Die belangrikste fees wat die eerste Christene gevier het, was die opstanding. Die opstandingsfees was ʼn nuwe fees wat die identiteit van ʼn nuwe radikale geloofsgemeenskap bevestig het. Vandag noem ons dit Sondag. Dit was die enigste fees wat die vroeë Christene gevier het. Dit het natuurlik baie verskil van die Joodse Sabbat. Die Joodse Sabbat was ʼn fees op die 7de dag, maar die Christelike opstandingsdag was ʼn nuwe fees met nuwe inhoud op die eerste dag van die week.
ʼn Spiritualiteit van Tevredenheid
Die wêreld met al sy ekonomiese krisisse is die gevolg van ʼn lewensingesteldheid van onvergenoegdheid. Dit is geen geheim dat die wêreldwye krisis te wyte is aan die gierigheid van die mens nie. Tog het die krisis baie mense weer genoop om na te dink oor hulle ...
Wat is die doel van geestelike dissiplines?
Ons almal ervaar een of ander tyd geestelike droogte in ons lewens, ja selfs dominees! Hiervoor kan daar baie redes aangevoer word. Maar die een saak waaroor ons saamstem is – ons hou nie daarvan nie. Ons eie oplossing is dikwels om baie goeie voornemens te maak. Ons...
Nuwejaars-liefde
Met die wind wat hierdie Desember onophoudelik stormsterkte in Pringlebaai waai en die baie reen in die binneland, is ek oorbewus van die ongelooflike oorweldigende natuurelemente! Indien iets opmerklik oorbeklemtoon word, neem mens bewustelik daarvan kennis. Ek dink...
Hoe berei ek vir my gebed voor?
Ek het die afgelope paar dae op my knieë op die vloere van my huis rondgekruip om sement af te skuur(toemaar ek is met verlof...). Ek is besig met voorbereiding van die vloere om dit te seel met ʼn sementseellaer. Dit is regtig ʼn groot werk. In die aande is my rug af,...
Moedersdag: Dag vir Vroueregte en Gesins liefde
Moedersdag het ʼn heel interessante geskiedenis. Dit dateer uit die 1870’s toe Julia Ward Howe ’n oproep gedoen het op vroue om die groot lewensverlies in hulle families as gevolg van die Amerikaanse Burgeroorlog te betreur en om saam te bid dat geskille in die toekoms...
Bonhoeffer se innerlike konflik
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Dietrich Bonhoeffer, 'n jong teoloog die Duitse Nazi's profeties gekritiseer. Hy is gevang en in die konsentrasiekampe aangehou. Tydens sy moelike gevangenisskap het hy telkens geskryf en getuig dat Jesus sy Here is en sy enigste...
Andrew Murray – ‘n Geestelike vader van gebed
Andrew Murray (9 Mei 1828 – 19 Jan. 1917) is die tweede van 16 kinders van Andrew Murray snr. (1794-1866). Sy vader, Andrew Murray snr. (van Skotland afkomstig) was vir 44 jaar op Graaff-Reinet predikant. In die herkoms van Andrew Murray se moeder is daar spore...
Ander feeste wat Christene kan vier? Feeste 3
1 Feeste:
Feeste is eie aan die mens. Van die vroegste tye word feeste gevier. Primitiewe volkere het gewoonlik feeste gevier met die oorgangstye van die lewe. Daar is 4 stadiums of hekke waardeur die mens moes gaan nl. geboorte, puberteit, huwelik en dood. Tydens die vier gebeurtenisse is daar fees gevier. So was daar ook feeste wat gekoppel was aan die seisoene van die jaar.
In die Ou Testament het die Here ook vir Israel (Lev. 23) sekere feeste laat vier. Hulle het die feeste gevier om aan God eer te bring, dankbaarheid te betoon en sy troue sorg te vier. Al kom Paulus en stel die mens vry van enige Joodse feeste, beteken dit nie dat die mense nie enige feeste kan vier nie. Ons het reeds in die vorige artikel van die Opstandingsfees (Sondag) gepraat as die grootste fees vir Christene. A C Barnard noem dat selfs Christene uit die Jodedom die behoefte gehad het om Joodse feeste te vier. Dit is vanselfsprekend dat nie-Joodse -Christene ook ʼn behoefte sou hê om fees te vier. HDA du Toit is van mening dat vroeë Christene ʼn behoefte aan eie feeste gehad het omdat dit aan hulle “ʼn steunpunt vir godsdienstige en sosiale lewe” gebied het.
Hoekom vier Christene Kersfees, terwyl die vroeë Christene dit nie gedoen het nie?
Hoekom Kersfees?
Tog het daar deur die jare ʼn behoefte ontstaan om die geboorte van Jesus te herdenk. Konstantyn het ʼn kerk laat bou op die waarskynlikste plek waar Jesus gebore sou wees. So in die jaar 326 NC het hulle die kerk (basiliek) gebou bo op die grot wat oorlewering aangewys het as geboorteplek van Jesus. Dit is dus eers in die vierde eeu NC wanneer gelowiges begin belangstel om Jesus se geboorte te vier. In die agtiende eeu het hulle ʼn ster laat aanbring in die kerk by die geboorteplek om te sê: Hier is Jesus Christus gebore (Nie, dat hulle ooit regtig geweet het waar dit presies was nie).
1 Is dit die regte tyd om Kersfees te vier?
Jaartal:
Christene kon nie op ʼn datum ooreenkom wanneer Christus gebore is nie, want niemand het geweet nie. Matteus vertel dat dit in die dae van Koning Herodes was. Lukas meld dat die bevel tot inskrywing uitgegaan het in die tyd van Keiser Augustus en dat dit gebeur het toe Sirenius goewerneur van Sirië was. (Luk 2:1). Verder word die 15de jaar van die regering van keiser Tiberias en die name van ander ook in berekening gebring. Met hierdie en ʼn paar ander Bybelgegewens kon daar afleidings gemaak word. Clemens Alexandrinus noem 18 November in die jaar 3 VC as geboortedatum, terwyl Hippolytus wou hê dat dit omstreeks 25 Des in die jaar4 VC gebore is. Niemand kon egter nog ooit met sekerheid sê nie.
Dag en maand
Selfs hier is daar nie definitiewe gegewens nie. Die Oosterse kerk vier Christus se geboorte (epifanie) op 6 Jan en die Westerse kerk vier dit op 25 Des. Hulle het later ooreengekom om albei datums te vier.
Die waarskynlikste oorsprong van die datum is by Mithras ʼn Persiese songod. Hy was die god van die lig, sterrehemel en reinheid. Dit was ʼn misterie godsdiens, maw net belangrike mense kon daaraan behoort. So dit was vir die hooggeplaastes ʼn baie gewilde godsdiens. Selfs van die konings het dit gebruik.Veral die Romeinse soldate het baie aan die Mithraïsme deelgeneem. Dit was van omstreeks 70 NC ʼn baie gewilde heidense godsdiens. Teen die agtergrond het die kerk van Rome destyds die besluit ongeveer 330 NC geneem dat hulle teenoor die heidense winterfees, die herdenking van Christus geplaas het.
Daarby was die verskynsel dat die ou Germaanse stamme die winterson ewening as ʼn belangrike oorgang beskou het. Vanaf 25 Des het die son al hoe sterker en helderder geword. Vir die Germane was die son se verheldering na die koue winters van groot betekenis. Die kerk het hierdie gewilde fees oorgeneem en dit gekersten.
So – ter wille van die eenheid en eenvormigheid van Christene wêreldwyd het die kerk besluit om Kersfees 25 Desember te vier.