Lepel – Videoclip

Written by webmeester on . Posted in Evideos

Lepel from Communitas on Vimeo.

“Lepel” kan ook as ‘n metafoor van hoop gebruik word. Vra maar vir enige mens wat ‘n lepel sien wat bo hulle bord lê. Dan raak daardie lepel die simbool van hoop op nagereg! Op ‘n manier is Kersfees ook so ‘n simbool van hoop vir die herstel van die aarde. Lepel help ons hoe om jaar na jaar Kersfees te vier.

Appels – Videoclip

Written by webmeester on . Posted in Evideos

appels from Communitas on Vimeo.

In die video word die metafoor van gravitasie gebruik om God se werking in ons lewens te verstaan. Ons beperk soms God se werking as slegs iets wat in ie verlede gebeur het en weer in die toekoms ‘n invloed gaan hê. Soos gravitasie egter deel van ons lewe is, is God ook en kan ons net daaraan oorgee.

Mure – Videoclip

Written by webmeester on . Posted in Evideos

Mure from Communitas on Vimeo.

Die kortfilm help gemeentes om te onderskei of hulle ’n gemeente is wat mense binne hou deur mure rondom hulle te bou en voorwaardes te gee vir behoort en of hulle ’n gemeente is wat met die aantrekkings krag van Christus versamel. Die bekende “bounded sets” teenoor “centered sets” word verduidelik en in ’n metafoor verpak wat gebruik kan word in eredienste en kleingroepe.