Jesus en Jahwe

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Wie is Jesus in die Bybel?

Ek dink in die laaste tyd baie na oor Wie Jesus in terme van die Bybelse boodskap is. Wat is die prentjie wat die Bybel self gee van Jesus?  En hoe beïnvloed dié prentjie van Jesus my lewe?

Die rede daarvoor is aan die een kant omdat die navorsing van die afgelope paar eeue oor die historiese Jesus my ernstig frustreer.  Die poging van die historiese Jesus navorsers om agter die teks van die NT en OT in te kom en met historiese metodes ‘n rekonstruksie van die sogenaamde historiese Jesus te gee, het tot soveel diverse prentjies van Jesus aanleiding gegee, wat nie net onder navorsers tot ernstige konflik van opinies lei nie, maar ook in groot konflik is met die teks van die Bybel self.  Om daarvan sin te maak, is moeilik genoeg.  Om daarvan te leef, is onmoontlik.

Aan die ander kant word my belangstelling in die Bybelse boodskap geprikkel deur die resultate van die narratiewe – en lesers-perspektief benadering.  Die erns wat in dié benaderings met die teks van die Bybel self gemaak word, spreek net baie meer tot my.  Elke nuanse van die Bybelteks, elke beeld wat gebruik word, elke verbintenis wat in die teks gemaak word, en die betekenis daarvan in terme van die konteks beide van daardie tyd en vandag, word op só ‘n kreatiewe wyse in spel gebring dat dit vir my lei tot ‘n inspirerende besig-wees met die teks.  Die poging om sin te maak van die teks self, open vir my deure van luister en leef wat nie met historiese metodes moontlik is nie.

Mymeringe oor die Psalms: Gemeenskap en Geregtigheid gaan saam

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Die Psalms leer ons dat gesprek met God nooit losgemaak kan word van ons lewensomstandighede nie. Wanneer dit goed gaan, is daar dankbaarheid en standvastigheid en kleur dit ons gesprek met God – uitgedruk in lofpsalms. Wanneer ons gekonfronteer word met die donkerte in onsself en in die lewe, is daar worsteling en weerstand en kleur dit ook ons gesprek met God – uitgedruk in klaagpsalms.

Nog dieper as dit, die Psalms leer ons dat dit nie net ons persoonlike ervarings is wat deel is van ons gesprek met God nie, maar ook die verskeidenheid van ervarings in die wyer gemeenskap. Ons gesprek met God word, trouens móét onontwykbaar gekleur word deur ons ervarings – goed of sleg – binne die geloofsgemeenskap sowel as in die publieke gemeenskap.

Wat veroorsaak introversie-ekstroversie?

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Die debat oor introversie-ekstroversie word baie keer aan die hand van die kategorieë van Nature of Nurture gevoer.

  • Sommige navorsers beklemtoon die oorgeërfde karakter van ons temperament wat in ons persoonlikheid herken kan word.
  • Sommige beklemtoon die effek van die omgewingsfaktore soos opvoeding en lewenservarings (Susan Cain, Quiet, 2012:99 vv).

Jerome Kagan (Harvard) se navorsing hieroor het sedert 1989 die temperament en persoonlikheid van 500 vier maand oue babas gevolg. Sy aanspraak was dat hy reeds op 4 maande ouderdom introversie en ekstroversie sou kon voorspel. Die babas is aan verskillende nuwe stimuli blootgestel (stemme op bandopnames, barsende ballonne, kleurvolle “mobiles”, die reuk van alkohol op watte).

  • So 20% het besonder sterk daarop gereageer, gehuil, arms en bene beweeg – ‘n groep wat hy “high-reactive” genoem het.
  • So 40% het stil en kalm daarop gereageer. Hierdie groep wat gee drama getoon het nie, het hy “low-reactive” genoem.
  • Die ander 40% was tussen hierdie ekstreme geleë.

Introverte leiers skep proaktiewe ruimtes

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

“Introverted leaders create a virtuous circle of proactivity!”

Susan Cain verwys in haar nuwe boek: Quiet – The power of Introverts in a World that can’t stop talking (Crown Publishers: New York, 2012) na Adam Grant (Wharton Management), Francesca Gino (Harvard Business School) en David Hofman (Kenan-Flagler Business School) se navorsing oor introversie en ekstroversie in spanverband.

Die navorsing is nog in hulle kinderskoene, maar van die bevindinge is al reeds besonder interessant. Twee van hulle bevindinge is as volg:

  • Introvert bestuurders is meer effektief met groepe van proaktiewe inisiatief-nemende lede.
  • Ekstrovert bestuurders is meer effektief met groepe wat passief is en nie inisiatief neem nie.
Grant, self ‘n ekstrovert, sê:
“it makes sense that introverts are uniquely good at leading initiative-takers. Because of their inclination to listen to others and lack of interest in dominating social situations, introverts are more likely to hear and implement suggestions. Having benefited from the talents of their followers, they are then likely to motivate them to be even more proactive. Introverted leaders create a virtuous circle of proactivity, in other words.”
Ekstroverte sukkel daarmee, maar dit beteken nie dat hulle in ander situasies nie effektief is nie:
“with their natural ability to inspire, extroverted leaders are better at getting results from more passive workers.”

Die skuif van karakter na persoonlikheid

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Susan Cain (Quiet, 2012) wys daarop dat daar in die 20ste eeu ‘n skuif weg van ‘n kultuur van Karakter na ‘n kultuur van Persoonlikheid gekom het, aldus kultuurhistorikus Warren Susman. Dit gaan vandag dus nie soseer in die eerste plek meer oor wie jy is, wat jy doen nie, en hoe jou karakter is nie, maar oor jou beeld, hoe jy jouself kan verkoop, en wat die indruk is wat jy in die publiek maak.

Dit beteken dat ekstroversie die ideaal geword het en dat selfs introverte aan die ideaal gemeet word. Sy haal vir Peter Drucker aan wat wys dat die geledere van effektiewe CEO’s vol is van introverte (Bill Gates bv) wat min of geen persoonlike charisma gehad het. Soos Jim Collins (Good to Great) aantoon, uitsonderlike CEO’s was bekend vir hulle:

“extreme humility coupled with intense professional will.”

Ons het dus nie reuse persoonlikhede nodig om dinge te laat gebeur in die wêreld nie, maar mense van karakter wat nie hulle eie egos bou nie, maar die instansies wat hulle lei.

Dít is my droom vir hierdie land van ons: mense van karakter wat vasberade en met nederigheid ‘n beter toekoms vir ons almal bou.

Die sleutel tot kreatiwiteit

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

“Introverts prefer to work independently, and solitude can be a catalyst to innovation.”

Om die waarheid te sê, as onafhanklike werk in afsondering (solitude = alleen maar nie eensaam nie) die sleutel tot kreatiwiteit is, het ons almal dit nodig!  Anders Ericsson het reeds gewys in ‘n eksperiment met drie groepe vioolspelers by die Musiek Akademie in Berlyn dat “practicing in solitude” die uitstaande verskil tussen hulle was. Hy beskryf dit as Deliberate Practice – persoonlike, gefokusde, intense en afgesonderde oefening sonder enige ander afleiding. Dit laat ‘n vioolspeler uitstyg bo die ander (Susan Cain, Quiet, 2012).

Ons het daarom nodig om ruimtes te skep waar interaksie kan plaasvind, wat veral vir die inkoop vir gesamentlike doelwitte belangrik is.  Maar ons almal het ook ruimtes nodig waar onafhanklike en afgesonderde werk kan plaasvind.  Daarsonder vervlak ons gedagtes te maklik tot die konsensus en middelmatigheid van ‘n groep, en bereik ons nie die hoogtes wat ons individuele vermoëns kan loslaat op ‘n gemeenskap nie.

Werk Brainstorming enigsins?

Written by webmeester on . Posted in Skryfsels

Ek is al deur baie Brainstorming sessies in my lewe, sommige met goeie en ander met minder goeie resultate. En ek het nog altyd gewonder wat laat dit werk, of laat dit juis nie werk nie!

Susan Cain (Quite, 2012) wys daarop dat die idee van Brainstorming (Alex Osborne) eintlik net vir een ding goed is: dit laat mense inkoop in die groep, dit laat hulle voel hulle behoort. En dit is waar die liggie vir my aangaan het!