{ARGIEF}

Wêreldbeker Sokker 2010

Wie gaan ons kinders se Hoop steel?

Ek het die onderstaande blog bydrae oor Uitkoms Gebaseerde Onderwys(UGO) die 18de Augustus verlede jaar geskryf sien ek- hierdie week- 11 maande later is UGO weer in die nuus met aankondigings oor nuwe planne van die Onderwys departement. Prof Jansen wil vanoggend weet in Die Burger of ons ‘n idee het wat dit die land kos en of iemand nie verantwoordbaar gehou moet word nie. Die hoofartikel in die Buger vra mi ‘n belangriker vraag- nl of ons gereed is om onderwysers daadwerklik te help.

Ons gesin sit toe Sondag-aand in die Waterfront om die gees ‘n laste keer te beleef- getooi in ons Oranje serpe en truie. Ons voel vir Nederland. Op ‘n ander plek in die restaurant sit ook ‘n familie- ander kleur ander geloof as ons, maar hulle is ook Oranje! Die seuntjie kom loer eers deur die venster en maak spelletjies met ons. Hy kom later in en kort voor lank is hy en Anika besig met ‘n spelletjie op die tafel. Na ‘n rukkie merk ek op sy sussie is nou ook by. Die Pa kom vra so nou en dan of dit OK is, maar te bly hy kan onverdeelde aandag aan die sokker gee. Skuins agter ons sit ‘n Oranje omie vir wie die sokker baie belangrik is, rustyd kom hy verby en merk terloops op: Dit is wat die WB aan ons almal gedoen het! en beduie met sy kop na Anika en die twee kinders se spelletjie aan tafel. Toe die kinders moeg raak, klim hulle op Anika se skoot en rus ‘n bietjie.

Vanoggend is die twee kinders skool toe skat ek. ‘n Hele generasie kinders is iets aan gedoen hierdie afgelope maand. Hulle het beslis meer hoop gekry vir die land. Shabalala se doel het dit alles ingelui en daarna is hulle saam met ons meegesleur op ‘n onverwagse beweging van goodwil en vreugde van ‘n land wat vir ‘n oomblik net dit kon geniet om normaal by mekaar te wees en trots te wees om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Waar kinders in restaurante kan speel by vreemdelinge sonder om bang te wees. Hulle sou opgemerk het mense is vriendeliker en verdraagsamer,  dat ons land veiliger wsa. Dalk het hulle gespeel saam met ‘n swart oom, of ‘n wit tannie by ‘n restaurant, of net gesien hoe hulle pa ‘n vlaggie opsit.
So nou stuur ons die kinders weer terug skool toe vanoggend, met opwinding en hoop. Hhulle gaan terug na dieselfde skole, onderwysers, infrastruktuur of gebrek daaraan.

Ek wonder of ons hulle hoop gaan steel. Gister hoor ek mense gaan FIFA hof toe neem oor plekname, vandag wil prof Jansen weet wie gaan aan die pen ry oor UGO se mislukking. Dit is seker goeie sake maar vir my voel dit totaal onvanpas. So bietjie -bietjie gaan hulle ons hoop steel en ons weer jaag in die kampe van die verlede, of nie? Ek kan my nie indink dat ek my energie daaraan wil spandeer nie. Ek dink nie die vraag is regtig of die regte plekname gebruik is, en wie aan die pen moet ry, oor die Eskom en onderwys-foute van die verlede nie, maar wie ons kinders se hoop gaan steel?

read more

Ons is van Afrika BASTA

Ek was gelukkig(?) om gisteraand saam met kollegas Ian Nell en Rein Brouwer kollega hier van Nederland, die wedstryd tussen Nederland en Cameroen in Amersfoort te gaan kyk in ‘n kafee neffens die Joris kerk in die stadskern. Dit was soos te wagte jolig, vrolik en oranje net waar jy kyk. Ons moes op ‘n manier tuis gevoel het want ons is tog immers van Nederland- het die ou mense nie van ons stamland gepraat nie. Sonder dat ons dit ooreengekom het, was ek en Ian se harte egter by Cameroen. Nou ja ‘n mens moet ook maar slim wees, so ons het Cameroen se goal maar met ingetoe lof gevier, ‘n mens kan meer as jou naam verloor in sulke situasies as jy nie slim is nie.

Op die trein terug het ek gewonder waar kom dit vandaan, hierdie intuitiewe ondersteuning van Cameroen- waar kom dit nou vandaan? Ek dink aan Antjie Krog se boek Begging to be Black. Is daar in ons blankes in Suid Afrika ‘n diep begeerte om deel te wees van die swart gemeenskap, om van Afrika te wees? Antjie se boek is daarom ‘n belangrike boek, hoewel ek eerder sou wou praat van ‘n behoefte om van Afrika te wees as om swart te wees. Ek kan en wil nie swart wees nie, ek weet sy bedoel dit nie net in ‘n etniese sin van die woord nie, maar ek kan en is van Afrika- het ek gisteraand ontdek in die Grand Kafee op die plein in Amersfoort.

read more

South Africa Rolls Out the Ubuntu in Abundance

Article of Shari Cohen in The Huffington Post

International development worker in the public health sector

Posted: June 15, 2010 11:35 AM

South Africa Rolls Out the Ubuntu in Abundance

I went on a rant the other day regarding the cost of the 2010 World Cup versus all the critical needs South Africa is facing and whether or not the most vulnerable of this country would gain anything from having the World Cup hosted in their country. At that time, I also had some very positive things to say about our hosts for the 2010 World Cup and I wanted to share that side of the coin as well, because it is equally important.

To say that I have been blown away at the hospitality South Africa has shown the rest of the world would be an understatement. I think back on recent Olympics and struggle to remember much reporting in the USA of athletes from other countries. I remember when a Togolese guy won a bronze medal in kayaking and NBC reported it and I thought to myself, “where are all the other fascinating stories like this one…like the Jamaican bobsledding team.” In today’s America, sadly, we have drifted so far towards being so US-centric that we only seem to root for the Americans.

Not so here in South Africa. I’ve been here since early May and each week I have become more and more impressed with the global embrace that South Africans have offered up to the world. On the way to the airport a couple of weeks ago, I heard a radio program that said each day they would focus on one country that would be coming to South Africa for the World Cup, and they would explore not only that sport’s history in soccer, but also their politics, religion, and socio-cultural practices. On the television, I’ve seen numerous programs that focus on a particular country and it’s history of soccer and how the history of that country is intertwined with their soccer history. I’ve seen programs on India, exploring why India enjoys soccer but hasn’t really excelled at the global level… yet. And I’ve seen shows on soccer in Muslim countries. Maybe it’s planned, maybe it’s unplanned, maybe it’s by chance, but it is happening. It’s not just about South Africans showing off their varied and multifaceted culture to their global guests, it’s also about using this opportunity to educate South Africa on the rest of Planet Earth’s inhabitants.

read more

God gebruik enige persoon

Nog ‘n storie van hoop kom van Vryheid. Een van die gemeentes het tans nie ‘n predikant nie. Van die gemeentelede het besluit dat hulle sal moet uitreik. Hulle gebruik die momentum van die wêreldbeker en TUG se hulpbronne om in die groter gemeenskap te werk. Sokker...

read more

Alles het met ‘n bal begin

‘n Kerk in Vanderbijlpark (wat deel is van TUG) het ‘n 2 weke "Kidsgames" program wat wyd geadverteer is in die omgewing. Ongeveer 80 kinders woon hierdie program by. Talle kinders het al hulle harte vir Jesus gegee en wonderlike verhoudings is met die vrywilligers...

read more

Afrika het Vredemakers!

Ons gesin het letterlik ons sokkerkaartjies uit die “lug” ontvang. Dit is per vliegtuig en coerier na ons gestuur. So het ons Vrydag die “sokkertrein” na die Kaap bestyg en heerlik saam met al die sokkerondersteuners by die Kaapse stasie aangekom. Vandaar het ons die 2,6 km “fanwalk” / “Ondersteunerspad” na die stadion gestap. Wat ‘n wonderlike ervaring het ons nie begroet nie? Daar was  straatmusikante, kunstenaars en  vrolikheid oral te sien!  Tussen al die ondersteuners met hulle unieke “kleredrag” het my kop letterlik gedraai! Met al die musiek, dromme, Tafelberg in die agtergrond, Kaapse klopse se optog, wonderlike sekuriteit, het ek net besef -hierdie ervaring moet ek vashou en nie laat gaan nie! By die stadion aangekom, het die altydteenwoordige SA Polisie gesorg dat alles vloei en dat daar ‘n gees van welwillenheid tussen almal was! Ek het laas die ervaring gehad, toe ek in 1995 die Wereldbekereindstryd op Ellispark bygewoon het. Die stadion, die organisering – ja alles was puik! Baie geluk Kaapstad en Suid-Afrika !
read more

Bothaville bring hoop vir gebroke mense

‘n Mens is dikwels so vasgevang in jou eie klein wêreld dat jy dink dit is hoe dit oral gaan. Totdat jy met die res van die wêreld begin kontak maak. Ons was hierdie naweek in die Vrystaatse platteland op ‘n dorpie waar daar geestelike hopeloosheid in van die kerke...

read more

Die waardes van “Heading” en “Passing”

Bethlehem PANORAMA het 16 weke voor die openingswedstryd, begin om daadwerklik vir elke land te bid, wat aan die 2010 Sokker Wêreldbeker deelneem, asook die lande se toeskouers, wat hierheen stroom.

Vlae van al die lande is bestel en twee-twee, elke Sondag, in die kerk opgehang. Daar is dan elke Sondag inligting oor die 2 lande in die gemeente bulletin geplaas, wat lidmate gehelp het om daadwerklik en doelgerig te bid. Die laaste vlae is die Sondag na die openingswedstryd opgehang.

Die Sondae wat daarna voorlê, tot met die eindstryd, word gebruik om vir die toernooi self te bid. Gebede word nou veral gerig op die Reëlingskomitee, die Sekuriteit, Veiligheidsmagte en alle ongure praktyke, wat met die Sokker gepaard gaan, bv prostitusie en kinderhandel.

Daar word ook daadwerklik gebid vir alle uitreikspanne, wat in hierdie dae werksaam is. Saam met die vlae-projek is die lidmate ( en veral die kinders en jongmense ) bewus gemaak van die ligging en omstandighede van al die deelnemende lande. Dit is gedoen deur sokkerballe uit te deel in die eredienste, nadat kerkgangers vrae oor die betrokke lande moes beantwoord. Daar is ook ‘n groot wêreldkaart in die kerk aangebring, wat die lande duidelik uitwys.

Die sokkerballe is geskenk deur die Kid-to-Kid projek van Amerika ( ds Ben Marais van TUG was ons hierin behulpsaam !! )

read more

Football and worship

A woman wearing a Nigerian football jersey and a white and green bonnet sits behind a man dressed in Bafana Bafana jersey and next to a lady in a Cameroonian tracksuit. These are only a few of the colourful worshippers who gather in St Mark's Presbyterian Church in...

read more