{ARGIEF}

Positiewe Ouerskap

OUERS VERTEL HOE HULLE NA KINDERS LUISTER

Ons kyk na die pad om te volg as ons waardes wil vestig:

Doeltreffende kommunikasie → positiewe verhoudings → Veilige ruimte vir vestiging van waardes

Kinders se grootste klagte oor ouers is: “Hulle luister nie na wat ons sê nie”. Ouers se reaksie:Dit is nie waar nie”. Om ons einddoel te bereik, begin ons dus heel voor,  by kommunikasie. Klaarblyklik is ouers van mening dat hulle wel luister, terwyl hulle kinders dit anders beleef.  Wat kan ouers doen om hulle kinders te oortuig dat hulle luister?

Hier volg wenke van ‘n aantal ouers:

read more

Verhoudings maak waardes moontlik in families

Frederick Marais vertel in die boekie “Familie is ‘n Werkwoord”  hoe hy as jong predikant gedink het hy het ‘n roeping om gesinne te leer om weg te doen met die stelsel waar pa en ma die gesag is wat die besluite namens die gesin neem, en dit kinders se taak is om gehoorsaam te wees. In plek daarvan sou hy hulle leer om  as gesin ‘n deelnemende benadering te hê. Hy het gedink hy sou gesinne kon leer dat as pa, ma en kinders  saam besluite neem,  dit met hulle goed sal gaan. Vrugtelose gesprek ná vrugtelose gesprek het hom aan die dink gesit. Hy het agtergekom dat hy nie op die regte spoor was nie, maar waarin die antwoord lê, kon hy nie uitmaak nie. Op ‘n dag het die lig deurgebreek en hy het vir homself gesê: “Jou “stupid”!, die antwoord lê opgesluit in verhoudings. Waar daar gesonde verhoudings tussen ouers en kinders is, sal dit vir hulle moontlik wees om saam besluite te neem en sal dit moontlik wees om waardes te vestig. Dit bring ons weer waar ons verlede week afgesluit het: Die waarheid is dat jy nie jou kind of enigiemand anders op enige manier kan beïnvloed om op ‘n verantwoordelike manier sekere waardes te beoefen as julle nie ‘n positiewe verhouding het nie. Stephen Covey skryf in sy boek “7 Habits of Highly Effective Families” die volgende: “One of the biggest mistakes people make is trying to teach (or influence or warn or discipline) before they have the relationship to sustain it”.

As goeie verhoudings ‘n voorvereiste is vir die oordra van waardes, wat doen ons om daarby uit te kom? Die slegte nuus is dat daar nie ‘n kortpad is nie. Die goeie nuus is dat dit vir almal van ons is moontlik is. Bygesê, dit is harde werk. Dit sal boonop soms nodig wees dat ons van ou, gevestigde sienings afstand doen, om nuwe gesindhede en vaardighede te ontwikkel.

read more

DIE “WAARHEID” OOR “WAARDES”

DIE VERBAND TUSSEN VERANTWOORDELIKHEID EN WAARDES

Ek is bly dat ‘n ouer vra waarom ons nie ook saamgesels oor waardes nie, terwyl gesprekke daaroor op die oomblik soveel aandag geniet. Hoe, wil die ouer weet, dra ons waardes aan ons kinders oor? Liewe ouer,  dis nie ‘n verskoning vir die versuim nie, maar moontlik is dit omdat waardes en die vestiging daarvan die basis van die POSPAR kursus vorm. Die hele kursus handel eintlik daaroor. Wonder u nog of u ‘n kursus wil bywoon?

Wanneer ouers aan die begin  van ‘n POSPAR kursus gevra word om aan te dui wat hulle vir hulle kinders begeer, kom hulle sonder uitsondering  daarby uit dat hulle hoop dat hulle kinders sal ontwikkel tot volwasse grootmense wat verantwoordelik is en positiewe waardes uitleef. Dit is nie ‘n nuwe versugting nie. In Dr Hain Ginott se boek “ Between Parent and Child” wat in 1956 verskyn het, skryf  hy reeds daaroor. Omdat dit vir ouers so belangrik is, begin ons vandag daaroor gesels.

read more

Waardes kweek verantwoordelikheid by kinders

ONS GESELS VIR OULAAS OOR HUMEUR-VERWANTE PROBLEME

Alle kinders kry nie woedeuitbarstings as hulle kwaad word nie. Kinders wat kwaad is kan ook nors, dikmond en nukkerig  word.  Dit kan aangehelp word as ‘n ouer se dissipline só streng is dat die kind nie toegelaat word om uiting te gee aan sy woede nie. Die kind sal waarskynlik in sy kamer te gaan sit en tob terwyl die woede soos ‘n klont in hom bly vassteek, of hy sal vir  ure aaneen nie praat nie as hy van mening is dat hy te na gekom of iets ontsê is. Sulke gedrag kan ‘n ouer magteloos kwaad maak. Aan die ander kant, omdat so ‘n kind nie openlik opstandig is nie, gebeur dit soms dat die probleem nie raakgesien word nie.

As ‘n ouer se doelwit is dat sy kind sal ontwikkel tot ‘n emosioneel volwasse grootmens wat ook goeie verhoudings met mense sal hê, is hierdie ‘n gevaarlike toestand. ‘n Nors, nukkerige kind kry boonop dikwels moeilikheid in die skool en dit vererger die probleem, want hy kry teëspoed eerder as waardering en liefde van die onderwysers. Die waarheid is dat so ‘n kind meer liefde en begrip nodig het, nie minder nie. Om sy norsheid met streng dissipline te probeer aanspreek verbeter nie die situasie nie, maar vermeerder sy onderdrukte woede. Die gevaar bestaan dat so ‘n kind kwaad deur die lewe sal gaan.

Wat moet die bekommerde ouer verstaan?

read more

MY KWAAI KIND SE UITBARSTINGS (VERVOLG)

Soms verdwyn twee- tot driejarige kleuters se humeuruitbarstings en ouers klop hulself dankbaar op die skouer omdat hulle daarin geslaag het om die problem te hanteer. Dan duik dit weer op vier- tot vyfjarige ouderdom in volle glorie op en ouers wonder :”Het ons metodes nie gewerk nie of wat het ons tog nou weer verkeerd gedoen?” Erger nog, hulle begin wonder of hulle ‘n “probleemkind” het.

Die nuwe uitbarstings, wat dikwels volg op ‘n tydperk van redelike emosionele stabiliteit, kondig egter aan dat die kind ‘n nuwe groeifase bereik het, en is nie  die ou probleem wat weer opgevlam het nie. As die kind nou skielik ‘n uitbarsting het omdat hy nog wil speel of televisie kyk as dit badtyd is, of as sy weier om speelgoed op te tel omdat sy reeds besig is met iets anders, laat dit die ouers gefrustreerd en moedeloos voel.  Hulle redeneer dat Jannie of Sannie darem al teen die tyd die reëls behoort te ken en gehoorsaam. Die waarheid is egter dat die weerstand en oënskynlike luiheid spruit uit ‘n magdom nuwe belangstellings en pas verworwe vaardighede. Hulle is so besig met al die nuwe dinge in hulle lewens dat daar, sover dit hulle aangaan, doodeenvoudig nie genoeg tyd is vir onbenullighede soos bad en speelgoed optel nie. Die nuwe aktiwiteite maak  hulle ook moeg en daar is nie genoeg energie vir vervelige, minder aangename take nie. Kinders op hierdie stadium het, volgens hulle siening, eintlik al hulle energie nodig om ‘n magdom van nuwe, interessante sake  te ondersoek.  Dit sal help as ouers gedurende hierdie tyd baie kwaliteittyd saam met hulle  kind deurbring en saam met hom of haar nuwe belangstellings navolg (lees weer die insetsel oor kwaliteittyd).

read more

HOE KAN EK MY KWAAI KIND SE UITBARSTINGS BEHEER?

Ouers is soms verstom oor hulle kleinding van ‘n jaar tot 18 maande se heftige uitbarstings. Teen dié tyd het hulle gewoonlik reeds ontdek dat hy of sy ‘n sterk eie willetjie het. Hy sou reeds kwaai geskree het as hy honger, te styf toegedraai, of ongemaklik was weens een van ‘n verskeidenheid van redes.  Teen twee, as hierdie kind begin loop en praat, raak humeuruitbarstings (“temper tantrums”) nog meer algemeen. Selfs die mees tevrede babas kan op die stadium kwaai uitbarstings kry.

Wat gebeur is dat baba besig is om ‘n persoon in eie reg te word en dat hy sy eise helder en duidelik onder die aandag van sy versorgers wil bring. Hy is nou meer mobiel en nuuskierig, vol energie en is besig om die wêreld te ontdek. Sy dominante dryfveer is om te “gaan” en nie om te “stop” nie. Woede en weerstand is sy natuurlike reaksie op stoptekens. As die ouer hom teveel probeer inperk, moontlik omdat ander familielede dit verwag, kan dit wees dat die uitbarstings erger sal word gedurende die vroeë ontwikkelingsjare en dat frustrasie sal opbou wat ernstige probleme later in sy lewe kan veroorsaak.

Wat kan die ouer doen?

read more

DIE “STEMME WAT IN OUERS SE KOPPE PRAAT”

Sarie het ‘n pragtige dertienjarige graad 7 dogter wat reeds fisies ontwikkel het en ouer en meer volwasse voorkom as wat sy regtig is. Sy is boonop spitsvondig en dikwels die middelpunt van ‘n geselskap. Grietjie en haar ma het ‘n goeie verhouding, maar Sarie rol snags bekommerd in haar bed rond oor haar mooi kind. ‘n Stemmetjie in haar kop sê: “Jy mag nie toelaat dat hierdie dertienjarige kind grimering dra nie.” Die waarskuwende stemmetjie maak Sarie paniekerig. ’n Warm gloed spoel oor haar en sy voel benoud, asof sy nie asem kry nie. Sy voel seker dat iets vreeslik met Grietjie sal gebeur as sy grimering dra, wat haar nog mooier en meer volwasse sal laat lyk. In diè toestand gryp sy na ‘n grashalm. Die volgende dag nooi sy Grietjie vir ‘n melkskommel in haar geliefkoosde restaurant. Toe hulle in ‘n gemoedelike gemoedstoestand is, vra sy dat Grietjie sal onderneem om nie grimering te gebruik voordat sy sestien jaar oud is nie. Grietjie, nie seker waarom haar ma so ernstig daaroor is nie, belowe dat sy dit sal doen.

Veertien dae later gaan Grietjie vir die naweek by haar beste maatjie kuier. Met haar terugkoms vertel sy heel onskuldig vir haar ma dat haar maatjie se ma by hulle kerk se kermis verantwoordelik is vir ‘n “vintage” klerestalletjie. Hulle het gespeel hulle is modelle en het hulle in die klere uitgedos. Sy wys trots vir Sarie die foto’s wat hulle geneem het. Ma Sarie voel hoe die bloed in haar are stol, want dit is duidelik dat die “modelle” op die foto’s swaar grimeer is. Die stemmetjie sê vir haar Grietjie het die ooreenkoms verbreek en sy sal haar nooit weer kan vertrou nie. Sonder om verder te dink reageer Sarie woedend . Grietjie is onkant gevang: “Mamma, ons het net gespeel”. Mamma kap terug: “Maak nie saak nie, jy het nie woord gehou nie.” Grietjie hardloop huilend kamer toe en slaan die deur driftig toe. Beide voel asof dit die einde van die wêreld is.

Sarie tree verstandig op en bespreek die probleem met ‘n berader. Saam kyk hulle terug.

read more

WAT HELP MY OM HOOP VIR DIE TOEKOMS TE HERWIN?

Toe Frederick ons vra om op Chris se mooi idee te reageer, naamlik om die 2000ste artikel met ‘n antwoord op bogenoemde vraag te vier, is ek gedwing tot introspeksie.

My gemeenskapsbetrokkenheid is beperk tot twee sake waaroor ek passievol is. Een daarvan is ‘n positiewe ouerskapkursus (POSPAR). Ek is betrokke by die kursus en die Positiewe Ouerskap Kommunitas Blog. Die ander is ‘n welsynsorganisasie vir wie ek fondse insamel. Hoewel dié aktiwiteite ligjare van mekaar verwyder is, help beide my op dieselfde manier om hoop vir die toekoms te behou: In albei gevalle word my hoop vir die toekoms gebou deur die goeie wil van die mense by wie ek betrokke is – die wil van sogenaamde X-generasie ouers (pa’s én ma’s) om nuut te dink oor hoe hulle kan bydra tot hulle kinders se groei en ontwikkeling om hulle Godgegewe potensiaal te bereik en die wil van die gemeenskap om by te dra tot die groei van weerlose mense. Lees weer die voorlaaste artikel (Daar is ‘n draai in die gety) om te sien dat diè stelling oor die generasie X ouers deur verantwoordelike navorsers gedeel word. Dit is die eerste generasie ouers wat gewillig is om te erken dat tye onherroepelik verander het en dat dit vir ouers nodig is om ‘n draai te maak om ‘n nuwe siening, paradigma, gesindheid, manier van dink (noem dit wat jy wil) te ontwikkel.

read more