{ARGIEF}

Preekstudies

Verder geluister – Jes 64 : 1-9

  • Verwagting
  • Verwondering
  • Ontnugtering
  • Bevestiging

Adventstyd is die tyd van verwagting.

Wat is dit wat ons van God verwag? Of het adventstyd maar net kerstyd geword waar ons eintlik nie iets van God verwag nie. Dit is net ‘n tyd waarin ons die weersiens van familie en vriende, of die uitspanplek, of ‘n pakkie onder die kersboom verwag. Natuurlik niks verkeerd met enige van hierdie verwagtinge nie – dit is selfs baie lekker, maar so bekend en gewoon.

read more

Verder Geluister: 1 Tes 5:1-11

Sondag 13 Nov 2011 ~ 21ste Sondag in Koninkrykstyd ~ 1 Tes 5:1-11 Dit is duidelik dat die “vertraging” van die wederkoms gelowiges laat twyfel het, selfs tot die punt waar hulle verwagtinge vervaag het en hulle hoop begin verloor het. Paulus begin deur te sê dat dit...

read more

Verder geluister: Mat 22:15-22

16 Oktober 2011 ~ Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd Verder geluister: Mat 22:15-22 Ian Nell se eksegese en preekvoorstel rakende hierdie teksgedeelte is baie goed en kan met groot vrug gebruik word. Hier gaan stilgestaan word by goeie dinge wat die regering die...

read more

Verder geluister: Eks 32:1-14

Sondag 9 Oktober 2011 ~ 17 de Sondag in Koninkrykstyd ~ Verder geluister: Eks 32:1-14 Sonder ʼn verwysing na rugby sal aktuele kommentaar die week moeilik aanvaarbaar wees. So, al is dit eintlik net van toepassing op die Bloubul ondersteuners, is dit immers duidelik...

read more

Verder Geluister: Eksodus 20

2 Oktober 2011~ Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Verder geluister: Eksodus 20 Die stuk wat Gerrit Engelbrecht in die Preekstudies oor ons teks uitgewerk het, is regtig baie goed en bruikbaar.  Hy gee `n oorvloed van stof en insigte, sy oordeel is goed en sy...

read more

Verder geluister: Mat 28:1-10 – Opstanding – een van die grootste dekonstruksies ooit

Al hoe meer post-moderne mense tree weg van strukture en modernistiese kerktaal. Alhoewel struktuur nut het, belê sulke mense gewoon nie meer geld en tyd daarin nie. Hulle strewe om die wonder van die verrassende, die vrye paaie van die Gees te beleef. Kerkwees is vir hulle véél meer as ‘n lidmaat-bewys en kerkorde. Hulle “commit” hulself nie met papier nie, maar met ‘n lewenstyl; nie via kommissies nie, maar elke lewensfaset is ‘n bedieningsgeleentheid. Die institusionele kerk het vir hulle benoud geword. Hulle is oortuig dat strukture ontwerp is vir ‘n tyd wat nie meer bestaan nie!

Sulke mense wil op verbeeldingryke wyse glo – op maniere wat in lyn is met post-moderne insigte, waarnemings en waardes. Hulle wil in eietydse taal oor God praat.

read more