The Missionary Movement in Christian History

Written by Admin on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas, Missiologie

missionary movement in christian historyThe Missionary Movement in Christian History – Studies in the Transmission of Faith
deur Andrew F. Walls
Orbis Books, 1996
$20.00
ISBN: 1-57075-059-9
ISBN13: 978-1-57075-059-5 

Kort resensie deur: Coenie Burger 
Die skugter en beskeie Andrew Walls is waarskynlik die grootste lewende missioloog in die wêreld.  Christianity Today noem hom “die belangrikste teoloog in die wêreld wat jy waarskynlik nie van weet nie”!  Orbis het twee volumes uitgegee met lesings en artikels van Walls.  Wat die publikasies vir ons van belang maak is dat omtrent die helfte van die artikels oor die kerk in Afrika gaan!  Walls is diep oortuig dat die Here besig is om `n groot werk in Afrika te doen.  Hy was in Maart 2007 vir `n week op Stellenbosch.  Almal wat hom gehoor het, het geweet hulle luister na `n besondere kind van die Here vol visie en wysheid.


Book Description
“One of the most influential books of the twentieth century.”—Christianity Today

The collected lectures and articles of the noted missionary and historian Andrew Walls, professor emeritus of Edinburgh University and founder of The Center for the Study of Christianity in the Non-Western World.

“A splendid exposition of where Christianity is today and how it got there.”—The Expository Times
“This fine book deserves a place on the shelf of every thoughtful student of the missionary enterprise.”—Missiology

(Orbis Website)

Ten Commandments for Pastors new to a Congregation

Written by Admin on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas, Gemeentes

Cover Page

 

Ten Commandments for Pastors New to a Congregation
Lawrence W Farris
Eerdmans. 2003
$13.00 Paperback, 106 pages

ISBN: 978-0-8028-2128-7

 

Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie is regtig nie die diepsinnigste teologiese boek wat ek al gelees het nie, en tog weet ek dat ‘n paar jong predikante (en dalk selfs ‘n paar oueres ook!) baie pyn en verdriet gespaar sou wees as hulle die boekie kon lees voor hulle in ‘n nuwe gemeente begin werk het.

Die skrywer Lawrence Ferris het baie ondervind van die soort van ding.  Hy is al jare lank besig om aan jong predikante wat in nuwe gemeentes gaan werk, advies te gee oor hulle ingesteldheid en verwagtings tydens die eerste paar maande.

Benewens verwagte advies soos dat ‘n mens van meet af baie erns met jou prediking moet maak en nie te hoë verwagtings moet skep nie, is daar ook verrassende punte.  Sy eerste opdrag is dat die nuwe predikant “a cultural historian” sal wees en baie moeite sal doen om die geskiedenis en kultuur van die gemeente en sy mense te verstaan.  Hy maak die waarneming dat elke nuwe predikant as’t ware ‘n sekere hoeveelheid “kapitaal” (hy praat van “blue chips for change”) kry om veranderings in die gemeente te maak. Hy waarsku dan dat jy die kapitaal wyslik moet bestee en nie oorhaastig opgebruik deur ondeurdagte en onsinnige vernuwings in te voer nie.  Hoe vas die kapitaal ‘n bietjie en gebruik vir sake wat regtig saak maak. 

Hy beklemtoon ook die belangrikheid van goeie selfbestuur en versorging, van goeie finansiële en administratiewe bestuur en dat ‘n mens ‘n duidelike bybelse prentjie van predikantswerk sal hê.

Soos ek sê: nie ‘n plaasvervanger vir Barth of Calvyn nie. Maar twee of drie ure met die boekie kan ‘n nuwe dominee baie pyn en verleentheid en teleurstelling spaar.


The opening months of a new pastorate are decisive for how that ministry will unfold, so great care should be taken to begin wisely and well. Simply transplanting programs and habits that worked elsewhere, ignoring the specific dynamics of the new congregation and its people, making too few significant changes, or making too many insignificant changes will create problems for the new pastor that may never be overcome. Ten Commandments for Pastors New to a Congregation offers specific, down-to-earth principles and guidance on how to make a good beginning, one that will lay the foundation for years of fruitful ministry.

Drawing on twenty-five years of parish ministry, during which he has mentored many new and transitioning pastors, Lawrence Farris here provides ten guidelines, illustrated with relevant examples, that identify potential pitfalls and show how to avoid them. Such areas as preaching, pastoral care, self-care, community and denominational commitments, and role clarity are addressed with an emphasis on practical approaches to ministry in a new setting. Farris also gives clear advice on how to learn the new congregation and its setting, how to set appropriate personal and professional boundaries, and how to stay focused on what matters most in a new ministry.

Lively, practical, and brief enough for the new pastor to have time to actually read it, Ten Commandments for Pastors New to a Congregation is a must-read both for pastors on the move and for individuals preparing for first-time ministry.

(Eerdmans Website)

 

Boeke wat dié jaar beïndruk het

Written by webmeester on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas

Ons het ‘n paar gereelde bydraers en lesers van Communitas gevra om ‘n lysie te maak van die boeke wat hulle dié jaar die meeste beïndruk het.  Sommige van die boeke het ook skakels na opsommings/resensies van die boeke.

Marius Nel

  • Schnelle, U – Apostle Paul – goeie oorsig oor die teologie van Paulus.
  • Thiselton, A C – The Hermeneutics of Doctrine – goeie oorsig oor die hele dogmatiek.
  • Wright, NT – Justification – hy laat ‘n mens weer nadink oor die versoening.
  • Trebilco, P – The early Christians in Ephesus – goeie insig in die lewe in Efese, vanuit die Pastorale briewe, 1-3 Johannes en Openbaring.
  • Ferguson, E – Baptism in the Early Church – uitvoerige studie oor die doop.

Chris Jones

  • Stassen GK & DP Gushee – Kingdom Ethics: Following Jesus in Contemporary Context
  • Volf M – The End of Memory: Remembering Rightly in a Violent World
  • Johnson SJ – A time to embrace. Same-gender Relationships in Religion, Law & Politics

Frederick Marais

  • Sharmer, O – Theory  U
  • Wright, T – Surprised by Hope
  • Vanhoozer, K (red) – Everyday Theology
  • Osmer, R – Practical Theology
  • Keifert, P (red) – Testing the Spirits
  • Du Plessis, PG – Fees van die Ongenooides

Johannes Mouton

  • Kimball, D – The Emerging Church – Vintage Christianity for new generations
  • Roxburgh, AL – The sky is falling – leaders lost in transition
  • Niemandt, N – Nuwe drome vir nuwe werklikhede
  • Burke, J – No perfect people allowed – Creating a come as you are culture in the church
  • Whiteley, RJ & B Maynard(red) – Get up off your knees – Preaching the U2 catalog

Johan Kotze

  • Van Gelder, C – The essence of the church
  • Groff, KI – The soul of tomorrow’s church
  • Dykstra, C – Growing in the Life of Faith
  • Wright, NT – Simply Christian
  • Sproul, RC – Discovering who God is

Jannie Swart

  • Taylor, C – A Secular Age – oor moderniteit
  • Block, P – Community: The Structure of Belonging – oor gemeenskapsvorming
  • Kearney, R – The Wake of the Imagination – oor die geskiedenis van “imagination”
  • Moltmann, J – A Broad Place – sy outobiografie
  • Scharmer, O – Theory U: Leading from the Future as it Emerges – oor leierskap

Pieter van Niekerk

  • The poverty and justice Bible. Contemporary English Version 2008.
  • Esterhuise, W – God en die gode van Egipte
  • Young, WP – The Shack
  • Du Plessis, I – God en wetenskap
  • Du Plessis, PG – 120+ sommer stories

Chris van Wyk

NUUT:

Danie Mouton

  • J Tolkien Lord of the Rings en The Hobbit
  • Mission in an African Way (verskeie outeurs)
  • Lesslie Newbigin The Open Secret, Proper Confidence, The Gospel in a Pluralist Society
  • NT Wright    Surprised by Hope
  • Eugene Peterson Christ plays in 10,000 places

Vertel vir ons van boeke wat jou dié jaar beïndruk het.

Klik op Comments and Reactions hieronder om te reageer.

Leer Leef met Jesus

Written by Frederick on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas, Spiritualiteit

Leer Leef met Jesus-40dae van fokus is geskryf deur Gys van Schoor predikant van Durbanville Moedergemeente. Gys spesialiseer die afgelope aantal jare in spiritualiteitsontwikkeling en hierdie is hopelik die eerste van vele publikasies uit sy deurleefde persoonlike spiritualiteit en bediening in die gemeente.  Hierdie is ‘n handleiding wat deur groepe in die gemeente gedoen kan word in ‘n tydperk van 40dae. Die program is in die gemeente getoets met baie goeie resultate.

Leer leef met Jesus kos R30,00 en kan by die Communitas boekwinkel by Zillah bestel word by projek@sun.ac.za of 021-8083381

Van Raadskultuur na Bedieningskultuur

Written by Frederick on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas

Hierdie is ‘n Vertaling en verwerking van : Transformation Congregational Culture. Anthony. B. Robinson.P73-84.
DVD 8/09 [Foute en weglatings uitgesluit]

 
Die hoofstroom kerke, NGK ingesluit, het oor die loop van jare “sending” as ‘n bediening  aan ander, in ander lande beskou en uitgevoer. Daar het dus in die 19 de eeu verskeie sendinggenootskappe tot stand gekom wat in sig self nie verkeerd was nie. Die probleem was dat baie aandag en hulpbronne van die gemeentes, in  “vreemde sendingvelde,”
aangewend is.
Daar was ‘n aantal probleme met hierdie beskouing van die Westerse kultuur van
Christelike geloof en evangelie.
     
       Die kapasiteit vir ‘n “eiesoortige” opset van Westerse evangelie het ernstig vervaag.
       Die sendingvelde was beskou as in ander lande en buite die grense.Westerse kultuur     
       en Christenskap was as sinoniem [dieselfde wees] beskou en daar was dus geen 
       sendingwerk tuis gedoen nie.
       Die kerk het betrokke geraak met die probleme wat gepaard gegaan het met die koms
       van industrialisasie en het ook ‘n rol gehad as die gewete van die gemeenskap en
       samelewing; maar dit was, of so was dit geglo, ‘n Christelike samelewing waar
       elkeen gesien is as ‘n soort  Christen te wees.

In hierdie kultuur was die werk van die gemeentelede nie om besig te wees met sending of  bediening nie, maar met die instandhouding van die kerk.[Parish] Om deel te wees van die kerk en die kerk in stand te hou, was dit nodig om op die kerkraad, kommissies en ander instellings te dien. Mense was dus besig met die Bestuur van  die kerk en bedieninge, in plaas van om deel te word van die praktiese uitvoer van sending en bediening.

Met die fokus op die instandhouding en bestuur van die kerk [ parish] het “sending”
net nog een van die aktiwiteite van die kerk geword. Dit was deel van die begroting,
werk vir ‘n kommissie en fondse en ander lewensonderhoud was geskenk vir die “regte” werk in verre lande en eksotiese plekke.

Met die koms van die post-Christendom en postmoderne era, het die kerk tot ‘n besef gekom dat sy missie nie bestuur, instandhouding, onderhoud, ens van kerk is nie maar sending. In der waarhied is ALLES wat die kerk doen eintlik maar “sending” en is elke kerk geleë in ‘n sendingveld. Sending is dus nie een van die programme van die kerk nie; die bestaansreg vir die kerk is sending, vir die verander en transformasie van gemeenskappe in die lig van die Woord.

Anders gestel, die grense van die sendingvelde het verskuif en dit is  nie meer in “ander lande” nie, maar op ons voordeur, in ons gemeenskappe en by ons kerke. Dit is binne in ons kerke waar die werk van transformasie, verandering, heling en die ontdekking van Christelike waardebepalinge teenoor die Westerse [Afrika] kultuur en waardes.

Sending is dus nie net beperk tot die werk van die “sendeling” in tandem met die voetsoldaat van die “empire” nie. Een van die redes dat sending ‘n verlore woord vir die kerk geword het, is dat dit geassosieerd geword het met “kulturele imperialisme” [politieke en ekonomiese oorheersing ingesluit].
Vandag is sending en bediening binne ons Westerse [Afrika?] gemeenskap, in ons buurtomgewing van die gemeentes, in die kerke en in die binnekring [sanctuaries] van ons kerke.  Dit is die agtergrond vir die verskuiwing vanaf die Raadskultuur na die Bedieningskultuur. 

Die werk wat van die vroeë gemeentelede gevra is, het dus verkuif van die bestuur van die kerk, die kerkbediening en die predikantbediening, na ‘n roeping waar gemeentelede betrokke raak in die uitvoer van sending en prediking. [Uitleef van gawes] In die verlede waar sending as daar ver gesien is,  het twee dinge gebeur.
 
 Te veel mense was betrokke by die bestuur en aktiwitiete van die kerk en mense was nie in die wêreld gestuur vir bedieningdoeleindes [ministry] nie.  Waar gemeentes na binne fokus en rig, word die interaksie met kultuur, gemeenskappe, mense buite die grense van die gemeente, ens. Verminder. [Blootstelling aan die Woord  se waarhede, voorskrifte, leiding en algemene invoed, verminder]

Die kerk voorsien een of twee keer ‘n week geleentheid om saam te aanbid [worship]
Daar is ‘n vrye keuse om deel te word/neem. Na die bediening word mense weer in die wêreld ingestuur en word nie toegelaat om vir altyd afhanklik te word nie.Wanneer ons roeping verwar met om mense by die werksaamhede van die kerk, bestuur, kommitees,
werkspanne, ens. betrokke te kry, dan “bly hulle in die kerk” [get stuck in the church]
Ons verwar bediening van die leke met die allerdaagse bestuur van kerksake. Die primêre funksie van  leke is om Christus in die wêreld te verteenwoordig.

Die tweede struikelblok met die Raadkultuur, is dat daar ‘n gevoel van ‘n eerste- en tweedeklas Christene of gemeentelede bestaan of dit bevestig. Eersgenoemde is die mense wat wat midde in die kerk se organisatoriese lewe staan. Daar word gesê  “As jy nie deel is van die eersgenoemde nie, dan is jy nie werklik deel van die kerk nie” Dit veroorsaak dat daar ’n groep mense is wat aktief in die gemeente werk en ‘n ander groep wat of nie deel is nie of nie ten volle deel neem nie. Daar is net ‘n beperkte aantal vakatures op die Raad en komitees en daar is dus net ‘n paar mense wat ‘n gevoel van samehorigheid [belonging] het. Dus as Christen wees nie hoofsaaklik oor die bestuur van die kerk gaan nie, dan hoef die verdeling of persepsies nie te bestaan nie en kan almal deel van die bediening wees.Vir sommige kan hul daaglikse beroep primêr op bediening gerig wees; vir ander die roeping as ouers; ander sal deelneem aan bediening volgens hul gawes. Daar sal altyd nodigheid vir bestuur van die kerk wees en kan mense, lidmate [en selfs nie-lidmate], volgens hul betrokke gawes dien. Wanneer die strukture van bestuur tot net die nodige beperk word, kan mense vrygemaak word om in ander vorme van bediening te staan. Die bediening deur leke  word herdefinieer en dan verdwyn die siening dat leke net in kerklike bestuur funksioneer.

Kerkrade moet  net uit die minimum lede bestaan. Bedieningspanne kan fokus op baie ander funksies en bedieninge.
 Die fokus moet op minder bestuur en meer op die diens aan ander; deel van geloof met mekaar; en die bring van verandering en transformasie in die mensdom.

Op die weg van verandering vanaf ‘n raadskultuur na die van bedieningskultuur, is daar waargeneem dat mense geredelik van die ou weë oorbeweeg na die nuwe, indien hul laasgenoemde kan “sien” Die tot standkoming van bedieningspanne moet ondersteun en aangemoedig word. Soos die werking van laasgenoemde toeneem en mense betrokke raak en deelneem, kan die kerkraadstrukture verminder/ verklein word.

Die verkuiwing vanaf  Raadskultuur na Bedieningskultuur 

Vir mense om hierdie kopskuif te maak is daar  drie elemente wat onontbeerlik is.
Die siklus van transformasie;  identifisering en bevestiging van gawes en roeping; en die toerusting en opleiding van persone vir bediening.
Daar moet besef word dat die verskuiwing nie minder nie maar meer werk verg.
Die werk is net anders. In stede van om mense wat aktief in die kerk is te betrek, verskuif dit na om mense in die siklus van transformasie te betrek. In stede van ingewikkelde nominasie prosesse gaan dit oor die identifisering en bevestiging van gawes vir bediening. Instede van opleiding van en retraits vir raadslede, gaan dit oor die toerusting en opleiding van mense vir bediening. Die bestuursfunksie kan nie weg mee gedoen word nie. Gemeentes wat met een of net ‘n klein groepie bestuur word, sonder verantwoording,stuur op ‘n ramp af. Goeie administrasie bly belangrik maar dit verteenwoordig werk wat    benodig is van relatief [en met verantwoording] min anders as baie.

Roete/Pad van Transformasie [Omskepping]

In die kerk met haar interne bedieninge, erediens, bidure, ens.vind ‘n mens rus en vrede en word ons toegerus. Ons ondervind regmatige afhanklikheid van ons Hemelse Vader.
Hierdie aanbidding, opleiding,  toerusting en die Christen kameraadskap [fellowship] van die kerk, wat ons week na week ondervind transformeer [omskep/verander drasties] ons heeldeur ons lewe vanaf die van dissipel na die van apostel. In die tyd van Jesus se bediening het sy disipels Hom gevolg, na Hom geluister, en Hom dopgehou. Net by ‘n paar geleenthede is hulle uitgestuur. In die boek Handelinge, word dit beskryf hoe die dissipels ‘n nuwe naam, posbeskrywing en posbenaming gegee is .Hulle was nou nie meer dissipels nie, maar apostels en leraars, gestuur na die wêreld met die gawe van die
Heilige Gees om op te tree en te onderrig soos Jesus gedoen het. [Back to the basics]

Te lank het die kerk toegelaat dat mense net by die  luister-, dophou- en leerstadium bly
en nie ‘n poging aangewend om hulle uit te stuur om opvoeders, werkers of leraars te word nie. Mense het die objekte van roeping en bediening geword in plaas van die
subjekte daarvan.
Die kerk werk aan  transformasie deur aanbidding, geloofsontwikkeling [of lering en opleiding] en deur Christenkameraadskap [fellowship] in ‘n Christelike omgewing.Vir mense om te verander, om geroep te word tot bediening, moet elkeen van bogenoemde in plek wees en is van kardinale belang.

Kragtige aanbidding
aanbidding as van kardinale
Aanbidding is nie informatief van aard nie. Dit is nie die tyd om mense in te lig oor die kerk, Christelike geloof of om mense in te lig oor God nie .Dit is die tyd om God te ondervind, om die Heilige te ondervind op ‘n manier wat lewensveranderlik is. Indien informasie [inligting] al was wat nodig was vir verlossing , is ons lank gelede reeds verlos. Ons het nie meer informasie  nodig nie. Ons het God nodig.
 Aanbidding is ‘n ontmoeting met God; dit is ‘n “vergadering” en om ontmoet te word deur die Heilige Een
In die hoofstroom kerke is aanbidding “lekker” maar nie absuluut noodsaaklik of van kritiese belang nie. Daarom is die bywoninsyfer sowat 30-40 persent. Gemeentes wat betrokke is by die siklus van transformasie beskou belang en iets wat nie gemis kan word nie. Hierdie kerke moet mik na ‘n bywoningsyfer  van 80 persent.

Onderrig en Lering

Ontwikkeling van geloof-,  lering- en onderig- bediening van die gemeente is van kardinale belang in die siklus van die beweeg van raadskultuur na bedieningskultuur soos mense daagliks, en ook deur hulle hele leeftyd, vanaf dissipels na apostels beweeg. Let op dat lering en onderrig nie hoofsaaklik op die jeug gerig is nie .Te veel gemeentes bied aanbidding vir die ouers en onderrig vir die jeug aan. Dan is hulle verbaas dat die jong mense na grootword, die kerk verlaat en die voorstelling as skoolverlating sien.Clarence
Jordan herrinner ons, “You cannot raise life chicks under dead hens” As ons wil hê dat God die lewens van ons kinders en jongmense in ons kerke moet aanraak, dan moet die  volwassendes [ouers ook]  aangeraak en verander word. Die gemeente, nie die sondagskool nie, is die primêre formatiewe ondervinding vir die jeug. Net soos daar verwag word dat 80 persent van die gemeente gereeld moet deelneem aan aanbidding, so moet ons verwag dat 80 persent van die gemeente ook betrokke sal wees in ondervinding van geloofsontwikkelling, of deur klasloop, kleingroepe of deur mentors wat ander leer.

Christelike kameraadskap [Fellowship]

Saam met aanbidding, en onderrig en leering, is Christen kameraadskap [fellowship] ,’n sleutel deel in die siklus van transformasie van dissipels tot apostels. Christen kameraadskap het ‘n afgewaterde  woord in die kerk geword; dit wat sommige beskou as die primêre sakrament van die Protestantse kerk.
Daar is geen beswaar teen die tee na die diens nie maar Christen kameraadskap is baie meer as dit. Christen kameraadskap is die samekoms met ander wat besig is met die siklus van transformasie, die wat verander is, en die wat gevorm word in ‘n Christen geestelike lewe.
Vir baie moet die koffie-uur, indien nie vervang, aangevul  word deur kleiner groepe wat fokus op die ontwikkel van werklike en intieme verhoudinge met ander wat soek na die geestelike, ‘n lewe en verhouding met God. Vir baie sal die siklus van transformasie gereelde deelname aan ’n gebedsgroep, bybelstudie, ondersteuning en verantwoording in die Christen lewe en bediening wees.

Hierdie is die sleutel elemente van die siklus van transformasie; kragtige aanbidding, geloofsontwikkelling dmv lering en onderrig bediening en werklike [ authentic] Christelike kameraadskap [fellowship]. Maar in een belangrike opsig is elkeen ‘n einddoel en nie die weg daartoe nie. Hulle is ook, en terselfdertyd, ‘n weg [means] na Christen word, om mense  aaneenlopend te help met die proses van die beweeg van dissipels na die word van apostels. By ‘n sekere punt gekom, gewoontlik vroeër as later, is daar geen plaasvervanger om maar net probeer  en te doen nie. Om in die diep kant ingegooi te word, om vertrou te word met ‘n bediening, om  leier te wees en in die proses te leer.

Daar is ‘n geneigdheid by die kerk dat mense nie betrokke by bediening kan raak  alvorens hulle ten volle opgelei, toegerus, gesertifiseerd, gegradueerd, en bevestig [ordained] is nie. Nee!!! Daar is geen bewyse dat God vertoef  het  totdat Moses “got his act together”, of dat Petrus uitverkies was omdat hy ‘n blaamlose lewe gehad het, of dat Paulus ten volle verstaan het waartoe God hom geroep het, voordat hy met sy groot werk begin het nie. Deel van die siklus van transformasie is in diens opleiding [on the job training]. Daar moet  beklemtoon word dat daar steeds plek is vir die ontdekking van gawes en die toerusting van mense, leke ingesluit, vir elkeen se bediening wat uiters noodsaaklike deel uitmaak vir die wegbeweeg van ‘n Raadskultuur na die van ‘n Bedieningskultuur.

Die bediening van al God se mense

In die Christendom era, en in die Raadskultuur, het die Gemeente leiers gevra; “Hoe kan ons die behoeftes  van die kerk as ‘n institusie bevredig”? “Hoe kan ons al die vakatures op die verskeie komitees vul ”? ”Hoe moet ons maak om mense op die Kerkraad of komitees te kry”? Die vraag was dus “Hoe kan mense opgeroep word om die behoeftes van die institusie te bevredig”?
‘n Ander perspektief wat, as ‘n beginpunt voorgestel word, is die van “gawe vir bediening.” Die vraag is dus nie hoe die mense opgeroep kan word om die institusie [gemeente] te bedien nie, maar hoe die institusie [gemeente], dmv haar lewe en bediening, mense kan help om hul gawes vir bediening te identifeseer, toe te eien [op te neem] en uit te voer. Hierdie is die bediening wat die kerk aan mense offer/ aanbied as deel van die siklus van transformasie.

Ipv om jaar na jaar te probeer om vakatures te vul [ook besig te wees met bestuur van die institusie, sal die gemeente wat beweeg vanaf raadskultuur na bedieningskultuur, toesien dat die werk om mense te help om hul gawes te identifiseer,  toe te eien en uit te voer, is deel van die voortdurende werk van Christelike vorming.
 Nie net sal die gemeente wat die bedieningskultuur omhels  bogenoemde nastreef nie, maar ook mense help om oor te skakel vanaf hul gawes na  die betrokke diens en getuienis. Die naam wat ons kerk gebruik om die werk te identifiseer is; “Bediening van al God se mense” en het die volgende elemente:

Eerstens is die metodiek om mense te help om hul eie gawes vir bediening te ontdek. Daar is verkeie opgestelde formate beskikbaar wat gebruik kan word vir die lidmate en ander.

Waar nuwe intrekkers betrokke raak, maak dit net sin dat hulle eers betrokke by ‘n
Bediening gevestig raak, voordat hulle genader word. Dit gee nuwe Christene meer geleentheid en tyd om in te sink in die lewe van aanbidding, geloofsgroei, en Chritelike kameraadskap [fellowship]

Die tweede aanvullende element is die van “bedieningmentors.” Hierdie is leke lede van die gemeete wat toegerus is om ander te help om hul gawes te identifiseer en in te skakel by die betrokke bedieninge van die gemeente en sodat hulle kan dien. Elke gemeente sal verskeie bedieninge hê  waar mense kan inskakel. As deel van die werk van die mentors kan dit ook wees dat hulle betrokke sou wees met die inskakeling van mense by bediening wat interalgemeen is. So kan ouers byvoorbeeld deel word met wat daar vir kinders aangebied word Die navorsing oor geloofsontwikkeling by kinders wys onteenseglik dat die kind se deelname aan diens- en aksieprojekte en bediening saam met hul ouers, in hul kinderjare, van kardinale belang is.

Die derde element is die “bedieningspan.” In elke gemeente sal daar iemand wees wat ‘n nuwe geleentheid tot bediening ontdek. Solank dit binne die breë beskrywing van die
gemeenteroeping val, sal daar gehelp word met die verkryging van mense wat wil inskakel. Die gemeente help met die skep van die nuwe bedieningspan dmv opleiding en
hulpbronne en sê aan die span “Gaan doen die bediening en hou ons op hoogte van sake.”
Hierdie optrede is in skrille kontras met die wat onder die raadskultuur gebeur het.
Laasgenoemde sou gesê het “Ons sal  ondersoek instel en jou hoogte van sake hou.”
Hierdie optrede het twee negatiewe gevolge gehad. Eerstens het dit mense se inisiatief gedemp en tweedens  plaas dit meer las op die die dominee en kerkleiers/raad.”Gaan en doen………………….van sake”, is ‘n positiewe metode om die verantwoordelikheid terug te gee,  bemagtig lede van die gemeente en neem die las van verwagtinge deur mense, van die kerkleiers weg.
 Die “dogma” van “wat kan die gemeente vir my doen” moet vervang word met ”wat kan ek vir die gemeente doen” Mense het verbruikers van bediening geword in plaas van die produsente van bediening. [Alvin Toffler praat van “prosumers.” In die bedieningsopset kan dit beteken dat ons as produsente van bedizening, ook werklik ook verbruikers is.]

 

Wanneer mense met die “verbruiker gesindheid” na die kerk toe gaan, verloor hulle die 
gesindheid van priesterskap van die gelowige. [The priesthood of all believers] Bediening is dus nie iets vir die gemeentelede om te verbruik nie maar ‘n manier van lewe en om te lewe waar almal uitgenooi word om  in te deel.

Die vierde  element is die opleiding van mense vir bediening en om hulle toe te rus met die nodige hulpbronne wat hulle benodig. Die siklus van transformasie kan beskou word as die basiese opleiding vir mense vir die bediening. Daarna sal sekere mense verdere inligting, vaardighede en opleiding benodig.In sekere gevalle sal dit in die gemeente beskikbaar wees dmv die dominee of leke, in ander gevalle sal mense na seminare en werkswinkels gestuur word en in ander gevalle kan mense ingebring word om die opleiding of lering te doen. In sekere gevalle kan bv.‘n bediening plaaslik in stand kom wat “Spesiale Vriende”genoem kan word. Bv waar gemeentelede verswakte mense onder hul vlerk neem, gereeld besoek, en na hul spesifieke behoeftes omsien.
Ten minste een keer per jaar kan ‘n kundige uitgenooi word om voorligting en opleiding te doen oor hoe om verswakte bedizening, ens. te doen.

Die vyfde en laaste element is om mense aan te moedig om oor hul ondervindinge te reflekteer en wat hulle geleer het omtrent hulle self, ander mense en hul geloof. Dit belangrik om die bedieningsgroep  op ‘n gereelde wyse bymekaar te roep om introspeksie te doen en te vra hoe hulle God se teenwoordigheid tydens en na die bediening beleef het.

Moontlik kan daar drie vrae gevra word; “Wat het ek gegee?”
 “Wat het ek ontvang?” “Waar het ek God teengekom of ontmoet.?” Hierdie is ‘n eenvoudige vorm van introspeksie  maar bevestig ook die twee dele van bediening, gee en ontvang.

Dit is van kardinale belang om opgewonde te word, op te tree en uit te sien met    verwagting, wat die Bedieningskultuur bied. Hierdie benadering glo en verwag dat alle mense gawes vir bediening ontvang het en dat bediening aan almal in die kerk behoort; dit behoort nie net aan die bevestigdes [ordained] nie. Die Hervormers het dit reg gehad toe hulle gesê het: Die doop is ons bevestiging tot diening. Hierdie nuwe tydperk in die post-Christendom era maak dit moontlik vir die kerk om die insig van die Hervormers  weer van toepassing te maak. [reappropriate] Die bediening van die leke [laity] is om God in die wêreld ten toon te stel en die bediening van die bevestigdes [ordained] is om die heiliges [saints] toe te rus vir die bediening.
Die laaste opmerking. Let daarop dat die Raadskultuur optree uit die oogpunt van skaarsheid. “Daar is al hierdie vakatures. Wanneer sal ons hulle ooit vul?”
Die Bedieningskultuur tree op uit die oogpunt van oorvloed. God gee alle mense gawes vir bediening. Die kerk se taak is om mense te help om hulle gawes te ontdek, identifiseer, toe te eien en uit te oefen. Wanneer dit gebeur sal ons soveel bedieninge verrig soos waarvoor God ons opgeroep het.

 

The Reading and Preaching of the Scriptures

Written by Admin on . Posted in Boeke, Dienste-Communitas

Dit is die derde volume wat ek onder oë kry en nes met die ander twee (en dalk meer so!), is ek positief verras oor wat te leer is uit die reeks. Old begin die verhaal van die Moderne Era in die 1800’s in Europa met ‘n oorsig van die prediking van Alexander Vinet. Hy werk deur die era in twaalf hoofstukke waarin hy telkens die fokus heen en weer tussen Europa, Engeland en die VSA verskuif. Hy gee aandag aan herlewingsprediking in ‘n sekulariserende Europa (naas Vinet kyk hy hier ook na Kuyper), Duitse prediking in die vroeë fase van die Verligting (oa Schleiermacher, Krummacheren Harms), die Calviniste in New England (Timothy Dwight, Lyman Beecher), die sg Old School in die VSA (oa die Alexanders en John Nevius), die Victoriaanse predikers in Engeland (oa John Newman, McLaren en die groot Spurgeon), die Amerikaanse skool van Finney, Moody, Torrey en Billy Sunday aan die eenkant en Bushnell, Sloane Coffin, Fosdick, Buttrick en Norman Vincent Peale aan die ander kant. Hy kom ook uit by die begin van swart prediking in die VSA, die Duitse Evangeliese prediking in die Mississipi Valley (oa Carl Walther), Skotse prediking in die negetiende eeu (oa Duff), Southern Baptist prediking, Europese prediking in die bewoë twintigste eeu (Bultmann, Barth, Niemoller, Bonhoeffer, Luthi, Thielicke en selfs Klaas Schilder) asook bekende Britse predikersvan die twintigste eeu (oa Campbell Morgan, William Temple, James Steward, William Sangsteren Martin Lloyd Jones). Ek dink nog steeds dit is ‘n onmoontliketaak wat Old op horn geneem het. Anders as teologiese refleksie en selfs kerkgeskiedenis wat in boeke en dokumente gereflekteer word, is die werklike gebeure in die prediking meer ontwykend en kan dit nie so maklik volledig gerapporteer word aan die hand van geskrewe preke nie. Op sy allerbeste sal ‘n preekgeskiedenis altyd onvolledig en op sekere punte skeef en selfs misleidend wees.

Tog is ek baie dankbaar vir Old se reeks. Hy is ‘n groot geleerde en doen dit so goed as wat dit moontlik is om te doen. En soos ek gesê het, ek is verbaas oor wat ‘n mens wel leer en agterkom uit die reeks.


This sixth volume of Hughes Oliphant Old’s monumental, acclaimed study of preaching throughout history, The Modern Age, tells the story of preaching and worship from the French Revolution to the fall of the Berlin Wall (1789–1989). During this period preaching continued to support the historic Christian faith while the church undertook to resist secularization, come to grips with biblical criticism, and initiate bold overseas missions.
Opening with the revived Catholic Order of Preachers, continental Protestants such as Abraham Kuyper, and the self-consciously modern preaching of Friedrich Schleiermacher, Old moves on to consider Victorian figures such as John Henry Newman and Charles Haddon Spurgeon. He carefully lays out the tensions between Old and New School Calvinism as well as the beginnings of black preaching and the great American tradition of Charles Finney, Dwight L. Moody, Harry Emerson Fosdick, and many more. In the twentieth century Old’s focus falls on the crises of the two world wars, especially the courageous ministries of German, Dutch, and Hungarian preachers during the Third Reich. (Eerdmans Website)