Die Gees se bewegings is konkreet en divers

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Dit is Pinkstersondag, ons dink aan die Gees wat uitgesort is en onder wie se leiding ons leef. Ek wil graag vandag skryf oor ‘n soort bekering wat met my gebeur het oor die verstaan van die werk, of bewegings van die Gees.  Elders op die webblad is ons besig om verhale met mekaar te del oor die wyse waarop die Gees hierdie Pinkster beweging gebring het in ons gemeentes.

Michael Welcker skryf in sy werk God the Spirit die volgende oor die werk van die Gees  “ The community of those upon whom the Spirit has come is to grow out of diverse concreteness of individual life and suffering, the fullness of which cannot be taken in from any one perspective.  This community of those who have themselves become bearers of the Spirit is filled with the power of God. This community bears and reflects this power, lets it benefit others, and is itself strengthened in return.” (1994: 185)

Konkreetheid en diversiteit?  Laat ek maar eers begin by die vaagheid, om eerliker te wees, ongeloof waarmee ek hierme omgegaan het.  Vir ‘n groot deel van my lewe was die Gees se konkrete leiding niks meer as ‘n idee wat ek maar met ‘n goeie skoot “teologiese” skeptisisme bejeen het.  Nooit sou ek die belydenis daarvan bevraagteken nie, maar selde sou jy my vang dat ek kon wys nie waar die belydenis konkreet geraak het.

Dit het een naweek in die Suid-Kaap verander toe ek by ‘n gemeente fasiliteer. Ek het in 3 maande min kontak met hulle gehad en wou die naweek begin deur uit te vind wat gebeur het sedert ons bymekaar was.  Ek vra toe soos dit ‘n goeie fasliteerder betaam, vertel my wat het gebeur sedert ons laas bymekar was?  Jy bedoel seker, se een van die leiers, wat het die Gees gedoen sedert ons laas bymekaar was?  Die gesprek wat hieruit ontstaan het, het op ‘n manier my lewe onherroeplik verander. Die getuienisse van die groep was onverwags ryk aan betekenis en inhoud. Toevallige dat dit so goed gewerk het hierdie keer het ek gedink, totdat ek dit nog ‘n keer gevra het by ‘n volgende groep, en die ontdekking gemaak het: Wanneer ons ons instel op die konkrete werk van die Gees in ‘n spesifieke plek en oor ‘n spesifieke tyd, dit soos ‘n tyd van openbaring word, ryk aan inhoud en betekenis.

Onlangs is ek vir ‘n dag saam met ‘n Ring se predikante en ons praat oor geloofsonderskeiding en die werk van die Gees. Na ‘n halwe dag vra ek toe die vraag:  Wat dink julle het die Gees onder ons gedoen sedert ons vanoggend bymekaar is? Verbaas en skepties vra hulle my of ek dit regtig bedoel?  Ek antwoord bevestigend, absoluut.  Maar ons hou nie van almal wat links en regs bewer die Here het met hulle gepraat nie, help hulle my reg.  Ek ook nie, bevestig ek, mar dit nem nog nie weg dat ek glo dat die Gees hier teenwoordig is en met ons gepraat het nie.  Stadig maar seker begin ons gesprek te swaai en begin ons bewus raak van insigte wat in ons gesprek die oggend onder ons gegroei het.  Ons gesprek groei na dieper vlakke en ons egin mekaar bemoedig oor hoe ons ervaar dat die Gees ons in beweging bring en ons insluit om deel te neem aan dit wat die Gees reeds begin het.  Aan die einde nem ons besluite wat nie een van ons aan die begin van die dag in gedagte gehad het of gedink het dat die Ring gereed is voor nie.  Die Gees het ons beweeg.

Ek moes leer dat ‘n mense nie die beweings van die Gees raaksien deur te fokus op wat die gemeente doen of nie doen nie, maar op die tye wanneer daar beweging kom sonder dat ons dit self begin het.  Dit is realiteite wat ons gewoonlik nie raaksien nie omdat ons kerklike agendas so vol en so vas is.  Dit is alleen deur tyd te maak om te wandel in die Woord dat ons oe oopgaan vir wat die Gees onder en tussen ons doen.

Welcker is reg, die bewegings van die Gees is konkreet- maw waarneembaar al kan ons dit nooit in besit neem nie, kom daar ook by ons tye wat ons soos die leiers in Handelinge 15 dat die Gees ons gelei het om ‘n besluit te neem. Die bewegings van die Gees is nie soos ou teologiese waarhede wat opgewarm word vir die konteks van ons dag nie.  Die bewegings van die Gees is nuut en vars in en vir elke nuwe dag waarin ons leef en werk. Daarom se Coenie Burger terreg in sy boek GEmeenstes binne die kragveld van die Gees, dat die leiding van die Gees nie twee dae na mekaar dieselfde is nie. Dit is leiding wat nou aan ons gegee word vir die dag en die uitdagings wat ons nou moet aanspreek.

Verder is Welcker reg dat die bewegings van die Gees divers is en nie net deur een perspektief verstaan kan word nie.  Ons moet daarom tyd gee om na mekaar se verskillende perspektiewe te luister want in die diversiteit van die ervarings sal die leiding van die Gees ehelderder word.  Die teendel is dat indien en perspektief die res oorhees, ons nie noodwendig uit die een perspektief die volle beweging van die Gees sal verstaan nie.  Dit is hoekom die ekumene so belangrik is.  Dikwels is dit belangriker saam met wie ons die Bybel lees as wat ons eie perspektief is. In die leiers van Handelinge 15 het eers geluister na die getuienis van die sendelinge, van ervarings van heidnene wat tot bekering kom, op wie die Gees gekom het en wat gedoop is.  Verhale wat hulle stom moes gelaat het omdat dit eenvoudig buite hulle ervaringsraamwerk as “Joodse” volgeelinge van Jesus.

Dalk nog belangriker is dat Welcker se die begwegings van die Gees word ten beste verstaan uit verhale van “suffering”.  Daardie eerste gesprek met die gemeente, jare gelede, het ‘n spesifieke draaipunt gehad.  Iemand het ‘n verhaal vertel van die genade van ‘n tweede kans. ‘n Verhaal wat gebore is uit groot foute wat gemaak is en baie pyn en droefheid wat dit tot gevolg gehad het, maar die wonder van die genade van ‘n tweede kans wat binne die gemeeneskap van die gelowiges aan hom gegee is.  Die verhaal het die leiergroep so aangegryp dat hulle gemeenteroeping daardeur laat vorm het.

Lees gerus die getuienisse van die bewegings van die Gees hierdie Pinkster onder ons gemeentes en raak hopelik bewus van die beweging van die Gees in jou eie gemeente.

Waar en by wie leer gemeentes as hulle vasgeloop is?

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Jy is ‘n kerkraadslid (of gemeentedominee), dit gaan moeilik in die gemeente, oor ‘n tyd al raak julle antwoorde en julle hoop minder. Gemeentelede kyk na julle as kerkraad vir antwoorde.  Julle het al verskeie “bekende“ antwoorde probeer soos: 
• meer kommunikasie met die wyke,
• dominee is onder druk gesit om lidmate meer te besoek,
• ‘n jeugwerker is aangestel,
• na ‘n lang debat is die orrel vervang met ‘n “band”  en
• julle is besig om ‘n kleingroepmodel te implementeer om wyke wat nie meer werk nie, te vervang. 
• O ja julle stuur die dominee gereeld vir VBO-kursusse sodat hy op hoogte kan bly van nuutste ontwikkelinge.

Julle is in sommige gevalle tevrede dat van die veranderinge ‘n verskil gemaak het, maar oor die algemeen het daar nog nie werklik deurbrake gekom nie. Jy woon die Ringsitting by met die hoop om daar antwoorde te kry op jou verslae, maar jy leer baie gou dat die gemeente hier moet verslag doen en liewer van die suksesse praat en nie van die vasgeloothede nie, ons wil darem nou ook nie voorgee asof ons slegter vaar as die res nie.

So waar moet gemeentes leer as hulle vasgeval het?

Laat ek eers die ongemaklike werklikheid gee soos wat ek dit sien. Gemeentes het nie in die sisteem van ons kerke ‘n plek waar hulle eerlik mag wees oor probleme nie ( Ek weet daar is uitsonderings en ek is dankbaar daarvoor maar hulle is die uitsonderings – ek kom later na hulle terug)  In die normale gang van sake is gemeentes eintlik maar aan hulle eie lot oorgelaat om self te sien en kom klaar.  Ek was self in my bediening in gemeentes waar ons raadop was en as ons nie self leergeleenthede geskep het nie, sou ons nie uit ons probleme kon kom nie.  Laat ek eerlik wees- dikwels het ek ervaar dat ringsgemeentes soms heimlik sit en wag dat buurgemeentes swaar kry sodat hulle daaruit voordeel kan kry. Wie gaan die buit verdeel as die volgende gemeente vou! Is meer dikwels die vraag, as hoe kan ons hierdie gemeente wat nou sukkel help om nuwe antwoorde te kry.  Vir die rekord as ek terugdink het ek aan beide kante van die draad gesit en nie noodwendig beter gedoen as ‘n passiewe wag ek kyk houding as gemeentes in die Ring sukkel nie!

As daar waarheid is in wat ek hierbo sê beteken dit dat ons kerklike sisteem nie ‘n sisteem is waar ons by mekaar kan leer nie, maar ‘n sisteem waar ons mekaar beheer en kontroleer.

Hoe gaan ons dit breek, kan ons dit breek?

1. Een van die grootste verassings vir ons in die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes is hoe baie gemeentes by mekaar kán leer. Nie alleen uit die ander gemeentes se suksesse nie maar veral uit hulle foute. Ek weet dit is wat die teorie sê oor die sg „excelent mistakes“- die ervaring van die groot korporatiewe firma in Minnesota- 3M wat geleer het dat as hulle nadink oor hulle „foute“ hulle meer leer as wat hulle probeer om hulle suksesse te leer.  Ek het keer op keer gesien hoedat kleiner gemeentes met baie krake in hulle sisteem, ruimtes skep waar groot en suksesvolle gemeentes eerlik kan raak oor wat hulle nie regkry nie.  Die punt is eenvoudig gemeentes leer op hulle beste wanneer hulle by mekaar kan leer, maar as gevolg van die kerklike sisteem waarin ons sit- ons noem dit die verband- het ons verleer om by mekaar te leer en sal ons in baie gevalle eerder sterf voordat ons leer by ander gemeentes.

2. Ek is gefassineer deur die IPL- Indiense Permier Liga wat tans in Suid-Afrika met hulle tweede toernooi besig is.  Hulle het dit reggekry dat die beste kolwer in die wêreld Sachin Tendulkar en ‘n jong ster soos JP Duminy vanoggend saam kolf vir die Mumbai Indians(MI). Watter beter leerskool kan ‘n jong Duminy nie voor gevra het nie? Anderom, watter beter geleentheid het Tendulkar nie om sy vaardighede oor te dra aan ‘n jong ster nie?  Die konsep is eenvoudig- 8 spanne met 4 internasionale spelers in elke span, die beste wat krieket kan bied- speel saam met gevestigde en opkomende Indiese spelers.  Hulle word vriende, leer by mekaar deel geheime met mekaar, maak saam nuwe planne. Krieket gaan eenvoudig nie weer dieselfde wees nie. Die wenners?  Die spel krieket word internasionaal hierdeur bevoordeel, omdat iemand die visie gehad het om die kompetisie-lyne vir ‘n paar weke te deurbreek en ‘n ruimte te skep waar daar  by mekaar geleer mag word. Dit terwyl dit die ICC nie ‘n sent kos nie!

3. Ek weet daar is Ringe waar daar hard gewerk word aan die verhoudings onder leraars en gemeenteleiers en dat daar ‘n groter gewilligheid is om by mekaar te leer.  Let op ek praat nie hier van ondersteun alleen nie. Ondersteuning sonder dat ons mekaar uitdaag tot “leer” is nie op die lang duur volhoubaar nie.  Ons kan by hierdie ringe leer.  Ek het persoonlik die meeste geleer by Ringe in die Oos Kaap waar die Sinodale sisteem oor tyd gewerk het daaraan om Ringe weer groei- en leer-punte te maak. Ek weet van ‘n Ring waar hulle oor ‘n kort tyd ‘n hele klomp sukkelende gemeentes deur die inisiatiewe van die Ring gehelp het om weer meer selfstandig te raak. Hulle het redelik radikale dinge gedoen soos oa die wyse waarop hulle projekte in die Sinodale sisteem befonds, ensovoorts.

Gemeentes is ryper as ooit om te leer.  Ons weet almal dat ons op een of ander manier vasgeloop is en dat die antwoorde nie in die studeerkamers van die akademici ontwikkel gaan word nie, maar daar waar gemeentes met waagmoed risiko’s gaan loop, foute gaan maak maar ook nuwe ontdekkings gaan maak waarvan ons almal kan en moet leer.  Die Tendulkar’s en die Duminy’s moet saam kan leer, is hulle dan nie veronderstel om deel van dieselfde liggaam te wees nie?  Dit is nooit bedoel dat hulle met mekaar moet kompeteer nie, eerder dat hulle mekaar moet ondersteun, aanmoedig en bemoedig sodat die koninkryk deur hulle kan kom!

Die uitdaging is dus denominasioneel maar ook ekumenies  Ek het geleer dat ons eenvoudig meer verstaan van die leiding van die Gees as ons ekumeniese leervennote het, want ons kan mekaar se blindekolle help verlig.

Nkosi Sikelel’ iAfrika

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

In hierdie week van Nasionale verkiesings is die gebed van ons Nasionale Volkslied meer toepaslik as ooit!

Seën ons Here God, Seën Afrika

Seën ons Here God, seën Afrika,
Laat sy mag tot in die hemel reik,
Hoor ons as ons in gebede vra,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Kom woon in ons,
Lei ons, O Heilige Gees.
Hou U hand o Heer oor Afrika,
Lei ons tot by eenheid en begrip,
Hoor ons as ons U om vrede vra,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
Seën ons Here God, seën Afrika,
Neem dan nou die boosheid van ons weg,
Maak ons van ons sonde ewig vry,
Seën ons in Afrika,
Kinders van Afrika.

Nkosi Sikelel’ iAfrika
Nkosi Sikelel’ iAfrika
Maluphakanyisw’ uphondo lwayo
Yiva imathandazo yethu
Nkosi Sikelela Nkosi Sikelela
Nkosi Sikelel’ iAfrika
Maluphakanyisw’ uphondo lwayo
Yiva imathandazo yethu
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.
Chorus
Yihla moya, yihla moya
Yihla moya oyingcwele
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.
(Repeat)

Ons preek jare lank oor ‘n nuwe kerkbegrip maar kry gemeentes nie in beweging nie!

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Ek is nou al meer as 20 jaar in die bediening.  En solank ek die kerk ken, sê ons: ons mense het ‘n verkeerde kerkbegrip.  Ons hou konferensies daaroor, preek daaroor, net om na ‘n rukkie by ‘n kerkraadsvergadering of ‘n pastorale gesprek te ontdek – die ou denke oor die kerk is nog steeds well alive and kicking. Mense sal nog intelektueel instem met ‘n nuwe kerkbegrip, maar as dit kom by die uitleef daarvan, die beliggaming daarvan, is dit asof daar soms geen beweging kom nie.  Byna asof ‘n mens vassit – stuck is – in ‘n mindset.

Julle sou agtergekom het dat die sisteem teorie van Peter Senge ‘n groot invloed in my denke oor tranformasie in gemeentes het. Ek lees onlangs die volgende op Alan Hirsch se webblad hieroor. Kyk gerus by www.theforgottenways. org:

The understanding of human organizations in terms of complex living systems is likely to lead to new insights into the nature of adaptibility, and thus to help us deal with the complexities of  church and mission in this vastly changed scenario. Moreover, it will help us create organizations that are sustainable, since the principles of organization of ecosystems, which are the basis of sustainability, are identical to the principles of organization of all living systems.

We need a different lens with which to view organizations and leadership if we wish to move beyond the captivity of the mechanistic paradigm which clearly dominates our approach to leadership and church.  It is the actual paradigm that is being addresses here, and not the incidentals. This relates directly to what has been said previously regarding the paradigm of Christendom. But here we will explore the nature of organizations and leadership per se.

A paradigm, or systems story, “is the set of core beliefs which result from the multiplicity of conversations and which maintains the unity of the culture.”

Most change programs concentrate on the petals; that is, they try to effect change by looking at structures, systems and processes. Experience shows us that these initiatives usually have a limited success. Church consultant Bill Easum is right when he notes that…“Following Jesus into the mission field is either impossible or extremely difficult for the vast majority of congregations in the Western world because of one thing: They have a systems story that will not allow them to take the first step out of the institution into the mission field, even though the mission field is just outside the door of the congregation.”

He goes on to note that every organization is built upon on what he calls “an underlying systems story.”  He points out that “…this is not a belief system. It is the continually repeated life story that determines how an organization thinks and thus acts.  This systems story determines the way an organization behaves, no matter how the organizational chart is drawn.  Restructure the organization and leave the systems story in place and nothing changes within the organization.  It’s futile trying to revitalize the church, or a denomination, without first changing the system.”  Drilling down into this systems story, the paradigm, or mode of church, is he suggests one of the keys to change and constant innovation.

A lot of energy (and money) is put into the change program, with all the usual ‘selling the vision’ exercises, consultations, workshops, and so on. In the first few months things seem to be changing but gradually the novelty and impetus wears off and the organization settles back into something like its previous configuration. The reason for this is simple, though often overlooked—unless the paradigm at the heart of the culture is changed there will be no lasting change.

I discovered this time and again while working with my denomination.  My aim was to try cheat history by recovering a missional mindset and a movement ethos as the central paradigm of the denomination. On reflection we managed to get the missional part of the equation into the centre, but we were not able to instill a movement ethos because of a deeply entrenched institutional paradigm at the heart of the organization.

The problem is that most people see the church as an institution and not an organic movement (a living system.) in spite of the fact that the Bible is replete with organic images of church and Kingdom (body, field, vine, soil, etc.) In such a situation, all efforts at other change were doomed to failure. The structures just revert back to default once the pressure of change is alleviated. The fact remains that for this very reason the vast majority of Christian institutions throughout history never renew and change. The institutional systems story informs so much of what we do. Machiavelli was right,

“Nothing is more difficult to carry out, nor more doubtful of success, nor more dangerous to handle, than achieving a new order of things.”

So vra ‘n vriend aan wie ek die artikel gestuur het: “Nou, wat is die antwoord?  Die artikel het my nuuskierig gemaak!”

Laat ek eers begin by wat die antwoord nie is nie. Ek dink Easum is reg – ons moet eenvoudig eerlik met onsself wees oor die feit dat baie van ons pogings tot transformasie misluk, nie omdat ons slegte teologie het nie, ook nie omdat ons nie probeer nie, maar omdat ons gekaap is deur ‘n paradigma – Easum noem dit ‘n system story – wat so diep in ons gegraveer is dat ons nie eers weet dat dit daar is nie. Die waarheid is dat ons nie ontsnap uit die houvas van die sisteem storie deur die opdoen van nuwe kennis nie.  Daar is ‘n punt waar nog nuwe navorsing en kennis ons eintlik net nog verder laat vasval. Ons breek die houvas van die sisteem storie alleen indien ons bereid om dit te begin leef, of laat ek liewer sê, begin waag om dit self te leef.  Die ons wat ek hier in gedagte het, is die predikante en die leiers van die gemeente. Ons kan nie verwag dat preke en kursusse oor gestuurde gemeentewees bv, alleen die gemeente in beweging gaan bring nie.  Vergeet dit, of liewer, spaar jou asem.

Die antwoord is eintlik eenvoudiger as dit, en in my vriend se geval meer voor die hand liggend as wat hy dalk besef.

Ek wil my vriend so antwoord.

Begin om dit wat jy preek en verkondig, te beliggaam met jou leiers. Onlangs het jy my ‘n storie vertel waar jy julle leiers uitgedaag het oor die vraag of God ‘n werklikheid is in die praktyk van julle vergaderings.  Na ‘n ongemaklike stilte, vertel jy, het een van die leiers eerlik geraak en gesê: “Ons weet mos die Here is nie werklik in ons gedagtes as ons besluite neem nie.  Maar, hoe doen ‘n mens dit?”

Dit was ‘n geleentheid wat jy raakgesien het.  Jy kon hulle toe blootstel aan die gewoonte om Godsvrae te vra terwyl julle vergaderings hou. Dit is die begin van die antwoord: Om die kennis om te skakel in eenvoudige herhaalbare gewoontes wat die nuwe denke beliggaam.

Jy sal agterkom dat, indien jy daarmee aangaan en met geduld leiers help om dit in te oefen, die ou sisteem storie van julle gemeente, wat in julle geval ‘n baie gesofistikeerde intellektuele narratief is, begin verkrummel en dat ‘n nuwe beweging in julle denke en lywe in die plek daarvan begin kom. Die kern oortuigings van julle huidige sisteem storie – alla Easum – gaan in die ontdekking van God se teenwoordigheid en direkte leiding in julle vergaderings stelselmatig begin plek maak vir nuwe oortuigings.

Omdat jy baie goed onderleg is in die teorie en praktyk van die Seisoen van Luister weet ek jy kan dit doen – ek wonder net of jy die geduld gaan hê om hiermee aan te hou en nie weer te default na ‘n nuwe klomp kennis en teorieë nie?

Ek wonder omdat ek self daarme sukkel.

Mag predikante eerlik wees oor hulle roepingsworstelinge?

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Daar het die afgelope twe weke ‘n gesprek ontstaan oor predikante se roeping op die webwerf.  Fredinand het my ingevra oor my persoonlike reis hierrondom die afgelope 18 maande en spesifiek tov ‘n opmerking dat ek my emosioneel moes losmaak van my roeping. my antwoord daarop was baie persoonlik van aard.  Johan du Toit is daardeur ontstel – sien sy kommentaar roeping van predikers- om ‘n paar redes en ek antwoord hom graag soos volg met die hoop dat ek in alle opsigte billik is.

Ek het ‘n dag of twee gewag om te reageer op jou bydrae Johan. Ek moes weer en weer lees om seker te maak dat ek jou goed hoor. Jy is veral bekommerd oor die feit dat verskillende skrywers aangehaal word, en soos in die geval van my vorige reaksie, nie die Bybel nie. Dit is duidelik dat jy baie sterk daaroor voel dat die Bybel die enigste bron is wat ons kan help met die her-ontdekking van ons roeping.  Ek hoop ek het jou goed gehoor.

Dit is nie vir my moeilik om met jou saam te stem dat die Woord die belangrikste bron is vir die her-ontdekking van ons roeping nie. Ek dink egter nie dat die enigste stem is nie. Ek sukkel egter om met jou saam te stem wanneer jy ons aanmoedig om op te hou om ander skrywers buiten die Bybel te lees – julle moet die Woord begin verkondig en wegkom van snaakse boeke, – is jou siening. Vir baie van ons is die lees van boeke soos die gemeenskap van gelowiges.  Om verskillende standpunte na te lees en daaroor te dink, ook mense wat nie gelowiges is of my tradisie deel nie, help my om dieper insig in die Woord te ontwikkel. En daarom vind ek jou oproep dat ons net die Woord moet lees, moeilik om te verstaan.  Sola scriptura het mi nog nooit beteken dat ons net die Byble lees nie, maar wel dat die Bybel die enigste kriteria is waaraan ons al die ander gesprekke meet.  Ek sou verder kon gaan om na die Bybel self te verwys- hoe die Here dikwels ongelowige mense gebruik om met sy volk en kerk te praat.

Oor Covey, ja ons is deeglik bewus van die feit dat hy ‘n Mormoon is.  Maar dit is nie die rede waarom ons sy materiaal gebruik nie.  Ons gebruik dit, omdat dit  internasionaal bekende en erkende materiaal is in die ontwikkeling van leierskap. Buiten Covey is daar vele ander teorieë en insigte van skrywers wat ons gebruik wat nie uit die gereformeerde of selfs christelike tradisie kom nie.  Daar is wonderlike insigte uit die ekumene en sekulêre literatuur wat ons help met hierdie en ander kursusse.

Maar dit is nie die eintlike rede hoekom ek antwoord nie.  Oor bg. sake sal ons waarskynlik verskil van mekaar en dit mag maar, ons hoef nie met mekaar saam te stem om in gesprek te bly met mekaar nie.

Die eintlike saak waaroor ek geskryf het, was die ontwikkelinge in terme van my eie roepingsverstaan en redelik persoonlike omstandighede rondom dit. Ek het gewonder of ek daaroor moet skryf vanweë die persoonlike aard daarvan.  Ek het wel besluit om dit te doen, omdat mense soos Ferdinand vra daarna.  Waarskynlik omdat hulle met dieselfde dinge worstel en nie noodwendig in hulle gemeentes veilige ruimtes het om daaroor te praat nie.  Dominees brand uit, kry seer, word dikwels onregverdiglik be- en veroordeel sonder dat gemeenteleiers bereid is om na hulle te luister.  Laat ek dan maar ‘n slag die gesprek oopmaak, het ek gedink, en Ferdinand se reaksie dui op die waarde daarvan.

Hierdie hele saak het jy gemis, Johan, of dalk net nie gedink dit is belangrik om daarop te reageer nie.  Met respek, dit is sulke soort reaksies wat predikante so eensaam laat wanneer hulle nie meer kan nie en nie weet met wie hulle kan praat nie. Dit sal predikante oneindig veel help indien hulle gespreksgenote het in gemeentes wat saam met hulle dink en bid oor hulle roeping, veral in tye wanneer hulle moet preek, mense pastoraal begelei, moet bid- en hulle het nie woorde nie of selfs nie die energie om nog ‘n besoek te bring nie.

Sulke ervarings is nie omdat ons nie gelowiges is, of omdat ons ons roeping versaak nie, of te min Bybel lees nie, maar omdat ons in ‘n bediening is wat baie emosionele energie vra. Sulke tye is van die beste tye in ‘n predikant se lewe omdat dit gepaard gaan met egte worstelinge met God.  Die ervarings van eensaamheid, van twyfel van depressie, is eg menselike ervarings wat met die Here en met mekaar uitgepraat kan word.

…maar dan moet ons nie met vooropgestelde antwoorde kom nie- dit is eenvoudig nie respekvol teenoor die persoon nie.  Dan moet ons kom met ‘n oop gemoed- met die bereidheid om saam op weg te gaan en antwoorde te soek wat ons nie dadelik kry nie.

Ek het die voooreg gehad om in daardie tyd van uitbranding vriende te he wat met my op reis gegaan het- gewoon omdat hulle vir my omgee.  Ek wens elke predikant sulke vriende in jou gemeente toe.

If we do not stop and listen…

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

A Violinist in the Metro

A man sat at a Metro station in Washington, D.C. And started to play the violin; it was a cold January morning. He played six Bach pieces for about 45 minutes. During that time, since it was rush hour, it was calculated that thousands of people went through the station, most of them on their way to work. Three minutes went by and a middle aged man noticed there was musician playing. He slowed his pace and stopped for a few seconds and then hurried on to meet his schedule. A minute later, the violinist received his first dollar tip: a woman threw the money in the till and without stopping, continued to walk. A few minutes later, someone leaned against the wall to listen to him, but the man looked at his watch and started to walk again. Clearly he was late for work. The one who paid the most attention was a 3 year old boy. His mother tagged him along, hurried but the kid stopped to look at the violinist. Finally the mother pushed hard and the child continued to walk turning his head all the time. This action was repeated by several other children. All the parents, without exception, forced them to move on.

In the 45 minutes the musician played, only 6 people stopped and stayed for a while. About 20 gave him money but continued to walk their normal pace. He collected $32. When he finished playing and silence took over, no one noticed it. No one applauded, nor was there any recognition. No one knew this but the violinist was Joshua Bell, one of the best musicians in the world. He played one of the most intricate pieces ever written with a violin worth 3.5 million dollars.

Two days before his playing in the subway, Joshua Bell sold out at a theater in Boston and the seats averaged $100. This is a real story. Joshua Bell playing incognito in the Metro station was organized by the Washington Post as part of a social experiment about perception, taste and priorities of people.

The outlines were: in a commonplace environment at an inappropriate hour.

  • Do we perceive beauty?
  • Do we stop to appreciate it?
  • Do we recognize the talent in an unexpected context?

One of the possible conclusions from this experience could be:

If we do not have a moment to stop and listen to one of the best musicians in the world playing the best music ever written, how many other things are we missing?