Wat dryf my?

Written by Frederick on . Posted in Leierskap

Ek is vandag uitgedaag om te dink oor die vraag wat my dieper motivering is- sommer kortweg- wat dryf my?

Ons weet almal dat ons as predikante so dikwels gedryf word deur ‘n behoefte om ander tevrede te stel met die gepaardgaande messias-kompleks. Hoewel dit op die oog af na ‘n deugvolle dryfveer mag klink is daar is ‘n diep donker kant hieraan waaroor ons min met mekaar praat. Om gedryf te word deur die behoefte om ander tevrede te stel gaan dikwels meer oor my eie behoefte aan bevestiging en betekenis as oor die “ander” wat nog te se oor God en die Koninkryk. Ek dink dit is ‘n blinde kol by my – ek wil graag he ander moet hou van my, moet dink wat ek doen is betekenisvol en dat ek hulle help. Dat ek waarde toevoeg.

Hier is wat ek besig is om van myself te ontdek. Onder hierdie soeke na harmonie en ‘n gelukkige ander en ‘n selfgerigtheid waarvan ek moeilik ontkom. Maar kom ons gaan verder- wat sou hierdie behoefte aanvuur? Of soos wat ‘n vriend vanmiddag dit stel- wat is die vrees wat my laat vlug na ‘n oordrewe behoefte dat ander van my moet hou? Ek voel die lug word ‘n bietjie dun- ek ken nie hierdie kamers van my hart goed genoeg nie. As ek moet probeer dink ek dit is die vrees om te misluk. Omdat ek mislukking vrees, werk ek soms harder as wat ek moet, en lei die naaste verhoudings waarin ek is daaronder. Is ek oor-versigtig om ander te na te kom en word die waarheid nie altyd gepraat tussen vriende en kollega’s nie. Neem ek nie risiko’s wanneer daar oor die grense van my gemaksone geloop moet word.

So kom ek vra reguit vrae aan myself: Wie het gese ek moet sukses behaal, dat ek moet slaag, dat ander moet dink wat ek doen help hulle? Dat hulle die preek moet geniet? Dat die proses moet uitwerk? Al hierdie sukses meetstokke kom uit my behoefte tot self-vervulling en as ek eerlik moet wees het dit min te make met dissipelskap, gehoorsaam wees, te leef in ooreenstemming met die evangelie. Terloops as ek probeer dink aan suksesverhale in die Bybel is daar maar min. Petrus, Paulus, Jeremia, Moses, David was beslis nie suksevol nie- het nie geslaag nie. En Jesus? Word ons geroep om te slaag? om sukses te behaal, om gemeentes te bou, te laat groei? Of is dit nie meer eenvoudig as dit nie, word ons nie gewoon geroep om gehoorsaam te wees nie- om ons brose eerlike self te wees nie. Van ruler het mos gese die Here roep nie mense om Christene te word nie maar Chistene om mense te word.

Ek dink dit is oa waarna Andrew Purvis verwy as die kruisiging van ons bediening

 

Wat maak ons blind, doof en doods?

Written by Frederick on . Posted in Leierskap

As ek so ‘n bietjie van die ander kant af mag dink wonder ek op hierdie stadium kliphard wat maak dat die blindekol daar is. Wat maak bv dat ons een oomblik die ervaring het van die beweging van die Gees en die volgende aangaan asof ons dit nie gesien het nie. Ek dink dit het te make met ons onvermoe om verras te word deur die lewende teenwoordigheid van God- want die lewende teenwooridgheid van God  le buite ons beheer en maak ons angstig en onseker en laat ons teruggryp na die bekende en die bevestiging daarvan.

Scharmer se erens dat indien mense nie bewus word van hulle blindekol nie, kan hulle nie present of teenwoordig raak nie, maar raak hulle absent-ek dink dit is min of meer ontoeganklik- hulle(ons) is daar maar hulle(ons) is nie daar nie. Dit was soos ‘n lig wat opgegaan het toe ek dit lees- ek kon myself en soveel van ons sien in vergaderings, in gesprekke, in kursusse ons is daar maar ons is ook nie daar nie- ons is absent. Daar is geen varsheid en opwinding nie maar net die repetisie van die bekende, woorde en idees oor God, maar geen werklike conneksie met God en met mekaar nie.

So my vraag is aan die ander kant as joune, Jannie – wat is die oogklappe wat ons vermoe om te sien wat ons moet sien, wat is dit wat ons ontoeganklik maak vir die nuwe. Ons het in die filosofie geleer dit is wat ideologie doen, dit maak jou blind- wat ‘n mens laat wonder in watter mate teologie ons blind maak. Marius Nel het by die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie op ‘n baie treffende manier vertel hoedat sy studie in die NT hom doof gemaak het om die stem van God in die Bybel te kan hoor.  Pat Keifert het by dieselfde konferensie verwys na teologie wat  geneig is in der waarheid te gaan oor idees oor God en nie oor ‘n wandel met die lewende God self nie.  So kan teologie ons blind, doof en geestelik dood maak vir die beweging van die Gees en die lewende teenwoordigheid van God. Is dit nie dringend dat ons as predikante begin praat oor hierdie staat van blind-doof-doods-heid waar in ons so dinkwels verval nie en watter rol ons teologie daarin speel. Dit mag ‘n moeilike gesprek wees waarin daar baie van ons mag wees wat sal wil verdedig, maar ek dink dit

Leiers as reisgenote

Written by Frederick on . Posted in Leierskap

In een gemeente het hulle baie moeite gedoen om ‘n profiel vir ‘n Leraar op te stel en toe hulle die beroep moes uitbring- die eerste beste Leraar gekies wat darem lyk asof hy ons gaan bedien soos ‘n dominee van ouds- heel teenstrydig met die profiel wat opgestel  is. Jaco Hamman skryf is sy uitstekende boek:  When the Steeples Cry leading congregations through loss and change, dat gemeentes wat in tye van groot verandering leef en daarom dikwels verliese ervaar, geneig is om te soek na ‘n “dominant other”  met wie hulle in ‘n onderhandeling gaan om om die situasie op ‘n wonderbaarlike manier vir hulle te kom beredder.

Die dominante leier word dan getaak om die gemeente te red van hulle onsekerhede, ongemak en diep ervarings van verliese. Nodeloos om te sê, die dominante leier kan nie namens die gemeente die noodsaaklike rouproses deurloop nie en is daarom uiteindelik gedoem om te misluk. Indien hulle die rol van dominante leier aanvaar- en vir baie van ons is dit ‘n byna onmoontlike veroeking om te weerstaan- weerhou hulle reddingsaksie die gemeente eintlik daarvan om as gemeenskap deur die onseker, pynlike maar helende proses van verliesverwerking te gaan. Ja weerhou hulle die gemeente van ‘n dieper en wonderlike pad wat hulle met die Here sou kon loop, as om net maar weer ‘n “suksesvolle”gemeente te wees.

Hoeveel keer het ek dit nie al in my werk met gemeentes ervaar dat so ‘n nuwe dominee of leier aanvanklik baie nuwe energie losmaak, die gemeente hoop gee, om dan op ‘n onverklaarbare manier vas te loop in ‘n muur van negatiewe emosie en dikwels irrasionele gedrag. Dan kruisig ‘n gemeente dikwels ‘n Leraar wanneer hyof sy die dinge kom doen waarvoor hulle hom of har beroep het.

Die rede is natuurlik dat die dominante leier nie namens die gemeente deur die pyn van die rouproses kan gaan nie, maar die gemeente moet begelei om self deur die pyn van verlies en rou te werk en so genees te word.

Daarom sê Jaco Hamman tereg moet ons eerder significant others wees. Reisgenote wat saam met die gemeente deur die verliese werk die woestyn van onsekerheid betree om in die woestyn saam ‘n nuwe verstaan van God, onsself, die kerk en die koninkryk te ontvang.  Nie probleemoplossers, of orators wat met one-liners die waarheid in mense se kele afdruk terwyl hulle eintlik in diep emosies van rou gedompel  is nie. Maar reisgenote wat saam met die gemeente na binne kan reis in die donker kamers van ons onsekerheid, Wat met deernis maar beslistheid nie toelaat dat die reis vervlak in een of ander bedienings pynstiller wat ons weer hoop moet gee nie, maar wat in afhankliheid van die Gees bly glo dat die gemeenskap van die gelowiges deur die Woord en Gees gelei kan word tot ‘n nuwe seflverstaan. Jaco gee ‘n interessante lysie van wat so ‘n reisgenoot leier doen:

 

‘n Reisgenoot leier in teenstelling met ‘n dominerende leier

  • Respekteer die emosies van die geloofsgemeenskap- eerder as om te fokus op wat hulle behoort te dink
  • Beskik oom nuuskierige kreatiwiteit- eerder as  om ‘n ekspert kommunikator te wees
  • Leer van en met ander- eerder as om hulle te leer
  • Stap langs mense- eerder as voor hulle
  • Ontdek die gawe van heilige stilte- eerder as om die stilte vul met ‘n eindelose gekwetter van woorde
  • Getuig in respek van die stryd van ander- eerder as om net oor hulle eie ervarings te praat
  • Respekteer onsekerheid en wanorde- eerder as om oplossings te soek

As ek reg onthou het die gemeente nie veel van Fanie se preek gedink nie- hoe kan ‘n dominee dan onseker wees? Maar 35 jaar later is hier iemand wat vanaand skryf en nie die preek onthou nie, maar die leier wat ‘n reisgenoot was op die regte oomblik op die regte tyd en so my lewe onherroeplik verander het. Wat my laat dink dat dominerende leierskap meestal vir ons as leiers in die kerk ‘n versoeking is en nie ‘n roeping nie. Immers dit is hoe ek toenemend die man van Nasaret verstaan.

Op daardie oomblik het ek geweet – dit kan ek doen, so kan ek predikant wees, en het ek bewend maar oortuig my ouers ingelig van my besluit. Ek het vir lank hiervan vergeet totdat ek onlangs met ‘n reeks gemeentes te doen gehad het wat op soek  is na leraars wat alles weet en dinge weer kan regmaak. Ek het in my gesprekke met die leraars agterkom dat hulle ook maar eintlik net eerlik die evangelie wil bring en leef soos wat hulle te ken en beleef, maar nie toegelaat word om so saam met die gemeente op reis te wees nie- of so ervaar hulle dit altans.

 

Om deur ‘n kultuur gekaap te word

Written by webmeester on . Posted in Leierskap

Die United Reformed Church, Metodiste kerk en Anglikaanse kerk in die geografiese gebied het ’n ekumeniese samewerkingsooreenkoms wat maak dat hulle leraars oor en weer preek.  Daar is baie gemeentes vakant en nie in staat om ’n voltydse predikant te bekostig nie.  Naas die voltydse leraars is daar ook ’n aantal geakkrediteerde predikers en besoekende leraars.  Almal word ingedeel om die klompie gemeentes te bepreek.

Van Februarie 2009 is ek ’n “besoekende predikant” en preek elke keer op ’n ander plek.  Ek het myself beskikbaar gestel om een keer per maand in die “ring” te preek en as vrywilliger gemeenskapsdiens te lewer …

Vanuit my agtergrond en passie vra ek toe of ek nie maar elke keer by dieselfde gemeente kan preek nie.  Dis nou die een keer per maand.  Ek was trouens ook bereid om onder toesig van die “konsulent” ’n gesprek met die leiers aan te knoop oor die gemeente se plek in die samelewing en hulle pad vorentoe.  Ek praat nou van gemeentes waar daar op ’n Sondag miskien 20 mense opdaag vir ’n erediens.

Die antwoord was:  Nee, dis nie regverdig teenoor die ander gemeentes nie.  Almal moet dieselfde behandel word.

En so is ek vasgevang in ’n instandhoudingspraktyk waar almal of saam groei of saam besig is om onder te gaan. 

Dit het my nogal aan die dink gesit oor kerkbegrip en geestelike leierskap.  Lyk my dit kan deur kultuur gekaap word en die moontlikheid van nuwe perspektiewe en praktyke verhinder.  En dis nie net die Engelse wat so maak nie …

Jan Bisschoff

Hoe bou ons luisterende leierskap?

Written by Besoeker on . Posted in Leierskap

Ek het verlede week saam met gemeenteleiers ‘n lys gemaak van die dinge wat luisterende leierskap in ‘n gemeente vestig.  Ek het die lysie so ‘n bietjie verwerk want ek dink dit is belangrik om te praat oor hoe ons hierdie kapasiteit vesitg in gemeentes.  Ek het oor die afgelope paar jaar vernaamlik via die seisoen van luister en die Vennootskap geleer dat luister eenvoudig een van die belangrikste kapsiteite is om te vestig onder gemeenteleiers:
  1. Luisterende leierskap in gemeentes vra vir ‘n minder aktivistiese, bestuur-georeinteerde verstaan van leierskap. Luisterende leierskap is leiers wat veral in vasgeloopte sitausies met geloofsgeduld kan wag op God.  Dit staan in skrille kontras met probleemoplossende leierskap en selfs sommige voorbeelde van visionere leierskap waar die charisma van die individu die gemeente motiveer om probleme te oorkom. Luisterende leierskap is primer geloofsonderskeidend besig met vra na en oor God.  Dit is leiers wat verstaan en leef vanuit die oortuiging dat God besig is met God se sending in die wereld en dat ons genooi word om daarvan deel te wees. Luister na God in gebed, afsondering. Lexio Divina ens is die primere vertrekpunte van luisterende leierskap.
  2. Luisterende leiers verstaan dat God Drie-enig ‘n missionere God is wat oppad in met die wereld in haar gebrokenheid. Dit beteken dat ons die lewende teenwoordigheid van Christus verwag en soek, dat daar ‘n bewussyn is dat die Gees ‘n kragveld skep waarbinne waarvan die gemeente deel kan word. Hierdie teo-logiese en ekkle-siologiese vertrekpunte stimuleer leiers om telkens te begin by luister en sodoende geloofs-onderskeidende leierskap te gee.
  3. Geloofsgemeenskappe word luisterende gemeenskappe wanneer hulle fokus eerder op waardes is as op strukture.  Wanneer ‘n byeenkoms van leiers ooreenkom om waardes onderling na te streef ontstaan daar ‘n veilige ruimte waar magspolitiek en debatte omvorm word tot dialoog.  Reels is noodsaaklik want dit omskryf die ooreenkomste wat ons met mekaar aangaan, maar reels kan nie die gemeenskap se identiteit defenieer nie. Gebeur dit verval die gemeenskap in ‘n strakke nakom van reels te val vas in debatte oor die toepassing van die reels en verloor so visie op hulle identiteit en toekoms.
  4. Luister kom nie vanself nie maar moet inge-oefen word.  Luisterende leierskap is meer is ‘n intelektuele instemming tot die belangrikheid van luister.  Luisterende leierskap vra die modulering van luister-houdings en -vaardighede.  Hierdie kapasiteit kom nie vanself sonder die in-oefening van die vaardiheid nie.  In ‘n tradisie met ‘n groot klem op verkondiging, is luister ‘n onderontwikkelde kapasiteit en moet dit daarom in-geoefen word.
  5. Luisterende leierskap vra ‘n voortdurende terugkeer tot die Woord en ‘n bewussyn van die aktiewe teenwoordigheid van die Gees. In besluitneming word die Woord deur die werk van die Gees ‘n aktiewe stem waarna daar geluister word, vn waaruit verbeelding gevoed word en waardeur daar nuwe rigting in vasgeloopt situasies ontdek word. Die Woord is dus meer as ‘n historiese dokument wat kundig besturdeer moet word deur eksperts en waarvan informasie ingewin moet word. As Woord van God aan die gemeente is dit ‘n lewende teks waardeur die Here met die gemeente praat binne ‘n spesifieke konteks.
  6. Inplisiet tot luisternede leierskap is die prysgawe van mag wat ten beste beskryf word deur die selfontleding of kenosis van Christus. Luister is die prysgawe van die reg om te praat, die prysgawe van magsposisies van die bevoorregte ingewydes. Dit is om in kwesbaarheid ontledig te wees van die beskerming van die tradisie en die instituut.  In die ontlediging en die gepaardgaande kwesbaarstelling ontstaan daar ruimtes vir interafhanklike koinonia wat nie bepaal word deur die sekulere begrensinge van mag en ekonomie nie. Luisterende leiers is nie net gasvry teenoor die vreemdeling nie, maar waag dit as vreemdeling op die gasvryheid van die buitestaander te moet staatmaak.

Uitklaring van rolle en take in die gemeente

Written by Besoeker on . Posted in Leierskap

Aan die begin van die jaar is daar heelwat gemeentes wat vra dat ons hulle moet help met die uitklaring van rolle.  Ek het oor tyd geleer dat dit belangriker is as wat ‘n mens mag dink-veral as die gemeente in ‘n proses is om ‘n nuwe roepingsfokus te implimenteer.  ‘n Nuwe roeping of Visie sonder ‘n kontreke gesprek oor rolle is gedoem om op niks uit te loop nie.  In geprekke met gemeenteleiers het ek geleer dat die volgende uitdagings in so ‘n proses belangrik is:

  1. Almal in die gemeente het die reg om in die gesprek oor die rol wat van hulle verwag word om te speel hulle eie roeping persoonlikheid en lewens-seisoen in spel te bring.  Dit is eenvoudig so dat die Here gawes gee aan ‘n gemeente soos wat Hy dit wil – Ef 4- en om die rede is ‘n fokus op die individu se gawes, roepingsfokus ens. nie onbelangrik nie.  Die Here het dit – die mense en hulle gawes – aan die gemeente gegee, sodat Sy roeping vir die gemeente verwesenlik kan word.  Die Here sal tog nie die gemeente roep vir ‘n bepaalde fokus en dan nie aan hulle die gawes en bronne gee om dit te kan bereik nie.  Aan die ander kant is dit natuurlik  ook so dat mense eenvoudig meer entoesiasties is om energie te gee vir dinge waarop hulleself graag wil fokus.
  2. Die ander kant is dat die gemeente se roeping of visie ewe belangrik is.  Meeste gesprekke oor rolle neem nie die gemeenteroeping genoeg in ag nie.  Die rolle en take van die personeel en leiers en lidmate moet tog gevorm en gerig word deur die roeping van die gemeente; anders is die roeping maar net nog iets op papier.
  3. 1 en 2 is soos twee energievelde wat in sinergie met mekaar gebring behoort te word.  Hierdie gesprek om sinergie tussen eie roeping en gawes en die van die gemeente te vind, verdien gefokusde geloofsonderskeidende aandag van die gemeente.  Laat ek verduidelik.  Baie predikante voel dat hulle gedwing word om dinge te doen waarvoor hulle nie geroep is nie.  Aan die ander kant voel baie gemeenteleiers dat die leraars nie doen wat hulle behoort te doen nie.  Dit vra tyd en geduld om op ‘n vertrouensbasis met mekaar te kom.  Daar is geen kortpaaie hier nie – hou aan praat, luister, wandel in die Woord, totdat die sinergie gekom het; moet in hemelsnaam nie opgee op die gesprek nie.
  4. In die gesprek help dit om die fokus te skuif van in-sette na uit-sette. Dikwels gaan dit in die geprekke oor rolle te veel oor wie moet wat doen en nie oor wat bereik moet word nie.  Die eintlike vraag is tog nie hoeveel preke, besoeke, gesprekke, uitreike, en noem maar op, gedoen is nie, maar tog eintlik wat die Here besig is om te doen en hoe ons daarvan deel kan wees. Eenvoudig gestel, nie hoeveel ons moet doen nie, maar waarop ons moet fokus.  In een gemeente het die gemeente die leraar gevra om 30% van sy tyd te spandeer met mense wat nie deel van die gemeente is nie, omdat hulle saam verstaan het die Here roep hulle om verhoudings te bou met dié wat nie in verhouding met die liggaam van Christus is nie. Die gesprek het begin  by … hoeveel huisbesoeke die leraars per jaar moet doen.
  5. ‘n Gesonde beginsel is dat ‘n bepaalde rol of verantwoordelikheid verkieslik nie by meer as een persoon moet tuiskom nie.  As almal verantwoordelik is, is niemand verantwoordelik nie.  Indien persoon A verantwoordelik is vir die pastoraat, doen hy of sy dit nie noodwendig alleen nie, ander kan en moet help, maar vir die gestelde uitkoms is daardie spesifieke persoon verantwoordelik.
  6. Verantwoordbaarheid binne ‘n sisteem van genade is belangrik vir volhoubare verhoudings binne die leierspanne.  Indien verantwoordelikheid nie nagekom word nie, moet die persoon verantwoordbaar gehou word daarvoor, sodat dit deurgepraat kan word, mense mekaar om verskoning kan vra en vergifnis kan gebeur.
  7. Roluitklaring het nie net te make met die leraars en personeel nie, maar met almal in die gemeentelike sisteem.  Hoe helderder die uitklaring is van wat verwag word van ‘n lidmaat, ‘n leier, ‘n personeellid, hoe meer mense sal verantwoordelikheid neem in die sisteem. Ons is so gewoond in ons sisteem dat betaalde amptenare verantwoordelikheid neem net as lidmate nie meer kans sien nie, dat daar uiteindelik net ‘n paar is wat die verantwoordelikheid neem vir alles.
  8. Indien daar nie mense is vir ‘n bepaalde nuwe inisiatief nie, behoort die beginsel te wees dat dit dan nie gebeur nie. Dit is gewoonlik ‘n teken dat ons fokus op doelwitte wat onrealisties is en nie in lyn is met wat die Here besig is om te doen nie.

Rolle kan net op ‘n langtermyn vervul word indien daar genoeg toerusting, genoeg bronne, genoeg tyd en ‘n mandaat van die leierskap van die gemeente is.  Gaan kyk gerus na die rolle en take wat van jou verwag word waarby jy nie uitkom nie of wat vir jou spanning gee en jy sal agterkom een van bg. is nie in plek nie.

9.       Probeer om die lys van rolle en take  so kort moontlik te maak.

NS.  Indien daar ‘n nuwe leraar in die gemeente is, is die Induksieproses baie waardevol. Kontak gerus vir Pierre Goosen hieroor by pmgoosen@sun.ac.za of 021-8083381.  Ons het ook ‘n Personeelverbintenis proses wat leierspanne in gemeentes help om rolle in lyn met die gemeenteroeping uit te klaar. Julle kan my kontak by jfm@sun.ac.za of 021-8083265.

Hier is nie leiers nie!

Written by Besoeker on . Posted in Leierskap

Ek verwonder my daaraan dat sekere restaurante werk en ander nie. Daar is byna ‘n mitiese element wat maak dat sommige nuwe restaurant byna onmmiddelik nadat dit oopgemaak het vol mense sit- ek wonder altyd waar die mense vandaan kom, of liewer wat hulle dan in die verlede gedoen het voordat hulle hierheen gekom het?!

Dan kry jy ander restuarante- alles is in plek- die menu, die wynlys, die tafels, dekor, lekker geur van koffie in die lug- goeie musiek, nie te hard nie- maar daar kom nie mense nie. Na ‘n rukkie kom daar  spesiale aanbiedings, vir ‘n rukkie ‘n paar meer mense, dan is dit maar weer leeg soos voorheen – so ‘n 40dae special treatment vir die kliente. Soms is dit dan die finale doodskoot- die laaste bietjie energie en kapitaal is opgebruik en die plek moet toemaak.

Met gemeentes werk dit ook soms so- hulle kommunikasie(lees bemarking) is in plek, die kerk is goed versorg (lees dekor), daar is lekker filter koffie na die tyd- my gunsteling, goeie preke, rotsvaste strukture, maar mense bly besoekers en meld nie aan by die “leierskap tafel”van die gemeente nie.  In gesprekke hieroor is die verskoning dikwels- hier is nie leiers nie!  As ek dit hoor weet ek, die magic ontbreek soos in baie nuwe restaurante.

Ek was die week met ‘n paar predikante in ‘n intense gesprek hieroor.  Die konteks was ‘n klompie SA predikante wat mbv Stigting Zebra in Nederland oa ‘n kursus saam met Nederlandse kollegas bygewoon het. Ons was 18 altesaam.  Die gesprek het gegaan oor gesekulariseerde Nederland waar die gemeentes nie meer leiers het nie, ja en ook oor Suid-Afrikaanse gemeentes waar ons ook dikwels voel daar is nie leiers nie. Ek moes die vrae vra- en het bly vra hoekom, omdat ek ook oor hierdie fenomeen wonder. Want sien ek glo- noem my maar naief- dat leierskap ‘n gawe van die Gees is wat aan die gemeente gegee word. Ek glo meer hieraan as die inpak van kultuur, sekularisasie, geleerdheid, opvoedingsvlak ens. Ek glo eenvoudig die Gees gee leiers aan die gemeente. So as daar nie leiers is nie, is die fout nie die mense nie maar le dit in die gemeente en die huidige leiers.  Daarom bly ek vra: waarom se ons dikwels in die kerk en gemeentes:     Hier is nie leiers nie!

Die gesprek neem ‘n interessante onverwagse wending, een van die predikante is van oordeel dat ons nie lief genoeg vir die lidmate is nie. Ja maar glo jy in jou lidmate, vra ek so uit die heup- of soos die Nderlanders se- ek skiet met slappe polse! Glo jy dat hulle met die beste bedoelings soms aanmeld, met voorstelle kom, idees het ensomeer. Ons gaan drink tee.

Na teetyd se ‘n skerpsinnige kollega uit Nederland- die vraag pla hom.  Om eerlik te wees, se hy, hy is nie seker of hy op die manier glo in die lidmate van hulle gemeente nie. Ander ego sy gevoel. Ons praat dikwels meer negatief oor lidmate as positief, se ons vir mekaar.  Ons praat verder en begin al hoe meer wonder of daar nie in ons predikante ‘n ingebore- of is dit eerder ‘n aangeleerde agterdog is oor die toewyding of motiewe of bedoeling van lidmate nie. Aan die einde van die kursus se ‘n SA predikant dat sy die week agter gekom het die kerk het haar geleer om agterdogtig te wees- en sy is nie eintlik so van geaardheid nie. Ek dink sy slaan die spyker op die kop- Hier is nie leiers nie want as hulle na vore kom word hulle dikwels (ek dink onbedoeld) met agterdog bejeen.

Ek verstaan dit baie goed- predikante en gemeenteleiers word dikwels teleurgestel deur mede-gelowiges wat dinge belowe en nie die beloftes nakom nie. Dan begin die agterdog groei en voor ek my kom kry begin ek so agterdogtig oor elke nuwe inisiatief te dink.  Ek sien dit dikwels by dosente of onderwysers- wat met sterre in hulle oe begin en voor hulle kom kry praat hulle soos die ander kollegas oor studente en leerders, Jy sal maar sien jy kan hulle nie vertrou nie!

..en dan kry jy die uitsonderings. ‘n Kollega van ‘n gemeente waar die bedieninge hand oor hand gegroei het die afgelope halwe dekade vertel dat hulle in 6 jaar se tyd vir elke inisiatief ja gese het en dan byvoeg Hoe kan ons jou help? Daar is nie ‘n gebrek aan leiers nie- inteendeel daar is telkens nuwes wat hulle aanmeld- sommige is baie besige en belangrike mense maar wat aanvoel in hierdie gemeente is daar ‘n ruimte om my gawes uit te leef.

 

In die Jordaan buurt in Amsterdam is daar ‘n pragtige standbeeld van ‘n ene Meneer  Theo Tijssen- ‘n onderwyser wat in die vorige eeu toe Amsterdam baie arm was en daar in die arbeidersbuurt baie jonges op straat was  oppad om niksnutte te word.  Hy word vereer omdat hy soveel deernis en geloof in die jonges gehad het. Die standbeeld wys ‘n ou man met ‘n welige snor wat skuins op die bank van ‘n jong seun sit- hy kyk af na die onseker seun- ons ken die prentjie almal so goed- uit ons kinder geheue kan ons die ervaring van die seun maklik oproep.  Maar as jy nader stap kom jy agter hier is ‘n verskil- die blik van die leraar is sag en hoopvol en dalk nog belangriker, geduld!  Daarom word hy vereer- hy het ander na die leerders gekyk want hy het anders oor hulle gedink!

 

 

 

NS Die kollega wat so vir elke inisiatief ja gese het kry die onvermydelike vraag: …en hoeveel probleme moes julle in die 6 jaar oplosDaar was een probleem sitausie, antwoord hy, maar om te dink hoeveel potensiele leiers ons sou gekeer het indien ons nie elke keer ja gese het nie!