Johari venster

Written by webmeester on . Posted in Pastoraat

Die Johari venster is ‘n kognitiewe instrument wat geskep is deur Joseph Luft en Harry Ingham in 1955 om mense te help om hulle interpersoonlike kommunikasie en verhoudinge beter te kan begryp.  Dit word meesal gebruik om jouself te analiseer, sowel as ‘n groepe om tot beter begrip van mekaar te kom.  Lees verder hieroor.

In die toets wat daarvoor ontwerp is, word elkeen ‘n lys van 56 byvoeglike naamwoorde gegee waaruit 5 of 6 gekies moet word wat jy voel jou persoonlikheid die beste beskryf.  Indien dit in groepe gegee word, kies elke groeplid ook 5 of 6 byvoeglike naamwoorde wat elkeen van die ander lede van die groep beskryf.  Dié keuses word dan in ‘n matriks, die Johari venster, ingeskryf.

Kwadrant 1 is die publieke deel van ons lewe wat almal sien en waarvan onsself ook bewus is.  Kwadrant 2 is dié deel van onsself wat ander sien, maar waarvan ons onbewus is, ons blinde kol.  Kwadrant 3 is dié deel van onsself waarvan nie onsself of ander bewus is nie.  Kwadrant 4 is dié deel van onsself waarvan net onsself bewus is, ons private self.

Ooreenkomste met die Myers-Briggs tipe indikator word gereeld ingespan in die interpretasie hiervan.

John le Roux het ‘n PowerPoint gemaak waarmee mense in gesprekke gehelp kan word om bewus te word dat ons almal iewers ‘n blinde kol het, en dat dit net in gesprek met ander mense is, waar ons gehelp kan word om daarvan bewus te word en ons blindekol raak te sien. 

Dit kan ook deur iemand van buite gebruik word om byvoorbeeld na verhoudings te kyk om so patrone en selfs moontlik oplossings te kan raaksien, wat mense binne die verhoudings nie maklik self raaksien nie. 

Begrafnisbegeleiding: Op reis na ‘n Christelike filosofie daaragter

Written by webmeester on . Posted in Pastoraat

  • Kinders leer van dood, groet, treur en die hoe van dinge.  Daar leer ons kinders dmv voorbeeld en gesprek.  Ook deur hulle te laat deelneem.
  • Lewe afrond.   Ons doen iets namens die een wat dood is wat daardie mens nie self kan doen nie.  Dit is ere-werk wat ons doen.  Om die laaste foto’s te neem en in die laaste albums te plaas, volgens testament en ander versoeke die oorledene se lewe en goed te hanteer en te bestuur, is voorwaar om ge-eer te word en eer te gee.  Dit maak die dinge wat ons doen baie sinvol.  Ons kom nie net ‘n tradisie na nie, maar gee inhoud aan ‘n Christelike gebruik en styl.
  • Lewe interpreteer:  Die mens wat dood is, het Godgegewe waarde gehad.  Ons mag dus dink en vertel:  God het hierdie mens só in my lewe gebruik en daarom kan ek dankbaar wees en daaroor getuig.  Daarom ook dus ‘n dankdiens.  Nou gee ek taal aan my gemis en verstaan wie en wat ek gaan kort en word dit duidelik wat gemis gaan word.  Moontlik tree iemand anders nou na vore om in van die rolle in te staan wat nou gemis gaan word.  Interpretasie gee waardering aan die mens, maar gee ook in woorde taal aan wat ek die toekoms gaan mis.  Dit bring bietjie beheer en duidelikheid in die situasie.  Dit maak sinvolle beplanning moontlik.  Gee ander dalk weer nuwe rolle.
  • Lewe oop-oog onthou :  Die mens wat dood is se lewe was oop-oog geleef.  Die laaste kisprentjies en hospitaalbedherinneringe moet nie die laaste prentjie wees en sterkste praat praat nie, maar die wonderlike gelukkige herinneringe wat daar ook deur die HELE lewe was.  Suksesvolle treur maak dat ek weer kan dink, praat en onthou oor die goeie wat was.  Laaste prentjies mag nie die goeie van die lewe steel nie.
  • Lewe vier:  Beslis.  Daar is deur God se genade soveel goed aan my gedoen deur die oorledene (meestal) dat ek daaroor bly, dankbaar en opgewonde kan wees.  Vrolike blomme en ‘n brandende kers het soms ook plek!
  • Troos vra:  Nederig en afhanklik van God.   Ook van my medegelowiges.  Dis eerlik en nugter om te besef en te erken dat ek gaan treur en dat dit my in vele wyses volgens die rousmartproses gaan raak.
  • Werklikheidsbesef:  In die normale lewe sterf mense en gaan almal dood.  Is ek gereed?  Dis ook ’n geleentheid vir ’n rustige eerlike selfondersoek.  Leef ek vir die regte beste dinge en sake?  Dis ook ’n oproep en waarskuwing.
  • Toekoms in die oog kry:  … ek sal opstaan en na my Vader gaan!  Ons roeping tot lewe het nie gestop met hierdie dood nie.  Dit vra soms ‘n aktiewe besluit om vorentoe te gaan.  Ek mag nie die slagoffer van die dood word nie maar kies om met die lewe en my roeping in die lewe aan te gaan.  Dis ons roeping om vorentoe te gaan en die tyd uit te koop.
  • Groet, afskeid neem  en Amen sê.  In groot volwassenheid klaar gegroet kry en opstaan en aangaan, tussen al die terugdink, verlang, ens.  Dit is ’n geloofskeuse ook, dis ’n keuse van/in volwassenheid.
  • Versorg mekaar met liefde

    Written by webmeester on . Posted in Kleingroepe

    Durbanville gemeente het ‘n versorgings model gekies vir hulle kleingroep wat op 4 teologiese bewegings gebaseer is, geleen van Guillome Smit se doktorale tesis. Die model het ons oook lekker gehelp met roluitklaring van die 4 predikante en gee nuwe fokus en energie.

    Lees meer in die onlangse SIG wat hierby aangeheg is.

    Die kerk: stad en sout

    Written by webmeester on . Posted in Toolkit

    Matt 5:13-16.  Ons is die kerk (die kerk is nie ‘n gebou nie) op twee wyses.

    Kerk as stad                                                                                                                   Kerk as sout

     

    • Waar ons saamgeroep word om die Here te aanbid, geskool te word en take aan te pak wat die Here ons voor roep wat te groot vir enkelinge is (volhoubaarheid ens. is ook faktore).  In ons lewe saam moet ons soos ‘n stad op ‘n berg wees.
    • Ons is egter ook die kerk waar ons leef, werk en speel.  Daar moet ons sout wees.  En daar het ons ‘n veel groter raakvlak met die wêreld as wanneer ons saamgeroep is.