Die vraag na die sin van die lewe is nie in die eerste plek `n wetenskaplike vraag nie en tog het heelwat wetenskaplikes al die vraag gevra - van Blaise Pascal tot Louw Alberts. Dit is nie `n vraag wat dikwels by partytjies geopper word nie, maar dit word veral in...
Maandag 8 Oktober: Wat is en doen `n leier?
Daar het al feitlik duisende boeke oor leierskap verskyn. In my eie denke oor leierskap is ek baie lank gerig deur sommige van die meer klassieke temas. Hier dink ek aan dinge soos visie, spanbou, waardes en veel meer. Die volgende is uit die hart en die vuis geskryf...
Donderdag 4 Oktober: Weet ons regtig wat ons sing? Die Burger Godsdiens Aktueel Woensdag 3 Oktober
Bono, die leier van U2, sou by geleentheid gesê het dat musiek die wêreld kan verander omdat dit mense kan verander. Daar is beslis ’n misterieuse krag opgesluit in musiek. Deur die eeue het dit mense gemobiliseer, getroos en gehelp om uiting te gee aan hul diepste...
Sondag 30 September: Is jy moeg gespartel?
Is jy moeg gespartel en gesukkel? Het jou lewe leeg en sonder betekenis geword? Is jy dalk diep ongelukkig en eensaam? Voel jy al geruime tyd dat God aan jou hart kom vat, maar dat jy om een of ander rede terughou? Dalk het die kerk jou teleurgestel en of seergemaak....
Maandag 17 September: Ewige reisigers
`n Klompie dae gelede het ons `n paar gedagtes gewissel oor `n oorgangstyd. Dalk tog nog net dit. Dit kan ook `n erge misleiding wees deur te dink dat ons binnekort sal uit die oorgangstyd sal “arriveer” in `n nuwe tyd en in `n nuwe utopia. As ek na die Bybel kyk dan...
Vrydag 7 September : Vrede
Om oor “ware en egte vrede” binne die bestek van `n paar woorde iets sinvol te skryf, is moeilik. Daarom het ek dit goed gedink om doodeenvoudig `n paar stellings en aanhalings op die tafel te sit wat hopelik verdere gedagtes en gesprek sal stimuleer: Daar is `n...
Woensdag 5 September: Die pyne van `n oorgangstyd. Godsdiens Aktueel Die Burger
`n Boekresensie - Woordeloos tot verhaal, trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans en `n brief in reaksie daarop in DB verlede week, verdien verdere kommentaar. Oor die betrokke skrywes wil ek my nie uitlaat nie, maar oor die saak van liminaliteit waaroor die...
Maandag 3 September: Oor ego’s en Dagbreek
Sommer net twee los gedagtes vir die dag. ’n Opgeblase ego is ’n vreeslike ding. Dit veroorsaak ook baie stres. Stel jou voor jy is met ’n groot balon in ’n oorvol stadion en elkeen sit met ’n spelt in die hand! Om in die dae `n te groot ego te probeer beskerm kan jou...
Maandag 27 Augustus: Die evangelie volgens Anders Breivik
Die hofuitspraak in Noorweë dat die massamoordenaar Anders Breivik nie `n geestesversteuring het nie, “normaal” is en daarom tronkstraf behoort uit te dien het my gedagtes ver laat teruggaan. Dit was die soortgelyke bevinding van die hof wat Rudolf Hess verhoor het...
Donderdag 23 Aug: Hoe meet ek my geestelike diepte?
Die skrywer Dallas Willard het my die afgelope week hard tussen die oë getref toe ek na die volgende opmerking van hom geluister het: Hoe meet ek my geestelike diepte en of groei? Wel deur vir jouself te vra hoe maklik of hoe moeilik jy die radikale opdragte van...