The contribution of Appreciative Inquiry on the attitudes of church members towards a change in strategic focus

Written by webmeester on . Posted in Gemeenteprosesse

The research had been done as a qualitative study using Thematic Analysis. Semi-structured interviews were used to obtain the data.

The study findings had indicated that the Appreciative Inquiry model has the potential to elevate the change conversation to a higher level where resistance and cautiousness no longer have the final say in determining members’ reactions to the change in strategic focus. The change conversation began to focus on themes such as purpose, opportunities and continuity. Interviewees had experienced that discovery of the Positive Core of the congregation had indeed helped them to embrace the proposed changes rather than resist it.

To conclude the research project, the following recommendations have been made:

  • There is a definite need for congregations to ensure that members know the Positive Core of their congregation. Members have to share their positive experiences of the past so as to inspire a next generation.
  • Leaders of congregations have to focus on this Positive Core. They have to be aware of the achievements of the congregation. They need to be focused on organisational wisdom. Leaders have to ensure that the collective spirit, the vital traditions and alliances and partnerships are conserved and used in a new era. It will be these elements of the Positive Core that will ensure that a congregation remains relevant.
  • Leaders of congregations have to ensure that the change conversation is conducted on the ‘higher level’ where purpose, opportunities and the role of the church are discussed. Change in congregations is too often discussed on the level of personal preferences.
  • The leadership of a congregation would do well to have regular focus groups that discuss this Positive Core of the congregation. In this way they will ensure that the congregation remains ready for change because of the sense of purpose and a commitment to the values and beliefs of the congregation.

 

Hirsch (2006:53) has been quoted earlier in the study as saying that the track record of congregations in terms of change is rather poor. The researcher contends that this research study has shown that the Appreciative Inquiry model of change management has the potential to put this record straight.

It is up to leaders facilitating change interventions to do just this.

Francois Retief

Ermelo

‘n Paasgebed

Written by Quintus Heine on . Posted in Spiritualiteit

 

Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !

 

Here dankie dat ek vry is.

 

U was gevange en U is vry,

en ek is saam met U vry

van alle benouing en vrees.

U het my as vry mens geskape

en vir die vryheid van die seuns en dogters van God

het U my bestem.

Ek is nie meer my slaaf nie,

nie meer my kerkermeester nie.

Ek hoef my nie meer te wantrou nie.

Ek hoef my nie meer te haat nie.

Ek hoef my nie meer te vrees nie,

want deur U is ek vry.

 

U was gevange en is vry.

Nou herskep U my tot ‘n vry mens.

Ek is nie meer wie ek was nie.

Ek is nie meer wat ek van myself weet nie,

maar wat U van my gemaak het.

U vra geen prestasie nie.

U veroordeel my nie oor my mislukking nie.

Ek behoort aan U.

 

Ek was gevange en is vry.

Ek is in U Naam gedoop.

Ek is en bly U kind.

vernuwe deur U Gees,

U skeppende Gees.

Ek vra nie meer

of ek verdien om te lewe nie,

want ek lewe deur U.

Ek dank U, Here,

nou en vir ewigheid.

 

Die ware toekoms

ontspring uit die dinamiek

van ons geloof, hoop

en gemeenskaplike liefde

Hierdie dinamiese toekoms

moet ons blote denkbeelde

van die toekoms

elke dag opnuut

verreweg oortref

 

(vertaal deur Leo vd Westuisen)

 

‘n Baie geseende Paasfees word vir elkeen toegebid!  Onthou die opstanding het ons nuut en vry gemaak!!!!

Quintus

MISSIONÊRE KLEINGROEPE – wat is fout met kleingroepe?

Written by Jannie le Roux on . Posted in Kleingroepe

Ek wonder al ‘n paar jaar hoekom kleingroepe oftewel omgeegroepe nie in ons gemeente so lekker van die grond kom nie. Na die bekende 40-dae storie van Rick Warren se doelgerigte lewe, was die groepe vir daardie tydperk meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Ons is deur die fase van die struktuurgedrewe model van “Die Selgemeente” wat ons daar by George geleer het, en ek moet bieg ek is nie so struktuurgedrewe nie. Toe volg die fase wat ons by die Jetro-model en die G-wat-ook-al geleer het, wat baie mooi op papier klink, maar my nog meer laat besef hoe vrot ek organisatories met hierdie goed is. Die goed laat net die skuldgevoelens vermeerder. Daarna het ons begin fokus op die 40-dae veldtog van Rick Warren se doelgerigte lewe. Vir daardie tyd was almal wonderlik doelgerig, om daarna aan te gaan met die res van hulle lewe. Vir daardie tydperk was die groepe baie meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Regdeur het ons agtergekom dat vermenigvuldiging nie by ons mense so maklik is nie. Hulle hou nie van afskeid neem van mekaar nie. Uit elke drie groepe wat vermenigvuldig, bly een of hoogstens twee oor. Ook is die dilemme met Rick se “gasheer” gedagte dat niemand regtig leierskap neem waaruit dissipels kan ontwikkel nie. Niemand sê “Volg my” nie,  en ons leer al hoe meer by die mense wat die DVD’s maak, maar neem steeds nie eie verantwoordelikheid nie. Omdat ons as ‘n bestaande gemeente transformeer, is ons ook nie soos gemeentes waar mense van dag een af moet inskakel by kleingroepe nie. Ons is eintlik besig om die hele kultuur van ons gemeentewees te verander. En ek lees op die internet dat die bekende transformasiekundige prof John Kotter in sy onlangse boek A Sense of Urgency beweer 70% van die organisasies slaag nie met verandering nie. Wat ‘n soberende gedagte! Die goeie nuus is dat 10% wel slaag, en dan met verrassend goeie resultate. Blykbaar is dit die groep wat voortdurend sy eerste beginsel bly toepas, en dis om voortdurend ‘n besef van dringendheid in die hele organisasie te handhaaf.

PARADIGMASKUIF. Verlede jaar het ek begin om anders te begin dink oor ons kleingroepe. Ek dink steeds dis een van die beste maniere om saam te groei as dissipels, maar ek het begin dink aan die kleingroep as ‘n sturende groep. En gemotiveer dat elkeen van ons kleingroepe moet begin bid en vra dat een van hulle as ‘n “sendeling” afvaardig moet word om ‘n nuwe groep te begin. Wel, dit het in vanuit van ons groepe begin!

Ek dink nie dis net een metode of verstaan wat help nie, maar ‘n verskeidenheid. Vandag het ek nog ‘n tree verder geskuif. Dis om die kleingroepe as missionêre gemeenskappe te verstaan.

Omdat ons die gemeente in ‘n nuwe fase lei, het ek gewonder of daar nog mense soos ek is wat wonder oor die kleingroepe. Toe google ek. In Februarie skryf Geoff Surratt Why small groups don’t work. Sy argument in kort is dat baie beweer dit moet werk, maar sukkel daarmee WANT ONS MIS DIE PUNT. Die punt van kleingroepe is nie om relasioneel te wees, of dissipels te maak, of diens te lewer nie, dis alles ‘n effek daarvan. DIE PUNT IS:

The point of small groups should be to rally around a cause, a purpose, a mission and to change the world. Our normal expectations for small groups is tragically anemic. Your small group shouldn’t just change you, or change your friends; your small group should rock the world. “They have turned the world upside down, and now they have come to our town.”

Daarom dink ek: MISSIONÊRE KLEINGROEPE… Ons kleingroepe is missionêre gemeenskappe BINNE die gemeenskap wat lankal nie meer aan die kerk behoort nie. ONS GEMEENSKAPPE IS ONS SENDINGVELD. Lokaal. Rondom ons.

Hoe verander dit jou persepsie? En waarmee kan jy leiers help? Laat weet asb.

Beroepingsproses

Written by Pierre Goosen on . Posted in Beroepingsproses

Riglyne vir die Beroepingsproses van ‘n Leraar

In hierdie dokument lê ons klem op die volgende vier prosesse:

A Beroeping as ‘n geloofsonderskeidende en pro-aktiewe proses
B Die ontwikkeling van ‘n profiel vir die vakature
C Die Profiel
D Die proses vir die pre-advies en gemeente .

Laai die ingeslote dokument hier af.

Riglyne vir die Beroepingsproses van ‘n leraar (127 KB)

Pierre Goosen en Frederick Marais (Buvton 2007)

 

Planning and the Budget

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Die Alban Weekly het hierdie week ‘n interessante artikel van Dan Hotchkiss oor die begrotingsproses in gemeentes!

Congregations often plan and budget as though planning were one thing and budgeting another. Bringing the two together calls for a comprehensive calendar for goal-setting and evaluation.

A key event in the sequence is the annual planning retreat. Typically, this event includes the board and senior members of the staff, including lay staff as appropriate. Ideally, the group spends at least a day and a half off-site with a strict no-cell-phone rule. The agenda varies from year to year; the focus is always on discernment and strategy, the two zones of responsibility shared by board and staff. Some special attention to the mission is appropriate every year–but it is rarely a good use of time to tweak the wording of the mission statement that often. Once every five years is more than enough, unless something is terribly wrong with the existing statement.

A more necessary work product from the retreat and related activities is the annual vision of ministry, an answer to the question, “In what new and different ways will we transform lives in the next one to three years?” To put it differently, the vision of ministry is the board’s short list of priorities. Why a short list? Because when a list of priorities is long, they’re not priorities! The vision of ministry is a short list of things the board means to accomplish, no matter what. The fact that something does not make the list does not mean that it won’t happen. While creating the vision, the board will bank a number of ideas for the future: pieces of a long-term vision to which the board is not prepared to make an ironclad commitment now. There is no way to do this without sometimes saying no.

Om die voledige artikel te lees gaan na
http://www.alban.org/conversation.aspx?id=8485

Liturgie vir die Herwinning van Hoop

Written by Frederick on . Posted in Spiritualiteit

 

Oomblik van stilte en rus…

Ons dink aan die familie van me Nomzoxolo Dziba skoolhoof van Kruispad wat Maandag vermoor is en alle onderwysers in ons streek wat onder soveel druk moet werk…
Bid vir onderwysers en polisiemanne en vroue wat jy ken

LITURG:  Vriende in die Here Jesus Christus: Wat is hoop?

ALMAL: Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie.  Wie hoop nog op wat hy reeds sien?  Maar as ons hoop is op dit wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.

LITURG:  VRIENDE IN DIE HERE JESUS CHRISTUS

    Om te hoop beteken dat ons elke oomblik ingestel is op dit wat nog nie gebore is nie.  Selfs al gebeur sekere dinge nie in ons leeftyd nie, beteken hoop dat ons nie desperaat en moedeloos sal raak nie.  Dit beteken nie veel om te hoop op dit wat reeds bestaan of op dit wat nie moontlik is nie.  Hulle wie se hoop swak is, gee hulle maklik oor aan gerief en self geweld.  Hulle wie se hoop sterk is, sien en koester elke teken van nuwe lewe.  Hulle is elke oomblik gereed om te help dat nuwe dinge onder ons gebore word.

GEBED  [ Almal saam ]
Here ons God, U weet hoe min hoop daar in ons lewe is.  Ons dae is dikwels vol van slegte nuus – berigte van lyding en dood, haat en onvrede, werkloosheid en bedrog. 
In so ‘n tyd wil ons opnuut aan Jesus dink.  Ons wil dink aan Sy kruis – hoe Hy gely en gesterf het. Selfs die dood kon U liefde nie keer nie. 
Deur die opstanding van Christus skep U nuwe lewe, nuwe hoop, word ons hoop herwin.  Gee ons vandag weer tekens van U liefde en sorg. AMEN

LITURG : VRIENDE IN DIE HERE JESUS CHRISTUS
 Alhoewel ons hoop en verwagting nog nie ‘n vaste besit is nie, bevat dit tog ‘n element daarvan.  Die feit dat ons op iets wag, wys reeds dat ons dit op ‘n manier besit.  Indien ons met geduld en hoop op iets wag, is die krag van dit waarop ons wag reeds werksaam in ons lewe.  Hy wat in alle erns wag, is alreeds in die greep van dit waarop hy wag. 
Kom ons vier ons hoop…

VIERING VAN HOOP   [Almal saam ]
 
Te midde van hongersnood en geweld, vier ons die belofte van oorvloed en vrede.
Te midde van onderdrukking en tirannie, vier ons die belofte van diens en vryheid. 
Te midde van twyfel en wanhoop, vier ons die belofte van geloof en hoop.
Te midde van vrees en ontrouheid, vier ons die belofte van vreugde en lojaliteit.
Te midde van haat en dood, vier ons die belofte van liefde en lewe.
Te midde van sonde en verval, vier ons die belofte van redding en vernuwing.
By die herinnering aan ‘n sterwende Heer, vier ons die belofte van ‘n lewende Christus.
Gebruik die tekens van Hoop

Liturg:
 
Mag die God van hoop julle vul met sy genade en vrede.  Mag julle deur die krag van sy Gees groei in hoop.

Almal: 
Amen