{ARGIEF}

Gemeentes

Waarop moet ons fokus as ons krimp: Instandhouding of Gestuurdheid?

Dit is Saterdag-oggend  7h00, ek kry nie parkeerplek naby die kerk nie.   Méér as 400 mense het opgedaag om deel te neem aan dié jaarlikse uitreik na ‘n swart woonbuurt van die stad. Die gemeente het oor ‘n  aantal jare vennootskappe gebou met ‘n gemeente en skole in die swart gemeenskap.  Gister  was daar ‘n konferensie om verder hieroor na te dink. Leiers en gemeentelede van die gemeente in die swart woonbuurt gaan op hulle beurt saam deelneem aan die opknapping van die geboue.  Op drie plekke word daar vandag klaskamers en ‘n kerkgebou  geverf. Die ouderdom  van die gemeentelede val my op, dit is die jongste byeenkoms van ‘n gemeente wat ek in jare meegemaak het. 

read more

GOD KIES SY SPAN

Tabita 250pxOns gemeentes hier in Mosselbaai (NG Mosselbaai en VGK Mosselbaai) het voorheen al lekker as ‘n span saamgewerk, dienste saam aangepak, by basaars wedersyds stalletjies gehad en ondersteun. Maar ai, dan val mens gou weer uit die span uit en oefen afsonderlik op eie velde.

God as Afrigter en Keurder het egter ‘n ander plan. Want sien, daar is baie soorte nood in Mosselbaai, waaronder mense met MIV & Vigs, TB, kanker en allerlei siekes in die Provinsiale hospitaal. En die Here het uit albei kerke mense begin oproep om ‘n verskil te maak. Die Tabita-groep by die VGK het ‘n houer waarin allerlei benodigdhede vir pasiente in geplaas kan word en het ‘n span wat mense in die hospitaal besoek. Hulle het ook die Here se roepstem gehoor om mense aan huis te besoek en vat hande met Home Base Care. Die Tabita-groep het eintlik al sewe jaar gelede begin met ‘n fokus op HIV & VIGS geinfekteerdes en geaffekteerdes. Dit was veral in samewerking met die “Piet-Julies-stigting” wat fokus ondersteuning van mense met MIV & Vigs. Piet Julies het aan die siekte gesterf en toe is die stigting begin om mense te ondersteun. Die Tabitas het gou agtergekom dat die stigma van dié siekte maak dat hulle fokus wyer moet wees – ook op mense met TB, kanker en ander terminale siektes. Hulle het begin met ‘n bediening in die Provinsiale hospitaal en by mense aan huis in die hele streek.  Die Omgee-bediening van NG Moedergemeente begin met besoeke by die hospitaal, veral die kindersaal, en kyk ook na praktiese ondersteuning, terwyl van ons lidmate as verpleegsters by Home Base Care ‘n pad met mense by hulle huise begin stap.

read more

Hoop vir matrieks op die platteland

Ek is die naweek in ‘n pragtige plattelandse dorp. Die gemeente ondersteun die 37 matrieks wat môre begin om eksamen te skryf. Gemeentelede het die matrieks aangeneem en ondersteun hulle deur die loop van die eksamen. In die konsistorie kla een van die onderwysers dat daar té veel kospakkies afgelaai word. Sy is bang die kinders gaan meer eet as wat hulle gaan leer.

Die kerkraad glimlag onderlangs skelm soos oupas wat hulle kleinkinders skelm bederf. Die onderwyseres kla verniet, weet ons almal, die kerkraad gaan hulle in die grond in bederf. “Dit maak nie saak nie,” sê ‘n boer uit die distrik, “geen mens kan leer op ‘n leë maag nie en ek het in my jare in die koshuis te veel honger gehad.”

read more

It’s more than meets the eye?

Dit is yskoud.  Die kerkraad staan en blaas wolkies in die konsistorie. Ons stap so 10 minute voor die diens in. Daar is byna niemand in die kerk nie.  Min dinge kan so ontstellend wees as ‘n koue kerk met mense wat so hier en daar een-een in die banke sit. Die lofspan kom so een-een na vore en lyk ‘n bietjie of hulle ‘n oefening die week gemis het. Hier is niks inspirerend moontlik vanoggend in hierdie ruimte nie, flits dit deur my kop.
read more

Postmoderne mense is nie meer kwaad nie

Dankie Frederick, ek het met groot waardering jou reaksie gelees. Ek raak bewus van die multidimensionele aard van die uitdagings van die kerk en dat my eie perspektief in  ‘n groot mate eendimensioneel is. Frederick maak ‘n belangrike opmerking oor kulturele zeitgeist van die ontstaan van ons Gereformeerde DNA. Ek het verwys na die Christendom konteks van die ontstaan van ons DNA en Frederick weef die kulturele aspek van ons DNA by, m.a.w. – dat ons is ‘n kerk is met ‘n geordende Europese DNA wat funksioneer in ‘n Afrika konteks wat baie meer vloeibaar is. Wat die aspek meer kompleks maak is dat ons lidmate binne die twee realiteite leef  Aan die een kant Europese gene, maar egter gene wat muteer het in Afrika en ook nie meer tuis is in Europa nie. Frederick se voorbeeld oor die tafels klink so bekend teen die agtergrond van my verblyf in Brittanje en studies in Nederland. Ek dink dit is egter juis hierdie kulturele ambivalensie wat ‘n struikelblok is vir multikulturele gemeentes in Suid Afrika.  Die evangelie dryf ons om grense oor te steek, maar die kulturele grense is soms nog te wyd vir lidmate om oor te steek.

read more