Hoe gee gemeenteleiers leiding in tye van chaos?

Written by Frederick on . Posted in Leierskap

Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte.

  • Die wêreldmarkte het hulle afgeloop in ‘n skuldberg in die VSA, banke is gelikwideer, noodplanne van miljarde dollars is inderhaas ontwerp om te red maar die inpak word wêreldwyd gevoel;
  • Suid-Afrika se president pres Thabo Mbeki is te midde van hoogspanning in die ANC teruggeroep deur sy party en die nuwe “tydelike” president is pres Kgalema Motlanthe. ‘n Hele reeks ministers bedank, permiers word ontslaan of bedank en daar is sprake van ‘n skeuring in die regerende party.
  • Zimbabwe het magsdeling gekry maar dit haak ernstig vas,
  • Prof Piet Strauss se groeteboodskap by die VGK se Algemene Sinode het woede en verontwaardiging ontlok – die moderatuur reageer deur te sê hulle is jammer en te vra vir versoening
  • Die eenheidsproses in die NG-familie knars tot stilstand, vertroue is ernstig geskaad en WARK word gevra om te bemiddel
  • Prof Allan Boesak bedank uit alle leiersposisies in die VGK na afloop van die Gay-debat op die VGK se Algemene Sinode in Hammanskraal.
  • Die koerante kasty die kerke oor hulle onvermoë om te versoen en tot eenheid te kom.
  • Nou het nog nie eers na die chaos in die ekologie, die misdaad, die familie-spanninge, MIV-Vigs … verwys wat ons lewens daagliks chaotiseer nie.
  • Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos? Knyp jy oë toe ignoreer en gaan net aan? Beskuldig jy die leiers, is jy kwaad vir hulle? Word jy ‘n slagoffer van “bose”magte wat die wêreld wil vernietig? Kry jy jouself jammer en besluit die lewe is onregverdig? Of gaan jy in ‘n depressie en kla maar voort met die massa? Voel jy skaam oor ons kerke se onvermoë om hoop te gee en voel jy lus om te sê: Ek-is-nou-wel-deel-van-die-kerk-maar-ek-dink-nie-meer-dat-die-kerk-‘n-boodskap-het-nie.


    Wat ek eintlik wonder oor, is die vraag oor hoe jy oor God dink in sulke tye van chaos?

    Elkeen van die bg strategië is op punte aanloklik, maar ek moet sê op die ou end sien ek nie vir hulle kans nie. Dit is soos Ancy Ammerman op ‘n plek oor nostalgie sê, Nostalgie is vir die oomblik lekker, gee jou ‘n warm gevoel om die hart oor die ou dae, maar in feite is jy besig om jouself kop eerste te begrawe! My aanvoeling is so oor bg reaksies.


    Hoe gee gemeenteleiers in tye van chaos leiding?

    Ek dink dit het alles te make oor hoe ons oor God dink en hoe Hy teenwoordig of afwesig is in die chaos.

    Arnold van Ruler skryf in vyftiger jare, in die dekade van chaos na die Tweede Wêreld oorlog, vir my op ‘n bevrydende manier oor God in die Chaos. God laat nie net chaos toe nie sê hy, maar skep ook chaos! God is nie bang vir chaos nie, Hy is binne-in die chaos. Vergeet daarvan, waarsku hy om die skuld volledig by mense te probeer vind, ja natuurlik is die sondige mens medeskepper van die chaos. Ja die sonde is ‘n belangrike faktor, en so ook die bose, maar op een of ander wyse is dit ingeskakel in ‘n groter werklikheid en dit is God se teenwoordigheid binne-in die pyn en verwarring van die chaos. Natuurlik gaan uit bokant ons begrip en is dit dikwels veel makliker om maar terug te val in ‘n swart-wit teologie wat ‘n duiwel soek om al die blaam op te plaas.


    Gee ons leiding met hierdie swart-wit teologie verval ons in liefdeloosheid, want ons stel onsself buite die chaos, deur ander te blameer. Die teenoorgestelde kan gebeur as ons saam met Van Ruler teologies dapper raak en God probeer raaksien in die chaos- om Van Ruler aan te haal – liefde hou ons in de chaos vast, want as God ook in die chaos is verlam die chaos nie die liefde nie, maar aktiveer dit liefde. Hoeveel het ons nie hiervan gesien in die tyd van die Xenophobia in Suid-Afrika nie. Talle gemeentes het in hierdie tyd van chaos, eenvoudig binne-in daardie chaos getree, hulle kerke oopgemaak, hulle harte oopgemaak en mense net liefgehê. Ek dink dit is mense wat verstaan dat God op een of ander manier in die chaos is en vanuit die chaos met ons praat.

    Hoe sou dit wees as die groeteboodskap van die moderator sou begin met: Broers en susters dit is moeilike tye, maar God is ook hierin saam met ons, en daarom kan ons mekaar te midde van alles liefhê. Broers en susters ek wil maar eintlik net een ding sê, Ek is lief vir julle. Hoe sal die partypolitiek anders lyk as christene in daardie sisteme onthou dat elke mense, ook die leier wat ons afsit, na die beeld van God gemaak is. Hoe sou dit wees as die leiers in Zimbabwe onderhandel met die wete God is in die chaos van Zimbabwe teenwoordig en hierdie chaos, hoe omvangryk ookal, kan nie die liefde wat die Gees in ons harte uitstort verlam nie, want dit kom van God af.

    Hoe sou dit wees as jy hierdie week as gemeenteleier onthou: God is in alles wat met ons gebeur, reageer dus op alles wat met jou gebeur asof God daarin is.

    Richard Niebuhr

    Gereformeerde Kuns

    Written by Admin on . Posted in Gemeentes

    PORTRAITS WHICH SPEAK:Reformed “vestry-art” as locus theologicus? 

    This article focuses on the power of, as well as the need for, the visual dimension within the liturgy of the church. The current communication culture in which the image dominates, cannot pass our liturgical praxis and reflection unnoticed. The article shows that when this visual need is not attended to within people’s religious practice, a natural compensation for this visual poverty sets in. This compensation has also become a reality within the loca sancta of the Reformed tradition, and finds expression in the portraits of Reformed ministers and professors. These images, however, communicate a certain theology to its onlookers. By using actual examples of these images as locus theologicus, an argument can be made out for the inculturation of these portraits within the Reformed tradition in South Africa; this will set out to demonstrate the fact.


     


    Laai die volledige artikel hier af