It is time the heroes go home

Written by webmeester on . Posted in Gemeentes, Leierskap, Padlangs met gemeentes

De La Rey sal nie die boere meer kan lei nie

Gemeente leierskap vir vandag

De La Rey, De La Rey
sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal
soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey

Generaal, generaal
sal jy die Boere kom haal?

Die sentimente van Bok van Blerk se lied leef dalk nog sterker in ons as wat ons dink. Hoe baie sê ons nie vir mekaar dat die Afrikaners nie meer leiers het nie. Tog bly daar maar steeds die strewe om iemand te volg, ‘n leier te hê. Gemeentes soek na predikante met sterk leiersvaardighede: om die gemeente te lei, vernuwing te bring en die kerk weer vol te preek (Die ironie is dat dieselfde gemeentes dan weerstand bied teen die verandering).

Verder Geluister: Lukas 12:13-21 ~ Materiële Rykdom = /≠ Geestelike Armoede

Written by Pieter van Niekerk on . Posted in Preekstudies, Verder geluister

4 Augustus 2013 ~ Elfde Sondag in Koninkrykstyd: Lukas 12:13-21 ~ Materiële Rykdom = /≠ Geestelike Armoede

(Gierigheid is die wortel van alle kwaad)

Is daar hoegenaamd goeie nuus vir rykes in God se nuwe wêreld? Lukas skets “maar ’n bra donker prentjie” vir die rykes (David Bosch, 1990). Maar wie is arm en wie is ryk, mag jy vra?

Verder Geluister: Lukas 11 – Jesus ons wil ook so met God praat…

Written by webmeester on . Posted in Verder geluister

28 Julie 2013 ~ Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Lukas 11 – Jesus ons wil ook so met God praat…

“Bid vir Madiba, tyres en Afrikane se welsyn – ‘n misterie”

Pieter van Niekerk

Ek herinner my dat ek ‘n jaar of drie gelede op dieselfde blog op die kinders gefokus het. Dit word min of meer nie gedoen nie…

“Jesus het onder ‘n vyeboom gebid. Toe Hy klaar is, sê sy dissipels: ‘’Jesus, ons wil ook so met God praat. Leer ons asseblief om te bid.’ ‘Dit is maklik om te bid,’ sê Jesus toe. ‘Praat met God soos met ‘n vriend, en Hy sal luister, God hoor as jy fluister. En selfs as jy nie die regte woorde kry nie, hoor Hy wat in jou hart is.’ ‘Maar hoe moet ons begin?’ vra die dissipels.

Verder Geluister: Lukas 10:38-42 – Te veel van ‘n goeie ding …

Written by webmeester on . Posted in Verder geluister

21 Julie 2013 ~ Negende Sondag in Koninkrykstyd ~ Lukas 10:38-42

Pieter van Niekerk

Te veel van ‘n goeie ding is nie altyd goed nie … (dit kan ‘n obsessie raak)

Vreemd. Dié Jesus darem. Hy bring vrede, maar hy het ook ‘n swaard. Hy genees hier en doen wonders daar, maar hy rus, sonder hom af, gaan bid en gaan slaap sowaar, soos die keer in die boot, terwyl die storm woed. Hy doen so baie, en roep sy volgelinge op om hom na te volg, barmhartig te wees en reg aan die geringstes te geskied, maar dan sê hy Marta is te besig.

‘n Sekere mate van materialisme het in Lukas se tyd ingetree …

Written by webmeester on . Posted in Verder geluister

‘n Sekere mate van materialisme het in Lukas se tyd ingetree …

Pieter van Niekerk

Dié gelykenis word direk aan die samevatting van die wet as liefde tot God en liefde tot die naaste gekoppel. Jesus se gelykenis moes skokkend vir sy Joodse gehoor gewees het. “Die Samaritane, wat deur die Jode gedemoniseer is, as onmense of nie-mense beskou en behandel is, word deur Jesus gehominiseer, tot werklike mense van vlees een bloed, net soos die Jode self verhef. Waar Jesus op die toneel verskyn, word elke ‘outsider’ ‘n ‘insider’, word elke buitestaander ‘n lid van die binnekring, word elke vreeemdeling ‘n bekende en elke vyand ‘n vriend” (Bosch 1990).

SESDE SONDAG IN KONINKRYKSTYD 2 KON 2:1-18 EN GAL 5:1-2, 13-25

Written by webmeester on . Posted in Verder geluister

AKTUELE KOMMENTAAR: SESDE SONDAG IN KONINKRYKSTYD

2 KON 2:1-18 EN GAL 5:1-2, 13-25

Jurgens Hendriks

Met die eerste lees wonder mens wat jy van die skrifgedeelte kan maak. Maar na die lees van die eksegese en die begin van “luister” na die woord en die wêreld word jy letterlik oorval met hoe ongelooflik modern of aktueel die Woord bly. Daar is niks nuuts onder die son nie. Die geskiedenis herhaal homself – telkens in ? ander gewaad!

 Lees hier verder…