“As ‘n mens aftree beteken dit nie dat jy doodgaan nie!”

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies, VBO

Coenie Burger

tree af na 40 jaar …

Coenie3

Op Vrydagmiddag 4 September 2015 het Communitas afskeid geneem van haar mentor en pa. Maar dit was ‘n vrolike geleentheid van viering, want in Coenie se woorde tydens ‘n vroeëre onderhoud: “as ‘n mens aftree beteken dit nie dat jy doodgaan nie – daar is nog ‘n klompie goed wat ek wil doen!”

Die funksie is gehou by The Stables at Vergelegen, ‘n pragtige venue, en dit was ‘n lieflike lentedag waarop ons tot laatmiddag gekuier het – rondom stories, gesprekke, lekker kos, nog stories, goeie wyn en heerlike koffie.

Coenie sê hy het vroeg in sy lewe agtergekom hy hou nie van alleen werk nie; hy het ander mense nodig rondom hom om saam met hom goed te doen. Hy dink dat as hy ooit iets goed kon doen, was dit veral om goeie spanne te kies of saam te stel. “As jy hoop om iets reg te kry, is dít wat jy nodig het,” glo hy. “Iets daarvan is waar: dat ek vir julle rondom my kon hê. Julle was vir my ongelooflik belangrik!”

Lees verder onder, en kyk na ons foto’s!

Communitas Personeelfunksie 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Christmas candles

 Jaar-eindfunksie by Zevenwacht

  • P1090277
  • P1090276
  • P1090272
  • P1090281
  • P1090287
  • P1090285
  • P1090286
  • Zevenwacht Restaurant
  • Pragtige uitsig oor die dam
  • 'n Keurig gedekte tafel wag vir ons
  • Joanie en Sharon by Die Burger se Moeder Kersfees ... ongelukkig was sy reeds weg toe ons ander daar kom!
  • Die personeel se een helfte ...
  • ... en die ander helfte
  • Frederick sê dankie

“Baie dankie aan ieder en elk wat die funksie ‘n sukses gemaak het; ons waardeer mekaar! ”

“Dankie vir die lekker saam kuier en saamwerk. Dankie ook aan Sharon en Joanie vir die reëlings en lekker bederf!”

“Dit was ’n voorreg om saam met julle al die geleenthede van 2014 kon uitkoop en saam met julle die uitdagings van die jaar kon aanpak.  Een ding wat ek hierdie jaar geleer het, is dat families hoogs aanpasbare sisteme is . Daar is min situasies wat families kan breek! Ek beleef dat ons saam ook ’n familie is en daarom land ons altyd weer op ons voete! Mag julle goed rus en reg wees vir die nuwe jaar.”

Sekretaressedag 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Ons bederf-dag by Molenvliet was heeeerlik!

Baie dankie aan ons werkgewers wat dit moontlik gemaak het … Dis lekker om gewaardeerd te voel!

“Ek hoop julle geniet die ete baie en glo my julle verdien elke moontilke dankie van ons kant. Communitas is baie afhanklik van julle diens en julle gesindheid in ons dienslewering aan gemeentes.

Julle gee meer as wat van julle gevra word en ek wil graag op die dag weer dankie sê daarvoor.”

  • IMG-20140903-01055

  • IMG-20140903-01056

  • IMG-20140903-01061

  • IMG-20140903-01067

  • IMG-20140903-01069

Sekretaressedag 2013

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies

Woensdag 4 September was weer sekretaressedag, en die dames van Communitas is getrakteer op ‘n ontbyt by Jan Cats restaurant by die Stellenbosch Hotel. Is ons nie bevoorreg om vir sulke wonderlike base te werk nie?! Hulle is mense wat raaksien wat ons doen en het o.a.gesê:

“Aitsa, maar ons het darem ‘n paar pragtige en deftige sekretaresse. Julle lyk tog te fraai so op die trappies.”

“Hoekom dink ek dan nou aan Jabob se droom!  Aan die leer en die engele en al die klippe wat julle uit ons pad rol!  Dankie vir julle onvermoeide diensbaarheid.”

“Dankie vir julle gesindheid waarmee julle werk. Ons kan ver kom daarmee!”

“Baie dankie ook vir wie julle is en vir wat julle doen!  Ons voel geseënd om saam met julle te kan werk!”

Ons ís bevoorreg …
 

 P1070934  P1070935  Terugstap
 Om die tafel in Jan Cats  Die dames – stairway to Heaven!  Die terugstap in ons prentjiemooi omgewing was sommer deel van die bederf

M Th ete en dankie-sê

Written by Wilma le Roux on . Posted in Personeel-funksies, VBO

Ons eet saam met Elbert en Helene   

Juliemaand het hier op ‘n hoë noot afgesluit, want ons kon aansit vir ‘n heerlike middagete wat Elbert en Helene de Kock vir die MTh’s en Communitas-personeel voorberei het as ‘n dankie-sê-ete: Wildsboud en paptert uit die boonste rakke, afgerond met ‘n uitpakslaai wat die sekretaresses voorberei het. Ons het die bakke blink geëet!

Dankie dat ons almal kon deel hê hieraan. Dit was heerlik, julle kan maar weer so maak …

20130731_131336 20130731_131316 20130731_130505 20130731_130423 20130731_131219