{ARGIEF}

Gestuurdheid

Nuwe lidmate uit die Garcia-woonstelle

Danie Mouton skryf op sy Blog www.reisgeselskap.co.za van nuwe lidmate wat by NG Kerk Cambridge, 'n gemeente in Oos-London aansluit.   Die Garcia sub-ekonomiese munisipale woonstelle is nie die soort plek waar mens graag wil bly nie.  ’n Hele katologus van...

read more

Klein buurtgemeente met ‘n Koninkryksagenda

‘n Buurtpastor uit die suide van Nedeland vertel dat hy moes leer om in sy werk met daklose mense gewoon ure lank rond te hang op straat, daar te wees vir mense, gesprek te voer, maar veralverhoudings te bou en dan te leer dat niks moet verander nie. Die relasie wat gemik is op die verandering van die ander is ‘n relasie met ‘n agenda en dit loop op niks uit. ‘n Relasie wat gewoon aanvaar, daar is, waar alles kan verander maar niks moet verander nie- dit is wat ek moes leer.

Ek woon saam met Erna Treurnicht en Jan-Drik Pronk my gasfamilie hier in Utrecht die Buurtkerk van Geuzenwijk by. Buurtkerke is klein gemeenskapsruimtes in gewoonlik armer woonbuurtes waar mense ondersteun word deur allerlei gemeenskapsaksies van die buurtkerke in die buurt. Dit is nie gemeentes in die tradisionele sin van die woord nie en tog is dit volledige geloofsgemeenskappe wat my dadelik herinner aan hoe dit moes gewees het in die eerste eeue van die kerk. Klein, meestal vroue, arm, sonder politieke of insitusionele mag, maar in baie opsigte meer kerk as ons gevestigde gemeentes.Jannete van der Spek skryf hieroor in ‘n onlangse boek van haar De Kramp voorbij: theologsche noties bji zending, persentie en kerk.

Ek vertaal vry: In die tradisionele kerk gaan dit byna altyd oor wat ons moet doen. In die buurtkerk oor wat ons van die gemeenskap ontvang, of wat die gemeenskap ons toelaat om te doen.

Op ‘n ander plek haal sy een van die buurtpastores aan: (hier sal ek maar by die Nederlands hou anders verdink julle my van allerlei)- Ik hebt geleerd van hoe jy gewoon in de stront kan staan, en toch iets kun behoud van die theologie!

‘n Ander juweel in die boek: (vry vertaal)’n Buurtpastor uit die suide vertel dat hy moes leer om in sy werk met straatlose mense gewoon ure lank rond te hang op straat, daar te wees vir mense, gesprek te voer, maar veral relasies te bou en dan te leer dat niks moet verander. Die relasie wat gemik is op die verandering van die ander is ‘n relasie met ‘n agenda en dit loop op niks uit. ‘n Relasie wat gewoon aanvaar, daar is, waar alles kan verander maar niks moet verander nie- dit is wat ek moes leer.

read more

As lidmate begin grense oorsteek

Adriaan Haasbroek skryf vir my hierdie wonderlike terugvoer oor wat in Lambertsbaai gebeur het nadat hulle by Pinkster die Vrou by die Put – Stap saam met Jesus oor Grense program van die Seisoen van Luister gedoen het. Ek wonder of daar ander gemeentes is wat ook hierdie ervarings het nadat hulle begin het met Vrou by die Put?

Sedert ons mekaar laas gesien het in die botaniese tuin, het heelwat goed gebeur. Ek het vasberade teruggekom dat ek saam met die Gemeente en ons Here die grense gaan begin aandurf waaroor Hy met ons wil begin beweeg. Tien aande het ek die Pinksteronderwerpe wat julle vir ons gegee het, met die klompie in Lambertsbaai gedeel. Dit is die beste terugvoer wat ek in jare oor Pinkster gekry het per telefoon, sms, e-pos, en sommer so in die verbygaan gesels. Ek het net een onderwerp bygevoeg, omdat dit so noodsaaklik is in die Gemeente, nl Oor die grense na die kinders. Tydens die Pinksterdienste het ek elke aan die Vrou by die Put geadverteer en agtergekom die mense bestel nogal die boekie by ons kerkkantoor.

read more

Leer weer koninkrykstaal

Ons taal is tekenend van ons begrip van die werklikheid. Thomas Hine sê tereg: “When metaphors change, it usually means that reality has done so already.” Daarom luister ek graag na die kerklike taal van mense wanneer ek iewers leierskapsopleiding doen. Dit vertel gou of kerklike beheer aan die orde van die dag is en of die koninkryk van God veld wen.

My gunsteling-boek oor leierskap is dié van die kerkleier Bill Easum, Leader¬ship on the Other Side: No Rules, Just Clues (2002).

Hy skryf: “Every¬one perceives reality through their Life Metaphors … Life Metaphors construct reality for us rather than simply organising it. They create the world we inhabit rather than simply describing it. When our Life Metaphors change, we change.”

Ons taal is tekenend van ons begrip van die werklikheid. Thomas Hine sê tereg: “When metaphors change, it usually means that reality has done so already.” Daarom luister ek graag na die kerklike taal van mense wanneer ek iewers leierskapsopleiding doen. Dit vertel gou of kerklike beheer aan die orde van die dag is en of die koninkryk van God veld wen.

read more

Oudtshoorn se mense

Oorspronklik geplaas in Die By bylaag tot die Die Burger op Saterdag 6 Maart 2010 Ek en Frans Jaftha het mekaar in September in Oudtshoorn se begraafplaas raakgeloop. Dit sou nie sommer in die ou Suid-Afrika gebeur het nie, want toe was selfs die dooies apart.  Maar...

read more

Om ‘n roeping te dra, of deur ‘n roeping gedra te word!

Ek het onlangs te doen gehad met ‘n hele paar gemeentes wat duidelikheid het oor hulle roeping, sommige gevalle reeds vir jare, maar hulle voel nie dat hulle daarin slaag om hulle roeping te leef nie en voel verdwaal of sommer net vasgeloop. Ek wonder hieroor. Soos hulle in sisteemdenke sê, “you must admire the problem!”.

Dit het my laat dink aan die getuienisse wat ek gehoor het van mense wat in 2006 betrokke was by die kerkeenheidsprosesse. Esselenpark was ‘n deurslaggewende byeenkoms- die ervaring van die roeping vir eenheid was so sterk dat die leiers binne ‘n paar jaar een kerk gesien het.  Ek het van hulle hoor se dit hulle fisies ervaar het dat die Gees in die vertrek was!  Daarna het Achterberg 1 en 2 gekom en meer wantroue en tot waar ons nou is in ‘n doodloopstraat. Wat het gebeur dat hierdie kragtige ingryp van die Gees skeinbaar totaal verlore geraak het?

‘n Kollega wat daar was het my gehelp toe hy vertel dat Esselenpark nie ‘n vergadering was nie, maar ‘n byeenkoms van leiers uit die twee kerke met die oog daarop dat hulle mekaar beter kon leer ken en bou aan onderlinge vertroue. Die agenda was eintlik ‘n litrugie, van storievertel, saam wandel in die Woord -Lukas 24 as ek dit reg het- en saam ‘n boom plant. Achterberg 1 was al ‘n bietjie meer van ‘n vergadering- taakspanne het met die werklikheid begin worstel, Achterberg II was ‘n vergadering, en so hoor ek,  daar het die wiele afgekom! Sien in Liturgie verloor ons onsself in iets groters as onsself, word ons meegevoer om die onmoontlike te sien en te beleef in aanbidding. By vergaderings volg ons die reels van die politieke spel die spel van die moontlike, daar moet ons oppas of ons bevestig ons onsself en ons belange. ( ek weet dit kan ook anders )

read more

‘n Multi-kullturele gemeente van formaat

Danie Mouton het onlangs die Park Avenue Metodiste-Gemeente in Minneapolis vir die tweede keer besoek en vertel van sy indrukke van hierdie besondere gemeente. Stel jou die volgende voor: ‘n middelklas, wit Amerikaanse voorstad waar Afro-Amerikaners in toenemende...

read more

Wanneer Liturgie na ons toe kom!

Cas Wepener het onlang by Communitas ‘n baie interessante oggend oor Liturgie gereël. Prof Paul Post van die Universiteit van Tilburg was die spreker. Hy is bekend vir sy navorsing in liturgie en spesifiek vir die onderskeid tussen die liturgie wat van die kerk uitgaan en die litrugie wat na die kerk toe kom!  Hy stel dit self soos volg:

My research concerns rituals, more specific the following areas: modern devotion: research into developments in contemporary ritual setting with a view to the inculturation of Christian liturgical rituals. Special attention is paid to emerging rituals (silent marches, roadside shrines,…). (http://www.uvt.nl/webwijs/show/?uid=p.g.j.post)

In sy voorlegging die oggend by Communitas het hy gekonsentreer op die liturgie wat die gemeentskap spontaan skep en die interaksie met christelike liturgie. Ek moet sê ek dit het my begrip van liturgie verruim. Vir my was liturgie nog altyd iets wat die gemeente (meestal maar die dominee) skep en waarheen die gemeente genooi word om aan deel te neem. Paul Post het vir my ‚n venster oopgemaak wat ek dink baie belangrik is in die uitleef van ons gestuurde roeping as gemeentes. As ons litrugie, inbegrepe eredienste missionêr of as publieke gebeure wil verstaan kan hierdie prespektief ons baie help. Lois Barret beskryf Gestuurde of missional liturgie as ‘n publieke gebeure waar die gemeente saam met die gemeenskap genooides is. Hoewel prof Post sy argument nie direk koppel aan missionere teologie nie, is die verband vir my voor die hand liggend. Ek dink Paul Post gee aan ons met sy onderskeiding ‚n baie beter alternatief as wat ons Liturgiese handboek voorstel nl dat ons in missionere eredienste aan uitreike kans moet gee om te vertel hoe die gemeente in die gemeenskap uitreik nie.

Ek kon nie help as om terug te dink aan die verhaal wat prof Bethal vertel het van die Sente-vir-Sending-bussies in Moederkerk Stellenbosch nie.  Jaar na jaar is daar gerapporteer dat daar geen allementasie gevalle(arm mense wat die gemeente finansieel moet ondersteun)  in die gemeente is nie. In daardie tyd het die bergies (`n kaapse naam vir straatmense) by die kerk ingebreek en die Sente-vir-Sending bussies gesteel! Prof Bethal het altyd met die vertel van die verhaal gegiggel oor die blindheid van die gemeente vir die armoede in haar midde en die wyse waarop die Bergies sommer self die saak reggestel het! Inderdaad litrugie wat na die gemeente gekom het.

read more