Geestelike leiers … morf

Written by webmeester on . Posted in Inspirasie

Toe ek destyds klas in pottebakkery geloop het, het die dosent elke bekertjie wat ek op die wiel gedraai het, met ‘n vislyn in die middel deurgesny. Hy wou my leer om dieselfde dikte wand te bly behou. Hoekom? wou ek weet, baie geïrriteerd toe hy my soveelste poging verwoes. “Omdat jy eendag vir mense baie van dieselfde goed moet maak.”

“Ek’s g’n fabriekswerker nie,” het ek teruggekap. “Ek wil elke item ‘n eie unieke kunswerk maak!” Hy het nog drie van my pogings gehalveer. Later jare, toe ek ‘n mooi bak gooi, wou mense dieselfde ding hê. Oor en oor. Gelukkig was daar ander wat unieke kunswerke ook wou hê.

Die kuns van leierskap is om vir diegene wat dit nodig het, dieselfde te bly aanbied totdat hulle selfvertroue en sekuriteit beleef. Én ons moet vir ander die oop ruimtes bied waarin verandering moontlik is. Eintlik skep ons net die ruimte waarin elkeen se behoefte erken word.

Die harde werklikheid van leierskap is dat jy nie mense kan begelei na waar jyself nog nie is nie. Jy moet eers self morf (Griekse morphoo). Daarom word geestelike leiers geróép deur Iemand wat reeds daar is. Paulus sê: “… laat God julle verander (metamorphousthe) deur julle denke te vernuwe…” (Rom 12:2).

Geestelike leiers wil help morf. “My kinders, ek verkeer van voor af weer in geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte (morphothe) kry.”(Gal 4:19).

 As jy nog nie self daar is nie? Leiers met wysheid bemagtig diegene wat reeds daar is om hulle saam met die res van die span daarheen te begelei. Wie weet, dalk het God iemand in jou span geroep vir ‘n tyd soos hierdie om jou te help morf vir die volgende fase in jou bediening. Al morf jy net om nie so bedreig te voel as iemand anders reeds ‘n antwoord het nie…

‘n Toets vir Geestelike Leiers

Written by webmeester on . Posted in Ontwikkeling

Leierskap raak ‘n intense uitdaging as die geld begin opdroog. Mooi praatjies en beloftes sit nie brood of pap op die tafel nie. Dit hou nie personeel in diens nie. Veral as iets soos ‘n ekonomiese afswaai van die kantlyn af die spel inboender en nie volgens die reëls speel nie. Dis soos ‘n fratsgolf wat enige boot kan omgooi.

Finansiële krisistye is ‘n toets vir leierskap. In die besonder vir geestelike leierskap.  Veral as die mense wat die meeste finansieel bygedra het skielik hulle bydraes begin sny, of selfs ophou gee omdat hulle nie meer kan nie. Die realiteit is dat jy ‘n goeie saak en goeie mense en goeie leiers kan hê, maar as daar nie geld is om dit te befonds nie, bly dit ‘n droom. Of jou goeie saak word ‘n nagmerrie van daaglikse oorlewing.

Geestelike leiers is die leierskap wat mense help onthou waar hulle eintlike Bron is. Die vraag is nie waar die geld vandaan kom nie. Die vraag is of jy gló waar die geld vandaan gaan kom. En of jy die mense wat volg help gló waar dit vandaan gaan kom.

In Courageous Leadership sien ek Bill Hybels vertel van ‘n tyd waarin dit swaar met hulle gegaan het (p 99). Dis in die laat 1970’s.

“Then the U.S. economy collapsed. Unemployment soared and interest rates rose to twenty-one percent. Just when I thought things could not get worse, the largest donor in our church left. This was the man we had all been counting on to bail us out if everything went south. That’s when I had to define, once and for all, the difference between the conduit and the ultimate source of supply.”

In hulle geval het hyself en verskeie personeellede persoonlike banklenings uitgeneem om ‘n groot bouprojek aan te pak. Die krisis het hulle persoonlik geraak. Ek weet later jare het hulle weer ‘n soorgelyke krisis beleef. Tans is die VSA (en die res van die wêreld) in die middel van nog so ‘n krisis met ‘n geweldige impak op geloofsgemeenskappe.

Bill sê: RESOURCE TRUTH #1: GOD IS THE ULTIMATE RESOURCE SUPPLIER

Ons kan dit só formuleer:

“Geestelike leierskap herinner mense Gód is die primêre Bron. Dis nie ten diepste ‘n finansiële krisis waardeur ons mense moet help nie. Dis ‘n gelóófskrisis.”

Ons moet mense herinner:

God hét nog altyd voorsien en sal weer ryklik voorsien (Fil 4:19).

God sál ons finansieel en op soveel ander maniere help (Ps 46:2).

Kom ons leer weer afhanklik bid:

Here my God wat my altyd help,

ek roep elke dag om hulp,

elke nag bid ek tot U.

Laat my gebed nie tevergeefs wees nie,

hoor my geroep.

(Ps 88:2-3)

 

Vince Lombardi het gesê:

“The difference between a successful person and others is not a lack of strength, not a lack of knowledge, but rather a lack of determination.”

 

Geestelike leiers weet: “Die verskil tussen ‘n suksesvolle leier en ander is nie ‘n gebrek aan krag, of ‘n gebrek aan kennis nie, maar eerder ‘n gebrek aan geloofsvolharding!”

Die Pyn-kant van Leierskap

Written by webmeester on . Posted in Ontwikkeling

‘n Vriend sit vanoggend stywerug saam koffiedrink. “Al vir 10 dae hierdie seer rug. Kan nie eens my kop omdraai om te kyk waarheen jy beduie nie.”  Ek simpatiseer. Maar dit het my help dink oor leiers wat in pyn verkeer.

“No pain, no gain” is nie die gunstigse sêding om te hoor as jy pyn ervaar nie. Ons is mos nie masochiste nie. Dis natuurlik aan ons aard om eerder plesier te soek. Daarom moet jy aanvaar mense gaan weerstand teen groei en verandering bied gewoon omdat hulle die vrees vir moontlike pyn wil vermy.

Pyn is ‘n verlieservaring. Daarom het ons nodig om te kyk watter verlies ons ervaar. Dit mag die verlies van ‘n bepaalde posisie wees, die verlies aan sekuriteit omdat ons na ‘n nuwe uitdaging beweeg, die verlies aan erkenning en resultate omdat dinge nog nie is waar jy gehoop het dit sou vorder nie, die verlies aan die goeie guns van mense wat jy gereken het saam met jou die pad sou loop.

As jy pyn ervaar, is dit ook natuurlik om te veg, vlug, of vries. Moenie jou pynervaring ignoreer nie, maar probeer agterkom hoekom dit werklik so seer is. Wees blatant eerlik met jouself. Dan kan jy eers verder groei.

Bill Hybels het by ‘n kursus vertel van Popeye, die bekende strokieskarakter, wat by geleentheid gesê het in sy eienaardige Engels:

I can stands it no more!

Wanneer leierskap kom by die ingrypende pyn van “Ek kan dit nie meer vat nie”, word die pyn opgetel soos ‘n kruis in die hoop van verlossende vernuwing.

Geestelike leiers sal altyd die pyn van weerstand asook aanvalle vanaf die enorme boosheid ervaar. Dis in hierdie realiteit waarin geestelike leierskap deur die smeltkroes gaan en jou geloof, hoop en liefde tot die uiterste beproef word.

Terwyl ek skryf, bel ‘n vriend en ek vra sommer: Wat dink jy moet ‘n leier doen om die pyn van leierskap te hanteer? Sy wysheid: “Kry vir jou buddies! (Dankie Johan Mocke!)

Jesus verreken die pyn van leierskap as Hy sy volgelinge herinner: “Hy wat nie sy kruis opneem en My volgnie, is nie werd om aan My te behoort nie” (Matt 10:38). Die diepte van jou leierskap word gemeet aan jou selfdissipline om die kruiskant van leierskap op te neem.

Leiers sal vanjaar vanuit hulle diepste kern deur die Gees die pyn van dissipline moet opneem om getrou te bly. Soos Jesus. En in Jesus.

Is jy geestelik en in jou verhoudings sterk genoeg om die pyn van groei te vat?

Leiers … gaan ook misluk!

Written by webmeester on . Posted in Ontwikkeling

Die legendariese John C. Maxwell vertel dat hy op ’n stadium in Dallas vir kerkleiers gevra het: “Wat weerhou julle daarvan om ’n groot werk vir God te bou?”

Die algemeenste antwoord?

Vrees vir mislukking.

Toe begin hierdie kenner van leierskap met hulle oor mislukking praat. Vir vyf-en-veertig minute lank het sy slotrede bestaan uit al sy programme wat op niks uitgeloop het nie. Terwyl hy sy vele foute erken het, het die gehoor histeries gelag. Hoekom?

Maxwell sê: “Ek het so pas erken dat ek misluk en hulle toestemming gegee het om dit ook te doen.”

(p 97 in John C. Maxwell – Die gesinheid van ’n wenner).

Ek gaan jou nie besig hou met ’n lys van my mislukkings nie. Jy’t seker gehoor van die polisieman wat met die ou op die brug gesels het wat wou selfmoord pleeg. Na hy sy storie gehoor het – spring hulle altwee…

Neem hierdie woorde van Seth Godin (bemarkingsgoeroe) vanjaar ernstig:

No, everything is not okay. Not in a growing organization. Not if your company is making change happen, or dealing with customers. How could it be?

And yet, that’s what so many managers focus on. How to make everything okay.

We spend so much time smoothing things out, we lose the opportunity for change, or for texture or creativity.

Instead of working so hard to make everything okay, perhaps it is more helpful to work hard at living with a world that rarely is.

 

http://sethgodin.typepad.com/seths_blog/2009/01/is-everything-o.html

 

Tony Morgan het so ‘n lysie van algemene foute wat leiers maak. Dinge soos:

 

* plaas projekte voor mense

* om nie jou intuïsie te volg nie

* vertoef by die ergste scenario’s

* om besig te bly

* bestee te veel tyd aan details in plaas van drome…

 

Sien die volledig lys hier

http://www.leadingsmart.com/leadingsmart/2008/02/top-ten-leaders.html

Vertroue en spanwerk

Written by webmeester on . Posted in Ontwikkeling

In turbulente waters en tye is mense geneig om eers net na hulle eie belange te kyk. Dis die oer-instink vir selfpreservering. Gesonde leierskap klim ‘n trappie hoër as selfbelang en vra na die beste belang vir almal. Hierdie leierskap verstaan dis nie iets wat jy alleen kan doen nie. Dit verg ‘n span.

Hoekom kan spanne in turbulente tye dikwels nie so lekker en effektief saamwerk nie?

Ek lees by Tom Humbarger:

Patrick Lencioni het by die World Congress for Business Analysts die volgende oor spanwerk te sê gehad oor wat hy noem (ook in boekvorm): The Five Dysfuncions of a Team. Hy skets dit in ‘n driehoek met Verlies aan Vertroue heel onder, dws as die grootste!

Tom noem (in hakies) Lencioni se aanbevelings watter rol leiers moet neem.

1. Verlies aan vertroue (gaan eerste)

2. Vrees vir konflik (myn vir konflik)

3. Gebrek aan verbintenis “commitment” (forseer helderheid en sluiting/genesing “closure”)

4. Vermyding van verantwoordbaarheid “accountability” (konfronteer moeilike sake)

5. Onoplettendheid “inatttention” vir detail (fokus op kollektiewe uitkomste)

http://www.irise.com/blog/index.php/2007/11/15/wcba-patrick-lencioni-highlights-the-five-dysfunctions-of-a-team/

Leierskap in 2009

Written by webmeester on . Posted in Inspirasie

2009 is vol geleenthede vir geestelike leierskap!

Dit kos nie ‘n kristalbal om ‘n rowwe jaar te voorspel nie.  In die VSA is meer as 1.9 miljoen mense hulle werk kwyt en word voorspel dat 8 persent vanjaar werkloos sal wees. Die effek van ‘n wêreldekonomie in ‘n resessie is dat mense in hulle emosionele lewe dieselfde turbulensie voel. Vroeër was dit maklik om hoop te koop vanweë jou finansiële vermoë. Nou moet hoop uit ‘n ander oord kom. Begin ten minste aandag gee aan die volgende twee geleenthede.

Geleentheid 1: Bou geestelike groei

Vir geestelike leiers is dit nie noodwendig slegte nuus nie. 2009 is ‘n jaar vol geleenthede vir geestelike leierskap. My ervaring toe ons in die boerderygemeenskap tydens droogtes en misoeste moes oorleef, wys dat hierdie die tye is waarin jy mense op ‘n dieper vlak kan bystaan.

  • Gestroop van sekerhede is dit die tyd om hulle weer te verbind aan dieper vertroue in God.
  • Geestelike gewoontes wat in welvaartstye afgeskeep word, moet nou afgestof en opnuut beklemtoon word.
  • Geestelike gawes help mense om te fokus op wat hulle hét in plaas van te fokus op wat hulle verloor.
  • Goeie verhoudings wat nie met geld gekoop kan word nie, kan gesmee word oor ‘n koppie koffie en ‘n oop Bybel.
  • Gebedstoewyding kry meer impak in ‘n tyd van afhanklikheid.
  • Geestelike groei in toegewyde dissipelskap vorm die platvorm vir ‘n Godgefokusde lewe in die volgende ekonomiese opswaai.

Geleentheid 2: Bou vertroue

In ‘n Gallup artikel, sê Tom Rath en Barry Conchie (outeurs van Strengths Based Leadership: Great leaders, Teams, and Why people follow) dis maklik vir leiers om nie te verstaan wat hulle volgelinge soek nie. Veral omdat dit waarvoor leiers betaal word om te doen nie altyd strook met wat volgelinge soek nie.

Volgelinge (hulle het 10 000 ondervra!) het veral 4 basiese behoeftes: vertroue (trust), deernis (compassion), stabiliteit en hoop.

Oor vertroue sê Tom Rath: “I think trust is primarily built through relationships, and it’s important because it’s the foundational currency that a leader has with his team or his followers.”

En Barry Conchie: “A baseline level of trust exists at the transactional level when people see leaders doing what they say they will do. But real trust is actually much more complicated than that. Trust also speaks to behavioral predictability. It’s hard to trust a volatile leader in times of change.”

Rath se advies: “Leaders need to be thinking constantly about what they’re doing to create a basic sense of security and stability throughout an organization.”

Wat van hoop oftewel die “visie-ding”?

Só dink Rath:

“That’s one of the things that poses a real challenge for leaders. They’ve got to find the right balance of providing stability in the moment while giving followers hope and inspiration for the future. Followers need to see how things will get better and what that future might look like. Leaders need to build that foundation of stability, and hope sits on top of that. I’m not sure if it’s possible to create hope without starting with stability at the base.”

http://gmj.gallup.com/content/113542/What-Followers-Want-From-Leaders.aspx

Leierskap met poëtiese passie

Written by webmeester on . Posted in Inspirasie

Op skool het ek te veel gekonsentreer hoe om gedigte te analiseer en verstaan met die oog op verpligte toetse en eksamens. Miskien sou dit help as iemand met meer passie die hart van die gedig vir my ontsluit het. (Dalk het hulle en was ek net nie gereed nie!) Die enigste gedigte wat my aangegryp het, was liefdesgedigte – afhangend in watter seisoen van verliefdheid ek was.

Nou lees ek gedigte anders. Die bril van my eie goeie en slegte tye, wonde en verwondering, help my om in ander se woorde my eie lewensin te ontdek. Ander se poësie gee my ‘n lens om te probeer verstaan wat leef in mense se harte.

Leiers moenie hulle poëtiese passie verloor nie. Poëtiese woorde is die seismograaf van die emosionele demografie. Dit sny diep in die menslike siel, en is die grype van die menslike gees na die Gees van ons Skepper. Woorde en Logos is die laserpunt wat die vlam van leierskap fokus.

Elizabeth Alexander was een jaar oud toe haar ouers haar geneem het na die Lincoln Memorial waar Martin Luther King jnr dié dag sy bekende “I have a dream” toespraak gehou het. Op 20 Januarie 2009 gaan sy haar poësie voorlees by die historiese inhuldiging van president Barack Obama.

“I am obviously profoundly honored and thrilled,” she said. “Not only to have a chance to have some small part of this extraordinary moment in American history. . . . This incoming president of ours has shown in every act that words matter, that words carry meaning, that words carry power, that words are the medium with which we communicate across difference and that words have tremendous possibilities, and those possibilities are not empty.”

http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2008/12/17/AR2008121702027.html?hpid=topnews

 

24 Mei 1994 met die opening van die eerste demokratiese parlement in Suid-Afrika, het president Nelson Mandela in sy toespraak ons bekende digter Ingrid Jonker se “Die Kind” voorgelees:

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder ‘n pas
Maart 1960

http://dustymuffin.wordpress.com/2007/10/13/die-kind-ingrid-jonker/

 

“… in this glorious vision, she instructs that our endeavours must be about the liberation of the woman, the emancipation of the man and the liberty of the child”. Of Jonker herself, Mandela said that: “She was both a poet and a South African. She was both an Afrikaner and an African. She was both an artist and a human being. In the midst of despair, she celebrated hope. Confronted by death, she asserted the beauty of life.” http://communitas.co.za/wp-content/uploads/2009/01/part3.pdf

Ons lees vandag steeds een van die grootste leiers se poësie om ons te troos, te begelei, te inspireer.

Die psalms van Leier Dawid…

 

Sonder poëtiese passie is leierskap harteloos.