{ARGIEF}

Inspirasie

3 ANKERS OM JOU ANGSTIGHEID TE FOKUS

      Angstigheid is deel van die leier se lewe. Normaalweg is angstigheid die aansporing om gereed te maak vir gevaar. Dis die aanmoediging om jou posisie te skuif, te leer en verander. Ongelukkig loop sommige leiers met soveel angstigheid rond dat die lewe gewoon...

read more

Gehoor by Leonard Sweet

Protestantisme groei nie. Waarom nie? Dis die vraag waarmee Len Sweet Dinsdagoggend begin het. Genooi deur Ekerk, geïnspireer deur Jesus, gewild onder diegene wat probeer verstaan hoe moet ons hierdie tyd verstaan, het hy ons ingelei in die wêreld van NARRAPHOR. Een...

read more

Luister soos dirigente

Leierskap, veral geestelike leierskap, is om oop en sensitief te wees vir die Stem van God. Leierskap is ‘n akoestiese kuns, herinner Leonard Sweet. Daarom is geestelike leiers eerder dirigente as afrigters, reken ek.

Geestelike leiers is heilige dirigente, ingestel om eers in hulleself die harmonie van God se roeping en wil op te tel, en dan ander te begelei om in harmonie saam te speel. Daarvoor het ons ‘n ander manier van kyk na ons sisteme nodig wat anders werk as sekulêre leierskapsbeoordelings. Hoewel ons baie te leer het by ander modelle, werk ons met die vermoëns van die Gees en gees, en dis op sekere punte anders as algemene leierskap.

read more

VEG VIR JOUSELF!

'n Kollega vertel hoe hy sukkel om effektief af te vat. Dis nie 'n nuwe storie nie. Dis alle geestelike leiers se storie. Maar daar is 'n verskil tussen 'n dag of tydjie af hê waarin jy net rus, en hoe om jouself te verruim met nuwe energie en drome en passie. As jy...

read more

Nog lief vir wat jy doen?

Is jy nog lief vir wat jy doen? Geestelike leiers wat hulle liefde en passie vir die gemeente verloor, is besig om te ontspoor. Dan Reiland skryf in The Pastor’s Coach (www.INJOY.com): “So do you still love what you do? Church work can be rough. You serve people who...

read more

Seisoene in leierskap

Omdat geestelike leiers tans heelwat langer in hulle gemeenskappe bly, sien medegelowiges jou seisoene raak. Jy kan dit nie werklik wegsteek nie. Daniel Goleman het gesê dat ons emosies ons verklap. Selfs op onbewuste vlak tel mense jou emosionele seine op. Die...

read more

GEESTELIKE LEIERS… bely, beleef en bly in Jesus!

Waar roeping, spiritualiteit en leierskap van predikante en geestelike leiers ontmagtig word, is een van die hoofredes dat hulle verhouding met Jesus êrens langs die pad verflou. Verskillende redes kan hiervoor aangevoer word: ek bestee nie genoeg tyd in my verhouding...

read more

GEESTELIKE LEIERS…betaal die PRYS

Almal hou van “bargains”. Dis lekker om vir iemand te vertel dat jy iets gekry het teen goedkoper as die aanvanklike prys. Party mense ry selfs kilometers agter hulle bargains aan. ‘n Vriend merk eendag op: ’n Mens kan jou bankrot koop aan bargains!

’n Groot deel van ons rol as geestelike leiers is om mense te help met verandering. Ons wil immers mense help om te verstaan waarmee God besig is, en hulle help om daarby in te val. Ons wil hulle help met geestelike groei. Dis alles verandering. Waarmee ons nie altyd rekening hou nie, is die prys wat ons self moet betaal. In die proses om ander te help verander, gebeur daar verandering in onsself ook. Ook ons moet verander om by die nuwe werklikheid te pas. Ons moet groei in leierskap om die volgende vlak te hanteer. En dit het ’n prys. Jesus het gewaarsku:

“Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.” (Lukas 14:28-29)

Geestelike leiers moet waak om nie die verkeerde prys te betaal nie.

read more

Om in die geloof te onderskei…

'n Toerustingsprogram vir gemeenteleier Enkele Uitgangspunte oor geloofsonderskeiding: • Om in die geloof te onderskei, beteken dat ons onsself oopstel sodat die Here ons deur Sy Woord en Gees kan lei.     • Geloofsonderskeiding is daarom in een woord om te leer om te...

read more

Geestelike leiers…pasop vir energie resessie

Hulle sê 'n ekonomiese resessie is wanneer dit met jou buurman ekonomies sleg gaan. 'n Ekonomiese depressie is wanneer dit met jóú gebeur! Die ekonomiese resessie bring druk op meer as een vlak. In 'n poging om werk te behou of ten minste die inkomstevloei te...

read more