Huisbesoek re-invent

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Heinrich
Dankie vir jou kommentaar- ek dink dit is die soort innovering wat ons nodig het en met mekaar oor moet praat. Ek het persoonlik bie gehou van jou voorstel oor die ontwikkeling van netwerke- my ervaring is dat dit net goed werk indien daar baie tyd spandeer word aan die ontwikkeling van leierskap om die netwerk te laat werk.- wat lekker is van netwerke is dat dit plooibaar is en kan aanpas gelang die plaaslike omstandighede. Dit geld mi vir stad en platteland- dink maar aan hoe gemeentes in die platteland geraak is deur kinders wat elders skoolgaan- baie van daardie mense is nie meer naweke met hulle kinders op die dorp war hulle gemeente is nie- maar dit beteken nie dat ons nie met hulle ‘n netwerk kan vorm nie.

Dan wil ek jou opmekring oor die beskikbaarheid van die predikant vir “mense”nie lidmate nie onderstreep. Ek dink dit het ‘n tweerlei belang. In die eerste plek is lidmate mense- en moet ons waak daarteen in gemeentes om hulle te sien as objekte van ons bediening wat net in die rol van lidmate leef- hulle mense en wil graag as mense in hulle volle menslikheid erken en ontvang word. In die tweede plek- beteken dit natuurlik dat predikante ne daarmee die gemeente se sorgsisteem nie net vir lidmate bedoel is nie- maar vir mense in hulle behoefte aan gemeenskap en versorging. In die hele gesprek oor huisbesoek is dit seker die eintlike saak- huisbesoek in sy tradisionele vorm neig om die gemeente se fokus te neem na die versoring van lidmate asof die gemeente haar bestaansdoel daarin vind. Die omgekeerde is waar- die gemeente as sorgsisteem- is bedoel om gefokus te wees op die gemeenskap- ja op die mense wat die Here daagliks 24/7 oor ons pad bring. Dankie vir jou korreksie

‘n Ander reaksie wat ek op die bydrae oor huisbesoek gekry het het te make met die oorgangsfase van ‘n gemeente wat roetine besoek omskakel in ‘n ander vorm van ‘n sorgsisteem- hierdie omskakeling kan maklik backfire indien dit nie noukeurig gedoen word en daar nie genoeg aandag gegee word aan die oprigting van sorgsisteme- waarvan die opleiding en begeleiding van leiers die belangrikste is- soos hierbo reeds genoem

ek hoop daar kom nog gesprek oor die saak sodat ons by mekaar kan leer

Geloofsvorming

Written by Martin Heyns on . Posted in Vorige kommentaar

Dankie Jannie vir die saam luister wat jy aan die gang sit oor geloofsvorming.

Jou vertrekpunt dat die gemeente se geloofsvorming deur ‘n Persoon, Jesus Christus, plaasvind, artikuleer ek net bietjie meer. Dié Persoon is die Opgewekte Jesus, wat gekruisig is; die Lewende. Op die manier word ons dus genoop om weer na die opwekkingsverhale van Jesus in die Evangelies te luister om daarin te probeer hoor hoe Hy sy mense se geloof in die proses gevorm het: Geloofsvorming in die kragveld van Jesus se Opwekking uit die dood!

* ‘n Eerste ding wat ons in die verband, uit die verhale ontdek, is: Die Here se mense kon geen ‘greep’ op Hom as die Opgewekte kry nie. Hulle was meer in hulle “geloofsvorming” ‘gepuzzled’, as iets anders”. Terloops, die ‘gevegte’ oor die opstanding in die NG Kerk, is natuurlik direk ter sprake. In die verband skryf Eugene Peterson verhelderend, betreffende die kennis-aspek in die proses van geloofsvorming: “Two of our primary ways of dealing with reality are by understanding and by using. Understanding takes a new item of experience or information and makes sense of it by fitting it into all other things we already know. Using tests out the new experience or information in the actual routines of what can be or has to be done. But this resurrection is inaccessible to either of these. Understanding and using are displaced by sheer wonder, astonishment, amazement …” [Uit “Living the Resurrection”]

* Hieruit moet ons agterkom dat ons nooit in beheer van geloofsvorming, in die lig van Jesus as die Opgestane, kan wees nie. In dié verband is die volgende vir my rigtinggewend:

– Baie soorte ‘opwekkingsverhale’ het in die leefwêreld van Israel, en die hele wêreld van die Nabye Ooste, in die harte van die mense, in die tyd voor Jesus, geleef. Maar die dag toe God Hom tussen hulle uit die dood opwek, was die bes voorbereides heeltemal onkant gevang. Ons is nooit in ‘n posisie om te weet hoe geloofsvorming in die kragveld van die opgewekte Here plaasvind nie. Dit gebeur heeltemal buite die kategorieë van ons kennis, psigologiese ervarings en morele ingesteldhede. Hier is ook nie plek vir eksperte nie. Ons is en bly almal beginners in die buite-ons-beheer gebeure.
– Dit is ‘n verrassende openbaring dat die opwekkingsverhale fokus op Jesus en die gemarginaliseerdes in die samelewing; by uitstek die vroue. Hulle word die eerste geloofsgetuies. Maria Magdalena was seker die mees uitstaande randfiguur in die verband. Miskien moet ons ernstig kennis neem dat mense wat dalk vandag die meeste deur God in sy gemeentes vir ons geloofsvorming gebruik word, die armes, die wat nie tel nie, die noodlydendes, die uitgestotes , die digters en ander kunstenaars, die kinders, is. ‘n Wekroep, sou ek sê, vir multikulturele, oop kerkgemeenskappe; gemeentes wat regtig die samelewing waarbinne ons leef, verteenwoordig.
– Geloofsvorming in die opwekkingsverhale geskied eintlik in stilte. Hoewel daar baie energie aan die werk was in hierdie verhale, beskryf dit nêrens ‘n groot ‘show’ nie. Miskien moet ons maar weer diep nadink: Moderne kommunikasie tegnieke en geraas-musiek is dalk toe nie sulke goeie bykomstighede vir geloofsvorming nie!
– Geloofsvorming in die verskyning van die Opgewekte Here het alles te maak met ‘vrees’. Vrees is die mees uitstaande ‘geloofsrespons’ in die verhale. Ons ken dit al uit die Eerste Testament as die vrese-van-Here. En dit het alles te make met verwondering. Miskien druk die woord ‘awe’ dit dalk die beste uit. Onkant-gevangde-verwondering oor God wat net soveel meer is as wat mense in hulle beste vermoëns ooit kan bedink — dit is hoe God sy mense vormend ‘aangeraak’ het . Mense wie se harte brandend gemaak is deur die Woord; waar hulle saam geëet het [Nagmaal] en in die gemeenskap van “vriende” wat nou aan mekaar verbonde was as ingelyfdes in die Liggaam van Chrisus [Besnedenes/gedooptes]. Sonder hierdie verwondering, word geloofsvorming so maklik ‘n selfhelp besigheid. Geloofsvormingstegnieke word ontwikkel; ons help mekaar met allerhande vraelyste om ons gawes te ontdek; ons werk missie-doelstellings uit, ens. Ongelukkig is die meeste van hierdie goedbedoelde dinge niks anders as ‘n dekonstruktiese van ‘verwondering oor God’ se verrassende werking in ons in die Opgewekte Here nie.

* Die bydrae van Eugene Peterson, veral in van sy jongste publikasies: “Practice the Resurrection”; “Eat this Book”; “The Jesus Way”, is in hierdie verband van onskatbare waarde en dit is vir my baie aangenaam om hom ook op die manier erkenning te gee in sy ietwat eensame stryd teen die modernisme wat so diep in ons are vloei.

Dr

Written by Besoeker on . Posted in Vorige kommentaar

Dagse Frederick

Ek (Heinrich Theunissen)gebruik ‘n ander naam want die program meen my regte naam is reeds in gebruik.

Na 20 jr in die bediening (2 gemeentes op die platteland)stem ek heelhartig saam met julle waarneming. Dit lyk my ook dat ‘n paar goed belangrik is in vandag se tye en nie noodwendig met roetine huisbesoek ondervang word nie.

Een is die toeganklikheid van ‘n predikant vir mense (nie net lidmate nie), en dan in die eerste plek as ‘n medemens (mede reisiger).

Twee het te make met netwerking. Iewers, gemeentegrootte ensomeer in ag geneem, moet ons kontak maak en behou met mense. Dit verhoog uiteraard toeganklikheid.

Drie gaan oor die netwerking van die gemeente. By ons gebruik ons ‘n leierspan wat meer as 10% van die gemeente beslaan en in kleiner groepe netwerk.

Groete Heinrich

Ons sekerhede le in ‘n toekomstige verhouding

Written by Frederick on . Posted in Vorige kommentaar

Jannie- ek het dit baie geniet om die bydrae oor gelofsvorming te lees. In ‘n onlangse gesprek met predikante het ons “ontdek” dat ons geneig is om in terme van geloof te dink dat ons sekerhede in die verlede le. Die “mental model” verhoed ons om met “wide-awakening” soos jy dit stel te leef.

As jy reg is, en ek dink jy is, dat ons sekerheid, noem dit maar belydenis, gesetel is in ‘n verhouding met Iemand wat die inisiatief geneem het om eerste met ons in ‘n verhouding te tree en dat hierdie verhouding in die toekoms op verassende wyse gaan ontwikkel, nie as gevolg van ons inspanning nie, maar as gevolg van die eskatologiese aard van die verhouding met Christus- dan moet ons die historiese mental model ten minste aanpas met ‘n eskatologiese een.

Dan word gemeentebediening ‘n avontuur van voortgaande ontdekking soos wat die waarheid in die verhouding ontvou. Ek moet se stem my tot entoesiasme oor die dag wat voorle- wie weet watter sekerhede ek op die pad vandag gaan ontvang?