{ARGIEF}

Wêreldbeker Sokker 2010

TUG tel momentum op in skole

Op ‘n plattelandse Oos- Kaapse dorpie het iemand wat met die jeug werk, die TUG resource kit gekyk. Groot was my verbasing om te hoor wat sy alles vermag het met die inligting daarop en die momentum van die wêreldbeker: Die video clips op die TUG DVD is, is gedurende...

read more

Hoop en opgewondenheid in gemeenskappe

Ek het die afgelope 3 weke al die NG gemeentes in die land gebel om uit te vind waar hulle betrokke is in die TUG proses. Wat my opgeval het, is dat baie kleiner dorpe  as gemeenskappe (en kerke) saamwerk. Die organiseerders getuig dat dit nie vir hulle belangrik is...

read more

Uitreike Sokker 2010

Wat ‘n geleentheid. Ek is baie opgewonde oor wat die Here besig is om in ons land te doen. Orals begin mense weer te soek na God.  En juis in hierdie tyd gaan miljoene mense iets van ons land beleef al is dit net deur die uitsaai wedstryde wat hulle gaan kyk in een of ander land. Hier kom baie besoekers na Suid Afrika  tydens Junie en Julie.

Ons gemeente is sterk besig met reëlings vir verskeie uitreike waarby ons betrokke kan wees :

1.     Poppie projek. Stellenberg het ons genader om te hoor of ons vir hulle kan help met die 2010 uitreike. Hulle het ‘n klub 1000 gestig wat beteken hulle soek 1000 vrywilligers vir die uitreike.  Hulle het baie jongmense wat op die uitreike kan gaan maar hulle soek ouer mense wat vir hulle 1000 poppies kan brei. Ons gemeente het dadelik ja gesê om deel te word van klub 1000 en het ingespring en ons het al reeds amper 1922 poppies.  1300 gaan vir Stellenberg, 522vir ons eie uitreike en 100 vir die ACVV.

read more

Suiderstrand Gemeente kom in die Gees

Met die opening van Sondag 30 Mei se erediens by ons gemeente het ds Andre, Cassie Carstens gemeente verwelkom, albei geklee in bafana sokkertruie. Die opgewondenheid oor die sokker wêreldbeker wat om die draai is, was duidelik sigbaar. Daar heers ook ‘n dieper opgewondenheid oor dinge wat die Here besig is om te laat gebeur rondom die sokker wêreldbeker wat moeilik beteuelbaar is.

Ds Cassie het herinner aan Jesus wat na ons stukkende wêreld gekom het en daarom is daar hoop vir ons. So ook is dit elke Christen se plig om in die sokker wêreldbeker in te “voeter” om vir ander mense hoop te gee. Mense moet nederig raak en hulself in ander se skoene te plaas om ander te dien.

Tydens die erediens het ‘n groep opgetree wat saamgestel is uit 14 Brasilianers en ook ander lede uit die townships. Met wapperende vlae van reg oor die wêreld en fluitjies het hulle die kerk binnegedraf. Hul optrede wat hul ook gedurende die wêreldbekertoernooi by skole sal uitvoer, is gemik daarop om mense te leer dat ten spyte daarvan hoe baie mense van mekaar verskil, is dit nog steeds moontlik om saam te kan werk. Een van die lede van die groep, Anthony, is ‘n “ball juggler” van Indië wat tydens die optredes ook sy getuienis lewer.

read more

As ons oor Soweto verkeerd kan wees waaroor nog alles?

Ek het so pas Pieter van Niekerk se artikel- Nagmaal in Soweto gelees. Ook die artikel op my voorkeur webblad  South Africa- The Good News oor die Blou Bulle wat die pad wys vir transformasie. Dit is nou byna twee weke wat die Orlando fenomeen ons land onverwags getref het. Bloubul ondersteuners wat in hulle duisende in Soweto gaan rugby kyk … en dit was nie ‘n geval van oe toedruk, asem ophou om net by die veld uit te kom en so gou as moontlik terug nie. Inteendeel daar is heerlik gekuier in Vulakasi straat (toevallig ook die enigste straat in die wereld waar twee Nobel vredesprys wenners gewoon het- Tutu en Mandela) Alle aanduidings is dat die inwoners van Soweto en die bloubul ondersteuners mekaar ook geniet het!

Ek wonder wat die gesprek was in die Bulle se raadsale toe hierdie besluit geneem is. Ek kan my net indink hoeveel emosie daar was- FIFA wat vir almal wil voorskryf, die verliese wat ons gaan ly! Wat sal gebeur as daar rassevoorvalle plaasvind, en dit net voor die Wereldbeker?! Moet ons nie liewer maar veilig speel en die wedstryd skuif na ‘n meer bekende en veiliger area nie? Die risiko is eenvoudig te groot hoor ek ‘n stoere raadslid se- in elk geval julle sal my nooit daar sien nie, my bloed is blou maar ‘n mens het darem gesonde verstand ook gekry.

read more

NAGMAAL IN SOWETO

Ek was gereeld in Soweto vir kerkbyeenkomste. Townships is glad nie vir my ‘n vreemde plek nie, maar verlede Saterdag se Orlando-ervaring was iets besonders. Dis asof ‘n nuwe wêreld vir my oop gegaan het.

Desmond Tutu noem dit ‘n Soweto-Rubicon. Ek dink aan ‘n Orlando ervaring. en wonder of dit met Paulus se Damaskus ervaring vergelyk kan word. Die Blou Bulle se tydelike tuisveld verskuiwing van Loftus na Orlando laat beeldryke herinneringe na. Die tradisie vaste Blou Bul aanhangers se aanvaarding en ondersteuning van ‘n nuwe tuiste, ‘n stadion in ‘n township verdien lof.

Dis merkwaardig en geskiedkundig. Dit dui tot nasiebou en dit herinner my aan die eerste demokratiese verkiesing in 1994, waar wit en swart stemgeregtigdes as gelykes in lang rye geduldig wag om hul kruisies te trek. Dit laat my ook dink aan die Springbokke se rugby wêreldbeker oorwinning in 1995 toe swart en wit die oorwinning teen die All Blacks saam vier.

Wit en swart Suid-Afrikaners se leefwêrelde verskil in die algemeen so van mekaar, dat die Orlando-ervaring die afgelope twee Saterdae ‘n ander perspektief plaas op die rasse-vervreemding en –vrees wat onder mense bestaan.

Ek glo nie daar was ooit soveel witmense op een dag in Soweto nie, die meeste is boonop Afrikaanssprekend (Afrikaners). Ek het op die laaste nippertjie ‘n kaartjie gekry om die Super 14 Finaal te kyk en vervoer daarheen gereël.

read more