Wie is die gemeente se kliënte?

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Wie is die gemeente se kliënte?

Frederick Marais

2004

In gemeenteprosesse is daar ‘n belangrike vraag wat onontbeerlik is in die proses.  Dit is die vraag na wat ons taak of  roeping is.  In die  korporatiewe wereld word die vraag verstaan as ‘n uitklaring van ons kernbesigheid?  Ons kernbesigheid is die uitkoms(te) waarop die hele sisteem gefokus is. In kort wat glo die mense in die sisteem moet die organisasie bereik.  Hoewel dit klink na ‘n maklike vraag om te antwoord, is dit nie so maklik in die praktyk nie.  Daar is egter konsensus dat prosesse eintlik gedoem is as daar nie baie goeie aandag aan die vraag gegee word nie.  Wel indien die korporatiewe wereld die vraag belangrik vind, is dit mi nog belangriker dat gemeentes hieroor helderheid kry.

In my werk as gemeentefasiliteerder het ek die taak om hierdie vraag so kontreet en prakties as moontlik te maak.  Erens moet gemeentes gehelp word om hieroor duidelikheid te kry sodat hulle hulle bediening vanuit hierdie verterkpunt kan bedink en van dag tot dag kan bedryf.  ‘n Mede gemeentefasiliteerder het my geleer dat  een van die mees effektiewe manier om konkreet te praat oor die gemeente se missie of roeping is om die vraag te vra:  Wie is ons kliente?  Die beantwoording van hierdie vraag ontbloot baie van die moeilikheid waarmee ons sit in gemeentes.  Ek is doodseker dat ons baie van ons konflikte beter gaan oplos indien ons gaan aanhou praat met mekaar totdat ons ‘n helder antwoord het op die vraag.

 Die eerste keer wat ek die vraag na wie ons kliente is, in ‘n proses gebruik het, het ‘n bankier(wat ook ‘n gemeenteleier is) baie vinnig so asof daar eintlik ‘n vanselfsprekende antwoord op die vraag is, geantwoord:  Die gemeentelede natuurlik!  Vir ‘n wyle het ek met hom saamgepraat oor wat die implikasies is wanneer ons se gemeentelede ons “kliente” is.   Indien ons “kernbesigheid” sou wees dat ons gemeentelede bedien sou dit beteken dat ons moet uitvind wat hulle behoeftes is. Dit sou dan die belangrikste vraag wees. Wat wil ons kleinte he dat ons vir hulle moet doen?  Ons begin dan die gemeente daarmee belyn.  Ons meet ons effektiewiteit aan die vraag of ons daarin slaag om ons kliente se behoeftes beter en beter te bevredig… wel ek hoop elke gemeenteleier wat die artikel lees is teen hierdie tyd al uiters ongemaklik.  Voordat ek die ongemak verlig.  Kom ons wees eerlik oor hoe aktief hierdie verstaan van ons “kernbesigheid” in die kerk is.  Hoeveel van die geprekke op kerkraadsvergaderings ens veronderstel nie doodgewoon dat die gemeente daar is om aan lidmate se geestelike behoeftes te voldoen nie.

Ek het natuurlik van die bankier verskil.  Dit neem nie lank om te besef dat die Bybel eintlik ‘n ander idee oor die antwoord op die vraag het nie. Israel moes dit al verstaan het dat hulle geroep is om tot seen van die nasies.(Gen 15-17) Toe hulle die roeping versaak is hulle deur die Here in Ballingskap gedwing om te herontdek dat Babel se belange ook hulle belange is(Jer 29:7)  Jesus se toerusting aan sy disipels staan eintlik onder die opskrif- Ek het julle geroep en Ek stuur julle…”na elke dorp en plek waarheen Ek van plan was om te gaan”(Luk 10:1)  Lidmate is dissipels wat gestuur word na die gemeenskap. Paulus is baie duidelik daaroor dat die lidmate begaafd is en dat hulle toegerus moet word vir hulle dienswerk(Ef 4:12)

Dit  is duidelik: die gemeente se kliente is nie die lidmate nie, maar hulle wat buite die geloofsgemeenskap leef, hulle wat sonder God en sonder hoop leef. Die bekende stelreel dat die kerk die enigste orgnisasie is wat leef vir sy nie-lede  is hier van toepassing.  By hierdie punt is die vraag dikwels, maar het die gemeente dan nie ‘n taak teenoor haar lidamte nie.  Ek dink Paulus stel dit baie duidelik in Ef 4 bv dat die taak is om lidmate toe te rus vir hulle dienswerk.  Gemeentelede is nie die gemeente se kliente nie, maar eerder die personeel wat deur die gemeente opgelei/toegerus moet word om hulle dienswerk in die gemeenskap uit te leef: om vigswesies te versorg, aan te kondig die Koninkryk naby is, armoede te beveg, onreg te bestry, vrede te bring aan almal met wie hulle weg kruis…’n mens kan en moet die lys nog langer maak… maar die punt is duidelik ‘n gemeente se kernbesigheid is om die evangelie so te leef en die verkondig sodat die wereld sal glo dat Jesus die Here is!



Hoe beantwoord ons die vraag in die  gemeente?

1. Daar is baie prosesse in gemeentes wat ‘n kortpad probeer vat deur te konsentreer op effektiwiteit van die bediening sonder om die vraag oor wat ons kernbesigheid is, op die tafel te sit.  My ervaring is dat dit ‘n kortpad is wat nie op die langtermyn die gemeente help nie.  As die gemeentelede nie gehelp word om te verstaan dat hulle personeel eerder as kliente is nie, het ons in terme van ons Bybelse taak om die wereld te bereik, niks gevorder nie.  Dan baar die berg ‘n muis en moet ons maar weer voor begin.

2. Ons kan dit nie reg preek nie- ons sal eenvoudig saam die Bybel moet begin lees in die gemeente om saam weer hierdie basiese van basiese roepings te herontdek, want besighede mag dink dat hulle die vryheid het om hulle misie te kies, gemeentes, of dan gemeentes wat gehoorsaam aan die Skrif wil wees, het (gelukkig) nie daardie keuse nie.  Ons missie word aan ons gegee.  Om dit beter te verstaan het ons die Woord om te bestudeer.  Dit is werklik so eenvoudig soos dit.  Laat toe dat die Woord die vraag oor die kernbesigheid vir julle beantwoord.  Dan behoort daar verder gegaan te word om te vra hoe lyk dit indien ‘n gemeente hierdie visie kontreek  begin leef in hulle konteks- dit noem ons ‘n visie, maar daaroor ‘n volgende keer.

Nota: Gemeentes wat oor hierdie saak verder wil Bybelstudie doen kan gerus kyk na: Draers van die waarheid: Nuwe Testamentiese visies vir die gemeente( Buvton:2002) dit kan bestel word by ons boekwinkel by Communitas Kontak Sharon 021-8083381 of snaude@sun.ac.za

 

Roepingsgedrewe gemeentes

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Roepingsgedrewe Gemeentes


Frederick Marais


2003 


 


Wat kan ons help om ‘n roepingsgedrewe gemeente te word?


Die Algemene Sinode verlede jaar is afgesluit met ‘n verklaring waarin die sinode hom verbind aan ‘n roeping.  Sedertdien het dit geblyk dat daar in die strukture van die kerk baie gepraat word oor wat dit beteken om ROEPINGSGEDREWE te wees, en hoe kommissies, ringe en gemeentes in lyn hiermee kan kom.


In prosesse met gemeentes beskou ek hierdie as een van die belangrikste uitdagings.  Dit is egter nie die maklikste proses nie.  Ek deel so ‘n paar dinge wat ek geleer het oor wat gemeentes help om van wat ek graag sal wil noem ‘n instandhoudings fokus waar alles eintlik draai om die oorlewing van die gemeete te draai na ‘n roepingsgedrewe fokus.


1. Is die leierskap in die gemeente teologies en emosioneel “fiks” genoeg om die gemeente te begelei om oor hierdie gapings te kom?  Ons ervaring in gemeentes is dat indien die leraar en die leiers in die gemeente  nie oor die teologiese raamwerk beskik om ‘n duidelik genoeg prentjie te ontwikkel oor waarheen hulle glo die Here met hulle oppad is nie, hulle nie oor die oortuigingsgvermoe beskik om die gemeente met hulle saam te neem nie.  Nancy Ammermann die Amerikaanse godsdiens-sosioloog het bevind dat dit die belangrikste vermoe waaroor leiers in gemeeentes moet beskik is die vermoe om ‘n nuwe prentjie te sien van hoe die gemeente kan funksioneer en wat sy getuienis moet wees in ‘n nuwe situasie.


Die tweede soort fikshied is ‘n emosionele of persoonsfiksheid.  Om gemeentes wat vir lank eintlik maar net probeer het om te bly voortbestaan te begelei na roepingsgedrewenheid vra innerlike krag. Om dit padlangs te stel, leiers moet onbedreig, leerbaar en oop wees om te waag en foute te maak.  Dit beteken oa dat hulle groot genoeg sal moet wees om foute te erken en saam te soek na beter oplossings.


2. Is die Bybel werklik ‘n ringtinggewende teks vir die gemeente.  Roeping is tog om God se stem- sy roepstem te hoor, en waar hoor ons dit naders as in die Woord?  Maar ek het hier meer in gedagte as om te preek en Bybelstudie te hou.  Roepingsgedrewe gemeentes se leierskap is bereid om saam baie tyd te spandeer met die Woord, om saam te soek na wat is God deur sy Woord en Gees besig om vir die gemeente te se.  Ek kan nie aan een gemeente dink wat ernstig is oor hulle roeping wat nie verhale vertel waar die Bybel aan hulle rigting gegee het nie. Dink vir ‘n ooblik na oor of die Bybel enige rol speel in die besluitneming van die gemeente.


3. Roepingsgedrewe gemeentes neem die nood in hulle konteks ernstig op.  Dikwels ontspring die saad van ‘n nuwe roepingsverstaan, daar waar ‘n gemeentelid betrokke geraak het by die nood van mense in die onmmiddelike omgewing van die gemeente. Ons weet nooit alles nie, maar daar is ook nooit ‘n situasie waar ons niks weet nie.  Deernis met die nood in die omgewing is een van die beste leermeester oppad na roeping.  Dit is hier waar gemeentegrense ons nie enduit help nie.  Ons kan nie die Here se opdrag om mense in nood by te staan beperk tot grense nie.  Liefde stoot ons eenvoudig oor alle grense, of dit nou die sigbare of onsigbre  grense is van taal en kleur en klas.


4. Roepingsgedrewe gemeentes beskik oor die moed en integriteit om die konflikte uit die verlede uit te sorteer. Te veel gemeentes vee konflik onder mat in en leef al so lank daarmee saam dat hulle eintlik nie eers meer agterkom dat hulle siek is nie.  Jakobus moedig ons aan om ons skuld teenoor mekaar te bely sodat ons gesond kan word.  Ek sien die belangrikheid hiervan byna daagliks in gemeetes.  As ons konflik met ons saamdra in die gemeente, of met ander broers of susters buite die gemeente is dit soos ‘n blok aan ons been wat ons verhoed om verder te gaan.  Ons kan tog nie ‘n getuienis of roeping uitleef as ons nie versoen is met mekaar nie, of in Christus se bekende woorde hoe kan ons verwag dat die wereld ons sal glo as ons nie een is soos wat Hy en die Vader een is nie. In eenvoudige Afrikaanse, as ons mekaar nie kan vertrou nie, sal ons nie die moed he om ‘n tree vorentoe te gaan nie


Na dit alles, waar begin ‘n mens as jy wil skuif van ‘n instandhoudingsfokus na ‘n roepingsfokus- ek het geleer ‘n mens begin by die kweek van Hoop.  Miskien sou Paulus indien hy vandag 1Kor 13 vir ons geskryf het, afgesluit het met…en die belangrikste hiervan is die Hoop.  As mense nie hoop het in ‘n gemeente nie, het hulle niks om vir mekaar te se nie, nog minder vir die wereld.

Hoop groepliturgie

Written by Frederick on . Posted in Toolkit

Hoop


Opening


LEIER:  Wat is hoop?


LESER 1: Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie.  Wie hoop nog op wat hy reeds sien?  Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.  [ Rom 8:24-25 ]


LESER 2: Om te hoop beteken dat ons elke oomblik ingestel is op dit wat nog nie gebore is nie.  Selfs al gebeur sekere dinge nie in ons leeftyd nie, beteken hoop dat ons nie desperaat en moedeloos sal raak nie.   Dit beteken nie veel om te hoop op dit wat reeds bestaan of op dit wat nie moontlik is nie.  Hulle wie se hoop swak is, gee hulle maklik oor aan gerief en self geweld.  Hulle wie se hoop sterk is, sien en koester elke teken van nuwe lewe.  Hulle is elke oomblik gereed om te help dat nuwe dinge onder ons gebore word. [ Erich Fromm ]


LIED


ONS DEEL IN TEKENS VAN HOOP WAARVAN ONS IS DIE TYD BEWUS GEWORD HET.  [ Dit is belangrik dat ons alle tekens van hoop wat ons in ons alledaagse lewe en verhoudinge vind, sal koester en met mekaar sal deel. ]


GEBED  [ Almal saam ]


Here ons God, U weet hoe min hoop daar in ons lewe is.  Ons dae is dikwels vol van slegte nuus – berigte van lyding en dood, haat en onvrede, werkloosheid en bedrog.  Ons samelewing bloei steeds sonder ophou.  Ook in ons eie harte voel ons onseker en magteloos.  Soos die psalmdigter vra ons ook dikwels: waar is God vandag?  In so ‘n tyd wil ons opnuut aan Jesus dink.  Ons wil dink aan Sy kruis – hoe Hy gely en gesterf het.  Toe alle hoop verdwyn het, het U Hom uit die dood opgewek.  Selfs die dood kon U liefde nie keer nie.  Deur die opstanding van Christus skep U nuwe lewe, nuwe hoop.  Gee ons vandag weer tekens van U liefde en sorg.  Vul ons harte met nuwe verwagting.  Laat die hoop tog in ons groei.  En help ons ook om dit te vier.  Alleen so kan ons dissipels wees – mense vol blydskap, moed en hoop!


AMEN


 


 


LEIER  Alhoewel ons hoop en verwagting nog nie ‘n vaste besit is nie, bevat dit tog ‘n element daarvan.  Die feit dat ons op iets wag, wys reeds dat ons dit op ‘n manier besit.  Indien ons met geduld en hoop op iets wag, is die krag van dit waarop ons wag reeds werksaam in ons lewe.  Hy wat in alle erns wag, is alreeds in die greep van dit waarop hy wag. 



VIERING VAN HOOP   [Almal saam ]


Te midde van hongersnood en geweld, vier ons die belofte van oorvloed en vrede.


Te midde van onderdrukking en tirannie, vier ons die belofte van diens en vryheid.


Te midde van twyfel en wanhoop, vier ons die belofte van geloof en hoop.


Te midde van vrees en ontrouheid, vier ons die belofte van vreugde en lojaliteit.


Te midde van haat en dood, vier ons die belofte van liefde en lewe.


Te midde van sonde en verval, vier ons die belofte van redding en vernuwing.


By die herinnering aan ‘n sterwende Heer, vier ons die belofte van ‘n lewende Christus.



LIED


AFSLUITING


Leier:  Mag die God van hoop julle vul met sy genade en vrede.  Mag julle deur die krag van sy Gees groei in hoop.

Hoop groepliturgie

Written by Frederick on . Posted in Spiritualiteit

Hoop


Opening


LEIER:  Wat is hoop?


LESER 1: Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie.  Wie hoop nog op wat hy reeds sien?  Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.  [ Rom 8:24-25 ]


LESER 2: Om te hoop beteken dat ons elke oomblik ingestel is op dit wat nog nie gebore is nie.  Selfs al gebeur sekere dinge nie in ons leeftyd nie, beteken hoop dat ons nie desperaat en moedeloos sal raak nie.   Dit beteken nie veel om te hoop op dit wat reeds bestaan of op dit wat nie moontlik is nie.  Hulle wie se hoop swak is, gee hulle maklik oor aan gerief en self geweld.  Hulle wie se hoop sterk is, sien en koester elke teken van nuwe lewe.  Hulle is elke oomblik gereed om te help dat nuwe dinge onder ons gebore word. [ Erich Fromm ]


LIED


ONS DEEL IN TEKENS VAN HOOP WAARVAN ONS IS DIE TYD BEWUS GEWORD HET.  [ Dit is belangrik dat ons alle tekens van hoop wat ons in ons alledaagse lewe en verhoudinge vind, sal koester en met mekaar sal deel. ]


GEBED  [ Almal saam ]


Here ons God, U weet hoe min hoop daar in ons lewe is.  Ons dae is dikwels vol van slegte nuus – berigte van lyding en dood, haat en onvrede, werkloosheid en bedrog.  Ons samelewing bloei steeds sonder ophou.  Ook in ons eie harte voel ons onseker en magteloos.  Soos die psalmdigter vra ons ook dikwels: waar is God vandag?  In so ‘n tyd wil ons opnuut aan Jesus dink.  Ons wil dink aan Sy kruis – hoe Hy gely en gesterf het.  Toe alle hoop verdwyn het, het U Hom uit die dood opgewek.  Selfs die dood kon U liefde nie keer nie.  Deur die opstanding van Christus skep U nuwe lewe, nuwe hoop.  Gee ons vandag weer tekens van U liefde en sorg.  Vul ons harte met nuwe verwagting.  Laat die hoop tog in ons groei.  En help ons ook om dit te vier.  Alleen so kan ons dissipels wees – mense vol blydskap, moed en hoop!


AMEN


 


 


LEIER  Alhoewel ons hoop en verwagting nog nie ‘n vaste besit is nie, bevat dit tog ‘n element daarvan.  Die feit dat ons op iets wag, wys reeds dat ons dit op ‘n manier besit.  Indien ons met geduld en hoop op iets wag, is die krag van dit waarop ons wag reeds werksaam in ons lewe.  Hy wat in alle erns wag, is alreeds in die greep van dit waarop hy wag. 



VIERING VAN HOOP   [Almal saam ]


Te midde van hongersnood en geweld, vier ons die belofte van oorvloed en vrede.


Te midde van onderdrukking en tirannie, vier ons die belofte van diens en vryheid.


Te midde van twyfel en wanhoop, vier ons die belofte van geloof en hoop.


Te midde van vrees en ontrouheid, vier ons die belofte van vreugde en lojaliteit.


Te midde van haat en dood, vier ons die belofte van liefde en lewe.


Te midde van sonde en verval, vier ons die belofte van redding en vernuwing.


By die herinnering aan ‘n sterwende Heer, vier ons die belofte van ‘n lewende Christus.



LIED


AFSLUITING


Leier:  Mag die God van hoop julle vul met sy genade en vrede.  Mag julle deur die krag van sy Gees groei in hoop.

Agapé Maaltyd groepsliturgie

Written by Pierre Goosen on . Posted in Toolkit

Agape Maaltyd

Agape is die Nuwe Testament woord vir liefde.  Dit is ook die naam vir die Christelike tradisie vir ‘n liefdesfees.  ‘n Agape maaltyd is nie ‘n sakrament soos die Nagmaal of Doop nie.  Dit herinner ons eerder aan al die gewone maaltye wat Jesus saam met Sy dissipels geniet het.  Wanneer ons nou saam deelneem aan ‘n Agape maaltyd is ook ‘n viering van ons liefde en gemeenskap met mekaar.

OPENING

In Ps 133 het die Psalmdigter geskryf:  Hoe goed, hoe mooi is dit as broers en susters eensgesind saam woon!  Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aaron, af tot by die soom van sy klere.  Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val.

 Ons dank u Here vir die vreugdes van ons  saamwees in Christus.
Vir onderlinge begrip, gedeelde visie
en hoop.
 Vir tye van vergifnis en tekens van  aanvaarding
Vir die ondersteuning wat ons van mekaar kry.
Dit help ons om mekaar se laste te verlig.
 Vir die liefde in gemeenskap met mekaar.
Johannes 15: 1-8

GEBED    (Almal saam)
 
God, U  het ons geroep om U kinders te wees.  Deur u Heilige Gees is daar vrede onder ons.  U het ons as ‘n geloofsfamilie aan mekaar verbind.  Ons dank u vir woorde en dade wat ons eenheid in U meer sigbaar en konkreet maak.  Ons dank U vir onderlinge toegeneëntheid en oop harte;  vir geduld en begrip; vir sorg en die bereidheid om te deel.  Bo alles dank ons U vir Jesus, die bron van ons eenheid, Hy in wie se Naam ons bymekaar is.

       AMEN

LIED GES 211
 
GEBED VAN SKULDBELYDENIS

Ons bely ons gebreke en mislukkings in
die gemeenskap met mekaar ……..
 Ons gebrek aan onderlinge begrip,
 ons gebrek aan vergifnis,
 ons gebrek aan openheid,
 ons gebrek aan sensitiwiteit.
Ons bely voor U al daardie tyd ……
 toe ons so graag beter as ander wou wees,
 toe ons te haastig was om regtig te sorg,
 toe ons te moeg was om om te sien na ander,
 toe ons te lui was om regtig te luister,
 toe ons met ander motiewe as liefde
 opgetree het.

STILTE

Aan almal wat op God se vergifnis vertrou, beloof Christus:
moed en krag in die stryd vir geregtigheid en vrede,
God se teenwoordigheid in tye van vreugde en teleurstelling,
lewe in God se koninkryk wat geen einde het nie.

 Romeine 8:33 -39

 Ons glo dat God ons liefhet en dat niks ons
 van Sy liefde kan skei nie.
 Ons glo in God se vergifnis.
 Ons aanvaar dit nou met blydskap.
 Kom ons deel hierdie vergifnis en liefde
 met mekaar.

Deel stories van hoop met mekaar

GEREEDMAAK VAN TAFEL

Leier:  Hierdie maaltyd herinner ons aan God se bedoeling met die Christelike gemeenskap.  Ons dek nou die tafel met daardie simbole wat spreek van ons geloof, die gawes wat Christus aan ons gee en ons roeping om as sy dissipels te lewe.

Leser 1:   Neem kruis na vore en lees Markus 15: 22-25
“Hulle bring Jesus toe na ‘n plek Golgota, wat Kopbeen beteken.  Hulle wou vir Hom wyn en mirre gee, maar Hy wou dit nie hê nie.  Toe kruisig hulle Hom en verdeel Sy klere onder
 
mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.  Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het.”

Leser 2:    Neem brandende kers navore:  Jesus het gesê: “Ek is die lig vir die wêreld.  Wie my volg, sal nooit in die duisternis wandel nie, maar die lig van die lewe hê.”

 

Leser 3   Neem brood na vore:  Jesus het gesê:  “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het.  As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe.  En die brood wat ek sal gee, is my liggaam.  Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

STILTE

SEËN VOOR DIE MAALTYD

Christus is ons vrede.
 Hy wat die mure van vyandskap afgebreek het.
 Hy het ons in Hom een gemaak.  Deur Sy ver-
 soenende liefde deel ons die liefdesmaaltyd
 met dankbaarheid.  Dit herinner ons aan al die
 kere van samesyn en liefde met Sy volgelinge.
 Mag Jesus ons versterk.  Mag Hy ons help om
 mekaar te dien en lief te hê want aan Sy liefde
 en goedheid is daar geen einde nie.

Deel brood uit en eet:

DIE ONSE VADER GEBED  (Almal saam)

Slot:

Die feesmaal is verby.
Die wêreld wag.  Laat ons in Christus mekaar
liefhê en laat ons deur sy Gees mekaar en die
wêreld dien.
Here, waar ons nou sluit, laat U liefde vir ons
en ons liefde vir mekaar die krag van ons lewe wees.

ALMAL:    Terwyl ons dink aan U doel vir alles, wy ons ons nou aan U onbegrensde
 liefde in Jesus Christus.

   AMEN