Wat is die doel van huisbesoek?

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Petrus en Piet,

Dankie vir julle kommentaar wat kom uit ryk ervaring in die bediening.

Petrus, yy vra ‘n belangrike vraag: “hoe op aarde leer ek lidmate ken? En kan ek daarom toepaslik preek vir hulle as ek nie deur ‘n sistematiese program van huisbesoeke gereeld met hulle kontak het en na hulle kan luister nie”?

Jou belangstelling in huisbesoek is nie om as betaalde amptenaar “namens” die gemeente “alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie”.

Ek wil graag onderskei tussen intensie en plan:

Ek deel die belangrikheid van jou intensie, nl dat leraars baie goeie kontak met lidmate – hou steeds van Heinrich se voorstel dat ons eerder praat van mense – moet hê om ander dele van hulle werk te kan doen soos bv om te preek. Ons hoef nie daaroor verder te praat nie. Almal stem daarmee saam. Daarom sê Piet Maritz, hang huisbesoek af van of hy en die ds darem saam kan tee drink na die kerk ens.

Wat wel die vraag is: Werk ons plan van geroetineerde besoek om juis dit te bewerkstellig? My artikel het beweer van nee. Die plan werk nie meer in ons huidige konteks so goed nie, want die konteks het baie verander. Wel daar is natuurlik plekke waar dit nie verander het nie en waar die plan nog goed werk. In baie gevalle het wyke ingeplof, is daar nie meer kerkraadslede vir die wyke nie, ens., ens. Sit dan nog die realiteit van sekuriteitsareas by waar jy nie sommer maklik inkom nie, die programme van mense en hulle mobiliteit en jy kom agter dat daar ‘n hele boel gewone dinge is wat huisbesoek moeilik en soms onmoontlik maak.

Maar ek dink daar is belangriker redes agter my artikel. Ons veronderstel lidmate wil dit graag hê as metodiek vir geestelike versorging. Ek bevraagteken daardie veronderstelling. Ek dink dit is nie waar nie. Ons sal dieper na lidmate moet luister. Die behoefte aan ‘n roetine besoek van 30 min een keer ‘n jaar, het oa geskuif na ‘n behoefte aan verdiepe verhoudinge, aan verdiepte spiritualiteit, aan groter eerlikheid en ‘n veilige ruimte waar ek my worstelinge op die tafel kan sit en deurpraat. Huisbesoek kan dit nie doen nie. Daarvoor moet ons ander planne maak.

So ek antwoord einlik met ‘n vraag: Is die belangrikste vraag, hoe kry die dominee kontak met die lidmate, of is die vraag, hoe ontwikkel ons koinonia, begelei ons lidmate tot dissipelskap en hulle identiteit in Christus?

In een sin: Dominees moet goeie kontak met mense hê waar hulle kan luister en leer oor die lewensomstandighede van die mense wat hulle bedien en ons sal in gemeentes planne moet maak om lidmate te begelei tot dissipelskap. Hoe hou ons aan altwee vas? Ons sal by mekaar moet leer en dit is oa waarom ons hierdie forums ontwikkel.

Nawoord: Piet- wat homself die Demas noem wat die teenswoordige wereld liefgekry het – gaan ons beter help om by die antwoord uit te kom as ons wat so diep binne-in die sisteem sit. So, kom aan Piet deel jou wysheid met ons.

Huisbesoek

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Vraag is: Wat sou die doel van huisbesoek wees? Sekerlik NIE om as betaalde amptenaar alle aspekte van kerklosheid en selfs antagonisme tot geestelike ondersteuning van aktiewe lidmate self en alleen te doen nie. Ek het deur die jare van my bediening, benewens aksies van lidmaat-bedienings in die gemeente, die volgende bereik en ervaar deur middel van huisbesoek: 1) Ek het die lidmaat en gesin in die konteks van hulle leefwêreld leer ken 2) …Daarom kon my prediking hoe langer hoe meer ‘grond vat’ en 3) … het wonderlike gesprek en interaksie op huisbesoek plaasgevind en 4) lidmate het juis op grond van die kontak deur huisbesoek my leer ken en vertrou en toenemend die vrymoedigheid ontwikkel om aan te klop vir pastorale begeleding wanneer nodig. Sonder huisbesoek sou ek nie `n idee gehad het wie die mense is wat Sondae voor my sit nie en sou my bediening in `n vakuum plaasgevind het. Hoe op aarde leer jy jou gemeente (nie net die getroue groepie dissipels nie) werklik anders ken?

Demas en Huisbesoek

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Uit my ervaring as predikant (van 1998 – 1997) in Worcester, stem ek heelhartig saam met die bevindinge van die artikel. Ekhet tot die gevolgtrekking gekom dat huisbesoek ‘n vermorsing van tyd is.

My sinvolste gesprekke was waar ek informeel saam met lidmate goed gedoen het (by skottelgoed was na ‘n begrafnis, vuurmaak voor ‘n braai, selfs as ek skole rugby gaan kyk omdat my lidmate se kinders speel – ek het net dogters). Dan het die vrae wat ek graag by huisbesoek sou wou bespreek dikwels uitgekom.

Sedert 1997 was die Ds 1 of 2 keer by my. Of ek hom sal opsoek, hang af van hoe ek sy pastorale ingesteld beleef of die kansel of tydens tee na die diens.

Maar dit is maar net Demas (hy wat die teenswoordige wereld liefgekry het) wat praat. Tog dink ek predikante sal goed doen om meer met die Demasse te praar – hulle ken twee werelde.

Sterkte aan al die Dominees – julle het nie ‘n maklike job nie.

Ds

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Sal u asb so vriendelik wees om die pamflet na e-pos of na faks 0866312931 te stuur. Sal graag wil inskryf maar die nodige detail soos die koste is onduidelik en te klein op die webtuiste. Baie dankie. Groete Etienne

As jy huisbesoek wegvat, wat kom in die plek daarvan?

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Ek wonder saam met Rethie oor die begin van so ‘n gesprek in jou gemeente. Kan jy nie vir ons leiding gee oor hoe jy so ‘n gesprek kan begin nie. Ek glo ons gemeente staan voor so ‘n keuse. En vir baie lidmate gee die feit dat ons nog (probeer) huisbesoek doen, ‘n mate van troos dat die dominee darem iewers besig is.

Aan die ander kant is ek versigtig, omdat ek glo ek tog baie kontak gaan inboet, my ‘reg om iemand pastoraal te versorg’ is daarmee heen as ek iemand nie ken nie. Hoe anders, as deur huisbesoek, leer ek my gemeente ken?

‘n Laaste opmerking wat ek wil maak is dat lidmate emosioneel raak oor huisbesoek. Ek het nou die dag in ‘n gesprek met ‘n ander predikant, rondom ‘n braaivleisvuur, oor die blog van jou gesels – ja, ja, ek weet mens gesels nie oor sulke goed rondom ‘n braaivleisvuur nie – en die ou het omtrent ballisties gegaan toe ek s^e huisbesoek kan sleg wees vir die gemeente.

vrae

Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Vorige kommentaar

Enkele opmerkings / vrae
1. dankie vir hierdie artikel – dit help mens om ‘n paar goed te verwoord.
2. hoe gaan ‘n mens in gesprek met jou gemeente se leiers hieroor? hoe bring ek hierdie inligting onder hulle aandag?
3. nog praktiese raad oor die oorgangsfase, asb?
4. ek het verlede jaar begin om lidmate te bel wanneer hulle verjaar. dit is redelik min moeite, maar het ‘n massiewe impak – mense ervaar my teenwoordig in hul lewens, al is ek nie noodwendig fisies in hul huise nie. sondag by die kerk vertel hulle dan wat in hul lewens aangaan.
5. ek woon nie binne ons gemeente se grense nie. dit het soveel negatiewe implikasies! veral as ons die gemeente wil aanmoedig om na hul buurte uit te reik – in my “gewone lewe” is ek teenwoordig vir ander mense as dié wat binne die gemeentegrense woon. ek sou sê predikante moet goed dink voordat hulle buite hul gemeente se grense gaan woon.