Multikulturele konferensie

Written by Peter Adams on . Posted in Evangelisasie, GKS, Nuus, Taakspanne

gks hk

Hugenote Kollege in samewerking met Kommissie vir Getuienisaksie (KGA) en die Kantoor vir Nuwe Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS) het ʼn konferensie oor Interkulturele Gemeente-wees aangebied op 22-23 Julie 2014 te Chrismar Villas (Bellville). Die konferensie het ook saamgeval met die jaarlikse KGA Jaarvergadering.
Tydens die konferensie is besin oor die aard en huidige funksionering van multikulturele gemeentes in die NG Kerk-familie, met die oog daarop om die vorming en funksionering van multikulturele gemeentes te bevorder.
‘n Opsomming van alle bydraes met skakels na die bydraes, navorsingsverslae asook individuele bydraes van die sprekers is beskikbaar en kan afgelaai word.

Internasionale Studente op toer

Written by webmeester on . Posted in Nuus

Jurie Goosen is predikant van ‘n nuwe geloofsgemeenskap vir internasionale studente wat by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy vertel meer oor ‘n toer waarop hierdie studente onlangs gegaan het.

“Ons gaan hierdie naweek (16-18 September 2011) na Bonnievale met meer as dertig internasionale studente. Die plaaslike gemeente ( NGK Van der Merwe) is die gasheer. Vrydagaand beplan hulle ‘n snoekbraai en dan word al die studente uitgeplaas by plaaslike gesinne. Dis ‘n wonderlike geleentheid vir lidmate om blootstelling te kry aan ander kulture, ook vir internasionale studente om plattelandse gasvryheid van Christene te beleef.

“In ons groep is daar onder andere Chinese, Japanese en ook Iranese. Ons gebed is dat hulle Christus sal ontmoet deur die gasvryheid van gelowiges in Bonnievale. 

“Internasionale studente kry selde die geleentheid om iets meer as Stellenbosch en Kaapstad te sien; geld en tyd beperk hulle altyd. Hierdie groep gaan soveel meer doen en beleef, selfs ‘n kaasfabriek of kelder besoek en op die Breerivier met kano’s roei. Op pad terug Sondag beplan ons om by Kaap Agulhas piekniek te hou, baie buitelandse studente wil verskriklik graag die mees suidelike punt van Afrika besoek. Ons dank God vir die Bonnievale gemeente en gemeenskap wat hierdie besondere naweek moontlik maak.”

GKS vang gees saam met ons sportbedieningspan

Written by webmeester on . Posted in Nuus

0a3eeb8c9740476d8535d79ab1e4c6eb_200‘n  Opwindende tyd lê voor met die Rugby Wêreldbeker wat hierdie week begin. Lees hoe jy jou gemeente kan insluit by hierdie rugbyfees en mense met Jesus se liefde bedien.

Besoek http://www.nous.org.za waar jy elke week ‘n  Powerpoint RWB moment kan aflaai.

Dit sluit in informasie, uitreik idees, gebedsinligting oor die deelnemende lande en ‘n voorgestelde video clip vir die Sondag.

Kontak Ben vir meer informasie: 2010@kaapkerk.co.za of 0835641225.

Opleidingsgeleenthede vir Hope Through Sport

Written by webmeester on . Posted in Nuus

Kids Games is normaalweg ‘n vankansieprogram gefokus op laerskoolkinders, wat kinders uit die breë gemeenskap betrek deur spel, sport en leer deur ervaring aktiwiteite. Dit is ‘n bybelse kurrikulum wat die afgelope 10 jaar met groot sukses wêreldwyd toegepas word. Met hierdie opleiding wil ons kerke en instansies aanmoedig om vakansieprogramme aan te bied in die week van 3 – 7 Oktober. Dit val in die tyd van die Wêreld Rugbybeker en gee ons die geleentheid om kinders in ons gemeenskappe te bereik.








Datum: 21 & 22 September 2011

Plek: Vineyard Christian Fellowship church, Stellenbosch

Aanwysings na Christian Fellowship church:

Kerk in  Andringa Straat, oorkant PnP  sentrum en na aan BP garage en MC Donalds. Vanaf R44 Adam Tas Rd draai in Merriman Ave, ry in Merriman Ave in die rigting vd Universiteit en draai links in Andringa Straat by die BP Garage se Robot, ry oor 4 rigting stop, kerk is links op 1ste vloer.

Koste: R40 p/p (sluit in werkboek, kurrikulum en ligte verversings), betaalbaar op dag van kursus

Tye: Woensdag – 9h30-14h00, Donderdag – 9h30-14h00

RSVP: 20 September 2011

Marlene Marais 082 291 9201 mmarais@telkomsa.net




Datum: 23 & 24 September 2011

Plek: NG Kerk Bellville-Wes, nr 10, 8ste laan, Boston, Bellville

Aanwysings na NG Kerk Bellville Wes

Vanaf N1: Vat Durban Rd afrit (exit 23, R302), ry in die rigting van Voortrekker str, draai regs by 2de robot in Frans Conradie Rd, draai links by 2de robot in Boston Straat, draai regs in 8ste laan. Kerk is aan die linkerkant van straat.

Koste: R 40 p/p (sluit in werkboek, kurrikulum en ligte verversings)

Tye: Vrydag – 17h30-21h00, Saterdag – 8h30-17h00

RSVP: 22 September 2011

Kontak persoon: Marlene Marais 082 291 9201, mmarais@telkomsa.net