Vraag oor teks van Sondag

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Chris, Wil net dankie sê. Ek kon nie aan die gang kom met die teks nie totdat ek jou interpretasie gelees het. Ek het ook iewers gelees dat Jesus die woord hond hier gebruik omdat – as Hy iets anders sou gebruik het – die vrou Hom nie sou verstaan nie. Hy gebruik die woord om verstaan-baar te wees – nie neerhalend nie. Of is ek verkeerd? Dankie nogmaals Johan (Cradock)

Leer vir die gestremdes lees en skryf

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Ek is ‘n omgee werker by Aanhouwen werkwinkel vir volwasse geestelike getremdes in Somerset wes. Ons het omtrent 65 lede wat wissel in ouderdom vanaf 18 jaar to omtrent 70+. Hulle gestremdhede wissel ook baie. Van hulle was al op skool en kan lees en skryf, (minimaal), maar van hulle is nooit die geleendheid aangebied nie. Ek wil graag vir die van hulle wat wil leer ‘n poging maak om hulle te help. Ons is ‘n selfonderhoudende instansie met baie lede wat van die minderbevooregde gebiede af kom. Ons is nie een opgeleide onderwysers of maatskaplike werkers maar ons is baie lief vir ons werk. Ek wil weet of daar ‘n manier is waarop ons die lede kan help om hulle lewens te verbeter. Baie dankie Dianne du Preez (verskoon asb. my Afrikaans, ek is eintlik Engels spreukend) AANHOUWEN se telefoon nommer 021-8513798 vanaf 8vm to 1nm My sel nommer 0824476668 My huis nommer 0218512429

Vreemdeling as draer van ons identiteit

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Ek onthou dat ‘n aantal maande gelede een van die groot banke by hulle OTM die boodskap gehad het jy geen vreemdeling moet vertrou nie! ‘n Mens verstaan waar dit vandaan kom, maar weet ook indien ons so bly dink oor vreemdelinge, dit ‘n klimaat skep waarbinne daar moeilik gasvryheid teenoor vreemdelinge getoon sal word. In jou treffende bydrae Jannie herinner jy ons daaraan dat ons identiteit nie net deur ons trandisie gedra word in christelike geloofsgemeenskappe nie, maar dat dit as ware aan ons gegee word deur die vreemdelinge in ons poorte. Deur hulle te verwelkom, met hulle in gesprek te gaan, diep na hulle te luister en by hulle te leer, ontvang ons as gemeente ‘n nuwe verstaan van ons identiteit. Indien dit nie gebeur nie, sal ons die evangelie mak maak om te pas in die sak van ons eie kultuur gemaksone. Ek het die naweek twee pragtige praktyke geleer van ‘n gemeente wat daarop ingestel is om gasvry te wees teenoor die vreemdeling. Hulle moes ‘n predikant beroep en een van die vrae wat hulle hom gevra het was: Vertel vir ons van ‘n vriend wat nie glo of aan ‘n kerk behoort nie. Hulle het ook die gewoonte om by ‘n doopgeleentheid die ouerpaar te vra om vriende uit te nooi na die doop wat nie christene is nie. So bly ‘n mens verstom hoedat daar in ‘n tyd van Zenophobia in die derde wereld en groeiende geslotenheid in die eerste wereld tog gemeentes is wat in ‘n totaal ander rigting beweeg deur hulle poorte doelbewus oop te maak- my ervaring is dat daar ‘n groeiende groep gemeentes in SA is wat dit so onder die radarskerm leer leef. ONs kan baie by hulle leer.

Pastorale spreekkamer in Pretoria

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Hi Johann, Ek is self sowat 23 jaar gelede geskei en weet waardeur almal gaan wat direk daardeur geraak word. Dit is baie traumaties vir almal! Dus, ek weet hoe voel dit as jou kop raas en alles rondom jou in duie stort.Ek bedryf die afgelope 22 jaar voltyds ‘n Pastorale spreekkamer in Pretoria en was ook vir 20 jaar ‘n tentmaker in Florauna NG gemeente en nou die afgelope 2 jaar in Eloffsdal NG gemeente.Ek bied ook talle kursusse en seminare asook praatjies en radio gesprekke en praatjies aan. Na alles roep die Here ons om ten spyte van ons seer en teleurstelling,tog ‘n duik in die emmer (‘n verskil) te maak waar ons lewe en werk. Ook om te leer uit ons foute en die eerstehandse kennes met ander te deel. Vir meer inligting kan jy op my webwerf kyk by www.pastoralepraktyk.co.za of my skakel by 012-5463545 in Pretoria. Mooiloop. Jan Botha.

Jampie Nel

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Ons het so met die tyd saam agtergekom dat mense nie meer so ingesteld is op huisbesoek nie. Sommige kry ons jammer (weet daar is genoeg ander dringende sake), maar daar is ook diegene wat huisbesoek beskou as ‘n moment van konfrontasie en dit eerder sou wou vermy. ons het ook as leiers besluit dat huisbesoek nie ‘n hoê prioriteit by ons is nie, maar vind dat ons ook nie daarsonder kan nie. Vir ons is dit ‘n manier om medegelowiges in hulle ruimte te ontmoet en te leer ken. Ek dink nie ek kan heeltemal daarsonder nie, alhoewel die bediening meer baatvind by ander goed wat meer aandag kry, soos toerusting. Ek wil nie net by mense kom as daar ‘n probleem is of net by die leiers nie. Dis jammer ons het nie meer tyd om net te kuier nie.

Ons tref God in die wereld aan… (vir nog verdere gesprek)

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Chris, jy verwys na ‘n opwindende debat oor “personhood” (waarna ek elders in ‘n blog al verwys het), veral in gesprek met trinitariese tradisies wat die Kappadosiese Vaders uit die vroee kerk lees soos in die verwysing van Oberdorfer. Ek dink veral aan Zizioulas (Ortodoks), maar ook hoe dit teoloee vanoor die hele ekumeniese spektrum (Gereformeerd, Katoliek, Lutheraans, en Evangelical) beinvloed het (teoloee soos Moltmann, Pannenberg, LaCugna, Jenson, Grenz, Volf, en selfs ‘n bepaalde tradisie wat Barth graag meer wil verstaan vanuit die tweede helfde van sy Kerklike Dogmatiek). Maar dit is ‘n ewe opwindende gesprek as dit ‘n gesprek oor trinteit en “personhood” word vanuit meer tipiese Afrika wereldbeskouings (soos Ogbonnaya se werk oor Tertullianus).

Nietemin, die Pannenberg verwysing laat my ook dink aan hoe hy sy Sistematiese teologie volume wat oor sy ekklesiologie handel (volume 3) begin. Hy begin met ‘n klem op “the work op the Spirit of God in his church and in believers serves the consummating of his work in the world of creation.” Wat meer is, Pannenberg gaan dan voort om te wys hoedat “theology has often neglected the relation between the soteriological operations of the Spirit in believers and his activity both as the Creator of all life and also in its eschatological new creation and consummation.” Interessant dat Pannenberg dan juis terugval op veral Calvyn se klem op “the biblical statements about the work of the Spirit in creation.” Maar ook Barth se beskrywing van die Heilige Gees as die “awakening power” waardeur die opgestane Here die Kerk geskep het as ‘n “provisional representation of the whole world of humanity” wat in Hom geregverdig is. Die implikasies hiervan is uiters belangrik vir die gesprek wat ons hier begin voer het oor die Kerk se posisie ten opsigte van die God-wereld verhouding.

Hierdie soort konseptualiserings het beslissende implikasies vir hoe “gestuurde” gemeentes dink oor hul roeping in die wereld: as “self-sufficient” (of “buffered”, om Charles Taylor se metafoor vir die moderne “self” te gebruik) geloofsgemeenskappe wat God kant-en-klaar ontvang het, en dan gestuur word om Hom af te lewer aan die wereld wat Hom nog nie ontvang het nie (met die implikasie dat die wereld alleenlik ‘n objek van ons evangelisering kan wees); of, as “gebroke” (“porous”: Taylor se “buffered” teenstelling) geloofsgemeenskappe wat reeds die wereld-in-gemeenskap-met-God verteenwoordig op ‘n spesifieke manier (met Woord, tradisie, en sakrament in haar midde), en wat dan gestuur word om (vanuit die verstaan wat hierdie bronne vorm) deel te neem aan God se teenwoordigheid en aktiwiteit in die wereld (met die implikasie dat so ‘n deelname heel dikwels in die eerste plek die kerk self evangeliseer!).