COMMUNITAS: ʼn Terugblik met die oog op die toekoms

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Nuus, Oor ons, Personeel, Personeel-funksies

Communitas se 10-jarige

verjaarsdag vieringe

 

 

Op Vrydag 15 September het die personeel van Communitas, Ekklesia, die Kerkargief en personeellede van die Bellville-Sinodale kantoor saam gekuier om die 10de verjaarsdag van Communitas te vier. Hierna het die personeel as spanbou gaan aarbeie pluk op die polkadraai-aarbeiplaas – kliek hier om die foto’s te sien.

Frederick Marais skryf as volg:

Communitas is tien jaar oud vandag, ons is dankbaar is meer as ooit gemotiveer om die geleentheid wat ons gegun word te benut om, soos Pat Keifert dit uitdruk, in, saam, langs, onder en soms teen gemeentes ʼn reis te onderneem waarin ons oop is om gevorm te word deur die Woord en Gees tot gemeenskappe waarin die Koninkryk van God sigbaar word.

Lees onder die fotobeeld van die saamkuier verder aan Frederick se terugblik- en ‘n vorentoe kyk na ‘n innoverende toekoms …

Wat ʼn voorreg is dit nie om deel te kan wees van hierdie span mense nie. Communitas was nog altyd bevoorreg om as span saam te werk. Ons krag is dat ons ʼn span is waarin PSD’s en ondersteuningspersoneel mekaar ondersteun en ter wille van die gemeentes wat ons bedien, bereid is om waagstukke aan te gaan.

Eers ʼn vinnige terugblik:

Michiel van der Merwe was die eerste Direkteur van BUVTON (Buro vir Voortgesette Teologiese Onderrig en Navorsing). BUVTON is gevestig vanuit die droom van Prof David de Villiers: dat daar ʼn plek moet wees waar predikante versorg en ontwikkel kan word. Vir hierdie droom het hy geld ingesamel en so is BUVTON gevestig as ʼn buro van die Fakulteit Teologie. Sedert die middeltagtigs het Michiel die fondament gelê vir wat ons vandag as Communitas ken. Michiel het van die begin af spanne mense ingetrek en bemagtig om te help met bediening aan gemeentes en predikante.

Bêre jou kerkskoene en trek jou “gumboots” aan …

Written by Wilma le Roux on . Posted in Communitas Inligting, Nuus, Personeel, Personeel-funksies

Communitas Spandag

2017

… ons gaan aarbeie pluk !

Vrydag 17 September was Communitas se verjaarsdag, en na die koek-en-tee om die geleentheid behoorlik te vier, het die span letterlik hul gumboots aangetrek en gaan aarbeie pluk.

Polkadraai het pas oopgemaak en die kompetisie was groot om te kyk wie … die meeste kan EET, en … die grootste aarbei kan pluk!

 

Communitas Jaareind-funksie

Written by Wilma le Roux on . Posted in Nuus, Personeel, Personeel-funksies

Le Pommier en Pniel-kuiers

2016 se Jaarafsluiting was ‘n anderster-lekkerte – eers het ons aangedoen by Le Pommier, ‘n wynlandgoed ongeveer 4.5 km buite Stellenbosch op die Helshoogtepad.

Le Pommier beteken ‘Die Appelboom’ in Frans, en was eers ‘n appelboord, wat deel was van die 300-jaar-oue Zorgvliet-plaas.

Ons het hier 4 wyne geproe rondom ‘n heerlike kaasbord: die Olivia Semillon-Sauvignon Blanc- versnit (glo vernoem na die eienaar, mac van der Merwe, se ma); die Le Pommier Rosé, ‘n heelike rooi versnit; die Le Pommier red Blend; en dan ‘n wonderlike malbec, Jonathan’s Malbec, wat vernoem is na ‘n bul met baie goeie smaak… Die bul het blykbaar in 2012 uitgebreek en ‘n groot deel van die oes opgeëet!

     
     

Die tweede deel van ons ekskursie was na Pniël se museum…

… waar ons ‘n kykie kon kry in die geskiedenis van die kerk, die dorpie en sy mense. Hier het ons gehoor hoe die sendingstasie wat opgerig is vir die vrygestelde slawe gegroei het tot die pragtige dorpie wat ons vandag sien. Die naam Pniël kom uit Genesis 32:30 en verwys na die plek waar Jakob met God geworstel het. Dit beteken letterlik “die gesig van God”.

     
   

Die laaste deel van ons kuier was rondom ‘n tafel in die museum se tuin …

… wat gekreun het onder regte egte Suid-Afrikaanse kersfeeskos: ‘n voorgereg van broodjies, gebakte vis en slaai, dan die hoofgereg: gebraaide hoender, ham, geelrys, soetpampoen, ‘n verskeidenheid groentes en slaai, as nagereg trifle (nie koekstruif nie!) en die kersie op die koek: eclairs en koffie! Ons opregte dank en waardering aan die dames van die teekamer-kiosk vir hierdie bederf.

Dankie ook aan Mathilda-hulle wat die reëlings getref het!

 

Communitas se Paasnagmaal

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel, Personeel-funksies

Goeie Vrydag?

death_of_christ_by_jak26d48jybv

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Johannes 19:30

Hierdie jaar het Communitas nie hul gebruiklike paasontbyt gehou nie. Mathilda, wat vanjaar vir die reëlings verantwoordelik was, en Gielie het gevoel dat ons ‘n slag iets anders moet doen. Op Donderdag 24 Maart om 11:00 het almal dus in die Kapel bymekaargekom om saam nagmaal te hou.

Ankia du Plooy het die Woord gebring en sy het versoek dat almal in stilte die Kapel sal binnegaan sodat ʼn gewyde atmosfeer geskep kan word. En so het dit werklik gevoel ons toe ons een na die ander in stilte na binne stap en ons plekke inneem. Dit was nie ‘n ongemaklike stilte nie; eerder ‘n gewyde, ‘n afwagtende stilte. Ankia se boodskap het ons diep geraak, en die kruiswoorde en doodblaas van die kerse het ons gehelp om Jesus se lyding en dood op ‘n tasbare manier te beleef en te herdenk.

  • 20160324_110041_resizedOns sit in stille afwagting
  • 20160324_111002_001_resizedJosé sing eers a capella, en dan saam met ons terwyl Adrienne begelei
  • 20160324_111405_resizedAnkia bedien die nagmaal aan Alta, terwyl Gielie die tekens by die kruis gebruik
  • 20160324_111430_resizedFrederick ontvang die brood en die wyn

 

Communitas Personeelfunksie 2015

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Na ‘n vreeslike gesukkel om ‘n datum te vind wat almal pas, én nie bots met een van ons vennote se afsluitings nie, het ons besluit om op Maandag 7 Desember ons jaarafsluitings-ete te hou. Soos dinge egter maar gebeur, is daar ‘n vergadering op sinodale vlak gereël wat Frederick moes bywoon – ons is jammer jy kon op die ou end nie saamkuier by The Big Easy nie, Frederick!

  • 20151207_121343
  • 20151207_121257
  • 20151207_121405
  • 20151207_121310
  • 20151207_125615
  • 20151207_122131
  • 20151207_140629
DSC_0679 DSC_0671 DSC_0670
DSC_0669 DSC_0668 DSC_0666
DSC_0665 DSC_0664 DSC_0663

“As ‘n mens aftree beteken dit nie dat jy doodgaan nie!”

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies, VBO

Coenie Burger

tree af na 40 jaar …

Coenie3

Op Vrydagmiddag 4 September 2015 het Communitas afskeid geneem van haar mentor en pa. Maar dit was ‘n vrolike geleentheid van viering, want in Coenie se woorde tydens ‘n vroeëre onderhoud: “as ‘n mens aftree beteken dit nie dat jy doodgaan nie – daar is nog ‘n klompie goed wat ek wil doen!”

Die funksie is gehou by The Stables at Vergelegen, ‘n pragtige venue, en dit was ‘n lieflike lentedag waarop ons tot laatmiddag gekuier het – rondom stories, gesprekke, lekker kos, nog stories, goeie wyn en heerlike koffie.

Coenie sê hy het vroeg in sy lewe agtergekom hy hou nie van alleen werk nie; hy het ander mense nodig rondom hom om saam met hom goed te doen. Hy dink dat as hy ooit iets goed kon doen, was dit veral om goeie spanne te kies of saam te stel. “As jy hoop om iets reg te kry, is dít wat jy nodig het,” glo hy. “Iets daarvan is waar: dat ek vir julle rondom my kon hê. Julle was vir my ongelooflik belangrik!”

Lees verder onder, en kyk na ons foto’s!