As ons liefde bankrot raak

Written by webmeester on . Posted in Evangelisasie

Toe ontvou die absolute horror storie! Sy is al van 8uur saterdag oggend af in die buurt besig met haar opnames. Sy is Sotho sprekend maar baie goed in Engels. Min mense maak oop, die wat oopmaak laat haar nie in nie. Sy moes die vorms invul by ‘n huis met die kinders as bron terwyl ma en pa weier om uit te kom. Sy moes by ‘n studentehuis hoor: Die honde is nou buite sy kan nie inkom nie. Sy moes by ‘n ander huis hoor dat sy Afrikaans moet praat hulle verstaan nie Engels nie. Orals vra sy om die badkamer te gebruik.

ORAL WORD SY GEWEIER!

En ja toe moes iets gebeur @ 4uur die middag! Hoe onsetttend vernederend! Ons praat oor morele verval/bankrotskap en etiese kwessies en wat nog meer met gebalde vuiste en arms in die lig. Ons is kwaad want ons ly daaronder. Ons is slagoffers skree ons! Maar ek dink ons is meer bankrot as dit.

Ons liefde en deernis het bankrotskap bereik.

Ek onthou Prof Wit Koos Smit in die etiek klas: Die menswaardige behandeling van mense! Ons is besig om dit te verloor in ons gemeenskappe! Hierdie insident, gebeurtenis, hartseer oomblik ens. is n teken van n gemeenskap se bankrotskap. n Woonbuurt se liefdes verval. n Totale gebrek aan die menswaardige behandeling van mense! Ons wil so behandel word, maar weier om dieselfde aan ander te doen!

Ek was eers kwaad en hartseer. Miskien dalk eerder die bliksem in! Nie vir Boetman nie, maar vir die liefdeloosheid en self verheffing van mense. Dat jy so laag kan daal in jou behandeling van mense dat jy nie eens jou toilet vir n jong meisie wil oopmaak nie! Dat jy so bankrot is in jouself dat jy taal voorhou as wapen eerder om dit gebruik as n sleutel om liefde te bewys. Ons hou hande vas (met klere wat te groot is maar n glimlag op die gesig) en bid vir haar! “Lord please give her open doors!”

Jerusalem, ‘n gemeente met ‘n missionêre leefstyl

Written by webmeester on . Posted in Evangelisasie

Om te waardeer hoe dit moontlik was dat 3,000 mense op een dag tot bekering kon kom, moet in ag geneem word dat hulle almal die onlangse geskiedenis van Jesus se bediening, inhegtenisneming en kruisiging, asook die getuienisse oor sy opstanding gehoor het. Boonop was hulle meestal Joods en het dus ‘n intieme kennis van die Ou Testament gehad. Die sprong om Jesus as Messias te aanvaar, was nie net klein nie, die grond is ook voorberei vir mense om die lig te sien. 


LEWENSSTYL VAN ‘N GEMEENTE 



Wat meer insiggewend is, is die manier waarop die eerste gemeentelede begin funksioneer het: 

• Hulle het volledige toewyding gedemonstreer in hulle nuwe geloof (Hd 2:42) en alles probeer leer wat die apostels kon oordra. Die feit dat Lukas vertel hoe Jesus die inhoud van Petrus se Pinksterdagpreek was, kan ons met redelike sekerheid laat aanvaar dat die inhoud van die apostels se prediking ook om Jesus se bediening, woorde en boodskap gewentel het.

• Hulle het ‘n nuwe familieband gevestig. Lukas dink nie in Hd 2:42 aan gesellige samesyn as hy van koinonia praat nie. Hy aanvaar dat ons sal weet die antieke sosiale strukture van die Joodse familie vorm die basis waarop die Jerusalemiete hulle nuwe gemeente ingerig het. 

• Hulle het saam geleef. Die gemeenskaplike maaltyd word telkens in Handelinge beskryf as ‘n lewensstyl waardeur gemeentelede met mekaar tyd spandeer het (Hd 2:46; Hd 4:35; Hd 6:1). Die kommunale aard van hierdie gemeente was boonop gebore uit hulle verstaan dat hulle ‘n alternatiewe gemeenskap vorm, vandaar die praktyk om besittings te verkoop en die geld met mekaar te deel. 

• Hulle het God geken as Lewende Persoon. Dis waarom gebed (Hd 2:42) sentraal figureer in hulle gemeentepraktyk. Mens moet ook raaksien dat Jerusalemgemeente haarself nie verstaan het as ‘n nuwe groep, apart van die mense se Joodse identiteit nie. Dit verklaar hoekom hulle steeds tempel toe gegaan het (Hd 2:46), hoekom die Joodse Raad die apostels tot verantwoording geroep het (H4:1 ev) en hoekom hulle vervolg is (Hd 8:1). 

Bowenal wys die praktyk om daagliks tempel toe te gaan dat die familie-gebaseerde styl ook ‘n korporatiewe karakter gehad het. Die gemeente het haarself nie verstaan as aparte groeperings van huiskerke wat onafhanklik van mekaar funksioneer nie, maar as ‘n netwerk van families wat almal deel is van die groter geloofsgemeenskap en wat steeds as een groot groep wil saamkom om God te aanbid. 

Die feit dat Hd 2:47 vertel hoe mense daagliks tot bekering gekom het, moet dus verstaan word teen die agtergrond dat hierdie mense vanuit hulle bestaande geloof nuwe dinamika ontdek het – in die Verlossingswerk van die Messias – en dat die nie-wettiese spontaneïteit van die gemeentelewe en die veronderstelde liefde van die koinonia hulle aangetrek het om ook te behoort. Dis in hierdie lewensgemeenskap dat mense ware geloof gevind en God op ‘n nuwe manier begin dien het, meer as wat die inhoud van die prediking hulle op verstandelike vlak oortuig het. Die vroeë kerk se voorbeeld het harder gepraat as haar boodskap!


Evangelisasie en kerkplanting in Handelinge

Written by webmeester on . Posted in Evangelisasie

Gemeentestories



Die Handelinge-verhaal deel verskeie gemeentestories met sy lesers. Tussen Handelinge 2 en Handelinge 8 lees mens hoofsaaklik van die kerk in Jerusalem. Van Handelinge 8 af tot Handelinge 13 kom gemeentes in Samaria en Judea aan die orde, onder andere die gemeente in Antiogië. En van Handelinge 13 tot ongeveer hoofstuk 20 word die stories vertel van Paulus se sendingreise en die gemeentes wat in klein-Asië tot stand gekom het as gevolg van sy bedieningswerk daar. Handelinge 21 tot 28 deel die lotgevalle van Paulus se reisgeselskap van sy gevangeneming tot sy aankoms in Rome. Op hierdie manier vertel Lukas hoe die belofte wat saam met die uitstorting van die Heilige Gees gegee is, in Handelinge 1:8, waar gemaak is: Van Jerusalem deur Judea en Samaria tot aan die uithoeke van die wêreld – in die hoofstad van die Romeinse Ryk.


Spesifieke gemeentes



Ingeweef in die vertelling van mense – onder andere Petrus, Stefanus, Barnabas en Paulus – lees mens van gemeentepraktyke en leiersbyeenkomste wat die evangelisasie en kerkplantingspraktyke van die apostels demonstreer. Soms word die stories van spesifieke gemeentes vertel, soos Jerusalem in Handelinge 2 en verder, Antiogië in Handelinge 11. In ander gevalle word vertel hoe te werk gegaan is om die bekeerlinge te organiseer, soos in Handelinge 14. En dan lees mens ook van die maniere waarop gewerk is om mense aan Jesus voor te stel, soos Paulus in Efese –daarvan lees ons in Handelinge 19 en 20 – en Rome (Hd 28) gedoen het. In Handelinge 26 sien ons ook Paulus se evangelisasie-werkswyse in aksie wanneer hy sy getuienis teenoor Agrippa lewer. 


Artikelreeks



Met hierdie kort inleiding word die tafel gedek om in ‘n paar artikels stil te staan by evangelisasie en kerkplanting soos dit in Handelinge plaasgevind het. Noodwendig poog dit nie om ‘n omvattende beskrywing te word nie; dit wil ook nie ‘n oefening in teksuitleg wees nie. Ons wil bloot die storie lees en vasstel of ons iets kan raaksien van ons tema en of daar iets is wat ons vir ons konteks kan huis toe bring.

Praktiese idees vir bedieningsgeleenthede tydens die Rugby wêreldbeker

Written by webmeester on . Posted in Evangelisasie

1.    Gebed en bewusmaking
a)    ‘n 5 minute Rugby moment vir elke Sondag se diens (insluitende video uittreksel en gebedsfokus op 2  lande) aflaaibaar by www.nous.co.za 
b)    Die uitstal van die 20 deelnemende lande se vlae in die kerk, tesame met die gebruik van die gebedsgids van OM. 
c)    24/7 gebedswagte en boiler rooms op stel in gemeentes.

2.    Vakansie Programme (Gefokus op kinders en tieners gedurende die tyd van de toernooi en veral gedurende die week skool vakansie, Sept 30 tot Okt 10)
a)    Kids Games (1 of 2 weke program)
b)    Teen Games (1 of 2 weke program)
c)    Ubabalo e Africa klinieke en toernooie (1 of 2 weke program)

3.    Familie Aktiwiteite (Fokus op Pa/Kind verhoudings bou)
a)    Familie pret dag, rugby kyk en aktiwiteite vir die gesin voor of na die tyd. Saam eet of braai.
b)    Family Games (Oggend, middag of naweek program program)
c)    Kombineer dit met die saam kyk van wedstryde om veral die mans, Pa’s te trek en intensioneel te verbind met hulle kinders

4.    Engage kykgenot (Groot skerm wedstryd vertoning)
a)    Gee gemeenskap toegang tot veilige kyk plek en dien hulle 
b)    Om verhouding met die kerklose en kerk losse te bou
c)    Om uit te reik na veral die mans in die gemeenskap

5.    TAG Rugby Toernooi en klinieke (Kontak my vir detail en kontak besonderhede)
a)    Gebruik saam met pret dae, groot skerm vertonings, vakansie programme en gemeenskap uitreike.
b)    Demonstrasie wedstryde in gemeenskap

6.    Sport tema eredienste
a)    Siende daar potensieel 4 Sondae is waarop die Springbokke kan speel, moet ons die geleentheid benut om veral mans en gesinne te bedien. 
b)    Omskep eredienste kreatief deur vertoning van wedstryde te inkorporeer met getuienis lewering en gesinsaktiwiteite.
c)    Gebruik getuienisse op DVD soos, The Prize DVD, van Campus Crusade of ander rugby getuienisse soos Pierre Spies DVD
d)    Moenie dienste afstel nie, maar gaan kreatief te werk om veral mans te trek.

7.    Ontbyt geleenthede (Manne bedienings fokus)
a)    Manne ontbyt geleenthede, gevolg deur die kyk van ‘n wedstryd of anders om.
b)    Besigheids ontbyt geleenthede, met die kyk v/d wedstryd.


2049394_medium