit is – vir die tegniese lesers – die Superblogger uitbreiding wat die Disqus kommentaar sisteem gebruik.

Die voordele is onder andere die volgende:

  • Die webtuiste word daarmee baie meer interaktief .
  • Jy kan met jou sosiale netwerk naam hier inteken, en kommentaar lewer.
  • Die 5 nuutste artikels van die betrokke skrywer word gelys.
  • Die 5 nuutste tweets van Communitas word ook gelys.
  • Jy kan jou kommentaar ook na jou sosiale netwerk stuur.
  • Kommentaar kan op ander kommentaar gelewer word.
  • As jy ‘n avatar by een van die netwerke het, sal dit ook hier vertoon.

Ons hoop werklik dat hierdie nuwe uitbreiding tot meer interaksie sal lei:

  • Klik op die skakel “Comments and Reactions” aan die onderkant van elke artikel en skryf jou kommentaar in die ruimte wat dan aan die onderkant van die artikel oopmaak.
  • Kyk in die linkerkantse module op elke blad vir die nuutste 5 stukkies kommentaar op die webtuiste.
  • Ondersoek al die ander opsies wat op elke blad beskikbaar is.

Vir dié wat na die kommentaar (166 items!) in ons vorige sisteem wil kyk, het ons dit gerieflik in een artikel gekombineer.

Alle vorige kommentaar op die webtuiste in een artikel

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Jannie jy open ‘n baie interessante perspektief op die Pinkstergemeenskap van Hand 2 as ‘n waarheid-soekende gemeenskap wat voortdurend vrae vra in hulle soeke na die waarheid. Dit is interessant dat Timotius na die gemeente verwys na draers van die waarheid- en per implikasie nie besitters daarvan nie. (Sien ook die publikasie van BUVTON Draers van die Waarhedi)

In terme van die gestuurdheid van die gemeente is dit mi baie belangrik. ‘n Gemeente wat dink hulle besit die waarheid sal altyd geneig wees om ander te wil leer en oortuig tot hulle waarheid. Om die rede sal hulle gasvryheid tot vreemdelinge beperk wees. Vreemdelinge sal vir hulle ‘n bedreiging inhou omdat hulle dalk met ander perspektiewe kan inkom wat ons beskouing van die waarheid kan bedreig. Vreemdelinge kan binne hierdie raamwerk net verwelkom word indien hulle bereid is om te “bekeer” tot ons waarheid.

Gemeentes wat weet dat hulle draers van die waarheid is (per implikasie altyd soekend na die waarheid) sal gasvryheid as ‘n baie belangrike deug beskou omdat die vreemdeling in vir hulle ‘n bedreiding hoef in te hou nie. Soekers en draers van die waarheid sou vreemdelinge met ander perspektiewe kon sien as ‘n bron van inspirasie in hulle soeke na die waarheid.

Patric Comerford se blog

68 Saturday, 30 May 2009 12:36
Frederick
Chris
Ons gaan by ons boekwinkel kyk waar ons vir jou die boek kan opsoor. Intussen laat weet Quintus dat jy gerus kan kyk na Patric se blog Hier is die skakel http://revpatrickcomerford.blogspot.com/ en laat ons gerus weet wat jy daarvan dink

who cares…..titels is boring en irrelevant

69 Saturday, 30 May 2009 07:44
Chris J Steyn
waar kan ek van Patric Comerford se skrywes in die hande kry? Gebed is ‘n kuier by God en saam met God. Dis soos die gereelde kuiers wat Hy met die eerste mense gehad het – as die aanwind begin waai en Hy met hul gekuier….en toe hul agv sonde wegkruip, kom soek Hy in kuiertyd na hulle…as ek verdwaal raak in my eie of kerklike issues is dit nogal lekker om op die gereelde kuiertyd net te sit, waar ek ook al met myself en my twyfels is en wag dat Hy my sal kom soek. Ek weet net die kuiertye doen vrek baie om my weer terugkry waar ek “moet” wees.
Soek jy groei in jou gebedslewe? , Webmeester Communitas

Cederberge bring lof aan God

70 Friday, 29 May 2009 08:10
Ferdinand v Niekerk
Ek sal maar net vir my siel sê: Wees stil…doodstil…en buig laag…baie laag

Scott McKnight se klankbane

71 Thursday, 28 May 2009 10:34
Frederick
Tom ongelukkig is tegnologie en teologie nie twee dinge wat so gemaklik saamgaan nie so van die eerste opnames het nie gewerk nie- maar ons leer! Dankie vir die skakel na nog meer van Scott ek is seker dit sal goed besoek word. Kan ons ‘n skakel bou na jou webblad sodat ons meer met mekaar kan praat en by mekaar kan leer?
Dankie vir Scott McKnight se klankbaan
72 Thursday, 28 May 2009 10:18
Tom Smith
Dankie vir hierdie klank … Ek het van Scot McKnight se sessies op http://www.soulgardeners.com/2009/05/scot-mcknight-part-1.html ook geplaas. het julle van die ander sessies ook opgeneem?

Die Gees voer ons mee

73 Thursday, 28 May 2009 05:54
Chris van Wyk
Ek verteer steeds aan die insiggewende boek deur Michael Welker (red), The Work of the Spirit – Pneumatology and Pentecostalism (resultaat van ‘n konsultasie van die John Templeton Foundation oor “spiritual realities” in 2004 wat bydraes uit mainline kerke, Pentecostal en Charismatic bewegings en wetenskaplikes en filosowe betrek het)

James Dunn (Durham, waar NT Wright ook vandaan kom) skryf daar oor die Bybelse prentjie van die Gees (Towards the Spirit of Christ: The Emergence of the Distintive Features of Christian Pneumatology) en wys uit hoe ‘n dinamiese prentjie dit van die Gees teken.

Hy wys uit hoe die term ruach verskillende betekenisse het in die Ou Testament:
• wind, ‘n onsigbare, misterieuse, magtige krag wat baie keer aan die idee van krag en geweld verbind word;
• asem (wind op ‘n kleiner skaal!) of gees, dieselfde misterieuse krag wat ons waarneem as die lewe en vitaliteit van menslike lewe, wat geaktiveer kan word in ‘n sekere rigting, gehinder of onderdruk kan word en weer lewe gegee kan word. Dit is ‘n dinamiese lewenskrag wat by tye laag kan wees (dit verdwyn by die dood) of kan opbeur in ‘n skielike opbruising van krag.
• Goddelike krag of Gees waar iemand meegevoer word, nie net deur ‘n natuurlike opbruising van energie nie, maar deur ‘n bo-natuurlike krag wat besit neem, soos ons sien in die vroeë charismatiese leiers (Ehud, Debora, Gideon, Jefta, Simson) en profete (Samuel, Elia, Elisa).

Sy gevolgtrekking is dat dit duidelik is dat ruach ‘n eksistensiële term is, dat dit gaan oor die ervaring van ‘n misterieuse awesome krag, wat alles ‘n manifestasie is van Goddelike energie. Soos Psalm 139:7 sê, dié kragtige teenwoordigheid van God is kosmies en onontwykbaar. Dit vul alles met lewe-gewende energie.

Geen wonder dat ‘n gemeente wat dan in die Kragveld van die Gees funksioneer ook ‘n dinamiese beweging word, en wat baie meer in gebed moet onderskei wat die Here besig is om te doen, as wat hulle maar net volgens ‘n agenda werk.

Die apostels in Handelinge 6 besluit saam met die gemeente dat hulle nie by die bediening van die tafels betrokke gaan wees nie, maar by die gebed en die bediening van die Woord, wat dié fokus op die dinamiese werk wat God voortdurend mee besig is fasiliteer.

Daarmee wil ek nou nie sê dat die sewe brugbouers wat gekies word vir die tafels, nie ook met ‘n dinamiese proses besig was nie, want hulle was immers ook vol van die Heilige Gees. Maar dit is interessant dat twee van hulle net na hulle verkiesing juis in die dinamiek van die getuienis teenoor ander geteken word. Stefanus voor die sinagoge van die Vrygemaakte Slawe en die Joodse Raad, en Filippus in Samaria en op die pad na Gase by die Etiopiese amptenaar.

Die punt is, waar die Gees werk, is daar onbeplande, verrassende, onverwagse goed wat gebeur … en ons moet doodgewoon luister totdat ons dit waarneem en daarby aansluit.

Regstelling

74 Wednesday, 27 May 2009 12:51
Jannie Richter
Lekker kommentaar om te lees en oor na te dink. Maak asb een regstelling: ek het aan die Liturgiese Riglyne meegewerk. Eric Scholtz moet die krediet kry vir die preekstudie.
Tweede Geadgtes: Hand 2:2-21 , Chrisna van der Merwe

“Die sewe” as Brugbouers

75 Wednesday, 27 May 2009 06:31
Chris van Wyk
Ek hou baie van jou gedagtes oor “die sewe” in Handelinge 6 as “mediating leaders”. Ek het op dieselfde gedagtes uitgekom in my nadenke oor die grense wat tussen die Hebreeusprekende en Griekssprekende gelowiges in die gemeente oorgesteek moes word. Die manne wat gekies was, almal met Grieksprekende name, moes as fasiliteerders optree vir die dreigende konflik oor die ongelyke verdeling van kos. Interessant dat hulle dié “bediening van die tafels” daagliks gedoen het, teenoor die Joodse gebruik om dit weekliks te doen vir die armes in Jerusalem (jy kon 14 etes elke week gaan haal, volgens een bron).

Ek het die term BRUGBOUERS gekies, veral ook omdat die eerste twee, Stefanus en Filippus hierna brûe bou na die Sinagoge van die Vrygemaakte Slawe, hoewel dit tot ‘n martelaarsdood lei, en na Samaria (Sigem?) en Ethiopië (ontmande amptenaar).
Fassinerende verhaal!

Leadership in Acts , Frederick

Ons kan mekaar inspireer

76 Tuesday, 26 May 2009 06:55
Leon Venter
Jy het my saam met jou op reis geneem na Ellisras se mense, ‘n oorsig gegee oor klomp menslike temas, geloof, swaarkry, hoop, verandering, diversiteit, aanvaarding. Jy maak my weer bewus dat ek nie maar net preek en huisbesoek doen en begrafnisse hou nie, maar waarnemer en deelnemer is aan die beweging van die Gees deur mense, ook deur gemeentes. Ek moet self meer sensitief wees as geestelike leier, meer hoopvol, meer bereid om te bly glo, te bly werk, risiko’s te neem, meer te luister, meer lief te he, meer te onthou ek is deelnemer aan God se magtige beweging deur mense en die geskiedenis, deur Afrika en die Afrikaner wie ons bedien. Dit is inspirerend geskryf en hoopvol. Dankie. Leon Venter

Terry Eagleton se artikel oor Dawkins se “The God Delusion”

77 Thursday, 14 May 2009 10:45
Gerhard van Rooyen
Die artikel waarna hier verwys word is in Afrikaans vertaal en gepubliseer in “Die Vrye Afrikaan” op vrydag 17 November 2006 onder die titel “Vatso Pappie!Dawkins op sy plek gesit”.Dit kan gelees word by http://www.vryeafrikaan.co.za/site/lees.php?id=757 .

Lunging, Flailing, Mispunching – Terry Eagleton reviews “The God Delusion” – R. Dawkins

78 Tuesday, 12 May 2009 09:26
Chris van Wyk
Johan van der Merwe (George) stuur vir my hierdie skakel: http://www.lrb.co.uk/v28/n20/eagl01_.html . Dis ‘n artikel wat die einste Terry Eagleton (professor in kulturele teorie van Galway Universiteit in Ierland) geskryf het oor “The God Delusion” van R. Dawkins. Dit is een van die mees pittige en tegelyk vlymskerp reaksies wat ek al gehoor het op die fundamentalistiese ateïsme. Daar is niemand so blind soos hy wat nie wil kyk nie.

Baklei maak almal moeg

79 Monday, 11 May 2009 16:44
Jan Botha
Hi Marne, Ai man, dit is so sleg as ‘n mens se kop raas! My kop raas ook gereeld en daarom weet ek daar nie maklike antwoorde nie. Dit kan help as julle moeite doen om mekaar beter te verstaan.Die baklei veroorsaak voortdurende konflik wat almal moeg en nog meer geirreteerd maak. Alles word erger wat julle hanteer nie die probleme nie maar laat toe dat ander faktore julle aandag aftrek in plaas daarvan om saam te gaan sit en te fokus op die positiewe dinge wat wel nog daar is. As julle saam daarop begin fokus gaan dit soveel makliker wees om die probleme dan by die horings te pak. Die Here sal jou sy vrede gee as jy rustig raak en weer fokus om Albert beter te verstaan. Kontak my gerus vir enige hulp.

Onthou die Gees bou die brue na multikulturaliteit

80 Monday, 11 May 2009 14:41
Frederick
Danie se treffende beskrywing van die gemeente in Minneapolis, het my soos Ben laat wonder hoekom ons so min daarvan sien in Suid-Afrika, dit terwyl ons die Reenboog nasie is met ‘n ryke verskeidenheid van mense en kulture.

Ben jy stel dit so mooi- ons sal moet opdaag vir hierdie roeping van ons. Jy vra ook dat ons moet wakker word- en dit is so waar want die Gees bou die hele tyd brue en nooi ons om oor die skeidslyne van ons samelweing te stap en deel word van koninkryksgemeenskappe wat die verdeeldhede van die samelewing oorstyg. Ek dink ons kyk te veel vas in die verskille wat onsself geskep het en dan se ons dit is onmoontlik. Tog gee die Gees aan ons geleenthede om uit te reik na mekaar en gemeenskap te vorm soos die gemeente in Minneapolis.

Ben mag die Here julle gemeente seen met visie en insig op hierdie geleenthede om die kulture van ons land te verteenwoordig in ons gemeentes.

Die wondelrike is dat daar reeds baie gemeentes is waar die middelmuur van skeiding (Ef 2) afgebreek word en waar mense van verskillende kulture saam aanbid en gemeenskap van die gelowiges be-oefen. Dit sal eintlik wonderlik wees indien sulke gemeentes van hulle kan laat hoor sodat ons van hulle kan leer. Woorde wek maar voorbeelde trek.

Multikulturele gemeente is wat ons nodig het!

81 Wednesday, 06 May 2009 17:11
Ben Joubert
Mensig, maar dit is wat ons so nodig het in ons eie omgewings wat so drasties verander. Ons denke is steeds so versteen in die eksklusiwiteit van ons dag dat ons niks anders kan dink as blank en Afrikaans nie, terwyl die wêreld rondom ons aan die brand is en mense sonder God en God se genadige ingrype lewe omdat ons wat dit moet dra nie opdaag vir ons roeping nie. Ek sien ek neem in en ek bid dat die Here in my sal oorneem en in die gemeente waar ek dien sodat ons kan wakker word.

Probleem met negatiewe eggenoot

82 Monday, 04 May 2009 11:59
Marne Wevers
Vir die afgelope drie weke baklei ek en my man verskriklik oor die simpelste dinge. Mxit is een van die groot oorsake van die hele gedoen.

Hy slaap in die tyd op die bank en my seun (13) moet langs my op die bed slaap wat verkeerd is.

Ek het gister tot die besef gekom om my probleme na God te gee, en God het my rustig gemaak binne myself.

Nou gaan hy nogsteeds aan en se aanhoudend dat hy my haat en bitter spyt is dat ons 5 jaar terug getroud is. Hy haat almal en alles inkluis homself en se dat die duiwel bestaan en nie God nie.

Ek het dringend hulp nodig aangesien ek nie my huwelik wil opgee nie, want ek is tog lief vir Albert en hy wil niks weet nie.

Enige hulp sal waardeer word.

Baie dankie

Marne

Ons tref God in die wereld aan… (vir nog verdere gesprek)

83 Saturday, 02 May 2009 17:42

 



Chris, jy verwys na ‘n opwindende debat oor “personhood” (waarna ek elders in ‘n blog al verwys het), veral in gesprek met trinitariese tradisies wat die Kappadosiese Vaders uit die vroee kerk lees soos in die verwysing van Oberdorfer. Ek dink veral aan Zizioulas (Ortodoks), maar ook hoe dit teoloee vanoor die hele ekumeniese spektrum (Gereformeerd, Katoliek, Lutheraans, en Evangelical) beinvloed het (teoloee soos Moltmann, Pannenberg, LaCugna, Jenson, Grenz, Volf, en selfs ‘n bepaalde tradisie wat Barth graag meer wil verstaan vanuit die tweede helfde van sy Kerklike Dogmatiek). Maar dit is ‘n ewe opwindende gesprek as dit ‘n gesprek oor trinteit en “personhood” word vanuit meer tipiese Afrika wereldbeskouings (soos Ogbonnaya se werk oor Tertullianus).

Nietemin, die Pannenberg verwysing laat my ook dink aan hoe hy sy Sistematiese teologie volume wat oor sy ekklesiologie handel (volume 3) begin. Hy begin met ‘n klem op “the work op the Spirit of God in his church and in believers serves the consummating of his work in the world of creation.” Wat meer is, Pannenberg gaan dan voort om te wys hoedat “theology has often neglected the relation between the soteriological operations of the Spirit in believers and his activity both as the Creator of all life and also in its eschatological new creation and consummation.” Interessant dat Pannenberg dan juis terugval op veral Calvyn se klem op “the biblical statements about the work of the Spirit in creation.” Maar ook Barth se beskrywing van die Heilige Gees as die “awakening power” waardeur die opgestane Here die Kerk geskep het as ‘n “provisional representation of the whole world of humanity” wat in Hom geregverdig is. Die implikasies hiervan is uiters belangrik vir die gesprek wat ons hier begin voer het oor die Kerk se posisie ten opsigte van die God-wereld verhouding.

Hierdie soort konseptualiserings het beslissende implikasies vir hoe “gestuurde” gemeentes dink oor hul roeping in die wereld: as “self-sufficient” (of “buffered”, om Charles Taylor se metafoor vir die moderne “self” te gebruik) geloofsgemeenskappe wat God kant-en-klaar ontvang het, en dan gestuur word om Hom af te lewer aan die wereld wat Hom nog nie ontvang het nie (met die implikasie dat die wereld alleenlik ‘n objek van ons evangelisering kan wees); of, as “gebroke” (“porous”: Taylor se “buffered” teenstelling) geloofsgemeenskappe wat reeds die wereld-in-gemeenskap-met-God verteenwoordig op ‘n spesifieke manier (met Woord, tradisie, en sakrament in haar midde), en wat dan gestuur word om (vanuit die verstaan wat hierdie bronne vorm) deel te neem aan God se teenwoordigheid en aktiwiteit in die wereld (met die implikasie dat so ‘n deelname heel dikwels in die eerste plek die kerk self evangeliseer!).

Ons tref God in die wêreld aan …

84 Saturday, 02 May 2009 10:30

 



Bernd Oberdorfer skryf oor ons beskouing van “personhood” in “The Holy Spirit – A Person?” (in The Work of the Spirit. Pneumatology and Pentecostalism. Michael Welker ed., 2006) aan die hand van Pannenberg se filosofiese antropologie. Daarvolgens is ‘n persoon “not an isolated, immutable entity but rather comes into being, develops, and is formed by a social context. Persons exist only in relations, and their personality is not independent of these relations.” (p. 36 – ek sou met hom wou gesels oor sy “only” beskouing, maar dit eers daar gelaat!) Hy pas dit toe op die wyse waarop ons praat oor die Triniteit en wys hoe ook die Triniteit gedefinieer word in hulle verhouding met mekaar. Op ongelooflike boeiende manier wys hy hoe die Gees die differensiasie EN eenheid van die Vader en die Seun konstitueer.

En ek dink dit is iets wat ook in God se verhouding met mense gebeur. Hy kan verander in terme van sy verhouding met ons, al bly Hy dieselfde in terme van sy wese (liefde, lig, lewe). Vincent Brümmer (What are we doing when we pray?) wys pragtig uit hoe dit ons gebede sinvol maak, want God kan in ‘n verhouding met ons verander. God is dus nie “self-sufficient” nie. En ons ook nie! En die Gees is ook in die wêreld besig. En dit beteken dat ons Hom ook juis in die wêreld gaan aantref as ons die moeite doen om ons laertrek mentaliteit op te skort …

Moet haar dan nie verhinder nie…

85 Thursday, 30 April 2009 15:00
Jannie Swart
Cas, ek stem heelhartig met jou saam. Hierdie aspek, wat jy treffend uitbeeld, is seker die een wat meeste van ons besinning die afgelope twee jaar hier in die PhD program oor missional gemeentes in beslag geneem het. En ek dink wat jy en Frederick met die liturgie in verband bring is waar in baie breer verband. Nie net hoe die kerk gasvry teenoor kultuur kan wees nie (soos jy dit stel), maar veral hoe die kerk die wereld ‘n gasvry plek kan vind (Lukas 10).

Ek dink daar is ‘n bepaalde Godsbeeld, en meer spesifiek ‘n bepaalde siening van die verhouding tussen God en wereld, onderliggend aan hierdie kwessie. Wat ‘n Godsbeeld betref, het veral Jurgen Moltmann my help verstaan hoe beslissend dit kan wees of ons oor God as ‘n “self sufficient” Subjek dink wat hoegenaamd nie deur die wereld geaffekteer word nie (met die implikasie dat die wereld alleenlik God se objek is), en of die verhouding God-wereld meer ‘n wederkerige verhouding is. Dit het ook alles te make met die leerstelling rakende creatio ex nihilo en creatio continua (Moltmann toon dit aan, maar buite die gereformeerde teologie vind ek veral die Ortodokse teoloog, John Zizioulas, treffend hier rondom), en hoe ons die verskillende Bybelse nuanses van God se openbaring interpreteer (Pannenberg se kritiek op ‘n bepaalde lees van Barth).

Glo ons regtig dat God steeds aan die werk is in die wereld, of dink ons God is “domesticated” in die kerk? Indien eersgenoemde waar is, sal ons nie anders kan as om te soek na waar God teenwoordig en aktief aan die werk is in die wereld nie. Indien laasgenoemde waar is, dan sal die wereld altyd ‘n veerpyltjiebord wees waarnatoe ons mik met die evangelie.

Arbeidsondag in ‘n tyd van resessie!

86 Wednesday, 29 April 2009 08:33
Frederick

 


Pieter Baie dankie vir jou kommentaar op die preekstudie en die konneksie met Arbeidsondag- ek dink dit help ons om oa die skeiding tussen ‘n private en publieke lewe te deurbreek.
Ek reageer veral op die volgende twee opmekrings wat jy maak:

Weens die wêreldresessie, rasionalisering, regstellende aksie, meganisering ens. is arbeidonsekerheid en werkloosheid onder lidmate – ook in gegoede gemeentes – ’n groter werklikheid.
“Aangesien status in die samelewing ook ten nouste korreleer met die posvlak wat beklee word en die salaris wat verdien word, hou werkloosheid besonder negatiewe konsekwensies vir ‘n persoon se status en ook selfbeeld in” (De Villiers).

Ek lees in die Time van 27 April 2009’n artikel van Michael Schuman onder die titel: On the Raod again- the recession is costing the world’s army of migrant workers their jobs! (pp14-17) of gaan kyk by http://www.time.com/time/magazine/article/0,9171,1891623,00.html  Ons almal weet hoe ‘n groot deel van die werkerskorps werk vandag elders- in ons myne, in Dubai, in London en dit sny soos jy terreg se oor alle ekonomiese vlakke.
Baie van hierdie werkers is die eerste om hulle werk te verloor omdat hulle gas-arbeiders is.  Soos Schuman dit stel in sy artikel-
“Some are headed home, where poverty awaits.”
Hy vertel egter ook in die artikel hoedat daar in China en ander lande inisiatiewe is om hierdie mense op te vang in die gemenskappe waarheen hulle terugkeer. In die Phillipyne is daar staats meganismes wat terugkerende werkers voorsien van beurse vir opleiding wat hulle kan help om die plaslike ekonomie verder te stimuleer! Soos wat ons verlede week lang rye kiesers gehad het, sien ons in ons gemeenskappe hoedat die rye werkers wat werk soek ook langer word. Baie van hulle sien ons nie want hulle is gewoon tuis- kan ons gemeentes nie opvangplekke word vir sulke mense nie? In is seker daar sal al gemeentes wees wat met sulke inisiatiewe begin het- laat hoor van jull asb dat ons by julle kan leer!
Hierdie is ‘n ideale geleentheid van kerke om saam te werk en gemeenskaps inisiatiewe te begin. Arbeidsondag in ‘n tyd van resessie is ‘n ideale tyd om oop te wees vir die nuwe visie wat die Gees onder en in die gemeente gee oor hoe ons mekaar kan bystaan as stringe mense hulle werk verloor.
PS By Verantwoordelike Vernuwing gaan ons vanjaar onder andere verder praat oor watter bronne gemeentes beskik om in die gemeneskap mense by te staan in hulle werk en soeke na werk, die opleiding en ontwikkeling van mense.

Tweede Gedagtes: Hand 4:5-12 , Chrisna van der Merwe

Moet haar dan nie verhinder nie…

87 Tuesday, 28 April 2009 11:03
Cas Wepener
Frederick, dankie hiervoor, ek wil net beaam. Van Paul se voordrag af dink ek ook heel anders oor die sogenaamde ‘dubbele beweging’. In 1998 het Gerrit Immink die begrip in die boek De weg van de liturgie bekend gemaak met ‘n hoofstuk oor hierdie dinamika wat eie is aan die liturgie wat hierdie sogenaamde dubbele beweging behels. (Soos Paul genoem het praat mense ook dikwels hieroor en noem dit liturgiese inkulturasie of die dinamika van ritueel en kultuur). Hierdie dubbele beweging geld mos eintlik vir veel meer terreine in die kerk as slegs die liturgie. Maar Paul het my opnuut laat besef hoe ongasvry ons teenoor die kultuur is as kerk. Ek wil nou nie negatief wees oor al die goeie goed wat kerke doen nie, maar ek is ook skepties oor ons verskuilde agendas. Ons is soms amper soos daai blomme wat insekte vang. Dis nie oop kaarte nie, nee, ons luister kamma maar eintlik wil ons jou vang en intrek want ons het baie om vir jou te bied. En natuurlik het ons baie om te bied, maar soos Frederick dit hier stel het die wêreld ook baie om ons te bied. En soos Paul dit tereg stel, die beweging is dikwels minder dubbeld as wat ons wil voorgee en eintlik meer enkelvoudig van ons (kerk) gaan vir julle (wêreld) iets leer, want ons het iets om te bied. So ja, hier wil ek net beaam wat Paul gesê het en wat Frederick weer optel. Ek wil krities wees oor dit wat die kerk kan bied en oor die kerk se kritiese posisie oor wat die wêreld aan die kerk kan bied. En eintlik gaan ek nou self in die slagyster trap wat ek wil uitwys.

In die laaste week was ek by ‘n paar sosiale geleenthede a.g.v. al die vakansiedae. Twee wil ek uitsonder: die een was met kerkmense en kerklui by ‘n informele kuier met lekker kos en wyn. Ek wil min hieroor sê en niemand shame nie, want almal is wonderlik en hardwerkende mense wat die Here liefhet. Tog kan ek noem dat my vrou vir my oppad terug gevra het hoekom die mense met wie dit so goed gaan sulke klakouse is? Die ander geleentheid was op stemdag waar vriende in ons buurt vir ons genooi het vir ‘n post-verkiesing partytjie. Elkeen moes net iets te ete saambring van hulle eie Suid-Afrikaanse kultuur. Ons het oorgesuiker soontoe met ons bord boerewors en ja die whities was ver in die minderheid en ons was die enigste Afrikaners (ja, ek is nog hy!). Almal het lekker gekuier en die egte Kaapse gatsby’s (brode gevul met slaptjips en wie weet wat nog alles!) was onverbeterlik. Op ‘n stadium het ons gasvrou gevra dat almal in kort vertel wat die dag vir hulle beteken. Toe almal klaar was en ons terugry huis-toe het my vrou opgemerk, “ek’s bevrees dié mense het op hierdie stadium meer om vir julle (dis nou ek en my kerkmense) te bied as julle vir hulle”.

Ja, ons sien gevaar agter elke klip en is dikwels negatief oor ons omringende kultuur en samelewing, terwyl Paul en Frederick my net laat besef dat ons samelewing dalk net soos die Bybelse vreemdeling ons d.m.v. gasvryheid daarteenoor kan verras (en dit alreeds doen). Hoe ons dit kan laat gebeur is ‘n oop vraag waarop ek min antwoorde het. Een begin binne die veld van die Liturgiek is om soms ook breëer as net ‘liturgie’ of ‘erediens’ te dink, maar miskien te begin by iets heel breed soos ‘ritueel’ (‘n begrip wat tradisioneel met heelwat agterdog bejeen is, maar dalk juis meer moontlike bied om die liturgie wat na ons toe kom raak te sien).

Ons gaan onsself nie kan uitdink uit ons moeilikheid nie

88 Monday, 27 April 2009 23:39
Frederick
Ek is onlangs deel van ‘n VBO kursus waar ‘n paar lidmate deelneem om van hulle ervaring in die gemeente se proses van geloofsondeskeiding met ons te deel. Een van die lidmate is ‘n wetenskaplike. In die kerk grootgeword en eintlik maar altyd deel gewees van die leierskap in die gemeente.

Hy vertel hoe onseker hy was toe hy as deel van die proses homself vir ‘n uur moes gaan afsonder met die Bybel, met die opdrag om na te dink oor die vraag: Wat is die Here besig om vir jou te se! Hy vertel hoe ontredderd hy gevoel het, maar hoe hy in die proses van geloofsonderskeding geleer het dat die Heilige Gees inwerk in ons verstand en dit transformeer.

Ek vermoed, Jannie, dit is wat jy bedoel met “Die kuns van verbeelding is die skep van ‘n openheid in gemeenskap met ander waar daar ruimte kan wees om die diepte-dimensies van die rykdom van God se teenwoordigheid en aktiwiteit as ‘n gawe in ons werklikheid te kan ontvang. Dit is om van die dieper dimensies as die blote oppervlakte aannames tussen mense bewus te word waarin God reeds en aanhoudend skep en vorm, en om te leer hoe om onsself in te leef in daardie werklikheid.”

In reaksie op sy getuienis vra een van die kursusgangers byna afwysend na die gevaar van ‘n subjektiewe lees van die Bybel en verklaar dat ‘n mens eintlik nie kan antwoord op die vraag na wat die Here nou besig is om vir jou te se nie.

Ds antwoord die lidmaat, dit mag waar wees, maar glo jy dan nie dat die Gees nou hier is en ook inwerk in ons kognitiewe kapasiteit om ons denke te verlig nie. Ons wat so rasioneel is sal moet leer om onsself oop te stel vir die nuwe denke (verbeelding) van die Gees.

Ons gaan onsself nie uitgedink kry uit ons moeilikheid nie, daarvoor is ons verbeelding te verweefd met ons aannames. Ons sal die ruimtes moet betree waarvan jy praat waar ons toelaat dat ander dimensies van die Gans Andere ons gedagtes vernuwe.As ek jou reg verstaan is hierdie vermoe nie gekoppel aan wat ons normaalweg onder verbeelding verstaan nie- asof dit iets is wat net aan sommiges gegee is nie, maar dat dit ‘n gawe is wat aan ons almal gegee is wat bereid is om ons oop te stel!

Verbeeldingryke Gemeentes , Webmeester Communitas

Buig-die-boompie-solank-hy-jonk-is, is nie ‘n Bybelse beginsel nie

89 Monday, 27 April 2009 17:57
Frederick
Frederick, baie dankie vir jou kommentaar op die insetsel oor positiewe terugvoer. Ek is bly om te kan bevestig dat dit inpas by die POSPAR- kursus se benadering. Jy is reg: Die rede waarom ons goed kan voel oor onsself (‘n goeie selfkonsep kan hê) is omdat elkeen van ons na die beeld van God gemaak is. Dit maak nie saak of ons manlik of vroulik, lank of kort, wit of bruin, gesteld op fyn besonderhede of net op die groot prent, ‘n dromer of doener, jonk of oud,siende of blind, intellektueel flink of gestrem is nie. Ons kinders is ook na die beeld van God gemaak. Ons is net geneig om dit te vergeet en dan dink ons dat dit ons taak is om hulle te verander na die beeld van god. Ons verbeel ons dat daar in die Bybel staan: “Buig die boompie solank hy jonk is”. Die waarheid is dat ouers die voorreg het om die boodskap by kinders tuis te bring dat hulle beelddraers van God is en om hulle te ondersteun om te groei om al meer God se beeld te vertoon. As ons dit onthou sal dit ons help om te fokus op ons kind se sterktes (wat moontlik baie van die ouer s’n sal verskil, want God maak mense na sý beeld en dié beeld het baie fasette). Dit maak dit ook vir ons maklik om ons kinders lief te hê. Daar is die mooi definisie van ‘n liefdesgemeenskap (‘n huisgesin is ook so ‘n gemeenskap) wat sê: “Liefde is wanneer elkeen alles in sy vermoë doen om die ander te laat groei tot die maksimum van sy godgegewe potensiaal”. Christene dien mekaar.

Die grootste geskenk van ‘n ouer aan ‘n kind

90 Wednesday, 22 April 2009 23:29
Frederick
Hierdie positiewe terugvoer warvan Alta hier praat kom in baie gevalle moeilik by ons, omdat ons so gewoond is om eerder op die foute te fokus as die positiewe eienskappe en gedrag.

Dit help my baie om te onthou dat elkeen van ons, ook elkeen van ons kinders, geskape is na die beeld van God, soos wat ons oa in Genesis by die verhaal van die skepping lees. Positiewe terugvoer begin by ‘n positiewe kyk na mense(kinders). As ek onthou dat elkeen wat my pad kruis iets van God in hom/haar dra, help dit my om anders na die persoon te kyk. Dan is ek nie op soek na die foute nie, maar nuuskierig om raak te sien wat in die persoon heriner my aan God. As ek mag se word positiewe terugvoer dan nie gemotiveer deur goeie sielkundige of opvoedkunige beginsels nie, maar deur die teolgiese uitgangspunt van Imago Dei- wat uit die aard van die saak sielkundig en opvoedkunig baie sin maak.

Dit het nogal interessante implikasies, want dit moedig my aan om potenisaal te verwag en na vore te bring. Ek is nie net geskape na die beeld van God nie maar kan ook groei sodat ek meer en meer die beeld van God- sommige mense noem dit refleksie soos deur ‘n spieel- kan vertoon.

Ouers wat dit onthou praat nie net met hulle kinder oor goeie gedrag nie, maar oor wie hulle in werklikheid is! en soos wie hulle kan word. Daar is soveel “positiewe” mensbeskouing in die Bybel van wie ons gemaak het, na watter beeld ons gemaak is en waarvoor ons gemaaak is- dat dit eintlik verstommend is hoeveel ons fokus in ons begeleiding van kinders op wat negatief of verkeerd is.

As kinders kan grootword met die bewussyn van Imago Dei- na die beeld van God- as ‘n geskenk wat aan hulle gegee is en bevestig is deur die doop- ontstaan daar soveel ander sosiale potenisaal. Stanley Grentz skryf oa oor die verlies aan “self” wat mense vandag ervaar en hoe ‘n bewussyn van Imago Dei ons kan help om daardie verlies weer te herstel vanuit die potenisaal wat God in ons geplaas het deur ons te skape na die Beeld van God. Is dit nie die grootste geskenk wat ons aan ‘n kind kan gee as ouer nie? Die beste is ons kan dit onvoorwaardelik uitdeel, nie op grond van prestasie nie, maar op grond van ons belydenis oor wie God is!

Is Lidmate gereed vir om self ook te bedien?

91 Wednesday, 22 April 2009 09:51
Frederick
In die kursus waarna Neil verwys word daar gefokus op die vraag hoe lidmate begelei kan word om hulle eie bediening te ontdek. Die gemeente word dan ‘n ruimte vanwaaruit hulle “gelanseer” word vir hulle bediening in die gemeente en gemeenskap. Somarlie en Elna tel die baie goed op in hulle kommentaar op Neil se artikel- Somarlie praat van samewerking en sorg onder lidmate en Elna van hoe ek op ander lidmate kan steun.

Dit veronderstel dat lidmate gereed is om te skuif van ‘n gemeentelike sisteem waarin hulle deur ander bedien word, na ‘n gemeentelike sisteem waar hulle saam met ander ‘n bediening opneem. Van ‘n bediening aan lidmate na ‘n bediening deur lidmate!

In gesprekke met predikante sal hulle dikwels vertel van die onwilligheid van lidmate om die skuif te maak, terwyl as ek met lidmate in gesprek is hoor ek dikwels die teendeel.

Die waardheid is seker dat nie alle lidamte gereed is vir so ‘n skuif nie, maar my indruk is dat meer lidmate gereed is en inderdaad reeds besig is met ‘n eie bediening as wat predikante en kerkrade dikwels raaksien.

Het dit nie tyd geword dat daar in ons kerke bewegings kom wat lidmate wat gereed is om hulle eie bediening op te neem op alle vlakke ondersteun word, deure vir hulle oopgemaak word, geleenthede vir hulle geskep word sodat die bediening wat die Here aan die Liggaam toevertrou het in volheid kan ontvou nie?!

Eenheid

92 Tuesday, 21 April 2009 20:34
Somarlie
‘n Gemeente kan alleenlik groei as daar samewerking en omgee tussen gemeentelede is.Die grootste gebod is immers jy moet jou naaste liefhê…Indien hierdie beginsel in plek is kan die “leier” meer fokus op belangriker aspekte van die bediening.
Elke lidmaat se verantwoordelikheid
93 Monday, 20 April 2009 21:13
Elna Nieuwoudt
Henry T Blackaby en Claude V King skryf in “Beleef God” Bl 103 – God praat deur die Gemeente “As deel van ‘n gemeente kan ek op ander lidmate steun om my te help om God se Wil te verstaan.” Ek glo as elke lidmaat verantwoordelikheid neem om betrokke te raak by mede lidmate ons wedersydse vertroue sal skep en so ‘n omgee gemeente sal word.

Pastorale spreekkamer in Pretoria

94 Monday, 13 April 2009 19:34
Jan Botha
Hi Johann, Ek is self sowat 23 jaar gelede geskei en weet waardeur almal gaan wat direk daardeur geraak word. Dit is baie traumaties vir almal! Dus, ek weet hoe voel dit as jou kop raas en alles rondom jou in duie stort.Ek bedryf die afgelope 22 jaar voltyds ‘n Pastorale spreekkamer in Pretoria en was ook vir 20 jaar ‘n tentmaker in Florauna NG gemeente en nou die afgelope 2 jaar in Eloffsdal NG gemeente.Ek bied ook talle kursusse en seminare asook praatjies en radio gesprekke en praatjies aan. Na alles roep die Here ons om ten spyte van ons seer en teleurstelling,tog ‘n duik in die emmer (‘n verskil) te maak waar ons lewe en werk. Ook om te leer uit ons foute en die eerstehandse kennes met ander te deel. Vir meer inligting kan jy op my webwerf kyk by www.pastoralepraktyk.co.za of my skakel by 012-5463545 in Pretoria. Mooiloop. Jan Botha.

KURSUSSE IN PERSOONLIKE- / HUWELIKSVERRYKING IN PRETORIA OMGEWING OF GRATIS OP INTERNET??

95 Sunday, 12 April 2009 17:52
Johann van Rooyen
Ek is sopas, na ‘n mislukte huwelik van bykans 28 jaar en ‘n kortstondige verhouding wat weens verskeie interpersoonlike probleme skipbreuk gelei het, uit laaste verhouding.

Ek het iemand werklik spesiaals ontmoed – iemand wat werklik blyk om my ideale lewensmaat te wees; sy voeldoen aan verskeie kriteria wat ek in ‘n Christen lewensmaat stel – iets wat beide vorige maats nie aan voldoen het nie.

Ek wil baie graag ons verhouding, in die hoop om eendag met die eg aan haar verbind te wees, bou. Beide ons is baie skrikkerig; ek weens my vorige verhoudings wat skikbreuk gelei het en sy as weduwee wat haar man 16 maande gelede aan die dood moes afstaan (sy was baie lief vir hom – beide wedergebore Christene).

Is daar iewers ‘n gemeente wat kursusse aanbied of is daar moontlik e-kursusse op internet wat ons kan gebruik?

En, is daar iewers Bybelstudie materiaal (boeke of e-materiaal) wat spesifiek gebruik kan word wat handel oor God in ‘n ernstige verhouding/huweliksverhoudings?

Baie dankie

Johann

Om ondermynend besig te wees

96 Wednesday, 08 April 2009 09:37
Christo Nel – Riebeeckstad
Amen daarop Jan! Ek het by ‘n lidmaat in Okahandja geleer wat dit is om “behind the scenes” te werk en so ‘n verskil te maak. Sy het my geleer dat as ons in Afrika ‘n verskil wil maak sal ons ons “baasskap” moet veruil vir ‘n lap en water waarmee ons voete kan was. Om by iemand wat sterwend is aan vigs in ‘n pondokkie in te gaan en sy hand vas te hou totdat hy sterf… Om iemand se skottelgoed te was wat aleen en siek is… Ons roep maklik ons lidmate op daartoe, maar ek wil graag die voorbeeld stel…
Om ondermynend besig te wees , Chrisna van der Merwe

Moralisering maak ons emosioneel onintelligent

97 Thursday, 02 April 2009 10:53
Frederick
Jampie verwoord m.i. die uitdaging vir ouers uitstekend – ook ons onvermoë om emosioneel intelligent te probeer optree as ons kinders met ons in gesprek is. In aansluiting by Jampie vind ek dat die verstek posisie van ons as “gelowige” ouers die van ‘n moralisering is. Ons onvermoë om die emosies te hoor, is omdat ons onwillekeurig neig daarna om ons kinders se kommunikasie moreel/eties te beoordeel. Byna asof ons dink die belangrikste ding wat ouers doen, is om te be-oordeel en dikwels te ver-oordeel of ons kinders reg of verkeerd is en dat dit ons taak as ouers is om hulle vernaamlik te wys op waar hulle verkeerd is. Ons sal ‘n nuwe verbeelding moet ontwikkel van ouerskap wat bevry word van hierdie moralistiese verstekposisie. Jampie en Alta is korrek, as ek hulle reg verstaan, dat ons eerste taak is om goed te luister en veral die emosies van ons kinders te verstaan en te verwoord. Eers dan ontstaan die moontlikheid dat ons saam met hulle – dit is die punt van positiewe ouerskap se deelnemende ouerskap – ook kan en moet dink oor moraliteit. Ek vind dit besonder moeilik om bv. oor die TV kultuur van die nuwe generasie – sluit ook maar Face Book ens. in, is ek vanuit my generasie eintlik uit beginsel geneig tot ‘n negatiewe instelling hieroor – dit is vir my tydmors – maar vir my kinders is dit ‘n lewensnoodsaaklike deel van hulle sosialisering. Indien ek nie bereid is om vanuit die ervaring van my kinders daarna te kyk nie, sal ek dit moeilik vind om te verstaan hoekom dit vir hulle so belangrik is. Ek druip gewoonlik die toets.
Verstaan emosies , Jampie Nel

Verstaan emosies

98 Wednesday, 01 April 2009 20:05
Jampie Nel
Ek het met die tyd saam opgelet hoe moeilik dit vir ons om ons eie emosies te verstaan. Dit is nogal ‘n uitdaging om empaties te luister, wanneer jy self nooit geleer het om ‘n emosie raak te sien, te erken en dit dan te hanteer nie. Ek let op dat Johann Symington ‘n kursus hieroor gaan aanbied en is dankbaar dat daar sulke geleenthede geskep word. Ek reken dat dit veral ons kultuur is wat dit vir ons moeilik maak. Ons is gekondisioneer om emosie te negeer, veral negatiewe emosies. Positiewe ouerskap help mense om te verstaan dat alle emosie verwoord moet word, alvorens dit hanteer word. Dit is geweldig moeilik vir mense om emosie te kan verwoord. Ek het egter geleer dat die verwoording van my kinders se emosies hulle help om dit te kan hanteer en perspektief op die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het. Hulle leer dat nie alle emosies op dieselfde vlak lê nie, maar dat emosie eg is. Hulle leer saam met my dat hulle ‘n keuse het oor hoe hulle die emosie gaan hanteer, of hoe hulle wil reageer, saam met die betrokke insident, en dat hierdie keuse vir hulle groter mag gee oor die probleem. Dit is ‘n heerlike leerproses om dan ook empaties en luisterend met ander om te gaan.

Resensies

99 Monday, 30 March 2009 12:22
Herman Jansen
Dis ‘n uitstekende diens wat ons as predikante aan mekaar en die breer kerklike gemeenskap kan lewer. Ek sal beslis hieraan meedoen.
Herman
resensies , Besoeker

Communitas se waardes

100 Monday, 23 March 2009 13:21
F van Niekerk
Dankie vir die stel van die waardes. Ek het juis hier van die “warm” noorde waar kommentaar soms bloedig raak, ‘n tuise kon vind by Communitas wat uitdrukking gee aan die waardes van ons Luisterseisoen: deernis, leerbaarheid, vertroue en openheid – ‘n virtuele pastorvriend wat dieper luister na dit wat agter alles is. Die soort van reaksie op Frederick se inset oor roeping van die predikant help juis nie in roepingsworsteling nie. Shalom! ferdinand

Waardes van Communitas en kommentaar op www.communitas.co.za

101 Friday, 20 March 2009 09:35
Frederick

 



www.communitas.co.za is ‘n oop ruimte waar predikante en gemeenteleiers oor gemeentebediening en roeping by mekaar kan leer.

Ons is baie opgewonde oor die toename in gesprek die afgelope tyd op die webblad. ‘n Oop ruimte kan egter net oop en veilig bly, indien die waardes van die ruimte eerbiedig word. Ons waardes is

  • ‘n Waarderende en leerbare ingesteldheid teenoor die gemeente
  • Deernis & egtheid in ons begeleiding en ondersteuning van predikante en gemeenteleiers
  • Uitnemendheid tov die kwaliteit van ons dienslewering
  • Geloofsverwagting en –afwagting t.o.v. wat die Drie-enige God in en deur gemeentes kan doen
  • Die stel van voortdurende uitdagings
  • Onderlinge goeie verhoudinge

In onlangse kommentaar in die gesprek oor Roeping en die werk van Allan Hirsch is die waardes nie eerbiedig nie. Wanneer standpunte gestel word deur ander se bydrae te diskrediteer, word ons waardes oortree. Deur bv. na mense verwys word as “new age” of “kwasi new age” sonder om inhoud aan die stellings te gee nie, word die oop en veilige ruimte bedreig.

Ons sal soos in die verlede oop gesprek aanmoedig ook en juis as ons van mekaar verskil.

Bydraes sal in alle gevalle gemeet word aan bg. waardes van www.communitas.co.za.

Alan Hirsch en al die ander ‘new age’ en kwasi ‘new age’ skrywers

102 Thursday, 19 March 2009 07:54
Vlooi du Toit
Die bogeneomde onderwerp sluit natuurlik nou Eugene Peterson in en te veel ander om op te noem.
As u bereid is om n skakel na webtuistes te publiseer op Communitas…….publiseer asb dan ook www.lighthousetrailsresearch.com.
Hierdie webtuiste word bedryf om die vele neigings wat nou in die Kerk aan die gang is, tot n mate inligting aan diegene beskikbaar te stel ,wat belangstel in die moontlike afwykings in leerstellighede. Die misleiding is reeds groot en behoort toegewyde Christene kennis te neem van wat aan die gebeur is in die Kerk van die Here.

Vandaar my beroep om weer tot God se Woord terug te keer en nie jouself aan allerhande misleidende en mististiese skrywes van New Age tipe teoloee ,of op andersins mense wat hulself as kenners, voordoen, te verlaat nie.

Skokkende goed is aan die gebeur.

Groetnis
Johan du Toit

http://www.lighthousetrailsresearch.com/blog/index.php?p=935&more=1&c=1

The Forgotten ways , Frederick

The Forgotten ways

103 Wednesday, 18 March 2009 13:40
Frederick
Wel Allan soos wat jy kan sien word jou boek baie gelees en gebruik in gemeentes. Pieter van der Walt is in ‘n gemeente in die Paarl en hulle gemeenteleiers het die boek gelees met die kommentaar wat jy op die webblad gekry het. Dit is hoog tyd dat jy weer vir ons kom kuier in Suid-Afrika. Ons het ook ‘n skakel na jou webblad ingebou sodat ons besoekers jou maklik kan kry.

Hoop daar is vreugde in jou dag

Frederick Marais

www.theforgottenways.org

104 Wednesday, 18 March 2009 13:23
alan hirsch
Hello Piter. Hoe gan dit. Ek kan nog the taal verstaan! Dit is goed om met jou te gesels.

Lekker bly

Alan

www.theforgottenways.org

105 Wednesday, 18 March 2009 13:21
alan hirsch
Hello Pieter. Hoe gan dit? Ek kan nog the taal verstaan! DAnkie vir jou opmerkings en vrae. Dit is goed om met jou te gesels.

Lekker bly

Alan

Geluister na Ps 107 vir die week

106 Monday, 16 March 2009 11:15
Martin Heyns
Die digter van Ps 107 moes op een of ander manier vier egte swaarkry goed aan sy eie lyf ervaar het. Dit maak sy lied lewens-eg: Woestyn-dors/honger; gevangenis-stikdonkerte; dodelike siekte [wat jy uit onverantwoordelikheid oor jouself gebring het] en die insluk-gevaar van die gevreesde Yam — ‘n tierende seestorm.
Maar die chesed van God; sy aanhou en aanhou en aanhou goedheid [goedertierenheid] red sy mense elke keer onverdiend uit hulle nood. Wow!
Hierdie altyd-daar-goedheid van God, is in Christus Jesus heeltemal volledig vir ons gegee. Hy het in sy lewe op aarde presies hierdie reddingsdade kom uitleef. So vertel die Evangeliste. Hy is die Messias, die Seun van God. Hy het die honger en dors van die ellendiges kom les; die gevangenis kom bevry; siekes gesondgemaak en die storms het verbasend, eenvoudig in sy teenwoordiheid bedaar. Kyk, die Koninkryk het naby gekom; glo Hom!
“Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie”, dis waaroor die digter nie uit sy binneste kon stilbly nie. Hy gee ons die woorde om dit ook vandag oor en oor na te sê. Ons sal dit nooit uit onsself doen nie.
Die lied begin só en eindig só en lei daarom die 5e Psalm-boek perfek in as die groot crescendo van die Psalm Bundel; alles om ons oë/harte oop te maak waaroor ons lewe eintlik gaan.

Vreemdeling as draer van ons identiteit

107 Sunday, 15 March 2009 13:50
Frederick
Ek onthou dat ‘n aantal maande gelede een van die groot banke by hulle OTM die boodskap gehad het jy geen vreemdeling moet vertrou nie! ‘n Mens verstaan waar dit vandaan kom, maar weet ook indien ons so bly dink oor vreemdelinge, dit ‘n klimaat skep waarbinne daar moeilik gasvryheid teenoor vreemdelinge getoon sal word. In jou treffende bydrae Jannie herinner jy ons daaraan dat ons identiteit nie net deur ons trandisie gedra word in christelike geloofsgemeenskappe nie, maar dat dit as ware aan ons gegee word deur die vreemdelinge in ons poorte. Deur hulle te verwelkom, met hulle in gesprek te gaan, diep na hulle te luister en by hulle te leer, ontvang ons as gemeente ‘n nuwe verstaan van ons identiteit. Indien dit nie gebeur nie, sal ons die evangelie mak maak om te pas in die sak van ons eie kultuur gemaksone. Ek het die naweek twee pragtige praktyke geleer van ‘n gemeente wat daarop ingestel is om gasvry te wees teenoor die vreemdeling. Hulle moes ‘n predikant beroep en een van die vrae wat hulle hom gevra het was: Vertel vir ons van ‘n vriend wat nie glo of aan ‘n kerk behoort nie. Hulle het ook die gewoonte om by ‘n doopgeleentheid die ouerpaar te vra om vriende uit te nooi na die doop wat nie christene is nie. So bly ‘n mens verstom hoedat daar in ‘n tyd van Zenophobia in die derde wereld en groeiende geslotenheid in die eerste wereld tog gemeentes is wat in ‘n totaal ander rigting beweeg deur hulle poorte doelbewus oop te maak- my ervaring is dat daar ‘n groeiende groep gemeentes in SA is wat dit so onder die radarskerm leer leef. ONs kan baie by hulle leer.

Roeping van Dominees

108 Saturday, 14 March 2009 12:34
Danie du Toit
Frederick,Andre en Ferdinand,
Dit is sekerlik nie moontlik om jouself emeosioneel los te maak van jou roeping as predikant nie.( tensy jy dalk wil neig na die oosterse mistieke ervarings van die velerlei godsdienstige gebruike wat hierdie mense het nie)
Verbeel jou….Paulus of Petrus en elke ander Bybelfiguur ,maak hom los van sy emosie……onmoontlik sou ek dink,bloot nie moontlik nie omdat God ons as emosionele wesens geskep het ?
My standpunt rondom hierdie hele aspek is dat daar soveel van die sekulere in die Kerk opgeneem word,dat dit moeilik word vir lidmate om te onderskei tussen wat van God af kom,via die Dominee en wat nie.
So word en is dit ook moeilik vir Dominees om te onderskei tussen wat regtig van waarde is en wat nie.
Die goed van Covey bv. is deurspek met dit wat in die mormoonse geleer word en net so die boeke van Eugene Peterson en al die ander.
Daar is toenemend n neiging in die Kerk dat ons as Christen gelowiges al meer ‘tolerend ‘behoort te wees teenoor die wat dan nou buite die Christelike geloof staan ,dat daar meer en meer van die mense se stelling en sienings in preke deurkom.
Die noodwendige gevolg is dat Dominees ,nie meer so seker is oor hulle roeping en alles wat daarmee gepaard gaan nie !
Die insette wat hulle kry uit al die ‘vreemde ‘leesstof is werklik baie en dit kan verwarring veroorsaak en twyfel bring.
Verder sal dit dan volg dat die dominees ,wat natuurlik ook mense is, wat seerkry en ook na geesgenote sou soek,hulself wend na sielkundiges vir hulp en toenemend lees van wat buite die Woord aan die gang is…..dis nou deur skrywers van al die boeke wat so nougeset geraadpleeg word .
Net nog iets oor byvoorbeeld Rick Warren se boeke……Die man raadpleeg 15 verskillende vertalings en parafrases om die stelling wat hy maak,te ondersteun….hy haal tekse onvolledig aan en baseer dan sy afleidings en/of aanbevelings daarop. Dit net in kort.
Die vraag ontstaan nou……kan ons enigsins hierop peil trek? Mag ons dit deurvoer na die gemeentelid toe en dan glo /hoop dat ons bydra tot sy siele saligheid en ook sy groei in Christus.?
Ek het op n keer n gesprek met n Prof gehad oor die goed en in sy eie woorde “ortopraksie oorroep ortodoksie”..
Wat vir n stelling is dit.? Daaruit kan jy aflei dat die leerstelligheid van die Woord sekonder is , en as dit dan is, waar kry ek dan my riglyn om my lewenswandel aan te speek en te verander en al meer aan Christus gelykvormig te word. ?

Vriende, deur my inset wil ek julle nie ontstel,nog meer oor julle roeping laat twyfel, bydra tot die pyn wat julle meer of minder dikwels ervaar, die gebrek aan gespreksgenote wat julle het, ens ens nie.
Dat julle n taak het wat net in en deur God se Genade ,gedoen kan word,is so.
Wat wel vir my bekommerinswaardig is,is die die stelling dat

“Dit is nie vir my moeilik om met jou saam te stem dat die Woord die belangrikste bron is vir die her-ontdekking van ons roeping nie. Ek dink egter nie dat die enigste stem is nie.”

en

“Oor Covey, ja ons is deeglik bewus van die feit dat hy ‘n Mormoon is. Maar dit is nie die rede waarom ons sy materiaal gebruik nie. Ons gebruik dit, omdat dit internasionaal bekende en erkende materiaal is in die ontwikkeling van leierskap. Buiten Covey is daar vele ander teorieë en insigte van skrywers wat ons gebruik wat nie uit die gereformeerde of selfs christelike tradisie kom nie. Daar is wonderlike insigte uit die ekumene en sekulêre literatuur wat ons help met hierdie en ander kursusse.”
Moes ons as Kerk,dan nie in die tyd wat verby is, ons eie Woord gebaseerde opleidings materiaal daar gestel het nie ?

Wat word dan van die stellings wat God self in die Woord maak oor Christus se algenoegsaamheid en Judas se vemaning om te stry vir die geloof wat aan ons oorgelewer is ?
Die probleem kom as ons toelaat dat dinge wat naby aan die waarheid is ,in die Kerk in kom en oorgeneem word deur ons as Christene en dan as waarheid verkondig word. Die subtiliteit van dit wat besig is om in die Kerk te gebeur ,kan nie onderskat word nie.
Dit bring mee dat die Kerk nie meer so n sterk stem het soos wat dit veronderstel is om te he nie. Kan ons nog regtig se “SO SE DIE HERE”

Hierdie onderwerp is nie naastenby ten volle na gekyk en ontleed nie. Hierdie is oppervlakkig en is dit my oortuiging en was dit die bedoeling van die begin van die gesprek af was, om te probeer bepaal waarom dominees begin twyfel oor huule reoping ,waarom dfaar onsekerheid intree .
Bestuur van die Kerk was nog nooit bedoel gewees om die dominee se taak te wees nie……wat het van die ouderlinge en diakens geword ? Hy is immers die leraar,onderwyser in die
Woord ,die een wat die eksegese moet doen……wat terloops nogal verwater is deesdae…….

Paulus se skrywe in Filippense 1 vers 10 en verder is my gebed vir elke prediker wat n grootse taak het en dan mag ons ook vir geen oomblik vergeet dat God SY kerk bou en nie ons nie….ons is slegs instrumenteel om die Evangelie volgens Sy opdrag uit te voer.(Romeine 10:13,14)

Dis ver van my af om aan enige een van julle aanstoot te gee……net n vermaning om in die Woord te bly…..dis al wat ons het en ooit sal nodig he…..nie insette van enige iemand anders nie, en as jy lees in ander boeke, lees dan met onderskeiding en insig en bly in die Waarheid van God se Woord .
NIEMAND kan daartoe byvoeg of wegvat nie.
NIEMAND kan dit beter stel as wat die Woord dit self stel nie.
Tot later…….ek vertrou ons stop nie hier nie
Gegroet
Johan du Toit

Dominees se roeping

109 Friday, 13 March 2009 14:47
Ferdinand van Niekerk
Ek het ook gewonder of ek op Johan se skrywe moet reageer. Dankie Andre dat jy daarop reageer. As deel van my roepingsworsteling moes ek ook ontdek dat Christus alles met sy teenwoordigheid gevul het en dat God alles vir my gegee het om tot sy eer te gebruik en het die skeiding tussen dit wat heilig is wêrelds weggeval sodat ek God in en deur alles kon ontdek. My roeping het toe begin om my doodgewoon meer mens et maak sos God dit bedoel het en nie ‘n wese van ‘n ander planeet wat lewensvreemd in die gemeente aan werk is nie. Dit bly egter steeds ‘n wandel met opdraendes. Dalk het Johand dit nie so bedoel nie en wil ek hom vra om weer te skryf en dalk iets meer te sê – dit kan ‘n vrugbare gesprek wees. Shalom!
Roeping van dominees , Andre Schmidt

GEBED IS OM GOD, WEER GOD TE MAAK IN JOU LEWE

110 Friday, 13 March 2009 12:22
Quintus
Dankie Chris – Ek lees nou eers jou bydrae- Amen Daarop!!

Gebed is om God weer God te maak

111 Friday, 13 March 2009 12:11
Quintus
Andre, Dankie vir jou bemoediging. Jou opmerking is relevant. Wat ek wel bedoel het is : God kan sonder ons gebede klaarkom, maar Hy wil nie. God is almagtig en het seker nie die mens nodig om sy wil op aarde te laat geskied nie , maar Hy wil die mens gebruik om sy koninkryk te laat kom. Daarom moet ons bid en daarom moet ons instrumente in sy hande wees.Dit help ons ook dat ons kan weet -As ons bid en iets vra moet dit tot sy eer wees en volgens sy wil wees. want alles gaan om Hom! Dit is in daardie sin dat ek dink Hy kan wel sonder ons gebede klaarkom, maar – die Bybel is duidelik :Hy wil nie daarsonder klaarkom nie. Daarom is dit noodsaaklik dat ons bid. Hy het dit in sy raadsplan inbou (Openbaring 8 lees)
Iemand het dit op ‘n keer so geformuleer: God kan ons nie gebruik vanwee ons sonde nie, maar Hy wil ons gebruik. Dit is wat ons gebedslewe en lewe voor die Here sinvol maak!
Ek hoop ek maak sin

Groete

Quintus

Roeping van dominees

112 Thursday, 12 March 2009 09:29
Andre Schmidt
Ek het ook gewonder of ek moet reageer op Johan du Toit se opmerking. Ek respekteer sy siening. Tog het dit so skerp en half ongevoelig vir my oorgekom; so beskuldigend en intolerend (vgl. Andries Cilliers se opmerkings oor Eks 20 hierdie week)as ek iets anders sou durf lees as net die Woord van die Here. Toe ek jou reaksie vanoggend lees Frederick, voel ek ek wil net ook graag my stem laat hoor.

Ek was ook al in die “woestyn” wat my bediening en my roeping betref (ek wonder hoeveel dominees beland nie soms daar nie?). Baie gewonder oor waarheen die Here my wil lei, wat Sy wil vir my lewe en die gemeente is. Dit het tye van afsondering geverg, nadenke gevra, bestekopname, geworsteling in gebed en die lees en nadenke van die Woord. (Die begrip “wandel in die Woord” het ek eers so onlangs as twee jaar terug leer ken). Oor die plek van die Woord in my lewe, my liefde vir die lees daarvan, kan ek nie genoeg getuig nie. Ek doen dit graag en leer graag lidmate in groepe die “wandel in die Woord”-beginsel. En tog…kan ek ook nie sonder my ander “gespreksgenote” – musiek,my boeke en ander naby mense – leef en werk nie. Ek glo van harte dat die Here in almal en in alles leef en werk. En daarom wil ek graag van die “ander tekste” se insigte kennis neem en iets daaruit vir myself haal. Dit is vir my belangrik om te hoor wat hoor hulle by die Here. Dit verryk my lewe. Daarom geniet ek so die huidige Leesrooster (en die destydse Woord teen die Lig-reeks) en die gedagtes wat weekliks op die werf daaromtrent verskyn, die verskillende bydraes deur mense en hoe verlustig ek my nie in die kundigheid wat die Here mense gee nie! Ek kan nie sonder ander “tekste” leef, werk en geestelik groei in my verhouding met die Here nie! Daarom kry ek so seer oor Johan se briefie. Miskien bedoel hy dit anders, maar ek ervaar hom verskriklik onverdraagsaam as ek dan nie ander leestof mag lees en dit selfs in my prediking kan inwerk nie.

Andre

Vincent Brümmer sê: Gebed is noodsaaklik maar nie genoegsaam nie …

113 Wednesday, 11 March 2009 15:53
Webmeester Communitas

 



Ek het onlangs Vincent Brümmer se boek What are we doing when we pray? gelees, wat moontlik ‘n antwoord in die regte rigting gee.

Hy fokus in die boek op gebed en die wese van geloofsvertroue. En hy identifiseer op uitstekende wyse die kompleksiteite wat inherent aan gebed en gebedsverhoring is (Die boek is ‘n hersiene en uitgebreide uitgawe deur Ashgate in 2008 van die oorspronklike boek van hierdie gebore Suid-Afrikaner, wat reeds in 1984 uitgegee is. Hy is ‘n afgetrede godsdiens-filosoof van Utrecht).

Vincent sluit aan by die gedagte van Gerard Ebeling dat gebed die sleutel is om die wese van God te verstaan. Hy werk met ‘n oop perspektief op God, wat sommige “open theism” noem, omdat hy reken dat gebed nie eintlik met ‘n ander perspektief, bv. dat God nie kan verander nie, nog gebed genoem kan word nie. Daarby voeg hy by dat gebed ook gesien moet word as die “language game of faith” op voetspoor van Anthony Thiselton.

In die afdeling, Asking an omnipotent God, haak hy dan aan by die idee van Geach, God and the Soul, dat gebed ‘n “two-way contingency” (voorwaardelikheid of gebeurlikheid) het, 1. God se antwoord is nie onmoontlik óf onvermydelik nie 2. Gebed is ‘n noodsaaklike maar nie ‘n genoegsame voorwaarde vir God se antwoord nie.

En dit is hier waar die pennie vir my drop!

Gebed is VIR ONS noodsaaklik, maar nog steeds onderworpe aan God se soewereiniteit.

Gebed is egter ook VIR GOD nodig, nie omdat sy wese onvolledig is en Hy dus ‘n aanvulling nodig het om volmaak te word nie, maar omdat Hy ‘n God is wat kan verander, ‘n mens sou selfs kon sê, wil verander, omdat Hy in ‘n egte verhouding, as ‘n persoon!, met ons is.

Dit beteken ook, dat só ‘n siening van die voorwaardelikheid van ons gebed, implisiet en eksplisiet die grense bepaal van wat betekenisvol van God gevra kan word. God kan bv. 1) nie logies-onmoontlike dinge verhoor nie (bv. om te vra dat iets beide wit as swart gemaak moet word) of 2) iets wat teen sy eie natuur is nie (bv. om te vra dat Hy sondig).

Aan die ander kant het God Homself ook beperk. Die feit dat God Hom in liefde aan mense verbind het, is ‘n illustrasie hierdie self-opgelêde beperking. God het Homself uit vrye keuse beperk in die mate van invloed wat Hy op mense kan uitoefen om met hulle in verhouding te kan lewe. Hy sal dus niemand dwing om met Hom in ‘n liefdesverhouding te staan nie, anders sal dit nie meer ‘n liefdesverhouding wees nie.

Teenoor die statiese idee van God as onveranderlik, wys Vincent dan uit hoe gebed baie spesifiek die verhouding tussen God en die bidder verander wat daardeur ‘n werklike veranderings effek op beide het. (On)veranderlikheid is gevolglik altyd ‘n dinamiese begrip omdat dit ‘n onvolledige konsep is – God is onveranderlik in sy goedheid en getrouheid, maar veranderlik ten opsigte van gebeurlikhede. Anders sou hy nie ‘n persoon wees nie.

Ten opsigte van die feit dat God ons behoeftes ken, kan ‘n mens aanvaar dat God baie van ons behoeftes vervul sonder dat ons vra, maar weens sy behoefte om met ons in ‘n verhouding te lewe, sommiges net gee omdat ons vra. Anders sou ons óf oorweldig wees deur die vervulling van ons onuitgesproke behoeftes óf bederf deur te dink dat ons behoeftes outomaties, sonder ‘n verhouding, bevredig word (hier werk hy met Eleonore Stump, “Petitionary prayer” in American Philosophical Quarterly 16 [1979] se gedagtes).

In verband met Intersessie maak hy eers die stelling dat hy God se optrede as die primêre oorsaak beskou wat Hy bemiddel deur sekondêre oorsake, waarvan die belangrikste mense se optredes is. Dit maak daarom van Intersessie ‘n gebed wat primêre optrede van God vra, maar ook ‘n gebed word wat die bidder beskikbaar stel om een van die sekondêre redes te word waardeur God die gebed kan beantwoord.

Dit beteken dat die gebed van meer intersessors meer effektief is, nie omdat hulle meer druk op God kan plaas nie, maar omdat dit meer mense intrek wat God se wil kan uitvoer! Nogal ‘n antwoord op die vraag wat sommige van ons vra oor uitsprake van gebedsaksies in ons land (Transformation, Jerigo Mure ens.).

Dit bring ons terug by sy idee van noodsaaklikheid en genoegsaamheid. Vincent haal John Lucas (Freedom and Grace) aan wat die briljante voorbeeld het wat ‘n metafoor vir hierdie samewerking tussen ons bemiddeling en God s’n verskaf, dié van Persiese tapytmakers.

In elke familie werk die pa aan die eenkant en die kinders aan die ander kant. Die kinders faal baie keer daarin om presies te doen wat die pa sê, maar die pa is vaardig genoeg om sy patrone aan te pas om hulle foute te inkorporeer en in ‘n fassinerende, konstant-ontwikkelende ontwerp te verander.

God se werk moet dus nie as ‘n bloudruk verstaan word nie, maar eerder as ‘n goddelike projek wat God ontwikkel in gemeenskap met menslike deelnemers. Dit het ‘n effek op hoe ons die eskatologie sien – in stede van ‘n vaste uitkoms, is die eschaton iets waaraan ons as medewerkers met God saamwerk.

Ons gebede is dus noodsaaklik vir God, nie omdat Hy in sy wese dit nodig het nie, maar omdat Hy in ‘n verhouding is met ons en ons dus nodig het om saam te werk aan die tapyt van die lewe wat Hy (en ons) weef. Maar ons gebed is altyd ook weer onderworpe aan God se soewereiniteit, en daarom net genoegsaam, as Hy dit so maak.

Lees ook my verdere opsomming van sy gedagtes by www.gemeentes.co.za/index.php . Chris van Wyk

Forgotton ways

114 Wednesday, 11 March 2009 15:01
Andre Schmidt
Hallo Pieter. Ek het die voorreg gehad om na Allan te kon luister toe hy so ruk terug hier in die noorde opgetree het. Sy boek het ek ook daarna gelees. Ek bly wonder nadat ek die boek gelees het (en herlees), hoe sou ‘n “gemeentebedieningsmodel” lyk wat op sy model basseer is sonder dat ‘n mens in ‘n “programgedrewe gemeente” vasval? Weet jy van ‘n gemeente wat van sy idees gebruik maak en daarvolgens funksioneer?

Groete
Andre

Gebed is om God weer God te maak

115 Wednesday, 11 March 2009 14:52
Andre Schmidt
Hallo Quitus. Ek het baie waardering vir jou nadenke oor gebed. Dit stimuleer inderdaad ook my eie nadenke oor gebed en besig wees met God in my stilwordtyd. Die laaste opmerking in jou stukkie verwys jy daarna dat God “nie jou gebed nodig het nie”. Is dit so? Ek verwys na Coenie se gesprek by die konferensie wat na Abraham verwys wat voor die Here bly staan het (Gen 22). Het God nie onder andere ons gebed “nodig” om die koms van die koninkryk nie te laat kom. Jy verwys na Yancey (en het ek nie die boek geniet nie!) maak erens daarin ook ‘n sterk saak uit dat God ons gebed “nodig” het. Hoekom bid ek dan? Of verstaan ek jou verkeerd?

Groete.
Andre

Uitdaging: skryf resensies en verdien VBO punte

116 Tuesday, 10 March 2009 20:17
Webmeester Communitas
Een van die maniere om VBO punte te verdien, is deur ‘n boek te lees en ‘n evaluering/opsomming daarvan te skryf. Elke sinode sal seker self besluit oor watter boeke en hoeveel punte. Ek dink egter dat dit ‘n uitstekende manier gaan wees om twee vlieë met een klap te slaan: lees ‘n “lidmaat-vriendelike boek”, skryf ‘n resensie of maak ‘n 2-3 bladsy opsomming en verdien nie net VBO punte nie, maar maak ook ‘n boek toeganklik vir lidmate – gaan kyk by www.gemeentes.co.za/index.php vir ‘n paar boeke wat al op dié manier gehanteer is, waarvan What are we doing when we pray? van Vincent Brümmer en My Babe van Sanet Groenewald (oor ervarings van mense wat ‘n aborsie ondergaan het), sowel as Mission in an African Way (Oduro, Pretorius, Nussbaum, Born)en die boek van die menslike genoom projek: Language of God van Francis Collins moontlik in daardie kategorie val.
resensies , Besoeker

resensies

117 Tuesday, 10 March 2009 10:11
Johan van Rooyen
Baie dankie vir die resensies. Dit help baie. Ek soek egter soms ‘n resensie van ‘n boek wat deur LIDMATE gelees word – en waarvoor ek nie altyd die krag het om dit te lees nie. Is daar iewers so ‘n diens?
Dankie
Johan

Gebed is om God , weer God te maak in jou lewe

118 Tuesday, 10 March 2009 05:43
Quintus
Martie – Ons almal – ook ek – is baie skuldig daaraan dat ons te min luister en te veel dinge op ons eie “uitdink” om te doen. Soms kom ruk die Here ons betyds tot stilstand- Ander kere stamp ons ons koppe hard omdat ons nie luister nie. Kyk gerus op die “klankbaan” van die gebedskonferensie en luister na Trevor Hudson se voordrag “to listen to the groans” Daar kom tye in mens lewe en dit word meer, hoe ouer ons word, dat ons moet stilstaan en net moet luister(soos Bob Buford in Halftime ) inderdaad ook wil sê. Ek weet nie van jou nie , maar ek sukkel maar daarmee , want ek is van nature ‘n doener (my natuurlike spiritualiteit) en as ek nie met een of ander saak besig is nie – dan ervaar ek nie sin in my lewe nie. So hoe meer ek doen – hoe meer kry my lewe sin- of liewer so dink ek soms! Ek dink dit moet verander- Dit moet eerder wees Hoe meer ek luister – hoe beter en effektiewer sal ek kan doen en sin vind in die lewe!

Quintus

die roeping van predikersP

119 Sunday, 08 March 2009 15:44
Danie du Toit
http://www.lighthousetrailsresearch.com/index.html

Hierbo is n webtuiste ,wat al wat predikant in Suid Afrika is,kan gaan besoek . Hopelik sal julle dan dalk ophou om die boeke te lees wat julle wel doen.

Waar het jy gesien dat die Woord ,nie eers aangehaal word ,deur Frederick as hy so van sy ‘ervarings’ meedeel nie.
Kerels,word wakker…..julle moet die Woord begin verkondig en wegkom van snaakse boeke soos ‘The Shack” ;Skrywers soos Eugene Peterson,Dan Kimball,Rob bell, Peter Greigg, Leonard Sweet, Rick Warren ens ens.
Kom weer in die Woord en jy sal jou roeping weer herontdek……mag die Here julle daartoe help.
Verder is Covey, wat in van die opleidingsmateriaal van Communitas, gebruik word, n hooggeplaaste Mormoon……dis om die satan die bron te maak wat gebruik word…..die Woord is nie verkeerd wanneer dit die stelling maak dat die duiwel hom as n engel van die lig kan voorstel nie.
Die skyn van godsdiens is daar ,maar dit word verloen deur diegene wat buite God se Woord probeer werk en verkondig.

Wat het geword van ‘Sola Scriptura’ en al die ander Woord gefundeerde beginsels wat veronderstel is om in Christus se Kerk aanwesig te wees. ?
Hou op om van ‘sielkundiges gebruik te maak en begin mense uit die Woord te bedien.
Ek is bevrees dat daar al ver op die pad na n mististiese’,’new age’ tipe godsdiens gevorder is.

Predikante gebruik deesdae al vir Maslow en Covey en wie weet wie nog in preke as voorbeelde van geestelike groei en hoe om dit te bereik.

Sjoe, is daar nog hoop vir die Kerk van die Here ??
Ja ,daar is, maar dan moet julle, die predikante op n plek kom waar julle weer aan die Here diensbaar word…….kom in die Woord en bly weg van die res af.!!

Shalom
Johan du Toit

Frederick, jou hart oor roeping

120 Friday, 06 March 2009 20:22
Ferdinand van Niekerk
Frederick, dankie vir jou oop eerlikheid . . . dit help my baie . . . dankie . . . baie dankie. . .

Ons praat verder oor roeping

121 Friday, 06 March 2009 10:33
Frederick
Ferdinand

Ek het nog altyd die roeping wat ek van die Here ontvang het as rigtinggewend beskou tov besluite en keuses wat ek moes maak. Ek is een van daardie vreemde mense wat in die middel van die nag vir jou kan se presies wat my roeping is! Dit het in my lewe as predikant ‘n baie belangrike rol gespeel en my gehelp om in moeilike tye keuses te maak wat ek andersinds nie sou kon maak nie. Ek dink dit was gesond en verantwoordelik in my navolgingskap van Christus en ek is dankbaar daarvoor dat ek in ‘n tradisie is wat die belangrikheid van roeping verstaan.

Emosioneel het daar egter ‘n vervlegting plaasgevind tussen Frederick en sy roeping. Ek het afhanklik geraak van my roeping vir die gevoel van selfwaarde. (Die redes hiervoor is ‘n gesprek vir ‘n ander dag) Dit het gemaak dat ek harder en harder gewerk het- almal rondom my het my gewaarsku maar ek was doof. Ek moes toe verlede jaar ( na 15 jaar in die bediening waarvan 8 as fasiliteerder wat ek die land deurkruis het) ontdek dat ek uitgebrand is en moes ek noodgedwonge ‘n sabatsbreek maak. Ek het vir 10 dae op ‘n retreat gegaan en daar ontdek dat ek emosioneel vereensaam is nie net in my verhoudings met die mense om my nie maar ook in my verhouding met God. Hy was het vir my ‘n opdraggewer geword. Ek het met my alles geglo in sy opdrag en dit na die beste van my vermoe gedoen- kom ons se maar as werknemer.

Erens in die retreat het ek bewus geraak van ‘n kant van God wat ek in jare nie beleef het nie, dat Hy my lief het en werklik vir my omgee en met my in ‘n verhouding wil tree, ongeag van my gehoorsaamheid. Vir baie lank kon ek dit nie van die Here hoor nie omdat daar by my hierdie emosionele band met my roeping ontstaan het. My Roeping het as gevolg van ‘n emosionele ongesondheid verwydering tussne my en God en mense om my gebring. Die ergste is dat ek nie daarvan bewus was nie- ek was te besig.

Ek het in dardie tyd baie tyd gemaak om te fokus op die leegmaak van myself- dit is en was pynlik- ek moes baie dinge teenoor myself en ander erken wat vir my gevoel het soos doodgaan. Ek moes werk met die spoke van negatiewe selfwaarde- ek onderbreek mysself ietwat- indien ‘n mens jou selfwaarde vind in jou roeping en die uitleef daarvan- verdring dit die selfwaarde wat jy ontvang uit die genade en liefde van Christus. Ek het baie stiltye gehad waarin ek met God in gesprek was- eintlik was dit meer dat God met my in gesprek was want ek het ervaar dat ek nie woorde gehad het nie.

In die proses moes ek my roeping teruggee vir die Here, om dit weer van Hom te ontvang. op ‘n manier is alles nou anders want ek ervaar nie meer dat die roeping my regeer nie, maar dat ek dit daagliks van die Here ontvang. Prakties beteken dit dat ek meer ingestel is om op hoe en waar die Here besig is, en hoe ek daarvan deel kan word. Ek se (meestal) makliker nee, omdat ek nie meer afhanklik is van my selfwaarde in die uitleef van my roeping nie. Ek het dissiplines ingebou wat my help met balans, maar in my geval bly dit ‘n stryd wat ek soms oorwin. As jy eenmaal verslaaf is aan werk kom jy maar moeilik daarvan los.

Interessant is dat mense wat saam met my werk ervaar dat ek meer toeganklik is en beter luister- ek is minder ge-okupeer dink ek en kan daarom ligter omgaan met dinge.

Die waarheid is dat dit eintlik ‘n groot verlossing is hoewel die pyn van die losmaak my nog dikwels daar is. Ek het gevind dat Pete Scazzero(die spelling is nie korrek nie) se boek Emotionally Healthy Church my baie gehelp het om eerlik in die spieel te kyk.

Dieper gedink oor roeping saam met Frederick

122 Friday, 06 March 2009 07:57
Ferdinand van Niekerk
Frederick, jy skrywe die volgende: “Ek deel een ding met jou oor wat ek van myself geleer het. Ek moes die emosionele band met my roeping losmaak. Daar was later nie meer ‘n ek los temaak van my roeping nie. Dit was ‘n bevryding- Ek werk nie minder nie maar anders, dit is ligter en ek dink in die proses is ek veel meer sensitief vir dit wat die Here aan die doen is eerder as wat ek moet doen.”

Ek verstout my om te sê dat daar heelwat van ons dominees is, veral ek – wat graag by jou wil hoor wat jy bedoel met die “losmaak”en hoe die pad lyk na so losmaak.

GEBED IS OM GOD, WEER GOD TE MAAK IN JOU LEWE

123 Wednesday, 04 March 2009 23:28
Martie Dippenaar
Hi Quintus
Ek en Bennie het so pas ‘n gebedswerkswinkel wat by Ceres Moeder-gemeente aangebied is, bygewoon. Tydens die werkswinkel het ek weer teruggedink aan die keer toe jy ook vir ons die waarde van meditasie verduidelik het. Ek pas daardie beginsel gereeld toe, maar die lewe is dikwels so gejaagd, dat ‘n mens nie tyd kry vir meditasie as jy nie tyd daarvoor maak nie. In stilwees en vertroue lê ‘n mens se krag. Dis in tyd van meditasie en stilwees dat jy God hoor praat. Daardie klein stemmetjie wat so gedurig fluister, maar wat ‘n mens so maklik dooddruk, “omdat daar nie nou tyd is om te luister nie!” Ek is besig om die boek HALF TIME te lees. ‘Weet nie of jy dit ken nie, maar dit gaan ook die mens wat gedurende die eerste 40 jaar van sy lewe net “gather” en “gather” en nie besef wat hy/sy in die proses misloop nie. Dan begin die klein stemmetjie praat, en as jy nie gehoor gee daaraan en begin stilword nie, mis jy die ware prioriteite in jou lewe.
Dankie vir hierdie stukkie wat jy geskryf het. Ek het dit werklik sinvol gevind en dit het goed aangesluit by dit waarmee ons in die werkswinkel besig is.

Identiteitsvorming

124 Wednesday, 04 March 2009 23:00
Frederick
Jannie soos wat jy weet het ek baie geleer by H Richard Nieburh- the resonsible self- oor die gevare van wat hy noem man-the-maker waar hoop geplaas word in die potensiaal wat oopgesluit is in mense. Ek dink dit kom baie na an wat Taylor the buffered self noem. Ek moet se Moltman se kommentaar op hierdie oorbeklemtoning van die individu wat kan lei na aktivisme agv die geslote beeld op die vormingskrag van die Triniteit- maak ook baie sin. Ek sien heelwat daarvan in myself en om my. Ons onvermoe om bewus te wees van die realiteit van in gemeenskap wees met die ander en die Ander word dalk meer gevoed uit die nalatingskap van moderniteit as se maar uit Calvyn bv.

Jy haal die kenosis uit Fil 2 aan as ‘n weg hieruit. Michiel Welker praat van die Gees wat ons lei vanuit selfreferensie waar ons verbeelding vasgevang is in onsself. As moderniteit so ‘n groot greep op ons gekry het in die vorming van ons selfbewussyn, moet ons verwag dat self-ontlediging min of meer sal voel soos self-moord en nie soos Paulus dit bedoel het as self-bevryding nie. Die houvas hiervan mag sterker wees as wat ons teoloe wat vernaamlik gevorm is vanuit ‘n westerse moderniteit self van bewus mag wees.

Daarom dat ek jou wil ondersteun in jou pleitdooi dat ons leiding hiervoor mag vind in die Afrika wereldbeeld.

Saam luister na God uit Rom 4

125 Wednesday, 04 March 2009 22:05
Martin Heyns
Vir die luister en verkondiging hierdie naweek, help dit my om in die skoene van Paulus te probeer klim en Rom 4 uit dié hoek oor te “vertel”. Onthou ek moet dit ook vir die kinders in die erediens liefs in ‘n storie [trouens eintlik God se manier van kommunikeer] probeer oorvertel. [Lees gerus: ‘Eat this book- The art of spiritual reading’, van Eugene Peterson]

Paulus skryf die Romeine-brief [ook Rom 4] nie los van die radikale draai wat God in sy lewe gebring het nie. In ons ‘taal’ was hy grootgemaak [later daarin gestudeer] soos ons meestal ons kinders van kleinsaf grootmaak: As jy mooi soet is [kom die wet na], maak jy mamma en pappa se hart so bly en hulle gee lekkertjies of roomys om te wys hoe bly jy hulle maak. Doen goed op skool in die eind-eksamen en jy kry ‘n ryding ens. Alles ruilhandel-tegnieke waarin ons mekaar ten diepste in ons verhoudinge in moet “omkoop”; inwerk. En dit werk. Mens kan self fanaties hieroor raak soos Paulus. Dis eintlik maklik. En dit hou jouself in beheer en soort van gelukkig.

Maar ons weet mos, eendag iewers op pad na Damaskus het God Paulus van sy donkie-ryding in hierdie koers, moes laat afval, om Hom regtig in Jesus van Nasaret, die opgewekte Een, persoonlik te ontmoet. En Hy het lank iewers in “Arabie” hierdie ontmoeting met God in Jesus moes gaan herkou en in hom laat deurwerk. Hierna was dit ‘n totale ander koers

As hy dus hier in Romeine 4:13 vv skryf: “That famous promise God gave Abraham—that he and his children would possess the earth—was not given because of something Abraham did or would do. It was based on God’s decision to put everything together for him, which Abraham then entered when he believed. If those who get what God gives them only get it by doing everything they are told to do and filling out all the right forms properly signed, that eliminates personal trust completely and turns the promise into an ironclad contract! That’s not a holy promise; that’s a business deal”. [The Message], dan verwoord Paulus vir my iets van hierdie totale ommekeer wat God in hom gebring het; ‘n persoonlike verhouding wat nie ‘onpersoonlik’ met ‘n ‘kontrak’ vasgemaak moet word nie. Ek haal weer ‘The Message” aan: “But if there is no contract in the first place, simply a promise—and God’s promise at that—you can’t break it. This is why the fulfillment of God’s promise depends entirely on trusting God and his way, and then simply embracing him and what he does. God’s promise arrives as pure gift. That’s the only way everyone can be sure to get in on it, those who keep the religious traditions and those who have never heard of them. Beloftes en vertroue en ‘vasdruk’ is liefdestaal. Liefde vir ons, wat vas en seker is, omdat dit in Christus vas en seker is.

En dit het alles direk met ‘Lent’ te doen, sonder direkte koppeling aan Jesus se spesifieke lyding. Die tyd waarin ons, 40 dae, soos Jesus, en dalk ‘n paar jaar soos Paulus in die “woestyn” deur die Gees gevat word, om saam hulle en met die gemeenskap van gelowiges [onder meer deur die Abraham-storie, ons eerste Vader in die geloof], te herontdek wie hierdie God in Jesus van Nasaret deur die Heilige Gees eintlik persoonlik vir ons is. Wat ‘n ontdekking? Wat ‘n nuwe lewe?

Tweede Gedagtes: Rom 4:13-25 , Chrisna van der Merwe

Preekstudies

126 Thursday, 26 February 2009 15:24
Andre Schmidt
Van my kant, wil ek graag dankie se vir al die medewerkers by die Leesroosterteks. Dit is so heerlik om julle bydrae, as aanvulling, tot die preekstudie te lees. Vars en aktueel. Ek geniet dit om die Leesrooster se teks elke week deur te werk. Soms, maar my gevoel, sukkel die skrywers om ‘n toepaslike sprong te maak na die preek. Daarom geniet ek julle stukke so. Dankie dat ons kan deel in die gawes wat die Here vir julle gegee het.

Andre

Tweede Gedagtes: Markus 1:9-15 , Chrisna van der Merwe

Gebed kan gemeentekultuur verander

127 Thursday, 26 February 2009 11:09
Deon Bester
Dankie vir die nuwe perspektief. Ek het dieselfde in ons gemeente gevind. Gebed skep ‘n ruimte waar God kan werk – gemeentelede is meer reg hiervoor as wat ons dink! Hulle het egter onderrig en visie nodig voordat dit kan gebeur. Hierdie kultuurverandering sal eers plaasvind as die leraars van die gemeente dit self glo en begin doen! Vanself is dit moeilik, deur die Gees en in gebed wel moontlik!

Dieper gedink oor roeping

128 Thursday, 26 February 2009 08:18
Ferdinand van Niekerk
Baie dankie Frederick – waardeer jou inset. Kan jy asseblief bietjie meer uitspel wat “losmaking van die emosionele band van my roeping”is en hoe die pad soontoe loop.

Gemeentelike identiteitsvorming en liturgie

129 Thursday, 26 February 2009 08:08
Ferdinand van Niekerk
Sjoe Jannie, jy vat diep. Die verarming van ons liturgie ter wille van dat ons lidmate moet goed voel,ons hulle verbruikersmentaliteit moet voed, ander kan praat oor die baie getalle in ons eredienste is besig om sy tol te eis: predikante wat uitbrand, teleurgesteld is, liewers stil sou wil verdwyn maar nie kan nie omdat dit sy/haar brood en botter is en lidmate wat stil verdwyn en op soek is na eenvoud, rus, egte diensbaarheid en stilte in God. Geniet jou reis met God en die reënboogkinders!

Ons roeping

130 Thursday, 26 February 2009 07:19
Martin Heyns
Ferdinand, ook van my kant: Dankie vir jou blank eerlikheid. My ervaring het my geleer dat ‘n baie groot groep predikante [groter as wat ons dink] presies op die plek is waar jy is.
Miskien het jy glad nie nodig wat ek nou gaan sê nie, maar ek weet God kan dit dalk op sy manier gebruik soos Hy dit in my lewe gebruik het. As jy nog nie Eugene Peterson se drie boeke oor “jouself” gelees het nie, probeer: “Under the Unpredictable Plant”, “The Contemplative Pastor”; “Working the Angles”.
Dit is nie studeerkamer slimmighede/teologie oor leierskap en roeping nie. Dit kom van iemand wat self ongeveer 30 jaar in een gemeente gewerk het; probeer uitvind het wat dit beteken om met groter vreugde predikant tye wees; ‘n deurtrapte teoloog wat sy lewe voor God en die nadenke daaroor bymekaar kon bring. Dis ook die moeite werd om een van sy jongste boeke in dieslfde trant te lees: “The Jesus Way”.
Ek wonder al meer oor my roeping , Ferdinand van Niekerk

Ons wonder verder oor ons roeping!

131 Wednesday, 25 February 2009 23:30
Frederick
Ferdinand

Ek dink dit is belangrik dat ons eerlik met mekaar hieroor kan praat. Dankie vir jou vrymoedigheid- jy help ons almal wat met die goed sukkel maar nie woorde het en dalk nie eerlik is met onsself nie. Jy praat van die ontnugtering in jouself- jy blameer nie die sisteem nie- maar het begin werk met jouself- dit is pynlik maar die enigste pad hieruit. Jy is op ‘n goeie plek, want jy kyk eerlik in die spieel.

Uiteindelik maak ons self die keuses wat maak dat ons met besige programme ons roeping verberg, want die las van die roeping is lig en die juk is sag. Ek dink jy het reeds die eerste tree op die nuwe pad gegee.

Sterkte- vir jou en ons almal wat ontnugter geraak het met onsself- ook hierin is die Here besig met ons.

Ek deel een ding met jou oor wat ek van myself geleer het. Ek moes die emosionele band met my roeping losmaak. Daar was later nie meer ‘n ek los temaak van my roeping nie. Dit was ‘n bevryding- Ek werk nie minder nie maar anders, dit is ligter en ek dink in die proses is ek veel meer sensitief vir dit wat die Here aan die doen is eerder as wat ek moet doen.

Ek wonder al meer oor my roeping

132 Wednesday, 25 February 2009 13:24
Ferdinand van Niekerk
Ja, F! Ek is 53 en het 12 jaar oor om my roeping as predikantuit te leef en wil graag al meer en meer met die hart van my roeping besig wees. En ek moet sê dat ek al meer ontnugter raak oor hoe ek my roeping in die verlede uitgeleef het: al meer besig, voller programme, doelwitte, teikendatums, produktief, resultate ens. en si moeg! Ek hou van wat jy skryf – dit reg maar erg moeilik. Ons het in ons gemeente ons NCD evaluering wat sê ons moet erg aandag gee aan ons kleingroepe en lidmaatbemagtiging vir ‘n jaar oposy geskuif en probee r’n “Sabbatsjaar”leef. Weet nie regtig hoe nie en gaan eintlik aan soos altyd want dis al wat ek ken! – Ferdinand

Stephoscope

133 Saturday, 21 February 2009 17:00
Frederick Marais
Die proram het maklik afgelaai en die clip het baie vlot vertoon- nou kan ons begin om met video clips te kommunikeer op die webblad- uitstekend

Dankie Chris

Stethoscope , Webmeester Communitas

‘n Gesins- en Gemeenskapsgerigte Jeugbediening

134 Saturday, 21 February 2009 13:06
Dikie de Wet
Ek het my navorsing oor ‘n gesins- en gemeenskapsgerigte jeugbediening in 2003 aan die Universiteit van Pretoria voltooi vir die verkryging van ‘n PhD-graad. Ek het ‘n netwerk, Kruisnet, vir die jeugwerkers van die Sinode Hoëveld opgestel om na mekaar te luister en mekaar te ondersteun. Ons het ook ‘n splinternuwe webwerf, www.xbande.ng.org.za, spesifiek vir jeugwerkers. U kan daarop my eerste artikel oor genoemde onderwerp vind.

Predikers hierdie naweek

135 Friday, 20 February 2009 17:15
Martin Heyns
Nadat ek die week saam met vier Bybelstudie-groepe op verskillende tye na Markus se weergawe van Jesus se verheerliking op die berg geluister het, het die volgende my hart vasgevat: Mense, soos Johannes en Petrus en Jakobus, mense soos ons, wat in die “heerlike”,verblindende, stormagtige, kragtige teenwoordigheid van God kom [sien ook Ps 50], kan gewoonlik net “nonsens” praat! Wat nog te sê van Jesus op sy verheerlikte kruispad volg? Ons kan eintlik net weghardloop van die pad, sê Markus!

So, ek waarsku myself, maar deel dit ook graag met ander predikers die naweek en elke keer as ons so seker is dat ons die waarheid praat: Die Markus storie herinner my [ons] dat ons in ons beste oomblikke in God se teenwoordiheid verskriklik maklik ‘nonsens’ praat. Dis seker waarom die Here se mense deur die eeue so veel erns gemaak het met ons gebede voor die luister en verkondiging van die Woord: “Kom Skepper-Gees”. In Karl Bart se boekie: “‘n Versameling van preke voor gevangenis”, is dit aangrypend om te lees hoe hy elke keer voor die lees en prediking van die Woord daar in die gevangenis, in afhanklikheid gebid en gesmeek het dat God ons tog sal bewaar van ‘nonsens’ praat, soos Petrus op die berg!

Ook nog geluister na Mrk 9:2-9

136 Thursday, 19 February 2009 06:58
Martin Heyns
U Woorde uit Mrk 9 2-8, gee ons ‘n baie klein menslike kykie in u binneste, Here; hoe U aan’t werk is vir ons en u hele skepping. Baie dankie vir die onbegryplike voorreg! Ons kom agter u werke is totaal bo-menslik werke; dis dan ‘n total selfopofferende kruis-pad in Jesus van Nasaret! Maar dit is u verkose werk-metode.
Op die berg “sien” ons iets van U eie manier van doen. Dit maak die volle lewe in en rondom ons weer heel. En dit realiseer net deur U, wat u Seun, Jesus, op die berg ver-HEER-lik het! Net u ver-HEER-likte Seun maak die stukkende wêreld [uiteindelik op die Golgota-kruis] heel. Die Een wat U met u liefde vir U ‘gemerk’ het.
Dankie dat U ons op die berg ook laat hoor dat Moses en Elia [hulle verteenwoordig mos al u reddings/skeppings-Woorde ook uit die Ou Tyd] dit nog die heel pad vir ons gesê en bevestig het. Ou Woorde, Eerste Woorde, wat in Jesus van Nasaret, u Mens-geworde-heelmaak-Woord geword het.
Here, en nou is u opdrag aan ons, nie om knus daar op die berg van u Seun se verheerliking te bly nie. Dit blyk dat Petrus U dalk so misverstaan het. U Evangelie vir ons, is skerp en duidelik-vars. Ons het nie ‘n opsie nie. Ons wat in U glo, moet hierdie Jesus, U geliefde Seun, die Verheerlikte, ook ons Here en Meester, volg — volg op U enigste verlossings-/ heelmaak-pad. Here, en U weet, ons wêreld is verskriklik stukkend!
Ons bely dadelik: Ons kan dit glad nie doen/regkry nie. U volgelinge destyds in die Mrk 9:14-19 storie, kon ook nie. So, hoe sal ons dit ooit kan doen? Ons kan nie eers ‘n bietjie nie! Ons kan net weghardloop van die kruispad. Soos Markus self [volgens oorleweringe]; al die dissipels en heel aan die einde ook die “getroue” vroue — net weghardloop…
Dis ook nie so dat U ons net bietjie moet kom help in ons probeerslae om U gehoorsaam te wees nie. Ons is nie so half en half in beheer op die pad nie; en ons daarom daarop mag reken dat U ons so bietjie [of baie] moet kom help nie? U laat U nooit op die manier misbruik nie. Nee, Here, ons kan glad nie vir U op u heelmaak-pad, die kruispad, navolg nie.
Ons enigste Hoop om u opdrag, daar op die berg, lank gelede vir ons gegee, uit te voer, is net Uself, ons Meester en ver-HEER-likte Here. U wat die pad as ver-HEER-likte gevat het; U wat ons oppad saamvat; soms, so moet ons tot ons skaamte bely, saam-sleep op die pad agter U aan; ook in 2009.
Here, ons glo U. U verheerliking is regtig waar! U Woorde sê so. U Gees het ons van binne daartoe oortuig. Kom dan asseblief, Drie-enige God, kom asseblief ons ongeloof tot hulp.
Tweede gedagtes – Markus 9:2-9 , Webmeester Communitas

Ook geluister na Mrk 9:2-9

137 Thursday, 19 February 2009 06:55
Martin Heyns
U Woorde uit Mrk 9 2-8, gee ons ‘n baie klein menslike kykie in u binneste, Here; hoe U aan’t werk is vir ons en u hele skepping. Baie dankie vir die onbegryplike voorreg! Ons kom agter u werke is totaal bo-menslik werke; dis dan ‘n total selfopofferende kruis-pad in Jesus van Nasaret! Maar dit is u verkose werk-metode.
Op die berg “sien” ons iets van U eie manier van doen. Dit maak die volle lewe in en rondom ons weer heel. En dit realiseer net deur U, wat u Seun, Jesus, op die berg ver-HEER-lik het! Net u ver-HEER-likte Seun maak die stukkende wêreld [uiteindelik op die Golgota-kruis] heel. Die Een wat U met u liefde vir U ‘gemerk’ het.
Dankie dat U ons op die berg ook laat hoor dat Moses en Elia [hulle verteenwoordig mos al u reddings/skeppings-Woorde ook uit die Ou Tyd] dit nog die heel pad vir ons gesê en bevestig het. Ou Woorde, Eerste Woorde, wat in Jesus van Nasaret, u Mens-geworde-heelmaak-Woord geword het.
Here, en nou is u opdrag aan ons, nie om knus daar op die berg van u Seun se verheerliking te bly nie. Dit blyk dat Petrus U dalk so misverstaan het. U Evangelie vir ons, is skerp en duidelik-vars. Ons het nie ‘n opsie nie. Ons wat in U glo, moet hierdie Jesus, U geliefde Seun, die Verheerlikte, ook ons Here en Meester, volg — volg op U enigste verlossings-/ heelmaak-pad. Here, en U weet, ons wêreld is verskriklik stukkend!
Ons bely dadelik: Ons kan dit glad nie doen/regkry nie. U volgelinge destyds in die Mrk 9:14-19 storie, kon ook nie. So, hoe sal ons dit ooit kan doen? Ons kan nie eers ‘n bietjie nie! Ons kan net weghardloop van die kruispad. Soos Markus self [volgens oorleweringe]; al die dissipels en heel aan die einde ook die “getroue” vroue — net weghardloop…
Dis ook nie so dat U ons net bietjie moet kom help in ons probeerslae om U gehoorsaam te wees nie. Ons is nie so half en half in beheer op die pad nie; en ons daarom daarop mag reken dat U ons so bietjie [of baie] moet kom help nie? U laat U nooit op die manier misbruik nie. Nee, Here, ons kan glad nie vir U op u heelmaak-pad, die kruispad, navolg nie.
Ons enigste Hoop om u opdrag, daar op die berg, lank gelede vir ons gegee, uit te voer, is net Uself, ons Meester en ver-HEER-likte Here. U wat die pad as ver-HEER-likte gevat het; U wat ons oppad saamvat; soms, so moet ons tot ons skaamte bely, saam-sleep op die pad agter U aan; ook in 2009.
Here, ons glo U. U verheerliking is regtig waar! U Woorde sê so. U Gees het ons van binne daartoe oortuig. Kom dan asseblief, Drie-enige God, kom asseblief ons ongeloof tot hulp.
Tweede gedagtes – Markus 9:2-9 , Webmeester Communitas

Geskape om te dans!

138 Tuesday, 17 February 2009 13:39
Ferdinand van Niekerk
Dankie, Jannie en Chris…ja, ons as Gereformeerdes moet vreugde net so ernstig opneem as die lewe en die kerk

Dansgroete
Ferries

Nog ‘n paar woorde 2 Kon 5

139 Friday, 13 February 2009 17:44
Martin Heyns
Die God-storie in 2 Konings 5 hierdie week, het my hart met ‘n paar hoeke gevang.
‘n Magtige, suksesvolle mens; ‘n top presteerder in die samelewing, is melaats. Hy is tot die dood toe siek [ongeneeslik in die storie]. Mag maak mense klaarblyklik melaats.
Byna onsigbaar klein in die skaduwee van die ‘groot’ mense met die suksesverhale, verskyn God egter in ‘n magtelose slawe-dogtertjie. Sy kan maar net na Hom daar ver in die Israel-gemeente wys. Maar sy doen dit. Sy kan amper nie anders nie.
Haar boodskap werk egter deur ‘magtige’ konings wat met amptelik gestempelde briewe, sake in hul ‘ryke’ vasmaak. Dit alles kom ongelukkig tot niks. Erger, dit lei tot geskokte verwarring –‘n heerser-koning wat sy ampsklere wanhopig skeur. Mag-melaats is dodelik.
Maar God laat nie sy helende verskyning keer nie. Sy profete-Woord wat gesondmaak; splinternuut herskep, gryp in die heiden-maghebber Naäman se hart. Soos te verwagte word die eenvoudige Woorde van God; Woorde sonder vertoon en allerhande foefies [Elisa het iets hiervan verstaan!], deur die militêre maghebber versmaai. Maar selfs dit kan God se verskyning nie verhoed nie. Hy vat die keer ‘n naamlose amptenaartjie om Naäman om te [Woord] praat.
En wat ‘n totale ommekeer? Wat ‘n heel-wording, as God verrassend in die eenvoud van die Jordaanwater [dalk Doopwater?] verskyn? Naäman die heiden; heeltemal buite die grens van ons insigte, nou ‘n totale Godsmens — net op Hom gerig! Halleluja! God is ware lewe!
Maar melaatsheid is erg aansteeklik. Mag en sukses-prestasie lyk net te aanloklik lekker! En God se boodskapper, Gahasi, se weerstand is laag. Hy sien God voor sy eie oë só “magteloos gering” werk, maar Naäman-mag en skatte-rykdom suig hom hulpeloos in. Mag en aansien: “olyfboorde en wingerde, kleinvee en grootvee, slawe en slavinne”! Wat ‘n koninkryk!? Nog erger, hy bekom dit alles deur God se helende verskyning in Naäman, ter wille van homself te misbruik.
God laat Hom nie gebruik nie. Nie eers met die sg. beste bedoelinge [vir die profete-skool] nie. En só word God se boodskapper self in die storie melaats. Mag en beheer is regtig melaats. Die storie is verdoemend: Onherstelbaar melaats! Ek hoor nie eers ‘n oop einde nie …
Sê die God-storie: God genees heiden-melaatses, maar kerkmense wat met mag en sekuriteit wil speel, bly altyd melaats? Is dit die georganiseerde kerk [die Gahasi-boodskappers] se plek in die storie? Altyd magteloos melaats? Dié Woord wil my nie los nie. Ek weet nie. Miskien wil ek nie weet nie. Ten minste snoer dit my mond wat so maklik bekkig oordeel oor magbehepte politici …
Maar miskien is my gemoed op die oomblik uit balans uit gevul met die verhaal van my erg-skeptiese en heeltemal agnostiese vriend in Lusaka. Hy is ‘n Belg; ‘n kunsversamelaar van beroep; vir jare die hoof van Uitvoerende Kunste in België. In sy voortdurende soeke na kunswerke het hy, toe hy vier jaar in Damaskus [een van die oudste stede in wêreldgeskienis] gewoon het, in ‘n baie afgesonderde millennia oue kerkie ‘n afbeelding van die sg. Laaste Avondmaal raakgeloop. Volgens my vriend, die enigste in sy soort ooit, wat Jesus teken om net soos al sy dissipels te lyk; nie aan tafel die middelpunt van belangstelling nie, maar so van die kombuis-kant af besig om sy naaste-mense in geringheid te dien. Ek bly wonder hoekom my agnostiese vriend; so heftig teen al wat kerk-goed is, tog so besonder waarde heg aan hierdie afbeelding van Jesus. Wat wil dit vir my sê van sy eie agnostiese lewensverhaal?
Ek is baie bevoorreg dat hy ‘n klein afdrukkie van sy baie moeilik bekomde kunsstuk uit Damaskus vir my gegee het. En gedagtig aan die Naäman verhaal, kyk ek nuut na die dienende Jesus. Hy lyk vir my al meer en meer soos die dogtertjie-slaaf in wie Hy lank gelede in Sirië verskyn het.
Tweede gedagtes: 2 Kon 5:1-14 , Chrisna van der Merwe

Toepassing van dissipline

140 Friday, 13 February 2009 14:37
Gaynor
Eerstens baie dankie vir die geleentheid. Ek is ‘n moderne ouer(28), met ‘n eersteling van ‘n 3jaar oue seuntjie. Somtyds wonder ek wanneer ek straf moet toepas of ek die regte strafmaatreels gebruik. Ek is ‘n ouer wat derurig net op soek is altyd om my kennis te verbreed rondom doeltreffendheid van ‘n ma

Luister skep ruimte vir God om te werk

141 Sunday, 08 February 2009 16:12
Een van die meer fasinerende ontwikkelings in die ekumene die afgelope dekade, is die werk van die Global Christian Forum.

Toe hulle agterkom dat dinge in die ekumene baie keer vasval, het hulle mense begin uitnooi om van hulle eie ontmoeting met Christus te deel met mekaar. Hulle het gehoop dat as Christene agterkom dat die Gees van Christus ook in ander mense werk, hulle ook ná die vergaderings van die Global Christian Forum met mekaar sal kontak hou.

En dit wil voorkom asof die nuwe metodiek van luister groot dividende gelewer het. ‘n Nuwe dinamiek is geskep wat op wederkerigheid en gemeenskaplikheid gebaseeer is. Die luister na mekaar het ‘n ruimte geskep waarbinne hulle egte dialoog kon ervaar. ‘n Kwart van die tyd word nou aan luister na mekaar afgestaan!

“It is hard to over-estimate the cumulative effect of listening to the diverse and yet parallel ways in which disciples spoke of their encounter with God and with Christ.” sê Gregory Cameron in sy artikel: “Communion in mutuality and hospitality” (105-124)in die nuwe boek, Faith in Action – Njongonkulu Ndungane – Archbishop for the Church and the World, onder redaksie van Sarah Jones (Lux Verbi 2008).

Gregory werk dan verder met die idee van gasvryheid (ruimte vir mense om eerlik hulle sê te sê) en vrygewigheid (bereidheid om simpatiek te luister) wat hierdie tipe luister kenmerk.

Klink so vir my na wat uiteindelik tussen die leraars rondom Lukas 24 gebeur het!

Chris van Wyk

Om die musiek te kan hoor

142 Sunday, 08 February 2009 07:26
Joshua Bell se storie raak my diep. Soos in die fiktiewe verhaal van August Rush, is die musiek oral om ons, die ritme van die ewigheid. Jesus het al gesê dat dít die ewige lewe is, om God te ken (Joh 17), om in geloof jou ore in te stel, sy stem te hoor, en in die ruimte wat dit binne-in jou skep, die lewe met verwondering te lewe, soos ‘n kind! Interessant dat die eggos van die gedagtes ook weerklink in die kwantum-fisika, wat sê dat die ewigheid al hier is (Gideon Joubert onlangs in die Kerkbode)! Ons het nodig om meer te luister na die musiek rondom ons, selfs die wars note van nood, en droogte, en verydeling, om in ons omgee dan “daar-te-wees” vir mense.
Chris van Wyk

Geskape om te dans in die arms van die Drie-eenheid

143 Sunday, 01 February 2009 12:48
Rethie van Niekerk het vanoggend gepreek oor die geestelike gewoonte AANBIDDING uit Nehemia 8 – deel van die reeks wat ons die eerste kwartaal 2009 in die gemeente Somerstrand PE doen (aflaaibare hulpmiddels, Joernale en preke elke Sondag beskikbaar by www.ngkerksomerstrand.co.za)
Sy het ‘n ongelooflike bydrae gemaak wat met jou gedagtes resoneer. Ek haal kursories aan, sy sê:
“God het ons geskape om deel te wees van die goddelike gemeenskap. Die antieke manier om die drie-eenheid te verduidelik, is om te beskrywe as DANS. ‘Ons is geskape om te dans in die arms van die Drie-eenheid.’ Geestelike gewoontes is ‘n manier om die dans te leer, om in te val by ritme van Drie-eenheid.” Dít is mos wat ons moet doen! Dit is die vreugde van in God se koninkryk leiding gee.
En het sy bygevoeg: “Aanbidding is om in God se arms te val en sê: Nie my wil nie, maar u wil geskied. Ek is die klei, u is die pottebakker.
Maar dít is nie, soos baie dink, ‘n demper op ons gemoed nie, maar ‘n manier om tot rus te kom en fees te vier.
Die waarde van aanbidding is immers soos sy iemand aanhaal:
Rest,
Relate
Remember
Rejoice.
Dog ek deel dit met jou – want dit het vir my nogal baie beteken!
Chris van Wyk

Bediening vir die jeug

144 Sunday, 25 January 2009 22:40
Etienne Marais
My naam is Etienne Marais en ek is 18 jaar
oud. Ek hou baie van die idee van bedieninge
vir die jong mense. Anders as die meeste
tieners probeer ek nie eers dwelms of sigarette
nie. ‘n Jeugbediening is ‘n baie goeie plan
want die jong mense van vandag het baie nodig
om die Woord van God te hoor.

Vriendelike groete
Etienne Marais

Smelly kerk

145 Thursday, 15 January 2009 08:15
gerhard pietersen
In Januarie 2008 het Hennie en Martie, ‘n afgetrede paartjie in die plaslike Gholf Estate, soos elke Sondag in die kerk gesit. Die predikant was al besig met sy inleiding toe ‘n boemelaar, Bernie, sy intree in die kerk maak. Soos sy gewoonte is, gaan sit Bernie altyd heel voor. Dit ontstel heelwat lidmate hoewel hulle dit maar verdra (veral die ongelooflike reuk).

Hennie het na afloop van die diens Bernie behoorlik die Leviete voorgelees. Bernie het geduldig klaar geluister en toe geantwoord: “Ek kom laat, want as die dominee eers op die troon is jaag niemand my uit nie!” Nodeloos om te sê was Hennie middelpen geboul.

Mense van buite af, sien ons binne-kultuur baie gou raak!

Bernie se woorde het Hennie en Martie bygebly. Hulle het besluit om vir Bernie en drie ander haweloses in die middedorp sop en brood te neem en Bybelstudie voor aan te bied. Die volgende Maandag het 10 persone opgedaag. Teen die derde week is die koster gevra of die saal gebruik mag word. Die antwoord was ‘n kwaai “nee.” Nadat een van die dominees ingegryp het is daar toe op volskaal begin bidure hou saam met ‘n ete vir die haweloses. Teen Julie was die groep al 30 mense. Hennie en Martie het ook ander genooi om deel te word van die bediening. Elke Maandag kry ‘n predikant van ‘n ander kerk beurt om die woord te bedien. Teen September is die eredienste na die kerkgebou verskuif, met ongeveer 50 mense wat die eredienste bywoon. Lidmate van die AGS lei die lofprysing. Etekaartjies met ‘n nommer op word by die deure voorsien.

Ek wil afsluit met twee verhaaltjies wat hier gebeur het wat ons gestuurdheid in die kollig stel:

Op ‘n koue nat wintersaand in Julie, het een van die haweloses opgemerk: “Die kos wat julle vir ons gee is wonderlik en ons waardeer alles wat julle doen, maar waarom eet julle nie saam met ons nie?”

Ek self het geleer scuba duik, en dit het my instaat gestel om ander ook te leer om deur my mond asem te haal. Ja, die geur van Christus ruik nie vir almal ewe lekker nie! Vandag hou ons nie net saam kerk nie, ons eet ook saam Maandae aande. Ons lag vir al die street-wise stories en gee net ons ore en soms bid ons vir gebroke harte.

Die tweede verhaal is ernstiger. Hennie en Martie se dogter is in Okotober 2008 koelbloedig doodgeskiet in Johannesburg. Dit was vir almal vir ons baie hartseer en ons sal altyd hul hartseer iyd n hierdie tyd oo onthou. Een aand het een van die vroutjies, Christina na Martie toe gekom en haar wang teen Martie gedruk en vir haar gefluister: “Ek weet hoe jy voel mevrou.” Christina se eie kind is met ‘n mes vermoor en twee ander is onder korrektiewe toesig. Dit was aandoenlik.

“Smelly” of nie, die Here bou ongelooflike paaie deur ons harte om bymekaar uit te kom!

Hier by die see, in Mosselbaai, verras Hy ons met interressante branders. Soos die surfers ons leer: Jy moet die regte brander op die regte tyd kan raaksien, en dan moet jy dit net enjoy!

Blessings vir 2009 se versteekte geheimenisse

Mosselbaai Moedergemeente

Daar is leierskap!

146 Friday, 09 January 2009 22:18
Frederik en Leon
Ek het metterjare ontdek dat ons predikante-opleiding ons idees oor leierskap laat ontewikkel het – wat juis veroorsaak dat ons nie die leiers van die gemeente eien nie.

Dalk het ons professionele teologie wat elke predikant by ‘n gemeente aanbring ons nie toegerus om ook bedag te wees om die “local theology” van die plaaslike gemeente raak te sien nie.

Ek het ook ontdek daar is leierskap! Heel dikwels op totaal ander plekke as waar die predikant verwag of dink daar leierskap moet wees.

Bg ontdekking is bevrydend en opwindend – vir my ‘n teken dat die Gees werk en toegelaat word om te werk!

Natuurlik het die predikant ook ‘n verantwoordelikheid t.o.v. leierskap, dalk op ‘n ander vlak as die waaraan ons jare lank blootgestel is weens ons opleiding (of tekort daaraan) en die leenstelsel vanuit die beroepswereld.

Bg gedagtes sommer om die gesprek verder te stimuleer…

(Nou wonder ek sommer ook oor leierskap t.o.v. sinodale poste en kerkeenheid ens!)

Van arrogansie na inspirasie

147 Friday, 09 January 2009 22:08
Ek kan nie ander as om te dink aan Graeme Smith se vasbyt in die laaste toets teen die Ausies – en sy groei as kaptein en mens van ‘n arrogante jongman na ‘n inspirerende leier raak te sien nie. Dit is die tipe leierskap wat eie drome aansteek in ander mense.
Chris van Wyk

Struktuur

148 Friday, 09 January 2009 21:53
Dankie, Andre. Jy help my om ‘n lekker struktuur aan die gedagtes te gee.
Clem
Tweede gedagtes: Matteus 25:14-30 , Chrisna van der Merwe

Vrede en onvrede

149 Friday, 09 January 2009 21:51
Andries

Ek waardeer jou kommentaar en die wyse waarop jy die spanning tussne die vrede en die onvrede uitlig en nie “collapes”in mekaar asof dit ewe maklik gebeur nie. dit maak die preek geloofwaardig

Frederick

Tweede Gedagtes: Psalm 85 , Chrisna van der Merwe

Die komitee in jou kop

150 Friday, 09 January 2009 21:48
Jan Johnson se gedagtes oor Skrifmeditasie in Savoring God’s Word sluit mooi aan by die derde beweging wat jy beskryf. Sy stel voor dat ‘n mens in jou luister na God versigtig moet wees vir die stemme van die “komitee” in jou kop! Sy noem hulle “your worst interrupters” (p 76). Hulle maak God se stem na, maar is eintlik deel van een of ander gebrokenheid in jouself.

Die een komitee-lid wat my tref in haar lysie is “The rescuer” – die een wat voorstel dat jy betrokke raak by alles en almal … sodat hulle jou kan waardeer! “As a result, busyness is next to godliness.”

Daarom sê sy: “If you think you hear God saying in every passage, ‘Help people until it exhausts you. Make people happy.’ that is not God but your rescuer sabotaging your meditation.”

Sy stel ook voor dat ‘n mens nie die stemme moet probeer uitdoof nie, maar moet herken vir wat hulle is. En dan: “gently escort (them) to the door of your heart”, terwyl jy bv. vir die “rescuer” sê: “God shows up in every catastrophe. Sometimes God asks you to come along; other times, you stay behind.”

Dié Psalm is ‘n geweldige hulp hiermee, want die aktiewe agent van al die wonderlike dinge wat hier beskryf word, is God! Ek kan maar dinge aan Hom oorlaat vir die jaar en bedag wees op die spesifieke tye en geleenthede wat Hy my gaan insluit in sy planne vir die wêreld …

Chris van Wyk

Irenaeus, belangrike kerkvader en “publieke teoloog”, was in die eerste plek ‘n PASTOR

151 Friday, 24 October 2008 09:26
Chris van Wyk
Ek is geroer deur dié oproep tot verhoudings. Ek herinner my aan Lesslie Newbigin se stelling: “Jesus never wrote a book. He created a community.” (vry aangehaal!). In my leeswerk van die vroeë kerkgeskiedenis (Gonzalez, Story of Christianity) is ek getref deur die fokus van die kerkvaders, bv. Irenaeus, op die Kanon, Credo en Leierskap om die toenemende diversiteit van die ontploffing van die Christelike boodskap te hanteer. Maar, en dit is ‘n belangrike maar … hy was in die eerste plek ‘n PASTOR, in ‘n gemeente in Lyons, wat sy gemeente geleer het van die twee hande van God, die Woord en die Gees. Sy bydraes aan die breë kerklike publieke gesprek, wat ‘n enorme impak gehad het, was dus vanuit hierdie intieme verhouding met ‘n gemeenskap van gelowiges geskrywe. Terwyl ons dus vandag verskil oor ons Skrifbeskouing (vgl. die onderbou van al die belangrikste debatte vandag), stoei oor die belydenis van Belhar (wat ons eintlik voor ‘n evangeliese toets plaas, d.w.s. glo ons dat die evangelie eenheid, versoening en geregtigheid insluit of nie) en worstel met die koppe-stamp van ons leiers (wat nodig het om Johannes 12:22-26 se boodskap te hoor dat die koringkorrels moet sterf om koringplante te word wat kan vrug dra) – moet ons almal in die eerste plek aan verhoudinge bou. Chris van Wyk

Calvyn en die finansiele krisis

152 Sunday, 19 October 2008 16:16
Pieter Kloppers
Interessant om te less oor Calvyn. Ook interessant om te dink in watter mate Calvyn die sneller was vir wat ons vandag beleef as die heersende normes en waardes in die ekonomie. Let wel mooi die sneller dui nie daarom dat Calvyn dit bedoel het of gemen het nie, dit beteken net die het gebeure aan die gang gesit wat op iets uitgeloop het.
Calvyn se berekening van geluk was eenvoudig. Geluk is die antwoord van die deelsom wanneer jou bates/besittings/vermoens gedeel word deur jou behoeftes. Dit was dus maklik volgens Calvyn om jou geluk te verhoog. Jy hoef eenvoudig net jou behoeftes te verminder. Die wysheid het dartoe gelei dat mense hard gewerk het en spaarsamig gelewe het. Die groot probleem met so ‘n lewenstyl is dat mense ryker doodgaan as wat hul die lewe binnegekom het en dit het die probleem wat om met die ekstra rykdom te maak aan hul kinders oorgelaat. Nie alle kinders wou die rykdom voortsit of onderhou nie. Onthou die rykdom was dikwels nie in kontant nie, dit was in bates of kapitaal en die kinders het nie die vermoens of die lus gehad om die rykdom voort te dra nie. In ‘n poging om die probleem op te los is maatskappye as besigheidsvorm uitgedink. Dit het die mense met kapitaal (aandeelhouers) by die met bestuursvaardighede (die direkteure) uitgebring. Die gevolg was so ‘n oor produksie van goedere dat die wereld nie meer kon voortgaan met die idee van goeie mense wat spaarsamig leef nie. Mense moes die oorvloed produksie wil he^ en dus koop. Nou het dit nodig gehad dat mense anders dink oor wat goed is. Dit is nou goeie mense wat koop en wat op skuld koop. Vermeerder behoeftes en die geluk word net minder, om die geluksom steeds positief te laat eindig moet die vermoens nou verhoog word en krediet moet aangegaan word. “Vlieg nou betaal later”. Dit bring mee dat die goeie mense nou die is wat skuld aangaan. Gaan maar na ‘n bank en se^ ek wil geld leen, ek is jul perfekte kandidaat ek het nog altyd alles op kontant gekoop. Die bank gee jou geen lening nie want jy het nie ‘n goeie kredietrekord nie! Dit verduidelik hoekom ons so naarstigtelik geld leen en koop, dit is wat goeie burgers doen, dit laat immers die ekonomie groei en sorg so dat die armes ook beter af is. Daarom is minder regulering ook goed want dit laat toe dat meer mense kan geld leen, selfs die wat nie kan terugbetaal nie. Dit is tog immers wat goeie mense doen, hul laat ander ook goed lewe en wis so een van die gevolge van armoede, namens ongelukkigheid oor die lewe uit. Die verstaan het hom nou effe vasgeloop teen ‘n antal ander beskouinge van goeie mense soos dat jy jou beloftes om jou geld terug te betaal sal nakom. Die wereld het hom nou teen ‘n dikkerige muur vasgeloop en dit sal interessant wees om te sien hoe draai die spiritualiteit nou om met die nuwe werklikheid tred te hou. My raai is dat ons nie terug gaan gaan na Calvyn toe nie – ons het doodgewoon nie die verstaan hoe dit die wereld se probleme kan oplos nie. Maar waar ons nou is het ook deur Calvyn geloop.

Jampie Nel

153 Monday, 13 October 2008 15:54
Ons het so met die tyd saam agtergekom dat mense nie meer so ingesteld is op huisbesoek nie. Sommige kry ons jammer (weet daar is genoeg ander dringende sake), maar daar is ook diegene wat huisbesoek beskou as ‘n moment van konfrontasie en dit eerder sou wou vermy. ons het ook as leiers besluit dat huisbesoek nie ‘n hoê prioriteit by ons is nie, maar vind dat ons ook nie daarsonder kan nie. Vir ons is dit ‘n manier om medegelowiges in hulle ruimte te ontmoet en te leer ken. Ek dink nie ek kan heeltemal daarsonder nie, alhoewel die bediening meer baatvind by ander goed wat meer aandag kry, soos toerusting. Ek wil nie net by mense kom as daar ‘n probleem is of net by die leiers nie. Dis jammer ons het nie meer tyd om net te kuier nie.

Gonzales – The story of Christianity

154 Sunday, 24 August 2008 20:02
Saam met Hall se boek moet ‘n mens regtig indringend die boek van Gonzales oor die verhaal van die Christendom, in die sin van die verbintenis aan Christus lees. Ek is so 300 bladsye “in gelees” van die 1000! Maar wat ‘n fassinerende blik op die eerste drie eeue het ek reeds opgedoen. As Ignatius weier net na die eerste eeuwending om vrygelaat te word, omdat, soos hy dit stel, hy liewer deur sy marteldood ‘n woord van God wil raak, as maar net ‘n woord van ‘n mens te bly, dan laat dit jou besef dat die evangelie ‘n impak in jou lewe kan hê wat die instituut en die formele gedaante van die Christendom nooit kan hê nie. Wonderlike legende oor hom is dat die vroeë kerk oor hom geskrywe het dat hy die seuntjie was wat Jesus nader geroep en as voorbeeld van die belangrikheid van kinders in die koninkryk gebruik het. Wens dit was waar …
Chris van Wyk

Theunis Botha

155 Thursday, 21 August 2008 21:54
Verslag aan die Bestuursraad/Bedieningskomitee oor die VBO-werkswinkel oor Geestelike Leierskap gehou te Stellenbosch-Wes op 11-13 Maart 2008

Eerstens dankie aan die gemeente en die nodige leiersstruktuur wat dit vir my moontlik gemaak het om die kursus te kon meedoen. Besondere dan ook aan Coenie Burger en Braam Hanekom as begenadigde en begaafde aanbieders.

Riana Scheepers (skryfster) het vroeg vanjaar in die BY, as toevoeging tot die Saterdag-Burger, ’n kortverhaal gepubliseer met as titel (as ek reg kan onthou) ‘Die dag toe die boervrou die moer in was’ Die hele verhaal in ’n neutedop kom daarop aan dat die dominee versoek het om huisbesoek te doen by die werkers op die plaas. Dit is parstyd en hulle ure is van bitter vroeg tot laatmiddag. Behoorlike tyd vir die gevraagde besoek is daar nie – mits dominee kans sien vir vroegoggend. Hy stem in…ietwat dikvellig om nie die boodskap te hoor dat die besoek op dié tydstip ongemaklik, onvanpas, of dalk ongevraagd is.
Die besoek word gereël en uitgevoer…en instede van bemoediging, sensitief vir die mense en hulle situasie in die bloedige son vir die volgende paar weke..onsensitief vir die rykdom aan simboliek waarmee die werkers vir die volgende weke in die wingerd gaan besig wees om die vrug te pluk danksy goeie boer-tegnieke…bemesting, snoei en oplei ens (Joh 15)…sien dominee sy weg oop om te praat oor hulle sondes en swak kerkbywoning…en daarom mevrou boer se begryplike reaksie! Ek het gedink dit is ’n briljante kortverhaal…maar het my ook verleë laat staan oor ons dominees se gebrekkige aanvoeling vir situasies en omstandighede….maar ook dalk ’n meganiese geprogrameerdheid sonder passie!

Ek het geen twyfel aan die feit dat ek as VDM ’n leier is nie. Ek worstel egter deurentyd met die vraag – wat is leierskap in die kerk en spesifiek in my geval as ’n VDM (Verbi Divini Minister) Vroeg in die kursus hoor ons: Leaders are Lovers. Dit resoneer met my! My opdrag as leraar is in die eerste plek is om op te tree as iemand wat deur die Lewende God geroep is en gestuur word – die God wat liefde is!…die God wat daarom ten einde hierdie liefde te demonstreer, sy Seun stuur. Daarom is ’n geestelike leier, iemand vir wie Jesus ’n werklikheid is. Hy sit nou aan die regterhand van die Vader en heers as Koning. ’n Leier is dus iemand wat weer opnuut ja sê vir God en die evangelie van Jesus Christus, wat ja sê vir sy roeping…wat ja sê vir Afrika en ons hier en nou-wees in hierdie land van ons…iemand wat ‘vrees vir die toekoms in vertroue vir die toekoms verander’ ….manne en vroue wat soos Napoleon, as ‘handelaars in hoop’ optree.

Van hieruit was die kleingroepgesprekke tydens die kursus van onskatbare waarde aangesien ons moes luister na mekaar rondom ons roepingsverhale, ons opleiding as bedienaars van die Woord, hoe ons roeping geskuif en gegroei het, ons geskiktheid as predikante vir die opdrag…en roepingsverhale uit die Bybel wat ons aanspreek. Ek wens ek kon uitbrei hier omdat dit intens en verrykend was!

Wat nie met my resoneer nie is leierskap-modelle vir geestelike leiers wat opsigself nie aweregs is nie maar wat God nie verdiskonteer daarin nie…en my vrees is dat die aanloklikheid en die suigkrag daarvan ons kan opsuig en hervorm tot briljante leiers gemeet aan die sakewêreld se standaarde…(nie dat daar daarin ontskatbare wysheid opgeluit is nie) maar dan mense sonder ‘compassion’, sonder deernis, sonder sensitiwiteit en ’n fyn aanvoeling vir die dinge wat saakmaak…’wounded healers’ Daarom was ek bemoedig en versterk met ’n gedagte op die laaste dag – die drie-poot beginsel nl
1. elke dag ’n ontmoeting met God
2. elke dag ’n ontmoeting met medemense
3. vind jou nis en passie in jou werk…en doen dit!

Inderdaad is dit waar as André Gide sê: “One doesn’t discover new lands without consenting to loose sight of the shore for a very long term” Hiertoe is ek verbind…en ook om met positiewe denke, vriende, ’n goeie selfkennis, gesindheid en balans die sprong te maak! Ek bevind my inderdaad in die kragveld tussen visie, wysheid, motivering, kollegas/spanne en my eie karakter. Sonder ’n ware en opregte ontmoeting met God egter en ’n lewende verhouding met Hom, kan ek hoegenaamd aanspraak maak op die ‘benaming’…geestelike leier!

Wat wil ek gemeente toe vat?…myself as begenadigde struikelaar, maar wat intens bewus is van die Hoëpriester wat vir my intree en met my medelye het…wat met Sy bloed vir my ’n pad oopgemaak het tot in die hart van God (Heb 4) en vir my die gawe van vrymoedigheid gegee het om regop te mag staan en lief te kan hê…wat by my is en my nooit sal verlaat nie!

Ek het teruggery huistoe na die kursus – dankbaar, nederig…en opnuut bewus van my roeping!

Dankie

Theunis Botha
VDM Stellenbosch Welgelegen

Sias Meyer

156 Thursday, 21 August 2008 21:53
Terugvoer VBO 1 geestelike Leierskap – Sias Meyer

My persoonlike verwagtings rondom “geestelike leierskap” het natuurlik meer te doen gehad met my eie vrae oor my bediening as oor die “beginsels” of teoretiese onderbou van die verskynsel van leierskap. Tans wonder ek baie oor my verantwoordelikheid as leraar en met leraar bedoel ek veral die rol van die “lerende ouderling”, die een wie se verantwoordelikheid dit is om onderrig te gee. Dit is duidelik dat daar gapings is tussen predikante en lidmate se kennis van die Bybel en teologie. Omdat ek self opgelei is as bybelwetenskaplike is die gaping oor die Bybel my eerste liefde, maar feit bly staan dat daar baie verskille tussen predikante en lidmate is oor baie verskillende onderwerpe. Ons probleem is dat ons in ons opleiding (en daarna) baie kennis verwerf het en dat ons sukkel om te oor te dra.

Ek word al hoe meer oortuig dat ʼn groot deel van ons tyd daaraan spandeer moet word om hierdie gaping te oorbrug. Dit is met hierdie behoefte dat ek die kursus bygewoon het, in die hoop dat dit my nadenke oor my roeping en verantwoordelikheid sal stimuleer. Ek moet ook byvoeg dat my “verwagtings” redelik oop was, omdat ek besef het dat dit die eerste keer is wat so iets aangepak word en dat dit maar “trial and error” sal wees totdat ʼn suksesvolle resep gekry is.

Soos ek die kursusraamwerk verstaan, was die eerste dag bedoel om meer teologies van aard te wees en ʼn geleentheid om stil te staan by basiese teologiese kwessies soos die teenwoordigheid van Christus en die feit dat Hy ons geroep het. Die tweede dag sou dan meer “sekulêr” van aard wees en ʼn geleentheid om te dink oor algemene leierskapsbeginsels, dinge wat ons m.a.w. by mense kan leer wat nie noodwendig gelowig is nie en ook nie noodwendig dink oor “geestelike” leierskap nie. Soos met baie van my kollegas het ek hier ook ʼn spanning beleef tussen die twee dae en het ek gesukkel om die twee bymekaar uit te bring.

Coenie se opmerking oor die teenwoordig van ʼn boek soos Spreuke in die Bybel het my (as Ou-Testametikus) egter baie gehelp. Spreuke is baie meer “sekulêr” van aard en deel wysheid wat eintlik deur die waarneming van die lewe bekom is. So ver ek weet, kon die meeste Ou-Testamentici nog nie daarin slaag om Spreuke sinvol in ʼn “teologie van die Ou-Testament” te integreer nie. Die spanning tussen Spreuke en die res van die Ou-Testament is dus nie iets wat maklik opgehef gaan word nie. Netso dink ek ook nie dat die spanning tussen dit wat Coenie aangebied het en dit wat Braam gedoen het maklik opgelos sal kan word nie. Miskien moet ons maar vrede maak met die spanning.
Wat het jou die meeste van Coenie se aanbieding getref?

Die hele idee van roeping bly aangrypend. Die idee dat God my geroep het om ʼn spesifieke rol in die N.G. Kerk te speel is iets waaraan ons onsself gedurig behoort te herinner. Dit gaan natuurlik gepaard met die vraag wat presies die N.G. Kerk is.

In hierdie opsig was die gesprek oor die vraag of die propvol gemeentes van Pretoria-Oos regtig om die evangelie bymekaarkom, vir my fassinerend. Die gesprek moet nie stilgemaak word in ons kerk nie, want ons sit met baie kulterele bagasie. As ons as kerk nie binne die volgende 20 of so jare hiervan ontslae gaan raak nie, gaan ons nie regtig ʼn rol in Suid-Afrika kan speel nie. Die N.G. Kerk is grotendeels nog ʼn vaste vesting vir Afrikaners en ons behoort eintlik ʼn tuiste te wees vir Christene van alle kulture. (Terloops, ek is al hoe meer oortuig dat as ons vaal in kerkeenheid, dan gaan ons oor 20 jaar totaal-en-al irrelevant wees.)

Die vraag van Leith my aangespreek: “Wat gee ons vir mense wat hulle nêrens anders kan kry nie?” Dit is ʼn vraag wat ons vierkantig in die oë moet kyk.

Op ʼn meer persoonlike vlak is ek aangespreek deur die opmerking dat groei nie moontlik is sonder lyding nie. Soms hunker ʼn mens in jou bediening na ʼn gemeente waar jy hoop dat die probleme wat jy tans ervaar nie teenwoordig sal wees nie. Daardie droomgemeente bestaan natuurlik nie. Ek besef al hoe meer dat dit dinge wat jou soms die moegste maak, is juis dinge wat bedoel is om jou te laat groei.

Ek neem ook kennis van wat Coenie sê oor mentorskap. Ek verstaan nou dat ek vroeër in my bediening wel sulke mense gehad het, maar dat dit nou ʼn leemte is. Dit is iets waaraan ek moet aandag gee.

En Braam se bydrae?

Op ʼn persoonlike vlak, was dit veral die opmerking dat ons ons energie moet bestuur en nie noodwendig ons tyd nie. Om dit te kan doen het jy ʼn baie beter kennis van jouself nodig. Die term “self-awareness” is ook soms gebruik.

Maar wat my die meeste op die tweede dag getref het, was Braam se verwysing na ʼn goeie leier se vermoë om ʼn “call” te maak. Hy het verwys na Mbeki se “legacy” en dat hy onthou sal word as die een wat misluk het oor Zimbabwe en AIDS. Dit bring my terug na die verwagtig waarmee ek gekom het nl., ons verantwoordelik om te praat oor die dinge waaroor daar gepraat moet word, maar wat almal liefs vermy. Vir my persoonlik dink ek dat dit is waar die grootste uitdagings lê.

Dit is wat ek geleer het. Ek besef dat die kursus nog baie gebreke het, maar dit was nog steeds waardevol.

Sias Meyer

Schalk Kotzé

157 Thursday, 21 August 2008 21:52
VBO 1: GEESTELIKE LEIERSKAP
11 – 13 MAART 2008
Schalk Kotzé – Oudtshoorn Moedergemeente

1. Wat het jy vir jouself geleer?
Die belangrikheid om my eie roepingsverhaal gereeld af te stof en ook na ander s’n te luister. Dit gee rigting, motivering en dankbaarheid in my bediening en help my om te sien hoe God besig is met my oor die tyd.

God is besig met my en die gemeente en wil hê dat ek saam met Hom besig moet wees. Daaglikse Stiltetyd is asemhaal.

Selfbestuur is ‘vital’ om koers te hou in die bediening.

Ek moet alles ingooi om lief te wees vir mense, veral in die gemeente (Leaders are lovers).

Dit is een van my prioriteite om ‘n mentor te hê, in spanne te werk en verantwoord-elik te bedien.

Maak tyd vir lees. Dis energerend.

2. Wat kan jy gemeente toe vat?
Ek behoort meer tyd aan leiers te gee. Meer tyd vir gebed en besig wees met die Woord (sonder om te probeer preekmaak). Ek moet oë oopmaak om besig te wees in die gemeente waar God aan die werk is met en tussen mense en daar wees en dien. Om te wees (Being) is belangriker as wat ek doen (Doing). Daarom moet ek baie aandag gee aan my wees-funksies. Ek is geroep om leiding te gee, maar dan spesifiek geestelike leiding. Ek gaan baie meer aandag gee aan selfdissipline en geestelike dissiplines. Ek gaan beslis meer tyd saam met leiers in die gemeente deurbring.

3. Waaraan sou jy graag saam met ander verder wou werk?
Ek sou graag meer rondom die taak van die predikant wou werk. Ek het ‘n vraag of medeleraarskap (soos tans binne die NG Kerk ‘bedryf’), met al sy verskillende nuanses binne verskillende gemeentes, nie dalk bydra tot ‘n konflikpotensiaal nie. Daar is wonderlike verhale van medeleraars wat mekaar aanvul en saamtrek, maar daar is (meer?) hartseer verhale. Ek het ‘n vermoede dit het ook te doene met ons ampsbeskouing – veral die amp van leraar. Bloot op sekulêre vlak sou ek my moeilik kon indink dat dit konflikvry sal gaan as twee persone op hoër bestuursvlak aangestel word in ‘n maatskappy met 60% dieselfde werksomskrywing. Dalk slaan ek die bal helemaal mis!

Coenie en Braam, baie dankie vir julle harde werk en toewyding. Ek weet die Here is hier besig met iets waaraan daar ‘n groot behoefte is in my eie lewe en in die lewe van baie van ons kollega’s in die kerk.

Ryk van Velden

158 Thursday, 21 August 2008 21:51
Verslag oor Voortgesette Bedieningsontwikkeling:
Geestelike leierskap

Die volgende aspekte of dimensies van geestelike leierskap het my aangespreek of vrae by my laat ontstaan oor myself of die aard van leierskap in ons gemeentes: (Wat hier volg is nie in ʼn spesifieke orde gerangskik en word nie in ʼn samehang aangebied nie)

Verskillende fasette van geestelike leierskap

Leierskap in ʼn gemeente het te doen met die dinamiese spanning tussen leier as profeet (fokus op God en sy wil); priester (fokus op diens aan medemens); koning (fokus op bestuur en orde in gemeenskap van gelowiges). Hierdie verskillende aspekte van leierskap vra verskillende vaardighede, maar mag ook nooit los van mekaar gedink en beoefen word nie. ʼn Groot leemte t.o.v. een van die dimensies sal noodwendig ander skipbreuk laat lei.

Gemeenteleraars kan maklik vanweë die aansprake wat gemeentelede en die samelewing op leraars plaas, hulle profetiese leiersfunksie verwaarloos (die soeke, verstaan en proklamasie van die wil van God in die lig van die Woord van God). Alhoewel dit veronderstel word dat predikante hulle verdiep in die Woord en God in die Woord hoor, getuig die praktyk anders. Predikante en ander leiers in die gemeente word so ingetrek deur die ander aspekte van leierskap dat hulle nie meer regtig die Woord hoor, die wil van God vir die tyd waarin ons leef onderskei en die Woord met oortuiging en gesag verkondig en lidmate daarin onderrig nie.

Leierskap as profeet, priester en koning vereis egter dat gemeenteleiers self eers dissipels van Christus word en hulle eie lewe orden vanuit ʼn lewende intieme verhouding met Christus. Geen geestelike leierskap is moontlik as die leier nie geestelik, fisies en emosioneel gesond bly nie. Dit is alleen moontlik wanneer leiers vanuit ʼn intieme verhouding met Christus kan onderskei waarop dit aankom en in die geloof doen wat reg is.

Groot vraag: Glo ons leiers regtig (nog) die evangelie? Die evangelie wat handel oor die goeie God wat nou leef en in die wêreld hier en nou handel. Getuig ons prediking en ons lewenshouding en dade dat ons dit werklik glo. Gee ons leiers aan die gemeente en die wêreld wat niemand ander hulle kan gee nie, nl. goeie nuus oor God? (Skuldgevoelens lei tot geen standhoudende motivering of mobilisering nie: dankbaarheid en verwondering oor God wel).

Ons bediening is ʼn derde orde bediening

God is aan die werk in die wêreld deur sy Woord en Gees. Ons kan nêrens bedien waar Hy nie reeds werksaam is nie. God werk primêr deur sy gemeente op wie die Heilige Gees met al sy gawes uitgestort is.

Lidmate van ʼn gemeente moet opgeroep en uitgedaag word om mekaar en die wêreld in onderlinge gemeenskap te bedien. Geestelike leierskap wat nie lidmate help om hulle gawes te ontdek, te ontwikkel en te ontplooi is gebrekkig en bankrot. Geestelike leierskap is nie bedreig deur die inisiatiewe van lidmate nie, maar probeer juis vir hulle ruimte skep om kreatief hulle gawes sonder beletsel uit te leef. Geestelike leierskap help gemeentes om hierdie dinamiek te verstaan en hulleself daaraan oor te gee: om self te dien en deur lidmate bedien te word.

Eers na die twee vorme van bediening kom die geestelike leiers aan die orde. Hulle is ʼn derde orde bediening. Hulle vind hulle leiersrol alleen binne die groter bediening van God en die gemeente. Ten einde hulle leierskap uit te leef moet hulle kan onderskei wat God in die wêreld doen en hoe Hy sy gemeente in die proses gebruik en toerus. Eers dan kan die geestelike leiers van “voor” leiding neem in ʼn gemeente.

Vraag: Luister en onderskei ons leiers in die gemeentes regtig die wil van God en sy werking deur die gemeente in die wêreld voor ons mense mobiliseer vir diens ens.? Watter vaardighede en praktyke of tradisies het leiers in die gemeente in plek om te verseker dat hulle regtig die wil en werking van God in die wêreld en die gemeente verstaan en volg? Wat doen ons as leiers konkreet op ʼn deurlopende vlak om dit te verseker.

Om Christus te ken beteken om deel te kry aan sy lyding en oorwinning

Fil. 3:1-10: Wie Christus werklik leer ken, se eie persoonlike kultuur en agtergrond word radikaal relativeer.
Christus verander alles en slegs in ʼn intieme verhouding met Hom ontdek ons die aard van ware lewe. Hierdie lewe is nie vry van lyding nie, maar word beleef in die spanning van lyding, oorwinning, hoop en volharding. Wie lyding ten alle koste probeer vermy, probeer die evangelie vermy want wie deel het aan Christus het deel aan sy lyding en oorwinning. In lyding leer ons onsself, ander en God op ʼn vlak ken wat sonder lyding nooit moontlik sou wees nie. Lyding moet positief waardeer word en lidmate moet gehelp word om lyding en broosheid te omhels in die teenwoordigheid van Christus en leer om oorwinnend te midde van lyding met hoop te leef.

Vraag: Help ons lidmate om lyding te aanvaar en toe te laat om ons lewens te vorm en ons te leer om oorwinnend te midde van die swaar te leef. Wat verkondig en leer ons mense in RSA vandag wat lyding ten alle koste probeer ontvlug? Hoe omhels ons lyding sonder om sonde wat tot baie lyding aanleiding gee goed te praat?

Geen bediening sonder liefde nie

As ons mense en ons gemeente nie lief het nie, kan ons hulle nie werklik bedien nie. (I1 Kor. 13). Die bediening gaan in die eerste plek oor verhoudings en nie om aksies en formele byeenkomste nie. Lg. kry slegs betekenis as die leiers regtig met die lidmate identifiseer en hulle liefhet soos hulle is.

Die belang van ʼn mentor

Mentorskap moet in die hele leierskapstruktuur van die kerk en gemeentes aangemoedig word. Mentorskap kan verskillende funksies vervul en dit is moontlik om meer as een mentor te hê. ʼn Vereiste vir enige mentorskap is dat daar respek vir mekaar en vertroue tussen die partye moet wees. Mentorskap gee ʼn oor en indien moontlik en wenslik ook leiding wanneer iemand sonder “maskers” voor die ander leef. Mentorskap gaan ook oor meerdere wysheid in enige bedieningsituasie sonder dat daar noodwendig ʼn krisis is of persoonlike swaar of probleme is.

Vraag: Watter “instruksies” of verantwoordelikhede verwag ons presies van ʼn mentor.

Lees en oordenking van die Bybel

Die gevaar bestaan dat ons oor die teks heers of staan omdat ons dit dikwels net lees om te verstaan of om ʼn preek vir ander te maak. Die uitdaging is om werklik God se stem in en deur die teks te hoor omdat ons nie soseer luister om te verklaar nie, maar om te hoor en te onderskei. Wat belangrik is, is om net met die Woord besig te wees in die verwagting dat die Here met ons persoonlik wil kommunikeer.

Die belangrikheid om die dele van die Bybel andersyds ook by tye baie doelbewus met ʼn sekere bril te lees ten einde op die spoor te kom van verskuilde waarhede en insigte: bv. om dele te lees ten einde te probeer bepaal wat die teks oor missionêre gemeentewees; God se teenwoordige handelinge; mense se reaksie op sy spreke ens. sê.

Vraag: Hoe vergroot ek tye vir die lees van die Bybel?

Onderskeiding as ʼn wesentlike deel van geestelike leierskap

Geestelike leierskap beskryf vanuit die hoek van onderskeidingsvermoë spreek my baie aan. Geestelike leiers verstaan die wêreld, die Bybel en mense en is in staat om die werklikheid te definieer en te beskryf. Geestelike leierskap moet onderskei wat dit beteken om vandag in hierdie tyd te verstaan wat God besig is om te doen en ook van ons verwag om te doen. Sonder onderskeidingsvermoë is geen leierskap moontlik nie, hoogstens goeie bestuur, maar waarheen? Ons het te veel goeie bestuurders en te min leiers wat kan onderskei in die kerk.

Vrae: Hoe ontwikkel ek my onderskeidingsvermoë en my geloof en gehoorsaamheid om paslik te reageer wanneer ek God se wil onderskei? Hoe ontwikkel ons ander leiers se geestelike onderskeidingsvermoë en ontwikkel ʼn kultuur in die gemeente om na God te luister en ook goed te “kyk” waar Hy in die gemeenskap aan die werk is en waar Hy en hoe Hy ons wil inskakel by dit wat Hy doen.

Karakter en integriteit is onverhandelbaar vir geestelike leierskap

Geestelike leierskap is onmoontlik as die integriteit van die leier onder verdenking is of wanneer ʼn leier duidelik oneerbaar opgetree het. Waar iemand se karakter of integriteit geskend is, laat dit ʼn permanente letsel op die bediening.

In leierskap gaan dit in die eerste plek om die nastreef van waardes en nie om tegnieke of resepte nie. Waardes bring energie en volhoubaarheid en die vestiging en effek van waardes in ʼn gemeente en gemeenskap vra tyd.

Visie kan net effektief beliggaam word deur spanne

Volhoubare verandering en vernuwing wat regtig die gemeenskap vir Christus transformeer kan nie deur ʼn (charismatiese) leier alleen teweeggebring word nie. God werk deur die gemeenskap van gelowiges en leierskap sluit in dat die gelowige gemeenskap in spanverband gemobiliseer en toegerus moet word. ʼn Gemiddelde span (in terme van vermoëns) wat goed saamwerk, bereik baie meer as ʼn klomp baie begaafde individue wat nie goed saamwerk in spanverband nie.

Visionering in die gemeente moet in spanverband geskied. Hoe ontwikkel ʼn gemeente ʼn span wat doelbewus en deurlopend onderskeidend die gemeente en gemeenskap in die lig van die Woord “lees”? Watter kommunikasiekanale word in ʼn gemeente geskep om te verseker dat die res van die gemeente kennis neem en aan die gesprek oor visie deelneem ?

Hand aan hand hiermee is die belangrikheid om leiers te kweek. Leiers word gekweek deur rolmodelle, toerusting en geleenthede om hulle gawes uit te leef en leiding te neem. Om leiers te ontwikkel moet mense aan leiers blootgestel word.

Ons is wat ons dink

Ons denke bepaal ons lewe en die van ʼn gemeente. Voer en bou ons mekaar op met positiewe en opbouende gedagtes en die evangelie, of kenmerk ons gesprekke en inhoud van preke ens. die negatiewe? Wat lê ons vas in die gedagtes van lidmate?

Philip Scholtz

159 Thursday, 21 August 2008 21:50
KURSUS: GEESTELIKE LEIERSKAP:

1. WAT HET JY GELEER?
In die uitdagende tye waarin ons in Suid-Afrika en Afrika leef is dit van uiterste belang om as geroepenes van Jesus Christus te leef. Vir my was dit daarom waardevol om net weer bewus te word van Wie is die Een wat my geroep het en waarvoor. Dit was goed om jou eie roepingsverhaal te kon vertel en na die verhale van ander te luister. Om die spore van die lewende Christus in ander se lewens te sien, maak my opgewonde oor die God van die Bybel wat steeds werk en met mense bemoeienis maak.

Roeping gee nuwe energie en perspektief op situasies wat soms onoorkomelik en uitsigloos lyk. Dit is die trou van die lewende Here wat nuwe en krag en hoop gee, want Hy wat roep is ook getrou. Die teenwoordigheid van die Drie-Enige God wat gister, vandag en môre dieselfde is, gee die waag moed om die toekoms in die oë te kyk en deur die waters en vuur van geweld, korrupsie, vigs en armoede gedra te word. Om te kyk na die roepingsverhale van Bybelfigure, het gehelp om weer prioriteite te bepaal. Die God van Abraham trek saam die onbekende in. Jesaja ontdek dat God die nodige toerusting gee om uitdagings die hoof te bied. Petrus moet seker maak van sy liefde vir Christus. Daarsonder is ons roeping sonder inhoud en fut. Om die oog op Jesus gevestig te hou kweek juis volharding en ‘n leerbare gees met die oog op ‘n doelgerigte, geestelike lewenstyl.

Roeping is ook te nouste verweef met leierskap. Gibbs se artikel is nuttig in die herdefiniëring van leierskap binne spanverband. Ons is nie in die tyd van individuele “verhoogpersoonlikhede” waar leierskap losstaan van die liggaam van Jesus Christus nie. Dinamiese leierskap wat verandering bewerk lê opgesluit in die vermoë om die “ledemate” van die Liggaam te mobiliseer in die uitleef van hulle gawes. Leierskap vra lidmate wat bereid is om agter die skerms te werk. “Some individuals exercise leadership behind the scenes by advising and mentoring other leaders who have a more public and extensive sphere of influence.” (Gibbs, Redefining leadership, p21). Geestelike leierskap is daarom ook ten diepste ‘n proses van beïnvloeding. Laasgenoemde veronderstel die skep en instandhouding van sinvolle verhoudings. “If by leader we mean one who holds position of authority and responsibility, then every Christian is not a leader. Some are – some are not. But if by leader we mean a person who enters into a relationship with another person to influence their behaviour, values or attitudes, then I would suggest that all Christians should be leaders. Or perhaps more accurately, all Christians should exercise leadership, attempting to make a difference in the lives of those around them.” (Gibbs, Redefining leadership, p22).

Die herontdekking van die dienskneg-leierskapstyl kan weer soos ‘n vars bries ‘n korreksie bring op die glans van die individuele “kalklig-leierskapstyl”. Maar dan moet die betekenis van die dienskneg-leierskapstyl korrek verstaan word, soos Gibbs in sy artikel argumenteer. “Sometimes the use of this servant concept has resulted in an abdication of leadership, particularly when it was mistakenly understood to imply that the servant’s primary role was to meet the demands of those he or she was called to serve … Jesus unswervingly sought his Father’s guidance for the direction of his ministry. Rather than simply responding to popular demand, he took the initiative in terms of his overriding purpose.” (Gibbs, Redefining leadership, p23). Hy volg dit op met die voorbeeld van die skare wat meer van sy tyd en aandag gevra het, nadat Hy gepreek en siekes in Kapernaum gesond gemaak het. Jesus wys egter hierdie aandrang van die skare af en onttrek Hom om in gebed die wil van sy Vader te soek. Om te dien beteken nie ‘n willose uitlewering aan die mense vir wie jy tot diens geroep word nie. ‘n Voortdurende soeke in gebed na die wil van God bly ononderhandelbaar.

Leierskap behels ‘n vryheid wat opgesluit is in die wete dat God my liefhet – dat ek, soos sy Geliefde Seun, ook sy geliefde kan wees. Dit moet ek vir my toe-eien dat Hy my onvoorwaardelik liefhet. Dit maak dat ek soos Henri Nouwen dit stel: “ … can confront, console, admonish, and encourage without fear of rejection or need for affirmation. As the Beloved, I can suffer persecution without desire for revenge and receive praise without using it as a proof of my own goodness.” (“Finding Freedom, p.55).

2. WAT GAAN EK DOEN?
Ek sal so gou as moontlik die volgende met die leierskap van die gemeente wil deel:
My dankbaarheid om as predikant van Durbanville-Bergsig my roeping te kan uitleef. Dit is ‘n kerkraad en gemeente wat nog altyd bereid was om my in staat te stel om nuwe uitdagings te identifiseer en te motiveer om dit aan te pak.
Die roeping van leiers en lidmate te (her)ontdek. Dit maak my opgewonde om gesprek aan die gang in die leierskap en gemeente aan die gang te kry oor: Waar het die Here my geroep en waarom en waarvoor het Hy my geroep. Ek sou hoop dat so ‘n gesprek weer nuwe entoesiasme en toewyding sal bring vir ons taak en roeping in ons eie omgewing, ons land en Afrika.

Philip Scholtz

NJ van As

160 Thursday, 21 August 2008 21:48
GEESTELIKE LEIERSKAP 11-13 MAART 2008
VERSLAG AAN KERKRAAD
N.J. VAN AS

Ek is as predikant geroep om die gemeente te bedien as priester, profeet en koning en as dissipel.

As PRIESTER moet ek gedurig op God fokus en in ‘n noue verhouding met Hom leef deur gereeld Bybel te lees en in gebed met God te verkeer.

As PROFEET moet ek op mense fokus deur vir hul lief te wees, om te gee en hul te verstaan. “ Leaders are lovers” Jy bereik meer deur die hart (emosie) aan te spreek.

As KONING moet ek die gemeente bestuur en organiseer. Dit is eintlik die begeleiding van ‘n geloofsgemeenskap. As dissipel moet ek Christus navolg(die evangelie leef) sodat ander my weer kan volg. Die karakter en voorbeeld van ‘n leier speel ‘n geweldige groot rol in die gemeente en in die gemeenskap.

‘n Leier moet ‘n visie of prentjie hê van waarheen hy wil of wat hy wil bereik. Jy moet kan vas stel wat aan die gang is. Lees die patrone van wat gebeur. Kyk terug in die verlede. Hoe het dit 30 jaar terug gelyk? Hoe moet dit 30 jaar vorentoe lyk? Daarvoor het jy stilte en afsondering nodig. Om jou doel te bereik moet jy in spanne werk. Dit wil sê jy moet die regte mense om jou vergader om saam met jou die doel te verwesenlik. Praat met mense wat slimmer as jy is of wat meer ervaring as jy het en hoor wat hulle dink. ‘n Leier laat dinge deur ander mense gebeur. Jy moet dus die vermoë hê om leiers op te lei en te kweek wat die dinge laat gebeur. Ons moet lidmate bemagtig om dinge te doen en te laat gebeur.

Motivering is nodig om te lei sodat jy energie kan los maak by ander mense. Jy moet ‘n visie hê wat hoop gee. Jy moet bekend wees as iemand met ‘n goeie karakter en iemand met integriteit. Jou bekwaamheid moet respek kweek. Gee erkenning aan jou span. Jy moet konflik kan bestuur,maar ook jouself. Jy moet ook verandering kan bestuur

Wysheid is nodig om die geloofsgemeenskap volgens God se wil te begelei. Geestelike leierskap is Geesvervulde leierskap. Leierskap wat optimale blootstelling aan God en die wêreld het. Geestelike toewyding is noodsaaklik. Die Here het ons lief net soos ons is ,maar los ons nie so nie. Dit gaan hier nie oor teologiese opleiding nie, maar oor ‘n evangeliese ywer en ‘n passie vir Christus.

Selfbestuur van jou eie lewe is noodsaaklik. ‘n Mens noem dit emosionele intelligensie. Ja om emosioneel die mas op te kom en die pas vol te hou. As jy nie balans in die lewe het nie kan jy jouself uitbrand. Tekens hiervan is min intimiteit met God en swak menseverhoudinge. Jy moet eerlik bewus wees van jouself . Luister na eerlike mense om jou soos jou vrou of vriende wat jou baie goed ken. Soms dink jy dat jy nog alles kan hanteer,maar dan hardloop jy reeds al net op adrenalien. Dis wanneer die adrenalien die nodige seratanien gebruik.
Wat is nodig vir emosionel intelligensie?
1. Positiewe denke. Paulus sê nie verniet in Fil 4:9 dat ons dit wat mooi en goed is moet bedink nie. Bitterheid is die gif wat jy self drink in die hoop dat iemand anders daarvan doodgaan.
2. Positiewe vriende. Negatiewe mense dra negatiwiteit oor sonder dat jy dit agterkom.
3. Gesonheidheid en balans. Daarvoor is basiese disiplines nodig soos : stilte, gebed, goeie dieet, eenvoud, oefening, balans en ritme.
Jy moet kan nee sê.

Drie poot beginsel:
1. Elke dag ‘n ontmoeting met die Here.
2. Elke dag ‘n ontmoeting met jou medemens.
3. Vreugde in jou bediening.

Ek hoop om bogenoemde in my eie lewe toe te pas en om die kerkraad en leiers in die gemeente ook met die inligting te motiveer.

Monty Sahd

161 Thursday, 21 August 2008 21:47
Verslag aan die Bestuursraad/Bedieningskomitee oor die VBO-werkswinkel oor Geestelike Leierskap gehou te Stellenbosch-Wes op 11-13 Maart 2008

1. Aanbieders en Inhoud

Coenie Burger en Braam Hanekom het die werkswinkel oor die twee en ’n halwe dag aangebied. Coenie Burger het die volgende temas behandel:

 Om weer ja te sê vir Christus en die evangelie
 Om weer ja te sê vir my roeping as predikant
 Om weer ja te sê vir my roeping in my gemeente in Afrika

Braam Hanekom het weer op sy beurt oor die volgende onderwerpe gepraat::

 Basisteorie oor leierskap en die plek van visionering
 Spanne, konflik en kommunikasie
 DVD oor ’n onderhoud met Warren Bennis
 Emosionele intellegensie, selfbestuur en wysheid

Daar was geleentheid vir kleingroepgesprekke waar die aanwesiges in groepe van vyf persone verdeel het vir Wandel in die Woord en vir bespreking rondom die roepingsverhale van die persone in die kleingroep. Die materiaal wat by die VBO-geleentheid uitgedeel is, het ook bepaalde artikels oor leierskap en die rol en funksie van predikante bevat.

2. Persoonlike indrukke en perspektiewe

Dit was goed om die geleentheid by te woon al het ’n mens die indruk gekry dat die aanbiedings nie voldoende met melaar geïntegreer is nie. Die blootstelling, saam-wees en saam-praat was stimulerend en opbouend. Ek het die leesmateriaal interessant en prikkelend gevind. Volgens my eie oordeel sou daar selfs meer leesmateriaal voorsien kon word. Ek het die volgende waardevolle persektiewe uit die aanbiedings en leesmateriaal gekry:

 Craig Dykstra se klem op “multiple intelligences” waaroor die predikant moet beskik. Hy wys ook treffend op die verstaan van die gemeente en die konteks waarbinne die gemeente bestaan.
 Verder het ek die opmerkings oor predikante as “Reflective practititioners, colloborative leaders en formative learners” insigegewend gevind. Die leierskap wat volgens my die kerk benodig word, is juis een van span-leierskap waar elkeen sy/haar gawe ontdek en op die terrein wat die Here uitgewys het, implimenteer. Die predikant is dus ’n leier, maar nie ’n alleenleier of professsionele leier nie. Hy of sy lei saam met ander in navolging van Christus. Hierdie aspek sou ek graag in die gemeente verder wou uitbou.
 John Stott se nadenke oor sy volgelingskap van Christus en die drie oortuigings wat hy oorgehou het, was baie sinvol nl die oortuiiging van prioriteite, gehoorsaamheid en nederigheid. Wat my veral hier getref het, is sy verwysing na Johannes 14:21 waar Jesus sê dat Hy homself aan die wat hom liefhet, openbaar. Sy belofte is dus voorwaardelik nl aan dié wat Hom liefhet.
 Lesslie Newbigin se omskrywing van die gemeente as ’n gemeenskap van lof, waarheid, gemeenskapsbetrokkenheid, manne en vroue wat voorberei word vir die beoefening van die priesterskap van die wêreld en van wedersydse verantwoordelikheid, het my diep laat nadink oor die gemeente waar ek tans werk.. Wat ek graag na die gemeente sou wou terugneem, is dat die gemeente die draers en vertlokers van die evangelie is.
 Wat my persoonlik verder geraak het, was die vraag wat ’n mentor aan ’n predikant gevra wat sy hulp en leiding gesoek het nl “What presently is defining your life?” (In die hoofstuk: Defining One’s Self deur Wesley Granberg-Michaelson) Die gevaar wat hierdie vraag uitwys, is dat dit so maklik gebeur dat ons toelaat dat ons identiteit bepaal word deur wat ons doen, eerder as wie ons is.
 Die vraag in die DVD wat aan Warren Bennis gevra is, het ook by my bly hang nl “Are you enjoying what you are doing?”. Daar is bepaalde aspekte van die bediening wat makliker vreugde verskaf as ander.
 Verder het Coenie Burger se klem op die predikant wat met die Woord besig moet wees en wat bereid moet wees om bepaalde teksverse met ander te deel, ook vir my getref. Braam Hanekom se opmerkings dat leiers goeie luisteraars moet wees, het ook by my aanklank gevind. So ook sy klem dat leiers lief moet wees vir die mense aan wie hulle leiding verskaf.

Oor die algemeen was die VBO- geleentheid sowel as die dagkonferensie wat die voorafgaande Maandag plaasgevind het, opbouend en leersaam.

Monty Sahd

Johannes Nortier

162 Thursday, 21 August 2008 21:46
Vir aandag van dr CW Burger

16 Maart 2008
Verslag : VBO Kursus Een: Geestelike Leierskap: 11-13 Maart 2008
Kursusganger: Johannes Nortier

Beste Coenie

Baie dankie vir ‘n wonderlike drie dae saam met jou en Braam. Dit was die eerste keer in ‘n lang tyd dat ek ‘n kursus enduit só geniet het. Dankie veral vir die ruim geleentheid tot interaksie met ander kursusgangers. Ek dink nie julle ouens wat gereeld in die geselsskap is van ander opgeleide teoloë en vakkundiges besef hoe dit voel om die meeste van die tyd alleen met jou eie teologiese denke besig te wees nie. Dit is veral waar van ouens soos ek wat in ‘n eenman-gemeente is.

Ek skryf vir jou hieronder (bls 2,3) ‘n meer eksistensiële verslag om te wys dat ek regtig die kursus ge-internaliseer het. Hierdie verslag gaan nét so na my kerkraad en gemeente. Ek moet sê dat dag 1 se roepingsgesprek vir my makliker was. Dit het my regtig baie diep geraak en alle (?) twyfel oor waarmee ek besig is uit die weg geruim. Dag twee en drie was baie goed, maar ek wonder tog steeds oor die eie aard van leierskap in die kerk. Ek leer byvoorbeeld die gemeente dat ons nie vir mekaar dankie sê nie, omdat Jesus ons geleer het dat dankie-sê in sy dampkring, onnodig is en selfs ‘n steler van ware vreugde kan wees. Nou hoor ek dat ‘n leier is ‘n “one-man-thanking-machine” en dit klink mooi en goed binne die algemene sielkunde van interpersoonlike verhoudings, maar is dit regtig toepaslik in die hart van die kerk. Net soos wat ek tans baie katvoet is vir partypolitiek in die kerk is ek ook versigtig vir die reëls van die algemene besigheidsbestuur in die kerk. Tog weet ek dat die twee sake nie noodwendig teenoor mekaar staan nie. Wat ek eintlik maar net wil sê is dat die insette tov roepingsbewustheid vir my makliker is om met oortuiging huis toe te bring as die insette tov algemene leierskap.

Maar hoe dit ookal sy, hierdie drie dae sal in my bedieningsgeskiedenis opgeteken staan as van die hoogtepunte. Kan ‘n mens sê dat dit ‘n misterieuse ontmoeting was wat ek nie op hierdie tyd en veral nie op hierdie plek verwag het nie? Miskien is dit wat ek al my jare op kweekskool gesoek het, maar nooit gekry het nie. Nou verstaan ek sommer ook skielik hoekom ek die koshuis bó die kweekskool gekies het, want daar het ek meer van God geleer en ervaar ! Ek sal nooit weer die name, Theunis Botha, Christo van Staden, Phillip Scholtz en Schalk Kotze hoor sonder om ‘n bepaalde konneksie te ervaar nie. In ons groepie het ons regtig ‘n vreemde ontmoeting met God en mekaar gehad.

Groete
Johannes Nortier

Liewe Gemeente van Agter-Paarl

Ek skryf vir julle ‘n brief na dag een van die geestelike leierskapkursus waarheen julle my gestuur. Ek het goed geluister wat die dosente sê en God se stem verrassend helder gehoor. Ek wil vir julle, as gemeente, kom dankie sê:
• dankie dat ek mag ervaar dat julle regtig vir God self en eenvoudige ontmoetings met Hom soek;
• dankie dat ek mag ervaar dat julle rondom die evangelie bymekaar kom en dat julle die Woord soek wat soms gemaklik en soms ongemaklik is;
• dankie dat julle die afgelope 3 jaar julleself oopgestel het met ‘n leerbare gees vir die nuwe weg wat God met ons wou loop en dat julle met geloofswaagmoed julle styl daardeur laat verander het;
• dankie dat julle in my ‘n nuwe geloof geplant het dat gemeentes kan verander en dat gemeentes hulle gemeenskappe kan transformeer;
• dankie dat julle verstaan dat om kerk te wees is om God in gedagte te hou daar waar julle is en dat julle op God se ritme met die lewe dans;
• dankie dat julle nie die kerk en God met mekaar verwar nie en dat julle nie liewer vir die kerk is as vir God nie;
• dankie dat julle deur julle aanvaarding van my en deur julle gebruik van my, elke dag my roeping herbevestig;
• dankie dat ek saans moeg huis toe kan kom en kan weet my lewe onder en saam met julle het ‘n bepaalde “significance” wat vir my die lewe die moeite werd maak en my laat voel dat ek regtig nog steeds besig is met my oorspronklike roeping;
• dankie dat julle bereid is om my en my gawes weg te gee vir die wêreld buite die gemeente se grense wat vir my sê dat dit julle verstaan dat my roeping op die koninkryk van God gemik is;
• dankie dat só baie van julle funksies by my oorgeneem het waarin julle beter en waarmee julle gemakliker is as ek;
• dankie dat julle my in Februarie 2008 as julle dominee beroep het, want ek weet inderdaad dat ek vandag saam met julle op die regte tyd op die regte plek is;
• dankie dat ek ervaar dat ons saam intuïtief ‘n klomp dinge reg gedoen het sonder dat ons dit toe geweet het – duidelik begelei die Gees van Christus, op ‘n geheime manier, ons op die nuwe weg;
• dankie dat julle dit vir my moontlik maak om van harte vir julle te kan sê: Ek het julle lief !
• dankie dat ons saam die Vader, Seun en Heilige Gees met vreugde kan dien.

Liewe Gemeente van Agter-Paarl

Ek skryf vir julle ‘n brief na dag twee en drie van die geestelike leierskapkursus waarheen julle my gestuur. Ek het goed geluister wat die dosente sê en God se stem verrassend helder gehoor. Ek wil vir julle, as gemeente, kom sê:
• Leaders are Lovers: ek verstaan dat ons in die gemeente nog meer klem kan lê op die onderlinge verhoudings en dat ek om hierdie rede nog meer geleenthede moet soek vir persoonlike kontak (nog meer huisbesoek ?); ek verstaan dat ons eers mekaar se harte moet verstaan voordat ons mekaar se woorde kan verstaan; ek het gehoor dat ‘n leier eintlik “a one-man-thanking-machine” is, en dat ek meer aandag sal moet gee om mense te laat goed voel oor hulleself (in die verlede het ek altyd geglo dat ogv Jesus se instruksies dankie-sê eintlik ongewens is … ek is nog steeds nie só seker oor hierdie saak nie, maar ek hoor tog dat mense ‘n behoefte het aan erkenning …)
• Leading is the act of enabling: ek is geneig om my eie gawes met oorgawe te beoefen en is nie eintlik daarop ingestel om leiers te kweek nie en besef dat ek hieraan sal moet werk / op ‘n manier is ek in hierdie saak eintlik ‘n bietjie selfsugtig deurdat ek té veel tyd aan my eie ontwikkeling gee en té min aan die ontwikkeling van ander
• Leading is being and doing: in my bediening tot op hede het “being” ongebalanseerd meer prioriteit geniet bo “doing” en ek besef dat ek tog meer dinge in die gemeente sal moet struktureer en organiseer, al hou ek nie daarvan nie ! Ek is natuurlik bang dat ek in die proses die ongesondheid van besige, gejaagde en doelwitgedrewe proffesionele dominees sal opdoen !
• Leaders need other leaders and feedback: ek besef die noodsaaklikheid daarvan om ‘n kleiner groep gemeenteleiers bymekaar te kry om gereeld vir my te help om te verstaan wat in my lewe en in die lewe van die gemeente aan die gang is / ek verstaan ook dat ek tog vir myself ‘n “amptelike” mentor moet kry wat my ook hierin kan begelei / ek wonder wel nog oor die verskil tussen ‘n goeie vriend en ‘n mentor
• Leaders lead best when focusing on their strong points: ek besef dat wanneer ek aanpassings aanbring in my leierskap ek versigtig moet wees dat ek nie só op my swak punte konsentreer dat ek uiteindelik my natuurlike sterkpunte verwaarloos nie – in só ‘n proses is die eindresultaat nie vooruitgang en groei nie !
• Ek sal baie hard moet gaan dink aan die gesegde: “God vat ons soos ons is, maar los ons nie soos ons is nie”. In lyn met die MBTI-uitgangspunt dat ons persoonlikhede geneties bepaal is, sal ek weer moet gaan kyk na die hele saak van herskepping. Ek is dalk té geneig om myself en ander toe te laat om genetiese bepaaldheid as ‘n verskoning te gebruik waarom ons nie hoef te verander nie !

Slot:
My roeping as gewone gemeente-dominee wat deur sy gemeente as ‘n gestuurde gesien word, is opnuut vasgemaak. Ek besef dat itv die algemene bestuurswetenskappe ek bepaalde tekortkominge het. Ek weet egter dat ek liewers as onvolmaakte op die regte tyd en op die regte plek met my Godgegewe roeping besig wil wees as om as “volmaakte” op die verkeerde tyd en op die verkeerde plek met my eie ding besig te wees. En dit is baie goed om dit te weet !

Christo van Staden

163 Thursday, 21 August 2008 21:45
VBO 1

Geestelike Leierskap

1. Wat het jy vir jouself geleer?

Dit was vir my baie kosbaar om maar net weer te besef dat die Here my geroep het teen alle natuurlike aanlegte en verstaan van myself in!.Dit was lekker om dit met ander te kon deel en dit sommer weer vir myself af te stof.
Ek het die groepie waarin ek was verskriklik geniet, daar het ‘n baie diep band tussen ons ontwikkel.

Ek is so ontsettend dankbaar dat ek weer die onbeskryflike voorreg het om voltyds in die bediening in ‘n gemeente te staan. Ek het maar net weer ontdek dat die bediening my gekies het en dat ek dit beslis nie self gekies het nie. En,ja…om maar net weer te besef dat my roeping my in ‘n leierskapsrol geplaas het waar ek ander mense positief kan beïnvloed.

Ek wil graag nog sommer baie lees oor leierskap.

2. Wat kan of moet jy gemeente toe vat?

In ‘n makro-gemeente soos ons loop jy maklik die gevaar om in ‘n onpersoonlike bedieningstyl te verval en net te sorg dat strukture in plek is. Vir die ontwikkeling van leierskap, is en bly verhoudings sekerlik die mees belangrike omgewing waarbinne leierskap ontwikkel kan word.

Ek sal graag vir my die “luukse” wil gun om met ‘n paar mense in die gemeente op ‘n gereelde basis bymekaar te kom en te gesels oor die gemeente en God se pad met ons.

Daarom sal ek graag baie meer tyd wil spandeer met sekere spanne in die gemeente en veral met die omgeegroepleiers waarvoor ek verantwoordelik is. Ek sou graag wou sien dat daar baie meer ontwikkeling van leierskap in die gemeente is. Ek is opgewonde en dankbaar oor die hoë vlak van leierskap wat alreeds in die gemeente is en funksioneer.

Ek sou graag wou sien dat die kerkraad ‘n baie meer doelgerigte visioneringsrol vervul en dat die daaglikse bestuursgoeters op ‘n ander vlak hanteer word. Kerkraadsvergaderings se inhoud moet ook in lyn hiermee gebring word.

3. Waaraan sou jy graag saam met ander verder wou werk?

Daar was tydens die kursus ‘n te groot gaping tussen die twee dele( Coenie en Braam). Ek sou graag die twee velde meer geïntegreerd wou sien.

Ek hou van die goeters oor roeping en die verhoudingsaspekte binne leierskap en sou meer daaroor wou werk.
Baie dankie vir ‘n uiters verrykende ervaring. Dit het vir my baie beteken!

Christo Botha

164 Thursday, 21 August 2008 21:44
Geestelike leierskap 11 – 13 Maart 2008

• Wat het jy (vir jouself) geleer?

› Ons gesprek oor en besoek by ons roeping help my baie op die oomblik. Aanvanklik het ek nie geglo dat daar iets is wat ek nie al gesien of gehoor het nie (rondom my roeping).

MAAR, hoe meer ek daaroor gepraat en gedink het, het ek besef dat God my nie net geroep het nie, Hy het my geroep met ’n spesifieke werk. Op die oomblik verstaan ek dit so:

God is besig met sy mense (ons / gemeente / gemeenskap) en sy skepping (natuur).

Hy is besig om dit / ons nuut te maak (om ons te help om te wees soos hy dit oorspronklik bedoel het).

In die proses gebruik hy mense (vir my ook).

Hy roep my om deel te wees van hierdie proses.

Hy roep my om:
◦ mense na plekke toe te vat waar hulle nog nooit voorheen was nie;
◦ mense na plekke toe te vat waarheen hulle nie op hulle eie kan of noodwendig wil gaan nie.

◦◦ Die Eksodus storie is my storie en ek is dankbaar dat ek weer kon dink en praat daaroor, want God het my op ’n nuwe manier daarmee kom vat.

› Om mense daarheen te lei het ek nodig om genoeg tyd te maak met:
◦ God (ek wil mense lei as navolger van God)
◦ die Mense (Jesus het nie ’n boek geskryf nie, Hy het ’n gemeenskap gevorm)
◦ myself (bestuur van myself, my energie, kreatiewe rus, musiek, stilte ens.)

• Wat kan / wil ek gemeente (Kerkraad) toe vat?

Ons land en ons kerk gaan deur moeilike tye en in tye soos hierdie gaan dit Geestelike-leiers vra wat met visie, passie en energie die wolk kan raaksien en volg (Numeri 9, deel van ons gemeete se storie).

Daarom is ons besig met ’n proses om die te sorg dat ons die wolk sien en deel van ons proses was om reeds op die 17de Maart te begin kyk na Braam se DVD reeks (Gereedskap vir geestelike leierskap).

Ons het ook besluit om vir Frederik te kry om ons te help met hierdie proses.

◦ Ongelukkig is die Kerkraad nie altyd die vaardigste leiers of die ouens met die passie, visie en energie nie, daarom wil ek probeer om die Kerkraad te help (vir nou met die DVD van Braam) sodat die Kerkraad die span/leiers kan word/wees wat nodig is om ons gemeente en gemeenskap te lei deur moeilike tye.

◦ Die ander idee wat ek het is dat ek en my 2 kollegas met mekaar gesels oor ons roepingsverhale. Ek dink die persoonlike aard van elkeen se storie gaan ons help om mekaar beter te ken (en te vertrou). Daarna is my hoop dat ons die stories van met ons Kerkraad kan deel sodat hulle ons ook beter kan leer ken en verstaan.

• Waaraan sou jou graag verder wou werk?

Ek lees op die oomblik: The Starfish and the Spider (The unstoppable power of leaderless organizations) van Brafman & Beckstrom. Dit is ‘n boek met vars perspektiewe op leierskap binne organisasies in ‘n nuwe tyd. Ek weet daar is baie ander ouens wat ook besig is om goeie goed te lees, dit sou lekker wees om saam met ander ouens te lees en te werk.

Waaoor spesifiek? Ek is nie seker nie, maar sou wou hoor waarmee groepe besig is en sal wil deelneem aan ’n gesprek iewers.

Christo Botha
(Toringkerk, Paarl)
021 8720275
0844900923
christo@toringkerk.co.za

Carel Smith

165 Thursday, 21 August 2008 21:41
VBO Werkswinkel 11-13 Maart 2008 Stellenbosch
Geestelike leierskap

Laat ek begin deur te sê baie dankie vir Coenie, Braam en almal wat betrokke was by die skep van VBO vir ons predikante. Dit is so nodig om ons ingelig, opgeskerp en bemoedig te hou vir die tyd waarin ons lewe!

Ek lig ‘n paar sake uit wat my besonders geraak het.

Oit was vir my uiters sinvol om my storie as geroepene met die ander manne in my kleingroep te deel. Ek het weer die hand van die Here in my lewe en roeping bemerk en dit het my geloof versterk. Dit was ook geweldig bemoedigend om die ander manne se stories in die groep te hoor! Ek was werklik verras en versterk deur te hoor hoe die Here hulle geroep het en wat Hy besig is om in hulle bedienings te doen. Dit het my hoop vir my eie bediening versterk en ek het sommer ook ‘n paar goeie kontakte opgebou vir die pad vorentoe. Ek kon ook dinge waarmee ons tans in die gemeente besig is met hulle toets en uit hulle ondervindings leer.

Coenie, baie dankie vir die dinge wat jy uit jou hart met ons gedeel het. Die egtheid en deurleefdheid daarvan in jou eie lewe het my opgeval!

Jou paar opmerkings oor Iyding en ‘n dieper vertrou op die evangelie daardeur was vir my ‘n bevestiging van persoonlike geloofslesse wat die Here my leer.
Woorde soos, “Lyding help my onderskei tussen ware en valse hoop” en “ons leef minder uit die Woord van God as wat ons voorgee.” Jou eerlikheid en vaderlike openheid was vir my goed.

Dankie ook vir die lig wat jy op Purves se perspektiewe in verband met Christus se bediening onder ons nou, gewerp het en die kruisiging van ons eie bediening. Die diep geheimenis van die evangelie nl. Christus onder ons, is ‘n geestelike realiteit waarvan ons beslis te min hoor en waarin ons te min glo! Dankie ook vir jou vir jou kinderlike geloof in die Skrif as die Woord van die lewende God! Dit doen my hart goed om te weet daar is leiers in ons kerk wat in hulle hart steeds by die Sola Scriptura staan!

Dan het die belangrikheid van ‘n mentor vir my uitgestaan. Ek besef dit al meer maar moet meer doen om sulke mense in my eie lewe ‘n groter rol te laat speel.
Beter prioritisering en dissipline is nodig.

Jou perspektiewe op ons bediening in ‘n Afrika-konteks het ook sterk met my gepraat. Ek kon nie help om die diep kommer van moeilike dae wat vir hierdie land voorlê in jou te lees nie. Maar, ja, soos reeds gesê, Iyding is nie net sleg nie, dis soms brood nodig! Dit was ook bemoedigend om te hoor dat die senterpunt van die Christendom vir die volgende 50+ jaar in Afrika en Suid-Amerika Iê.

Dankie ook vir jou Braam dat jy die wye veld van leierskap vir ons meer oop gebreek het.
Dit was inderdaad ‘n voëlvlug oor sake waaroor mens baie langer sou kon gesels.

Sake wat my geraak het is dat ons in die kerk soms baie swak leierskap het en dit dan met allerhande verskonings pro beer verbloem. Dit is goed om te weet dat ons as leraars ook leiers is, en dat ons daardie verantwoordelikheid moet nakom na die beste van ons vermoë.

Dit was ook goed om weer te hoor dat ons konteks gedurig aan die verander is en dat dit beteken dat ons ook moet verander. Stagnasie in die bediening is ‘n groot gevaar en kursusse so os die VBO en ander help mens om in pas te bly.

Die gedeelte oor emosionele intelligensie was baie insiggewend. Ja die rooi ligte van uitbranding flikker ook vir my en dit was nodig om dit te verstaan en daadwerklik iets daaraan te doen, sonder om skuldig daaroor te voel! Dis nie so maklik nie!

Ek sal so bly wees as ons kerk meer kan maak van die Sabbatsrus beginsel, waar leraars byvoorbeeld na 10 jaar in die bediening ‘n jaar van rus en input moet neem! Die 2 ure per dag vir 12 weke was ook ‘n rein gedagte en Fanie se gedagtes rondom af tye was goed om van kennis te neem.

Braam ek is ook bly dat ons by die saak van konflik stilgestaan het, omdat dit ‘n baie groot realiteit is binne ‘n makrogemeente! Misverstande, swak kommunikasie, swak leierskap, swak bestuur en vertroue wat geskend is, is dinge waarmee ek baie te doen kry in die bediening.

Ek sal dit baie sinvol vind as ons dalk vorentoe by sake soos die hantering van konflik en El langer kan stilstaan en ‘n bietjie dieper kan werk, met ‘n paar oefeninge in die kleingroep byvoorbeeld.

Nogmaals Braam en Coenie, dankie vir julle insette. Ons het dit nodig en dit was beslis ‘n geslaagde wegspring vir die VBO!

Carel Smith (Suider-Strand)

Wonderlike boek

166 Thursday, 21 August 2008 06:34
Frederick
Ek het die boek gelees en ek moet se dit het my verstaan van die Afrika wortels van die Christendom radikaal verander. Vir ons tuiskoms in Afrika geestelik en teologies is hierdie ‘n wonderlik toetrede. Ek kan eenvoudig na die boek nie mer oor die Christendom dink as ‘n Westerse godsdiens nie.
Frederick Marais

Jesus is inderdaad oppad dit is tog Advent

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Magda sluit haar kommentaar oor teologiese strominge af met ‘n wekroep dat ons moet onthou dat Jesus oppad is. Dit is ‘n wekroep wat in die geskiedenis van die kerk so belangrik was dat hulle ‘n seisoen daarvoor uitgesit het- ADVENT- letterlik beteken dit- Die Koning Kom! Ek dink dit is belangrik dat ons hierdie perspektief behou. Jesus is inderdaat oppad- maar anders as vir Magna is dit iets wat my nie onrustig maak nie- hoop nie ek het haar verkeerd verstaan nie- maar eerder tot rus en hoop stem. Want sien die Koning wat oppad is, gaan ons almal help om met groter perspektief na sake te kyk- dinge wat nou vir ons lewensbelangrik is sal dan minder belangrik wees en andersom. Ook dit is vir my belangrik in die manier waarop ons met mekaar praat oor die teologiese storminge en verskilpunte- die saak waaroor die gaan is groter as ons begrip- ons kan ons verwonder, ons kan daaroor getuig ons kan daaroor lofliedere sing, maar ons kan nooit maak asof ons die Waarheid oor God volledig verstaan en kan of wil beheer nie. ONs kan getuig oor die Koning wat kom, maar ons is nooit self die Koning nie. Dit is hoekom ons elke jaar advent moet vier.

Tydige boodskap vir ons land in die Kersgety

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Wat ‘n tydige woord vir ons verdeelde gemeenskap, waar die onreg van die verlede sowel as die onreg van die hede mense in kampe jaag en polariseer.

Is dit nie presies wat Johannes die Doper in Lukas 3 in die oog het, as hy 1) aan die een kant vir alle mense vra om hulle klere en kos te deel en aan die tollenaars om billik te wees in hulle invordering (die “haves”), en 2) aan die ander kant vir die soldate om nie hulleself te verryk deur ander met geweld af te pers met valse aanklagte nie (die “have-nots”)?

Herstellende geregtigheid het met beide kante te make – oorvloedige omgee sowel as billike verwagtings, mededeelsaamheid sowel as magsbeperking, interafhanklikheid sowel as selfstandige verantwoordelikheid.