Toolkit vir Batebouers in gemeentes

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Toolkit for Integrating Developmental Assets Into Your Congregation kan afgelaai word by http://www.search-institute.org/congregations/thriventpartnership/toolkit

Dit sluit oa die volgende in:

1. Asset-Building Foundations for Christian Congregations
2. The Important Role of Congregations in Building Assets
3. Reports and Articles for Deeper Understanding and Sharing
4. Getting Started with Asset Building in Your Congregation
5. Asset-Building Strategies and Presentation Resources for Congregations
6. Growing Asset Builders in Your Church and Community
7. More Resources
8. Handouts 1-12: Training
9. Handouts 13-17 and 22: Program and Evaluation
10. Handouts 18-35: Asset-Building Ideas for Many Audiences

_______________________________________________________

This Toolkit for Integrating Developmental Assets in Your Congregation has been made possible through Search Institute’s support in 2005 from Thrivent Financial for Lutherans. This kit includes some content adapted from Integrating Asset Building into Love INC Ministries. Portions of the toolkit are excerpted or adapted from previous Search Institute publications and are used with permission from Search Institute. The following are registered trademarks of Search Institute: Search Institute® and Developmental Assets®. Used with permission of Search Institute. All rights reserved.

Search Institute, 615 First Avenue Northeast, Suite 125, Minneapolis, MN 55413, 800.888.7828, www.search-institute.org.

Teologie wat leef vanuit probleemstellings

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Prof Stan du Plessis het sy lesing begin deurte verwys na hoe maklik ons as gemeentes en teoloë met ‘n algemene houding van die “agteruitgang” van die ekonomie en die groeiende armoede werk. Hy het oortuigend aangetoon dat die teendeel waar is, naamlik dat ons in ‘n tyd leef van ongekende ekonomiese groei en vooruitgang – ten spyte van die huidige ekonomiese krisis.

Ek het op die oomblik uitgevang gevoel – ek dink hy is reg – ons hou van slegte nuus -nie net oor die ekonomie nie, maar in die algemeen is ons geneig om eers te verduidelik hoe dinge besig is om uit mekaar te val en agteruit te gaan, en as ons ons gehoor oortuig het, kom ons met ons oplossing.

Batebouers – ons denkraamwerk vir die konferensie – dink natuurlik anders – vra nie wat verkeerd is nie, of wat die probleem is nie, maar waar daar bates is waarop ons kan bou. Maak geen fout nie, dit gaan so ‘n bietjie teen ons teologiese grein in – en ek weet daar is ‘n gevaarlike eensydige kant hieraan – natuurlik moet ons in hierdie tyd bv ernstige vrae vra oor die prys wat die sg groei-ekonomie ons kos in terme van die oorbenutting van bronne ens.

…maar daar is ‘n ander kant waar ons ewe ernstige geloofs- of kan ek sê Godsvrae moet vra – is God teenwoordig in die ekonomiese groei wat ons geslag beleef het, of sien ons God net raak in die skadukante en nie ook in die herstel en vooruitgang van die wetenskap en die ekonomie nie!

Dit is tyd dat ons bewus moet raak van die dikwels onbewuste magstoe-eiening van ‘n teologie wat net fokus op die probleme en nie ook sigself kan verwonder aan die herstel nie. Sulke teologie en gemeentepraktyke is geneig om God net raak te wil sien in die formules van ons kerklike en teologiese tradisies, en sonder dat ons dit besef, haal ons almal uit spel wat nie ook soos ons in die taal van die Teologie met ‘n hoofletter kan praat nie.

Hoe kan ons met Stan en kie teologie praat vanuit die perspektief van verwondering oor ‘n God wat omgee en sorg? Dalk moet ons Pat Keifert se bekende stelling weer hier onthou: “the question is not what the hell is going on, but what in heavens name is God up too!?”

Dalk moet ek ‘n wag voor my mond sit wanneer ek weer ‘n preek begin met ‘n probleemstelling …

Oor die Leesrooster …

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Lidmate het die leesrooster baie geniet, omdat dit hulle baie sistematies deur die Bybel geneem het en omdat baie die droom kon vervul om die “Bybel deur te lees” Hierdie is ongelukkig nou nie meer so deel van die leesrooster nie, dit lyk vir my of die leesrooster meer begin fokus het op kleingroepe. Ons gemeente se preekwerkgroep, drie groepe met ‘n bywoningstal van 60, wil nie volgende jaar weer die leesroosters gebruik nie, vir my persoonlik baie hartseer.

Ek self het die Preekstudies begin gebruik in ‘n tyd toe ek nuut/anders begin dink het oor die inkleding van die erediens/liturgie. Ook in hierdie aspek is ek die afgelope twee jaar teleurgesteld. Daar word baie min nuwe liturgiese voorstelle gemaak. Ek wil nie ‘n uitgewerkte liturgie en preek ontvang nie, maar het nogal al die variasies en voorstelle geniet. Gelukkig het ek nog al die ou preekstudies en blaai baie lekker terug in die verlede.

Die tot standkoming van die preekwerkgroepe in die gemeente het my ook genees om te swaar te leun op die preeksketse in die preekstudies, daaroor is ek baie bly (ek werk deesdae harder aan my preke! 🙂

Dankie vir al die hulp deur die jare, maar ek verlang so effens terug na die “ouer” weergawe van preekstudie en leesrooster.

Fanus Hansen

Huisbesoek en die platteland

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Vollie se opmekrings oor huisbesoek in die platteland maak ons gesprek ryker en waarsku dat ons nie die verskeidenheid van kontekste waarin gemeentes is uit die oog moet verloor nie. Die gevaar van ‘n artikel oor huisbesoek is dat dit nie spesifiek genoeg is oor watter konteks ‘n mens in die oog het nie.

Die punt is dat die bou van verhoudiings tussen die leraar en gemeentelede deur die konteks en die getal lidmate beinvloed word. Ek verwys oa na Alice Mann se teorie hieroor. In kleinder plattelandse gemeentes soos in Vollie se geval sal persoonlike kontak tussen die leraar en lidmate individueel altyd baie belangrik wees, want dit sal die primere manier wees waarop ‘n vertrouensverhouding gebou word. Die kritiese vraag is dan natuurlik hoe gereelde besoeke of kontaksessies benut kan word om hierdie lidmate verder toe te rus vir hulle dienswerk en nie net as ‘n “geestelike versorging” waar die lidmaat afhanklik gemaak word van die besoeke van die leraar nie. Ek weet Vollie het hieroor interessante perspektiewe wat hy met ons moet deel.

Vir watter soort leierskap/gesagsuitvoering kies Salomo in 1 Konings 3?

Written by Martin Heyns on . Posted in Vorige kommentaar

* Die teksdeel hierdie week laat by ons geen twyfel hoe mense leierskap en gesag daagliks voor God behoort uit te leef nie.

* En Salomo kies wat God wil hê. Die Deutronomistiese geskiedskrywer maak seker dat ons dit nie dalk mis nie.

Die volgende praat duidelik met my:

– Salomo maak sy keuse in die raamwerk van aanbidding; van afhanklikheid; van oorgawe aan God [3:3-4 en 3:15]. Hy gee hom algeheel aan God oor. Hy bring duisend offers! Dalk 10x10x10= 3 keer volledig! En hierdie aanbidding word progressief intens [dalk beter?] want dit vorder van die twyfelagtige ‘hoogtes’ van aanbidding to in Jerusalem in die Tabernakel.
– In hierdie gees/gesindheid van aanbidding voor God, maak Salomo ‘n lewensbelangrik keuse. Hy kies teen die destydse [en huidige] vorms van leierskap/gesagsuitvoering: Hy kies teen mag [met sy liefling bedmaat geld] en die voorspoed/vooruitgang-kultuur [Deut 17:14-20].
– Hy kies daarvoor om net ‘n nederige slaaf-kneg van God te wees. Iemand wat soos ‘n kind [afhanklik] nie weet hoe om te maak nie[3:7]. En die uitstaande geaardheid van so ‘n nederige kind-kneg, is ‘n hart/gesindheid wat luister/gehoorsaam. Dit is wat wysheid is! So ‘n Kneg van God het eintlik net een posisie voor Hom: Luister fyn wat Hy sê en voer Sy plan uit [Die ‘kneg-wees’ wysheid wat 4 keer in die gedeelte herhaal word, is omtrent heeltemal wegvertaal in die huidige vertaling].

* Maar ons moet seker maak as ons luister. Salomo kies reg, maar binne ‘n breër raamwerk in die Koningsverhaal. [3:1 en 11:1-7]. Hierdie verhaal sê: Dis een ding om reg te kies; dis ‘n ander ding om dit reg uit te voer. En dis hier waar Salomo se dubbele hart duidelik word. Om net vir God te kies, is maar net nie menslik moontlik nie. Hy kies vir God maar hy maak sy koningskap in Israel eers ook stewig vas aan die leier-moondheid van die tyd, Egipte. En hy doen dit met ‘n gerieflikheidshuwelik. En al die ander kontrak-huwelike om die koninkryk van Israel nog stewiger uit te bou, wat volg, is uiteindelik Salomo se ondergang. Mens kan nie twee harte hê nie. Ons kan nie God en Mamon-Mag dien nie. Dit lei iewers tot vernietiging! Maar ai, lewenspolisse is tog noodsaaklik. Dit hou ons onaantasbaar!

* Daar is net een Koning wat radikaal vir God, sy Vader, gekies het: Jesus Christus — God se Kneg, wat niks gedoen het as Hy nie eers by sy Vader gehoor het wat Hy moes doen nie. Hy is regtig, regtig! ons enigste HOOP.

* Die verhaal spreek hard en duidelik binne-in die markplek in; alle vorme van regering; alle vorme van gesag, ook in 2009. Miskien moet ons die fynste in die kerk begin luister. Hoe lei dominees en ander gemeente-leiers? Hoe ‘belangrik’ is dit nie om by die ringsvergaderings, wat nou weer begin plaasvind, ‘n posisie-tjie te kry nie? En wat van ons sinodale leiers en al hulle magspeletjies, veral in die moderature? Word die Here se mense regtig gedien of nie? Dominees, is ons regtig die Here se knegte, ook as ons kerkraadsvergaderings lei en opdragte uitvoer? Is ons op ‘n baie fyn manier die hond wat die stert rondswaai of nie? Is ons “managers” in die gemeentes of sien die lidmate nederige diensknegte? Staan ons name op die gemeente-kalender heel bo; uitgesonder of sommer maar onder aan die lys van kerkraadslede? Onthou mense sien dieper as wat ons dink. En wat is die resultate hiervan oor baie jare?

Huisbesoek is onvervangbaar in ‘n “verre-plattelandse-gemeente”

Written by webmeester on . Posted in Vorige kommentaar

Huisbesoek is ‘n onvervangbare en onvervreembare deel van die gemeentebediening van ‘n “verre-plattelandse-gemeente”. Huisbesoek laat jou toe om die gemeentelede in hulle konteks te sien en te beleef.

Ek gebruik die term “verre-plattelandse-gemeente” wat op bl 5 in die Salarisomsendbrief No 1/2009 van die SFK gebruik is, omdat dit die enigste manier is om die gemeentes te beskryf waarin ek gedien het en tans dien. Hierdie gemeentes het net selfoon ontvangs in die dorp waar die kerk staan en nie in die res van die gemeente gebied nie. Hierdie gemeentes se area wissel tussen tagtig en tweehonderd kilometer in deursnee. Die paaie in die gemeentes is grondpaaie met baie slegte oppervlakte.

Gemeentelede waardeer huisbesoek geweldig. Aangesien Erediens bywoning nie gereeld geskied nie bied huisbesoek die geleentheid tot kontak en verhoudingbou.

Ek dank julle vir die gesprek oor hierdie baie belangrikke saak.

Vollie Gilfillan
Sutherland

Drie-eenheid en gemeenskap oor-grense

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

So stoei ons oor die oseane eintlik met dieselde dinge, daar was tye wat ons SA ons verlekker het daarin dat ander ook soos ons sukkel met die bou van brue oor grense. Ons is almal jammer die studente toon nie ‘n groter gewilligheid nie- hulle is dan die nuwe generasie op wie ons almal ons hoop plaas om beter as ons te vaar in die skep van ‘n inklusiewe gemeenskap waar ras en kultuur nie soos in die verlede die skeidslyne terk nie. Jy is reg beide Obama en Jansen toon die soort leierskap wat ons vorentoe gaan help.

Ek herinner jou aan jou bydraes wat die klem le op agentskap- wie is die eintlike agent wanneer die professor en studente mekaar help om te transformeer? Dit help my om te onthou dat wat daar beskryf word niks anders is as ‘n beweging van die Gees nie. ‘n Onverwagse flietende gemeenskap rondom ‘n pakkie chips is die soort kontekste waar die Gees beweging bring, omkeer bewerk, van liefde, respek en onderlinge afhanklikheid. As ek so na daardie prentjie kyk- rol daar ‘n berg van probeer en forseer nog meer skuld nog meer nie-goed-genoeg-wees-nie, en kan ek ligter deur die lewe beweeg en my verwonder aan die manier waarop die Gees hoofvaardige professors en onwillige studente transformeer tot koninkryksgemeenskappe- flietend soms byna onsigbaar- maar die Here weet- dit was nie ‘n lugspieeling nie, maar ‘n egte oomblik wat die konikryk gekom het.

Ons gaan die oor-grens gemeenskappe nie kan forseer nie- onwillig moet ek erken die studente was reg- maar ontvang as geskenk wat my in die eerste plek gaan transformeer- prof Jansen was ook reg. Die koninkryk kom binne die gemeenskap van die Drie-eenheid. Kom ons rus daarin en neem daaraan deel