Die Lewende, Regerende, Doenende Christus

Written by webmeester on . Posted in Nagedagtes

Dit gaan in die
kerk en in die bediening nie oor ons en ons planne nie, maar oor Christus – die
lewende, regerende, doenende Christus. Jesus is nie dood of weg nie – Hy is
hier en deur die Heilige Gees sit Hy die werk wat Hy begin het voort en sal Hy
dit ook klaarmaak. 

Dit is die
boodskap van Dr Andrew Purves, professor in Pastorale Teologie van die
Pittsburgh Theological Seminary, wat tans in Suid-Afrika op besoek is.

Dr Purves se
teologie en verstaan van die bediening wentel om twee oortuigings.  Die eerste is dat Jesus Christus ook in ons
dag en tyd `n lewende werklikheid is – nie net as `n raamwerk of beginsel of `n
goeie voorbeeld nie, maar as `n lewende Persoon.  Hy glo dat Christus in elke situasie waarin
ons kom, reeds teenwoordig is en besig is om sy werk te doen.

Dit is
interessant dat Hy bewustelik kies om meeste van die tyd van Jesus te praat. Hy is bang, sê Hy, vir Name
wat te veel rus op ons konstrukte en interpretasies – asof ons nie regtig die historiese
verhale oor Jesus kan vertrou nie.  Hy
meen dat ons in ons denke oor Jesus ons moet laat lei deur die verhale en
oortuigings van die NT.

Die tweede
oortuiging agter sy pastorale teologie hang saam met die werk van die Heilige
Gees wat kom om ons as gelowiges aan Christus te bind.  Dit was vir my `n goeie verrassing om te sien
hoeveel Dr Purves skryf oor die gelowige se vereniging met Christus.  In sy voordragte werk het hy baie met Joh 15
se beeld van die wynstok en die lote en Paulus se uitdrukking “in Christus” –
wat in varierende vorms blykbaar rondom 160 keer in Paulus se briewe gebruik
word.

Daarmee wil hy
beklemtoon dat ons as gelowiges en bedienaars van die evangelie nie in die
eerste plek geroep word om Christus te imiteer (na te boots) of sy voorbeeld na
te volg nie, maar eerder om in `n diep verhouding met Christus te leef waarin
ons “deel word en deel kry” aan Hom en aan al die gawes wat Hy vir ons verkry
het. 

Hy het diè
gedagtes pragtig uitgewerk in sy boek Restructuring
Pastoral Theology
. Ek het die boek drie jaar terug met groot verwagting
gekoop omdat `n groot deel van my werk op die oomblik is om saam met predikante
na te dink oor hulle bediening. 

Die boek was in
alle opsigte `n goeie verrassing.  Die
eerste verrassing was dat Purves eers in die tweede helfte van die boek oor ons
as predikante se bediening begin skryf! 
Die eerste deel van die boek gaan oor die Bediening van die Lewende
Christus. Hiermee gryp Purves terug na die oortuigings van die Vroeë Kerk (oa Athanasius
en die Kappadosiers), die Reformasie (veral Calvyn), maar, glo hy, ten diepste
na die boodskap van die Nuwe Testament. 
Die goeie nuus van die evangelie is dat Christus na sy Hemelvaart nie
regtig weg is nie, maar steeds deur die Heilige Gees onder ons woon en werk.  Hy is en bly die Eerste Bedienaar van die
Evangelie!

In die tweede
deel van die boek kom hy dan by ons bediening – wat net behoorlik en
betekenisvol gedoen kan word as ons dit in vereniging met Christus doen.  Die sentrale daad in elke deel van ons
bediening is dat ons getuig van Christus en na Hom heenwys.  Ons kan nie regtig mense help nie. Dit is nie
vir ons wat mense nodig het nie.  Hulle
het vir Christus nodig en ons taak is om hulle te help om Hom en sy werk in hul
lewens en in die wêreld buite ons raak te sien.

Purves skryf dan
pragtig oor vier bedienings van die predikant: 

  • Die bediening van God se Woord
  • Die bediening van God se genade
  • Die bediening van God se
    Teenwoordigheid by ons
  • En die bediening van God se
    heerskappy

Andrew Purves se
boeke het my die laaste twee jaar baie gehelp in my eie denke oor die
evangelie, oor die kerk en oor die bediening. 
Hy het my gehelp

  1. om te verstaan dat dit in die kerk
    steeds oor Christus gaan en dan ons moet oppas dat ons die Christologiese
    kern van die evangelie nie verloën of verloor nie. 
  2. om weer te verstaan dat Christus nie
    `n idee of `n voorbeeld of beginsel is nie, maar `n lewende, teenwoordige
    Persoon wat soek daarna om in `n verhouding met ons te leef.
  3. om weer te gaan kyk na die tweede
    deel van Jesus se lewe nl dit wat by die Hemelvaart en na die Hemelvaart
    gebeur.  Ons is geneig om hierdie
    tweede deel van Jesus se lewe gruwelik te verwaarloos – en dit is waar
    baie van ons probleme begin…
  4. om die wese van die bediening nuut te
    verstaan in die lig van die wesenlike insigte van die reformasie.  Ons kan nie in `n totaal nuwe situasie
    presies soos hulle dink en praat oor die bediening nie, maar ons kan oor
    die kernpunte van die evangelie, sy werking en die bediening steeds baie,
    baie by hulle leer
  5. om te verstaan dat `n groot deel van
    ons bediening daarin bestaan om mense te herinner aan die werklike
    Teenwoordigheid van Christus – wat by ons is, selfs in die deurmekaarste
    van situasies (sien die tweede deel van sy boek).

Purves se werk het my ook nuuskierig gemaak oor die Skotse gereformeerde
tradisie en my genoop om weer te gaan kyk na mense soos Knox, en veral die
Torrances.  Die Skotse gereformeerdes is
natuurlik na aan ons, maar op sekere punte is daar tog interessante ander
klemme.  My indruk is bv dat die Skotste
tradisie sterker as Hollandse gereformeerdes klem lê op die priesterlike faset
van Christus se werk en ook van ons bediening. 
Hierdie klem het my die laaste tyd persoonlik baie gehelp.  Maar ek skryf op `n ander dag meer daaroor.

Ons is gelukkig om Dr Purves tans op besoek te hê in SA.  Elders op die webblad is daar `n lys van sy
optredes.

Brugbediening: 4de Nuusbrief – Julie 2008

Written by webmeester on . Posted in Begelei mekaar

Vorming van Ekumeniese Netwerk

Die bal is op 20 Junie 2008 aan die rol gesit vir die vorming van ‘n ekumeniese netwerk vir die Brugbediening (Interim Ministry) in Suid-Afrika. Nege denominasies is uitgenooi na die byeenkoms nl die Ned Herv Kerk van Afrika, Anglican Church in South Africa, Uniting Presbyterian Church in Southerrn Africa, United Congregational Church of Southern Africa, Evangelical Presbyterian Church of South Africa, Methodist Church, Verenigende Geref Kerk in Suidelike Afrika, Geref. Kerke (SA) en die Ned Geref Kerk. Die meeste van die denominasies het verteenwoordigers kon stuur. Ook was ‘n groep van die opgeleide brugpredikante teenwoordig. ‘n Lewendige bespreking het tydens die byeenkoms te Kempton-Kruingemeente (NGK) onder voorsitterskap van Hugo van der Linde in Kemptonpark plaasgevind. Dit het geblyk dat die sin, waarde en moontlikhede van die Brugbediening in al meer kerke raakgesien word. ‘n Klein kommissie is aangestel om voorstelle te maak hoe die netwerk vir die Brugbediening in Suid-Afrika sou kan funksioneer.

Belangstelling Groei Steeds

In die NG Kerk groei die belangstelling in die Brugbediening steeds. Vanaf die Wes-Transvaalse sinodale gebied kom verskeie predikante vir die opleiding in Brugbediening wat op 4 Augustus vanjaar in die Noorde begin. Ook in die Noord-Kaap, Wes-en Suid-Kaap en Herv Kerk stel al meer predikante belang. In die Kaap  vind ook opleiding plaas en in verskeie gemeentes is brugpredikante werksaam. Sommige van hullle ondergaan in-diens-opleiding in die Brugbediening. Navrae van gemeentes kom oor die hele land. Die konsep van ‘n spesiaal-opgeleide predikant wat gemeentes begelei in oorgangsituasies soos tydens predikants-vakatures is nog ‘n vreemde begrip en kerkrade is dikwels  huiwerig om hierdie perd op te saal. Maar die afgelope tyd het verskeie kerkrade in die sinodale gebiede Hoёveld en Wes–en-Suid-Kaapland verslae ingelewer tov brugpredikante se bediening wat hulle dienstyd voltooi het.  Hierdie verslae is ter insae beskikbaar. Die Here seёn  hierdie werk ryklik!

Wie is beskikbaar vir Opleiding?

Ons het begin om emeriti en mense kort voor emeritaat te betrek om verskeie redes. Hulle gesinsomstandighede is sodanig dat emeriti se kinders uit die huis mag wees en hulle meer mobiel kan wees. Ouer predikante is waarskynlik meer ervare, maar nie elkeen is daarom noodwendig geskik as brugpredikant nie. ‘n Aanbevelingsbrief van die laaste gemeente word gevra want die goeie hantering van mense en gemeentes is wesenlik belangrik. Daar is soveel veranderings in die wêreld en in besonder in ons land aan die gebeur dat die brugpredikante daarop ingesteld en opgelei moet word om o.a.  konflik en transformasieprosesse te kan hanteer. Predikante kan gerus oorweeg om vanaf 55 jaar en selfs vroeёr brugpredikante te word. Opleiding kan gedoen word al is brugpredikantskap nie direk in hulle beplanning nie. Die opsie kan oopgehou word. Die Here kan skielik so ‘n situasie oor mens se pad bring!

Besonderhede oor die Opleiding

Vanjaar word by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening, van die Teologiese Fakulteit, Universiteit van Pretoria, weer eens ‘n 6-maande opleidingskursus  deur medium van Afrikaans aangebied. Die kontakweke vind op  4 tot 7 Aug  en 21 en 22 Oktober 2008 plaas.  Die Brugbedieningsopleiding deur medium van Engels het nie vanjaar deurgegaan nie. Errol Dengler van Anglikaanse kant is vanjaar by UP ingeskryf vir die Afrikaanse kursusaanbieding en beoog om gedurende September  ook in die VSA opleiding te ondergaan. Moontlik kan hy volgende jaar met die aanbieding van die Engelsmedium opleiding van interim ministers behulpsaam wees. Vir meer besonderhede oor vanjaar se opleiding, kan Suki by 012 420 4951/2 geskakel word of vir Howard by 082 371 9346. E-pos : dutoit@netactive.co.za  Ook deur Communitas word vir 18-20 Augustus 2008 ‘n kursus beplan en daaroor kan met Pierre Goosen geskakel word. Sy kontaknommers is 021 808 2914 / 808 3382 of sel 083 630 5676. E-pos is pmgoosen@sun.ac.za
Hartlike groete en beste wense vir ‘n geseёnde bediening!

Taakgroep : Sinode Wes-en-Suid-Kaapland – Bossie Muller en Pierre Goosen
Taakgroep : Sinode Hoёveld – Dolf de Beer, Jan Botha en Howard du Toit

Zimbabwe… die laaste uitweg

Written by Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief

“In `n oorlog is die eerste wat sterf die waarheid”

Op hierdie stadium lyk dit nie of die mense van Zimbabwe Vrydag na die stembusse sal gaan om in `n opvolgverkiesing te stem nie. Wat wel seker is, is dat onsekerheid, spanning, geweld, onreg en lyding hoogty vier. Soveel stemme het die afglope tyd opgegaan wat die krisis in daardie land in die sterkste moontlike taal veroordeel het dat `n mens wonder of daar menslik gesproke nog iets nuuts gesê kan word wat werklik gehoor sal word. Resente ervarings het ons op hierdie punt diep ontnugter en moedeloos gelaat. Dalk is dit daarom juis nou nodig om vanuit `n geloofsperspektief oor Zimbabwe te praat.

Nou die dag loop ek `n dame raak wat lank in Zimbabwe gewoon het. Haar man is in die sewentiger jare daar in `n motorongeluk dood, maar sy was nog jare lank die skriba van die NG gemeente op Masvingo. Zimbabwe het van haar `n baie groot prys gevra. Sy het haar man daar verloor en so ook al haar finansiële sekuriteit. Tog straal daar uit haar `n sagte blymoedigheid wat jou skaam laat. Dit was egter `n opmerking van haar wat my weer diep laat dink het. “Ai ds, ons bid al soveel jare vir Zimbabwe. `n Mens wonder baie dae wanneer God ons gebede sal verhoor.”

Ek het dadelik twee dinge besef. Hier is iemand voor my wat al vir baie jare baie dieper en innniger vir Zimbabwe bid as wat ek ooit kan droom. In die tweede plek het ek net weer besef dat God sy eie tyd het. Ons verstaan dit moeilik en raak soms ongeduldig daarmee. Tog wys die geskiedenis vir ons dat geen onreg ooit permanent duur nie. Daarvoor sorg God self. In die geval van Zimbabwe sal dit ook nie anders wees nie. Maar ek kon nie anders om nog verder te dink nie.

Die afgelope tyd is daar soveel pogings aangewend om oproepe tot `n verskeidenheid van politieke leiers te maak om in te gryp. Enersyds is dit altyd moeilik om `n oor by dié besige mense te kry. Andersyds roep die oomblik ernstige vrae op oor hoe suksesvol dit was. Dan maak die getuienis van die oud-Zimbabwier nog gedagtes by my los. Daar is natuurlik `n Koning wat baie toeganklik is en dikwels juis op ons wag dat ons ons diepste versugtinge aan Hom sal openbaar, al ken Hy ons harte dikwels beter as wat ons dit self ken. Ja, al voel dit vir ons of alle opsies menslik gesproke uitgeput is, is God nog steeds God. Daarom lyk dit vir my of daar iets baie vanselfsprekend is wat nou in hierdie dae op gelowiges se tafel behoort te wees: Volhardende gebed vir Zimbabwe. Oor die hoe daarvan hoef ons nie voorskriftelik te wees nie, maar dat dit moet gebeur lyk vir my onverhandelbaar.

Laastens behoort daar ook vanuit die kerk `n profetiese stem aan alle leiers direk betrokke by die situasie te gaan. Dit mag kras klink maar moet gesê word. God oordeel en sal volmaak en regverdig oordeel. Niemand  kan dit ontduik nie. As die kerk dit nie meer sê nie moet ons `n groot deel van die Bybel nie meer ernstig neem nie. Dit staan nie teenoor sy liefde nie maar is juis `n werklikheid omdat Hy liefhet. Die onreg in Zimbabwe skreeu ten hemele. Ons hoef nie meer daaroor te wonder nie.  Enige regdenkende persoon sal dit erken. Van die uitsprake die afgelope tyd is nie net `n miskenning en uitdaging van basiese menseregte nie, maar ook basiese logika en intellek. Die mense van Afrika is nie dom nie. Hulle sien dit raak.

`n Laaste sensitiewe opmerking teenoor die leierskap, juis vanuit `n morele perspektief. Moet asseblief nie `n skaduwee gooi  oor die integriteit en morele hoë grond wat deur die bloed van mede-Afrikane in `n bevrydingsstryd verwerf is nie. Deur nou stil te bly oor die skreeuende onreg wat teenoor mede-Afrikane gepleeg word, kruisig julle dit waarvoor die wêreld jul eens geëer is.

`n Laaste word van hoop. Diegene wat onlangs daar was sal weet dat die land na die somerreëns so mooi is soos wat dit kan wees. Dit hou altyd die belofte van herstel in. Net soos wat seisoene kom en gaan sal God se nuwe somer ook weer in Zimbabwe aanbreek.  Onthou die nag is dikwels op sy donkerste voor die nuwe dag breek. Intussen weerklink die stille rouklag en geween  van Zimbabwe se mense steeds helder in my ore. Dit was juis die aanskoue en geween van mede-gelowiges daar wat by my die diepe oortuiging gelaat dat God dit sal hoor. Kom ons bid almal saam vir hulle.

Apostels van die onmoontlike kom uit onverwagte oorde

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Ek reageer in hierdie bydrae op Jannie Swart se bydrae oor Apostels van die Onmoontlike.

Jannie jou bydraes inspireer my elke keer baie dankie- terwyl jy in St Paul die New York Times lees was ek in die Bosveld- Lephalale (of te wel Ellis-Ras). Dit is die wereld van die Waterberg alom bekend vir hulle warm politiek en het ek die week ontdek hulle onbetwisde ondersteuning vir die Blou Bulle- en dit nog op ‘n naweek wat die Blou Bulle die halfeind stryd met ‘n merkwaardige wedstryd wen! Die konteks van die Derrida en Marion debat in jou bydrae- Apostels van die Onmoontlike, is oenskeinlik baie ver van die wereld agter die Waterberge, en tog is dit nie, ons leef uiteindelik almal maar onder een dak.

Jy verwys in jou bydrae na die hewige debat wat Stanley Fish losgemaak het en die sterk menings dat godsdiens en politiek liefs uit mekaar gehou moet word. Die oorsprong van hierdie denke is in die oortuiging dat dat waardes en feite in twee verskillende werelde hoort. Lesselie Newbigin het dit geidentifiseer as een van die mees vernietigende gevolge van moderniteit op geloof en die kerk.  Toe loop ek daar in die Bosveld mense raak wat die fact/value split op ‘n wonderlike manier oorbrug.  Evangelie staan nie los van die daaglikse burgerlike lewe nie, maar is daarmee verweefd. Op ‘n verassende manier word die onmoontlike vanuit ‘n diep verbintenis aan God verwag. Die rede moet in hierdie wereld eenvoudig buig voor die geloof. In die Bosveld is dit beslis nie ‘n geromantiseerde geestelikheid nie, daarvoor is die Bosveld se son eenvoudig te warm en die droogtes te gereeld. Finansiele krissise, onreg in die besigheidswereld, ‘n jong kind wat sterf terwyl hy in London werk, ‘n maatskaplike werker wat met kinders werk wat selfmoord pleeg, is alles deel van die gesprekke van die week. In die gesprekke ontdek ek by hulle ‘n praktiese redelikheid wat vanuit diep geloofsoortuigings groei.

Oppad na Ellis-Ras is dit duidelik dat die politieke transformasie nie die wereld agter die Waterberge oorgeslaan het nie. Die padtekens is nog verward deur die skielike transformasie en wissel die oue en nuwe werelde af met reelmaat,  40km na Ellis-Ras, ‘n end verder 20km na Lephalale. Warmbad is nou al ‘n paar jaar Bella-Bella, Nylstroom is Modimolle. Dat die gemeenskap in ‘n interessante hoofstuk van hulle geskiedenis is, blyk ook in wat met die ekonomie gebeur het.    Veeboere het hulle toenemend na die gasvryheidsbedryf gewend en ontvang weekliks mense van oor die wereld. Adverteer hulle wildplase op die internet en gesels oor watter agent in New York hulle die beste diens sal lewer.

Hier in die diep Bosveld teen die grens van Botswana het boerdery plek gemaak vir mynbou en ‘n kragstasie is nou die hoofbron van inkomste. Ek staan op ‘n koppie en neem ‘n foto van die pragtige boomryke bosveld. As jou oe nog goed is, sien jy die torings van die van kragstasie teen die horison soos reuse kameelperde in ‘n ry met rook in hulle bekke.

Oppad terug verwonder ek my oor die geloof waarmee ek hier te make gehad het. Wat is dit wat Afrika aan ons westerlinge en almal wat blootgestel word aan die westerse leefwyse doen? Is ons pre-moderne oningeligde Afrikane wat nog die hou van die sekularisasie moet kry? Sal ons nog leer dat God eintlike ‘n mite is wat pas in die denke van die pre-moderne mens? Ek weet baie van ons wonder of dit nie maar net tyd is voordat die implikasies van moderniteit en haar boetie, sekularisasie ons gaan tref en of in ‘n ontkennende fundamentalisme transformeer, of van ons siniese laat-moderne mense gaan maak wat opgee dat geloof en rede met mekaar te versoen is.

Ek is onverwags met die teendeel begroet. Waarin le die verskil- as daar ‘n verskil is- tussen die debatte in die NY Times en die gesprekke in Lephalale? Ek dink die verskil het te make die swaarkry en kwesbaarheid  van Afrika wat belofte toon maar nog lank nie die vrugte smaak van ‘n glad ge-oliede eerste wereldse ekononmie nie. Ons leef in risiko. Ons leer hier van die voorreg om swaar te kry, waarvan die Bybel praat. Ons het dit nodig om te bly glo dat die evangelie iets te se het vir die manier waarop daar besigheid gedoen word in die dorp, vir die brose verhoudinge tussen kulture en rassegroepe. Die Bosveld is nie ‘n gemaksug-wereld nie, die geriewe van die moderne wereld vat nou maar eers aan die psige van die gemeenskap. Die verhale van swaarkry is naby die oppervlak. Ek het mense in die oe gekyk wat hulle kwesbaarheid verstaan, wat daagliks onthou dat hulle maar van stof gemaak is- Ps 103:15. Le daar meer in hierdie aardse verweefdheid as wat ons aldag besef? Ons aardsheid gee aan ons die gawe van geloof, om God te verwag in die lentereen na die winter. Dit help ons om te onthou dat ons nie God is nie, maar stoffelik en tydelik. Ons kan nog genade ne verdienste van mekaar skei omdat ons daagliks gekonfronteer word met die werklikheid van ons eie onvermoe.

Hulle sukkel nie om te raak te sien dat hulle maar nederig is in die groter prentjie nie- hulle is immers nie inwoners van New York nie. Hulle opregte nederigheid moet nie verwar word met hulpeloosheid nie. Wat my aangegryp het van die mense is dat hulle veel minder sinies is oor SA as die vootstedelinge- daar is by hulle nog ‘n openheid vir die onmoontlike- nie as ‘n romantiese ontsnappingsroete nie, maar as ‘n geleefde verstaan van die werklikheid. Ek het op ‘n onverwagse plek apostels van die onmoontlike leer ken, en my maar net weer uitgevang dat ek so maklik self die moontlike verhef tot die ewige!

Ek hoor al hoe meer stemme opgaan wat se dat ons die platteland nie moet afskryf nie, maar dit begin raaksien as deel van die nuwe missionale breuklyn waar ryk en arm en swart en wit mekaar meer gereeld raakloop as in die voorstede van ons metropole. Ek hoor al hoe meer verhale wat my laat besef ons gaan meer hoop kry in gemeenskappe waar mense hulle interafhanklikheid nie kan ontken nie maar daagliks leef.(stad of platteland) Dit is in hierdie gemeenskappe wat ons verras gaan word deur die grensoorskeidende krag van die Gees. Ek wonder of ons al die onmoontlike geleentheid van ons gemeenskap in Suider Afrika werklik ontdek het, as ek mag, of die gemeenskappe dit self aldag raaksien? Sien die gemeentes raak dat hulle ‘n unieke geleentheid het om die koninkryk te laat kom?