Dit gaan goed met die NG Kerk

Written by Frederick on . Posted in Gemeentestories

DIT GAAN GOED MET DIE NG KERK!
(Die vier leraars van NGK Jeffreysbaai besoek gemeentes oor die land – Feb 2007)
Dit het alles om die ontbyttafel begin. Ons vier
Jeffreysbaai priesters saam met ons aide de camps.
Elkeen van ons het ‘n “pastorale hulpleraar” om ons te
help met huisbesoek, bejaardebesoek, siekebesoek en
watter ander besoek ook al van ons gevra kan word. Een
maal per kwartaal ontbyt ons saam, en dan skinder ons ‘n
hond uit ‘n bos uit. So het dit gekom dat een van die
hulpe pas uit Pretoria terug is, waar hy en sy vrou die
nuutste sensasie in Gauteng gaan ervaar het.
“Man, julle moet gaan kyk – dis te wonderlik om te glo!
So professioneel!” Een woord op die ander, en soos dit
met ‘n klomp dominees gaan, besluit ons daar en dan:
Jeffreysbaai se dominees moet noorde toe, om te gaan
afkyk, om te gaan leer, om Jeffreysbaai met nuwe
entoesiasme te kan lei.
Die kerkraad was ingenome met die plan. Sonder enige
vrae het hulle die geld voorsien, en voor ons ons oë
uitvee is ons op die lang pad boontoe.
Ons eerste stop was Bloemfontein, daarna Johannesburg,
tot bo in Pretoria, waar ons sommer ook met ‘n dominee
uit Waterberg kon kuier, weer terug Bloemfontein toe, en
na besoeke aan die leiers van 14 gemeentes, eredienste in
5 gemeentes, en op die koop toe ‘n kursus in Powerpoint
Presentations, was ons terug by die huis.
Vuur en vlam, amper soos Petrus en sy pêlle. Sit jy nou
nog die g(G)ees van Jeffreysbaai se wind daarby, en dit
word al hoe moeiliker om rasioneel en rustig te vertel wat
ons alles geleer het!
Kom ons begin by die ding van die visie. Ons het van
voor af geleer dat ‘n gemeente in elk geval ‘n visie het.
Formuleer jy hom nie, weet jy nie mooi waarheen jy op
pad is nie. Formuleer jy hom wel, gee God vir jou ‘n
kragtige tool, nie soseer om al die eendjies van jou
doelwitte en jou beplanning en jou struktuur in ‘n ry te
kry nie, maar veel meer om jou gemeente se mense saam
te bind en te motiveer en te energeer. Nog belangriker
egter, die visie sê wie ons is, waar ons vandaan kom, en
waarheen ons op pad is. Lidmate wat die visie uitleef,
leef ons gemeente se kultuur en identiteit. Hierdie kultuur
en identiteit word natuurlik bepaal deur die gemeente se
verhaal en mense en leiers en omgewing, maar dit word
ten diepste bepaal deur God self. God het die gemeente
met ‘n doel juis op hierdie plek geplaas, Hy wil hierdie
gemeente stuur om deel te word van dit waarmee Hy
reeds besig is. Ons visie help ons om ons missionêre
identiteit te ontdek en daarnatoe te leef. Dat ons dit kon
leer en prakties kon sien werk is seker die grootste
winspunt van ons besoek.
Dit is dus verskriklik belangrik om niks aan te pak as dit
nie uit die visie uit gegroei het nie. Die visie vertel die
gemeente se storie, en jy kan nie goed doen wat nie die
storie verder neem nie. ‘n Ander woord hiervoor is
“konteks”. Ons het van vooraf besef ons maak in die NG
Kerk te veel van eenvormigheid tussen gemeentes en te
min van die konteks waarbinne gemeentes deur die Here
gebruik word om sy koninkryk te laat kom. Dit sny na
twee kante toe. Die volgende storietjie vertel van die een
kant: Pas na ons terug is hoor ons hoe ‘n groepie
bejaardes in ons gemeente onder mekaar gehoop het dat
die dominees tog net nie met te veel nuwe goed
teruggekom het nie! (Moral of the story: Nie alles wat in
ander gemeentes werk, gaan hier by ons werk nie!) Die
ander kant is egter ook geldig: Dit is krities belangrik om
in ag te neem dat ons konteks voortdurend verander. Ons
kan nie aanhoudend dieselfde dinge doen net omdat dit in
die verlede gewerk het nie. Om hierdie eierdans te kan
loop sal God ons met baie wysheid moet seën!
‘n Gemeentevisie maak ook die lidmate se oë oop vir die
konteks waarin hulle leef. Dit help hulle om met Jesus se
oë daarna te kyk. As lidmate hulle roeping ontdek sien
hulle skielik mense se nood in ‘n ander lig. Die verhale
van gemeentes se gemeenskapsbetrokkenheid was
oorweldigend. Een gemeente het ‘n speelpark op hulle
kerkterrein waar kinders enige dag van die week veilig
kan kom speel, ‘n ander gemeente het ‘n gastehuis wat
huisvesting bied vir hospitaalpasiënte se familie,
speelgroepe en kleuterskole en selfs junior laerskole is
algemeen, ‘n ander gemeente bou ‘n groot lapa waar
enige mens uit die gemeenskap kan kom braai en agter
veilige heinings kan ontspan, en dan praat ons nie eers
van die werkskeppingsprojekte en HIV/Vigs programme
en voedsel- en klere voorsiening en pastorale sentrums
waar enige iets van huweliksvoorligting tot mediese
bystand tot traumaberaad tot geestelike begeleiding deur
professionele hulpverleners uit die gemeenskap gedoen
word nie. As God eers lidmate aan die droom sit is daar
geen keer aan hulle nie.
Die visie gee dus betekenis aan elke enkele gemeente
aktiwiteit. Dit bepaal die eredienste, dit bepaal die
begroting, dit bepaal die manier en die inhoud van die
kategese, dit bepaal die samestelling en funksionering
van die leierspan, dit bepaal die manier hoe die gemeente
se administrasie werk, selfs die pastoraat kry nuwe
betekenis uit die visie. Een gemeente vertel hoe hulle
pastorale sentrum nie sukkel om vrywilligers te kry nie,
want elke persoon wat ondersteun word word gehelp om
te verstaan dat God hulle swaarkry gebruik om weer
ander se swaarkry te help verlig. “By ons”, sê die
dominee, “is pastoraat nie net om mense te troos nie, dit
doen ons ook, maar ons troos hulle deur van hulle
dissipels te maak”.
Die visie bepaal ook die geboue. Net soos wat baie
gesinne na ‘n groter huis moes trek toe die kinders begin
kom, of ten minste aan die huis moes bybou, net so moet
elke gemeente ook maar van tyd tot tyd weer kyk of hulle
“woonhuis” (en ook God sin!) nog voldoen aan die
behoeftes van hulle roeping en hulle konteks en hulle
visie. Ons is getref deur die toeganklikheid vir die
eiesoortige behoeftes van die jeug, die ruimte vir gebed in
2
‘n kapel of ander stil ruimte, en die manier waarop
erediensruimtes ingerig word om mense te help om tuis
en ontspanne te voel. Kerke se geboue word ‘n nuwe
lewensruimte, ‘n familiehuis, by party gemeentes selfs ‘n
geestelike mall met koffiemasjiene, tafeltjies onder bome,
boekwinkels, gedenkmure en inligtingstoonbanke.
Hoe groter die gemeente, hoe belangriker word dit om
doelgerig en bepland te kommunikeer. Kommunikasie
het baie te doen met wat die leiers aan die gemeente sê.
Die gemeentes wat ons besoek het, doen dit omtrent
sonder uitsondering uitmuntend. Die skriftelike
kommunikasie (aankondigings, kalenders,
inligtingsbrosjures, ens) is strykdeur van ‘n hoë gehalte,
professioneel, in kleur, met grafiese voorstellings, prente
en foto’s, interressante en pakkende skryfstyl, uitstekende
drukwerk, ens. Die leiers kommunikeer hulle boodskap
ook op innoverende maniere in die erediens en deur
middel van omgeegroepe en die hele leierskapstruktuur
van die gemeente. Aan die ander kant luister die
gemeenteleiers baie doelgerig en intensief na wat
konkreet in die lewens van hulle gemeenskappe aangaan.
Hulle probeer verstaan wat hulle lidmate se behoeftes is,
maar hulle luister ook na die nood en die vrae van die
omgewing waar God hulle gemeentes geplaas het.
Dit was vir ons lekker om te sien hoe elke gemeente waar
ons was moeite doen om na God se Woord te luister.
Baie volg die luisterseisoen, ander volg die Wandel in die
Woord patroon van die Gestuurde Gemeentes
Vennootskap, van die gemeentes stuur gereeld hulle
leiers op ‘n wegbreek om te gaan stil word en God se wil
vir die gemeente te ontdek. Die geheim is uiteindelik om
die hele gemeente op ‘n reis deur die Woord te neem.
Eredienste, omgeegroepe, kategese en jeuggroepe, almal
luister doelgerig saam na dieselfde tekste en temas.
Hoe groter die gemeente, hoe belangriker is dit om die
diversiteit van die gemeente nie net te erken en daarvoor
ruimte te maak nie, maar om dit te vier as ‘n gawe van
God en om dit in te span om die diverse gemeenskappe
waarbinne die gemeente leef met sy liefde te bedien.
Eredienste word ingespan om die behoeftes van
verskillende ouderdoms- en spiritualiteitsgroepe aan te
spreek, lidmate het ‘n keuse om in wyke of omgeegroepe
bedien te word (alhoewel omgeegroepe by omtrent al die
gemeentes die primêre vorm van bediening aan lidmate
is), en dan is daar natuurlik ritse en ritse verskillende
bedieningsaktiwiteite waar lidmate hulle roeping en
gawes kan uitleef. Lidmate se lewenstyle verskil ook al
hoe meer. Baie is net op Sondae beskikbaar, en daarom is
daar gemeentes wat geen jeugaktiwiteite gedurende die
week reël nie. Alles vind net op Sondae plaas. Aan die
ander kant het party van die stadsgemeentes ontdek ‘n
betekenisvolle groep van hulle lidmate vlug oor naweke
weg van die stad af – hulle is nooit op Sondae in die
gemeente nie. Vir hulle word daar op Woensdagaande ‘n
erediens gereël wat amper ‘n duplikaat is van die
gewonde Sondag oggenddiens.
Groter gemeentes het gewoonlik groter groepe
jongmense, wat dit moontlik maak om meer direk aan te
sluit by verskillende ouderdomsgroepe se spesifieke
behoeftes. Dit het ons veral getref hoe ouers en gesinne
bereid is om lojaal in te skakel by gemeentes wat moeite
doen met ‘n betekenisvolle baba- en kinderbediening.
Van die gemeentes wat ons besoek het spandeer geweldig
baie geld en energie aan hulle kinderbediening – spesiale
lokale, projektors, klankstelsels en voltydse personeel.
Ons was ook by tiener eredienste wat deur omtrent geen
volwassenes bygewoon word nie, gewoon omdat dit so
tienergerig is dat volwassenes daar glad nie tuis voel nie.
Dit was egter ook mooi om te sien hoe hierdie selfde
gemeentes moeite doen om rondom die eredienste ‘n egte
intergenerasionele bediening tot stand te bring, waar
jonges en oues saamkom om mekaar betekenisvol te leer
en te bedien. Die NG Kerk het oor jare ‘n ryk tradisie van
jeugbediening opgebou, en dit word stewig in stand
gehou.
Ons moet ook iets sê oor leierskap. Gemeentes wat
dinamies en vernuwend wil groei kan dit nie doen as die
leiers van die gemeente nie dinamies en innoverend is
nie. Wat ons die meeste beïndruk het is dat die leiers op
datum is met die nuutste teologiese kennis, en goed
geskool is in leierskap en bestuurswetenskap. Ons was
voortdurend getref deur die leiers se entoesiasme en hulle
roepingsbewustheid, asook deur die trots wat uit hulle
straal as hulle oor hulle gemeentes begin praat. Die
leierskapstrukture maak ruimte vir direkte inspraak deur
lidmate, deur seker te maak die demografiese groepe (in
terme van geslag en ouderdom) in die gemeente is goed
verteenwoordig. Dit is selfs een gemeente se beleid om
altyd iemand op die kerkraad en in alle kommissies aan te
stel wat minder as ‘n jaar in die gemeente woon.
Bestuurspiramides word so plat as moontlik gehou. Die
dae is verby dat die dominees êrens eenkant gaan sit en
besluite neem oor die gemeente se bediening. Alhoewel
die dominees baie tyd saam met mekaar spandeer om
saam met mekaar teologies te groei, word die lidmate van
die gemeente altyd ingetrek as die gemeente se bediening
beplan word. Lidmate word ook ongelooflik bemagtig vir
en vertrou met die bediening van die gemeente. In groot
gemeentes kan die dominees (en ook die kerkraad!) nie
by alles wees nie, en dit maak die deur oop vir lidmate
om ten volle verantwoordelikheid te aanvaar vir die
gemeentelewe.
Was ons toer die moeite werd? Miskien het ons te min
uitgevind oor wat nie in gemeentes werk nie, miskien het
ons te veel met die dominees gepraat en te min met die
lidmate self, ons het ook gewonder of ons nie meer by
groot plattelandse gemeentes moes uitkom en minder by
die gemeentes in die stad nie, en ons dink dit sou goed
gewees het om ‘n paar lidmate uit ons leierskap saam te
neem. Nogtans is ons oorweldig deur al die positiewe
goed wat met ons vier predikante gebeur het. Ons eie
identiteit het gegroei, ons roepingsbewustheid, ons
entoesiasme, ons liefde vir mekaar, ons begrip vir wie
ons gemeente is, en ons kennis. Daarby het ons ontdek
dat dit met die NG Kerk baie goed gaan. As soveel
gemeentes soveel moeite doen om God se stem te hoor en
dit te gehoorsaam, kan dit mos nie sleg gaan met ons kerk
nie!

‘n Gebed vir ons land – Ben Marais

Written by Besoeker on . Posted in Spiritualiteit

Met die afgelope naweek se geskiedkundige gebeure in Suid-Afrika, is dit  met onsekerheid  dat baie gelowiges vandag wonder oor,  die  toekomstige stabiliteit en vreedsaamheid  in ons land. Mense  is onseker oor wat op ons en op Suid-Afrika  wag ………

“Wat moet ons bid in tye soos die ?”  is die vraag wat iemand my gister vrae:

In 1952 het daar ’n gebedsboekie van dr. Ben Marais met die titel “Die Verre Horison” verskyn. In die voorwoord meld hy dat hierdie gebede  “ is langs die pelgrimspad geskryf deur een wat maar self leer om te bid

Ek deel graag sy gebed vir die die 30ste dag:

“ Skenk my vanmore opnuut,  Here die lig van U aangesig. Laat my hier aan die begin van die dag ’n geopende deur voor my hê waardeur ek kan ingaan in die lieflike land van U genade en U gemeenskap.

Ek wil vandag bid vir owerheid en onderdaan. Dink aan hulle wat die heerskappy in die hande het, wees hulle genadig en gee hulle U lig en U wysheid. Leer hulle om hul gesag te gebruik tot die eer van die Here. O Here, dink aan die leiers van ons eie volk. Laat hulle die mag waarmee hulle onder U hand beklee is, gebruik tot U verheerliking en tot die opbou van U koninkryk  in ons midde. Laat reg en geregtigheid hulle dade kenmerk, sodat ons rus en vrede  in ons land kan hê. Laat hulle steeds gedagtig wees aan die feit dat hulle ook Iemand het wat oor hulle gesag voer en aan Wie hulle verantwoording vir elke daad moet doen.

Dink aan hulle in wie se hande die regspraak van die land berus, aan onderwysers en geneeshere, aan almal wat die gees en die liggaam van die volk moet versorg. Laat hulle nie hulle werk probeer doen sonder gedagte aan Christus, die groot Regter, die groot Leermeester, die groot Geneesheer van krankes nie.

Lei my as burger vandag, dat ek ‘n voorbeeld sal wees van wetsbetragting, van my ywer en toewyding in my dagtaak en my burgerplig, sodat ek my getuienis vir Jesus Christus sal aflê.  Ek weet dat ek nie die lieflikheid en die wonder van Christus kan deurgrond nie en dat my beeld van Hom onvolmaak is. Ek weet ook dat ek nie eens daarin slaag om aan daardie onvolmaakte beeld van Christus getrou te wees nie. O onvergelykbare Christus, maak my vandag meer en meer u beeld gelyk!

Amen “

Kom ons bid vandag vir ons land en sy  leiers!!!!!!!

Lectio Divina

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Lectio Divina

– ’n Ander manier van Bybel lees

Oorwegend lees ons die Bybel om inligting te kry oor hoe om ’n probleem op te los, om vas te stel wat reg en verkeerd is, of om vas te stel hoe ons moet optree.  Dit is egter nie wat God bedoel het met:  “Laat julle denke elke dag vernuwe word nie”. (Rom 12:2)

Vergelyk die twee kolomme hieronder.  Is jou manier van Bybel lees oorwegend informatief?  Die bedoeling van ons omgang met God en Sy Woord is die transformasie van ons lewe. Daarom is daar nie ’n reg of verkeerd te kies tussen die twee kolomme nie, ons moet eerder beide beoefen.

Informatiewe                                                  Formatiewe

1. Lees met die verstand om te begryp               Lees met die hart om te ontvang
2. Kwantiteit                                                   Kwaliteit
3. Verstaan                                                     Luister
4. Haastig                                                       Wag
5. Inligting (informasie)                                    Transformasie
6. Om kennis te versamel                                 Verhouding: om iemand te leer ken
7. Beheer                                                      Broos
8. Doing                                                        Being
9. Funksioneel – Bybel is ’n hulpmiddel               Verhoudings – Bybel =  stem van God

Lectio Divina

Latynse uitdrukking wat letterlik beteken: Goddelike lees

Lectio is ’n praktyk wat uit die vroeë kerk kom. Dit is ’n praktiese en ongeklompiseerde manier om jouself gereed te kry ten einde werklik na God se stem te luister soos wat dit uit die Bybel aan ons gebring word.
 
Lectio Divina
(Goddelike Woord)

  • Word stil 

Kom tot rus in die wete dat God teenwoordig is.
Ek probeer om elke keer op dieselfde plek  die oefening te doen, dit help my om te rus. Die volgende twee tekste help my baie hiermee
“Net by God vind ek rus”  (Ps 62)
“Kyk, Ek is by julle tot die einde van die wêreld”  (Mat 28)
Ek probeer om eers werklik te rus in God se teenwoordigheid voordat ek die Skrif lees.

  • lees die Skrifgedeelte 

Vra die Gees van God om met jou te praat. Lees die Skrifgedeelte hardop indien nodig. Probeer verstaan wat jy lees.

  • Meditasie / nadenke oor die Skrifgedeelte

Lees die Skrifgedeelte vir ’n tweede maal. 
• Hoe word jou lewe geraak deur wat jy lees? 
• Watter vers, woord, moment of beeld staan vir jou uit en bly by jou?
• “Bly” nou  in die vers, woord, moment of beeld en luister na wat God vir jou sê. Dit kom nie altyd maklik nie, maar probeer net fokus op die vers, moment of beeld en wag dit inkom in jou lewe en jou begin vorm
(Dit is verkieslik dat jy hier ruim tyd gee- ek gebruik ‘n minimum van 20 minute hier)

Skryf neer wat jy hoor/ervaar indien jy dit wil onthou.

Gebed van die Skrif 

Lees die Skrifgedeelte vir ’n derde keer as ‘n gebed.  Praat met God op grond van wat jy gehoor het.

  • Oordenking 

Rus en wag op God in stilte net om te kan luister. Dit is nie nou ‘n tyd vir nuwe gedagtes nie, maar wel vir rustige  “oordink” van wat jy by 3 en 4 ontvang het.

  • Vertel iemand

As jy gereed is daarvoor vertel vir iemand wat jy gehoor het

(Metodiek ontwikkel deur Gys van Schoor geskoei op Robert Mulholland se werk  Shaped by the Word)

Lectio Divina

Written by Frederick on . Posted in Spiritualiteit

Lectio Divina

– ’n Ander manier van Bybel lees

Oorwegend lees ons die Bybel om inligting te kry oor hoe om ’n probleem op te los, om vas te stel wat reg en verkeerd is, of om vas te stel hoe ons moet optree.  Dit is egter nie wat God bedoel het met:  “Laat julle denke elke dag vernuwe word nie”. (Rom 12:2)

Vergelyk die twee kolomme hieronder.  Is jou manier van Bybel lees oorwegend informatief?  Die bedoeling van ons omgang met God en Sy Woord is die transformasie van ons lewe. Daarom is daar nie ’n reg of verkeerd te kies tussen die twee kolomme nie, ons moet eerder beide beoefen.

Informatiewe                                                  Formatiewe

1. Lees met die verstand om te begryp               Lees met die hart om te ontvang
2. Kwantiteit                                                   Kwaliteit
3. Verstaan                                                     Luister
4. Haastig                                                       Wag
5. Inligting (informasie)                                    Transformasie
6. Om kennis te versamel                                 Verhouding: om iemand te leer ken
7. Beheer                                                      Broos
8. Doing                                                        Being
9. Funksioneel – Bybel is ’n hulpmiddel               Verhoudings – Bybel =  stem van God

Lectio Divina

Latynse uitdrukking wat letterlik beteken: Goddelike lees

Lectio is ’n praktyk wat uit die vroeë kerk kom. Dit is ’n praktiese en ongeklompiseerde manier om jouself gereed te kry ten einde werklik na God se stem te luister soos wat dit uit die Bybel aan ons gebring word.
 
Lectio Divina
(Goddelike Woord)

  • Word stil 

Kom tot rus in die wete dat God teenwoordig is.
Ek probeer om elke keer op dieselfde plek  die oefening te doen, dit help my om te rus. Die volgende twee tekste help my baie hiermee
“Net by God vind ek rus”  (Ps 62)
“Kyk, Ek is by julle tot die einde van die wêreld”  (Mat 28)
Ek probeer om eers werklik te rus in God se teenwoordigheid voordat ek die Skrif lees.

  • lees die Skrifgedeelte 

Vra die Gees van God om met jou te praat. Lees die Skrifgedeelte hardop indien nodig. Probeer verstaan wat jy lees.

  • Meditasie / nadenke oor die Skrifgedeelte

Lees die Skrifgedeelte vir ’n tweede maal. 
• Hoe word jou lewe geraak deur wat jy lees? 
• Watter vers, woord, moment of beeld staan vir jou uit en bly by jou?
• “Bly” nou  in die vers, woord, moment of beeld en luister na wat God vir jou sê. Dit kom nie altyd maklik nie, maar probeer net fokus op die vers, moment of beeld en wag dit inkom in jou lewe en jou begin vorm
(Dit is verkieslik dat jy hier ruim tyd gee- ek gebruik ‘n minimum van 20 minute hier)

Skryf neer wat jy hoor/ervaar indien jy dit wil onthou.

Gebed van die Skrif 

Lees die Skrifgedeelte vir ’n derde keer as ‘n gebed.  Praat met God op grond van wat jy gehoor het.

  • Oordenking 

Rus en wag op God in stilte net om te kan luister. Dit is nie nou ‘n tyd vir nuwe gedagtes nie, maar wel vir rustige  “oordink” van wat jy by 3 en 4 ontvang het.

  • Vertel iemand

As jy gereed is daarvoor vertel vir iemand wat jy gehoor het

(Metodiek ontwikkel deur Gys van Schoor geskoei op Robert Mulholland se werk  Shaped by the Word)

Vraelys vir Predikante oor Roeping

Written by Frederick on . Posted in Roepingsvraelys

Renovaré Roepings-retrait vir predikante

Voorbereidingsvraelys

Nota:  Hierdie vraelys is ontwerp vir die Roepings-retrait vir predikante maar sou ook deur leraarspanne vir spanbou doeleindes gebruik kon word

Baie dankie dat jy ingeskryf het vir die Roepings-retrait. Jou roeping as leraar is seker een van die kosbaarste en mees bepalende gebeure in jou lewe. Dit is baie persoonlik en daarom praat ons dikwels nie met mekaar daaroor nie.  H Richard Niebuhr noem dit ‘n “secret call”. 

Dit is goed dat ons van tyd tot tyd weer stil raak voor God en met mekaar oor ons roeping praat want ons roepingsfokus kan vervaag of selfs verdoof. Vir ons gereformeerdes is die vervaging van ons roeping amper vernietigend.  Calvyn se simbool was nie verniet ‘n brandende hart op ‘n uitgestrekte hand nie.

Ons besef nie altyd watter groot inpak die veranderinge in ons konteks op onsself en ons roeping  het nie. God roep ons tog altyd om in ‘n spesifieke konteks ons roeping uit te leef. As die konteks verander, sal dit nodig wees om weer oor ons roeping na te dink anders kan die fokus vervaag. Dit kan byna soos ‘n tweede roepings ervaring wees.  Dit is merkwaardig dat die meeste roepingsverhale in die Bybel verhale van ‘n tweede en derde roepingsgebeure is.  Dink maar bv aan Christus se geprek met Petrus in Johannes 21! Ons ervaring is dat hierdie paar dae regtig lewensveranderend kan wees om die vlam van ons roeping weer aan te steek.

Daar kan ‘n hele aantal redes wees waarom jy vir die retrat ingeskryf het.  Om  ons te help met die voorbereiding sal dit baie help indien jy die Voorbereidings Vraelys kan invul en aanstuur na die aanbieder.
 

Voorbereidings vraelys:

Elke deelnemer aan die retreat vul hierdie in en stuur dit vir die aanbieder om hom te help met die voorbereiding.  Die noukeuringe invul van die vraelys sal aan jou ‘n goeie voorbereiding wees vir die Roepings-retrait. Hierdie inligting is uit die aard van die saak vertroulik en sal net met die res van die groep of enigeen gedeel word met die persoon en groep se toestemming.

Naam:………………………………………………………..
Gemeente:………………………………………………….
My MBTI-profiel:…………………………………………
My gawes:………………………………………………….
Watter gawe-analise het jy gebruik?…………………………………………………..
LW Indien jy nie jou MBTI-profiel en gawe-analise het nie sal dit by die Retrait self afgeneem word.
1. Hoeveel jaar is jy al in die bediening?

 

 

2. Wat waardeer jy die meeste van bediening?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

3. Wat was vir jou die grootste aanpassings sedert jy begin werk het as predikant? Noem 3

• ………………………………………………………………………………………………………………………

• ………………………………………………………………………………………………………………………

• ………………………………………………………………………………………………………………………

 

4. Wat is die één verandering wat jy self kan maak wat die grootste verskil in jou bediening sal maak?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

 

5. As jy jou persoonlike roeping as leraar in ‘n kort paragraaf kan opsom? Wat sal dit wees? Probeer eerder spesifiek wees, vermy algemene stellings wat van alle predikante waar sou kon wees.

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

6. Hoe het die werk in die gemeente jou uitkyk op God en die lewe geraak?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

7. Watter inpak het die veranderinge in die konteks op jou verstaan van jou roeping gehad?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

8. Het jy die afgelope tyd bewus geword van nuwe passies wat die Gees in jou wakker maak, wat jy in ‘n ideale situasie baie tyd sou wou gee?

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………
 

9. Op ‘n skaal van belangrikheid, gee vir elkeen van die volgende moontlike uitkomste vir die Roepings-retrait ‘n punt in die aangewese ruimte. Dit sal my help as julle mooi hieroor dink en nie meer as 2 items uitlig as noodsaaklik nie.
  
  
1    Onbelangrik vir nou 

2     Goed om ook te weet 

3     Sal goed wees 

4      Belangrik dat ons nou hieraan werk 

5      Noodsaaklik dat ons dit nou doen

a. My selfverstaan en my roeping moet belyn word met mekaar. Ek voel of ek uit my roeping gegroei het.

b. Daar is baie verskillende aansprake en konflikte in my bedieningskonteks wat  aangespreek moet word.

c. My roeping is nie belyn met die roeping van die gemeente nie.

 

d. Ek sal graag nuut aangewend wil word as predikant

 

e. Ek wil graag my roepingsfokus herstel

 

f. Ek  wil groei in my vaardighede as predikant

 

10. Is daar enige ander opmerkings wat jy graag sal wil maak tov die Roepings-retrait wat  kan help met die voorbereiding?
………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

 

Gespreksraamwerk oor Gemeentewees

Written by Frederick on . Posted in Kerkraadskoling

Gespreksraamwerk vir Gemeentewees


Ringskonferensie  Ring van Riversdal
Assegaaibosch Ranch
9 September 2006



Praktiese gemeente-wees vandag



(Hierdie is die raamwerk waarbinne ons met NG gemeentes werk- indien ons met gemeentes van ander denominasies werk sal die proses uitgangspunte dieselfde wees, maar die denominasie se belydenisgrondslag en ekklesiologie verreken word.)



Basiese vertrekpunte



Die Algemene Sinode het 20 stellings (vgl opsomming in eerste bylae van dié dokument) aanvaar as uitdrukking van wat ons glo van die kerk.  Die stellings is opgebou uit insigte uit die ekumene, die Reformasie en nuwere insigte uit die kerklike nadenke in die 20ste eeu.  Dié stellings geniet nie die status van ons belydenisskrifte nie, maar is bedoel as gesprekspunte aan die hand waarvan ons as kerk duideliker rigting aan gemeentes en lidmate kan gee. 


Daaruit is 20 konkretiserende riglyne (vgl opsomming in eerste bylae van dié dokument) gemaak wat gemeentes kan begelei in die vernuwing van hulle bediening.  Dié stellings funksioneer as riglyne wat in enige beplanning van leraars, kerkrade, kommissies en bedieninge asook ringe gebruik kan word.


Wat nou nodig is, is om ‘n praktiese te dink oor die proses van gemeente-ontwikkeling, aan die hand waarvan alles wat in gemeentes gebeur op ‘n verantwoorde manier deurdink en beplan kan word.  Dit sal voorkom dat gemeentes óf vasval en verstrik raak in ‘n bepaalde manier van doen óf vervorm en verbandvreemd begin ontwikkel. 


Dié voorstelle sal egter ook nie direk prakties-voorskriftelik kan wees nie.  Die wydste moontlike variasies vir gemeentes se funksionering moet moontlik gemaak word, sodat hulle kerk van die Here Jesus Christus kan wees binne hulle eie konteks en verstaan van God se opdrag en roeping.



Praktiese raamwerk



Die gemeenskaplike kern van kerk-wees soos die velerlei stemme in die Nuwe Testament dit uitspel, lê in die kerk se verhouding met die drie-enige God.  Dit kom in vier sake tot uitdrukking: ons belydenis oor God self, ons unieke identiteit, ons unieke roeping en ons unieke bediening.


Ons kan die vier sake ook uitdruk met die volgende vier vrae:



  • Wie is God? (belydenis – Vader, Seun, Gees)

  • Wie is ons? (identiteit – waardes, karakter)

  • Wat is ons roeping? (visie & missie– taak binne ons konteks)

  • Hoe is ons veronderstel om die roeping uit te voer? (bediening – dissiplines)

Hierdie vier vrae vorm die basis van die diagrammatiese model wat hierbo weergegee word.  Gemeentes, kerkrade, kommissies en ringe kan die model gebruik om indringend te besin oor die wyse waarop hulle die bedieninge in hulle eie kontekse struktureer.  Die volgende opmerkings kan as riglyn dien:



Wie is God?



Die eerste vraag koppel ons kerkbegrip aan ons Godsbegrip.  Niks kan meer basies wees nie as om dié vraag deurlopend te vra en God te aanbid en te dien vir wie Hy is.  As ons mense opgewonde wil maak oor die kerk, moet ons met hulle oor God praat.


 


 



Vir dié gesprek is die belydenis van die Drie-eenheid belangrik, omdat dit verhoed dat ons te simplisties oor God praat.  Dit verseker dat as ons byvoorbeeld oor onderlinge gemeenskap tussen gelowiges praat, ons dit doen vanuit die gesprek oor die gemeenskap tussen Vader, Seun en Heilige Gees.  Dit help ons om ruimte te maak vir diversiteit sonder om die onderlinge verbondenheid te misken.


 


 


Wie is ons?


Die eerste vraag is telkens ook ‘n basiese vraag as ons oor die res van die vrae gesels.  “Wie ons is?” (die tweede vraag) kan ook gevra word as “Wie s’n is ons?”.  Ons roeping (derde vraag) kan ook as die Missio Dei (God se sending) vertolk word.  Ons dissiplines, bedieninge en ampte (vierde vraag) word vanuit die gemeente se verhouding met God beredeneer.


 


Wat is ons roeping?



Die tweede en derde vraag het met die kern van ons kerkbegrip te make.  Die antwoorde op die twee vrae is nie altyd so duidelik sigbaar in die spesifieke bedieninge van ‘n gemeente nie.  Dit bepaal egter ons waardes en ons visie en daarom in afgeleide sin ook ons bedieninge.  Die antwoorde op dié twee vrae dien dus as teologiese meetinstrumente waaruit ons die sigbare dissiplines van ons bedieninge kan beoordeel.  As ons byvoorbeeld iets verstaan van ons identiteit as een (heilige, algemene, Christelike) kerk, kan ons moeilik verdeeldheid in die kerk in terme van strukture verdedig op enige ander grondslag as ons belydenis. As ons iets verstaan van ons identiteit as algemene kerk, kan ons met groot entoesiasme ekumeniese strukture ontwikkel om ons roeping in die wêreld na te kom.


Die derde vraag is die beste invalshoek om ‘n gesprek in ‘n gemeente te begin.  Die vraag het te make met ons roeping as kerk in die werklikheid van ons eie omgewing (konteks).  Dit word gevorm uit God se Missio Dei – en Sy droom vir die wêreld, waaraan ons ons in konkrete doelwitte verbind.  Ten diepste gaan dit oor die vraag, wat God van ons as kerk verwag om te doen.  Dit moet altyd gekoppel word aan ‘n gereëlde demografiese analise van die samelewing wat ons bedien (byvoorbeeld deur die Eenheid vir Godsdiens-Demografiese Navorsing – EGON).


Die drie-voudige verlossingswerk van Christus as profeet, priester en koning dien as omvattende indeling van wat God ook van sy kerk verwag.  As medewerkers en getuies roep God ons om ook profete, priesters en konings vir mekaar en ander te wees.  Dit beteken dat Hy ons roep en stuur om sy drievoudige taak in die wêreld verder te voer:
• as profete mag ons die kennis van sy evangelie versprei oor die wêreld;
• as priesters mag ons sy genadige liefde deurgee aan almal in nood en
• as konings mag ons publieke getuienis aflê oor reg, versoening, vrede en billikheid (vgl Miga 6:6-8).



Wie is ons?



Die tweede vraag is gewoonlik moeiliker om te beantwoord.  Dit het te make met ons waardes en ons selfverstaan.  Ons glo dat die kerk sy oorsprong in God het en daarom aan Hom alleen behoort.  Dit gee ons geborgenheid en sekerheid.  Dit beteken ook dat ons gedrag en besluite moet wys dat ons aan God behoort.  As beelddraers van God moet die wêreld dus iets van God in ons en ons optredes sien.  ‘n Stel gedeelde kernwaardes kan ‘n sentrale deel vorm van die verbintenis van ‘n gemeente, kerkraad of kommissie.



Hoe is ons veronderstel om die roeping uit te voer?



Die antwoorde op die vierde vraag is gewoonlik die mees sigbare van ons werk in die wêreld.  Waar te veel kreatiwiteit in ons roepingsverstaan maklik tot verskraling van ons kerkwees kan lei, is dinamiese en kreatiewe inkleding van ons bedieninge noodsaaklik om die eise van ons onderskeie omgewings te kan beantwoord.


Ons glo dat die kerk deur die Heilige Gees gelei, bekragtig en vergesel word in die wyse waarop ons ons bedieninge uitvoer.  Dit beteken dat ons in die eerste plek in gebedsafhanklikheid ons bedieninge moet struktureer en ons dissiplines moet uitvoer.


Die Gees gee aan die kerk ‘n aantal unieke heilsgawes (Woord, sakramente, leierskap, lidmate met gawes, samekomste, roeping) met die oog op die uitvoering van ons taak.  Die gawes is nie beperkend nie, maar bedoel om op dinamiese wyse die bedieninge van die kerk te bevorder.  Alle lidmate deel in die gawes en alle lidmate moet gehelp word om verantwoordelik te dien tot eer van God en uitbreiding van sy koninkryk.


Die Gees skakel ons in by sy heilswerk in die wêreld as ons gehoorsaam leef binne vier unieke heils- of geloofsdissiplines:



  • leitourgia (erediens),

  • kerugma (praktyke rondom die Woord),

  • koinonia (onderlinge sorg en steun),

  • diakonia (diens aan mekaar en ander).  

Daar is ‘n breë konsensus dat ons met hierdie vier dissiplines of praktyke die volle reikwydte van ons Christelike dienswerk kan omskryf.  Die voorwaarde is dat ons dit wyd interpreteer en weet dat dit in verskillende vorme kan voorkom. Die meeste gemeentes in die Nuwe Testament het hierdie vier praktyke op die een of ander manier beoefen.


 



 

Tel die Hoeveelheid f’s

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Tel die heveelheid f’s in die stuk:  

FINISHED FILES ARE THE RE-
SULT OF YEARS OF SCIENTIF-
IC STUDY COMBINED WITH THE
EXPERIENCE OF YEARS


 

           

Die antwoord is? 3 nee dit is 6 want die brein wil nie dit registreer nie. So is dit dikwels in prosesse dat ons bo-oor voor die hand liggend inligting kyk omdat ons te gewoond is daaraan.  Die antwoord le dikwels reg voor ons maar ons sien dit nie raak nie