Praktiese idees vir bedieningsgeleenthede tydens die Rugby wêreldbeker

Written by webmeester on . Posted in Evangelisasie

1.    Gebed en bewusmaking
a)    ‘n 5 minute Rugby moment vir elke Sondag se diens (insluitende video uittreksel en gebedsfokus op 2  lande) aflaaibaar by www.nous.co.za 
b)    Die uitstal van die 20 deelnemende lande se vlae in die kerk, tesame met die gebruik van die gebedsgids van OM. 
c)    24/7 gebedswagte en boiler rooms op stel in gemeentes.

2.    Vakansie Programme (Gefokus op kinders en tieners gedurende die tyd van de toernooi en veral gedurende die week skool vakansie, Sept 30 tot Okt 10)
a)    Kids Games (1 of 2 weke program)
b)    Teen Games (1 of 2 weke program)
c)    Ubabalo e Africa klinieke en toernooie (1 of 2 weke program)

3.    Familie Aktiwiteite (Fokus op Pa/Kind verhoudings bou)
a)    Familie pret dag, rugby kyk en aktiwiteite vir die gesin voor of na die tyd. Saam eet of braai.
b)    Family Games (Oggend, middag of naweek program program)
c)    Kombineer dit met die saam kyk van wedstryde om veral die mans, Pa’s te trek en intensioneel te verbind met hulle kinders

4.    Engage kykgenot (Groot skerm wedstryd vertoning)
a)    Gee gemeenskap toegang tot veilige kyk plek en dien hulle 
b)    Om verhouding met die kerklose en kerk losse te bou
c)    Om uit te reik na veral die mans in die gemeenskap

5.    TAG Rugby Toernooi en klinieke (Kontak my vir detail en kontak besonderhede)
a)    Gebruik saam met pret dae, groot skerm vertonings, vakansie programme en gemeenskap uitreike.
b)    Demonstrasie wedstryde in gemeenskap

6.    Sport tema eredienste
a)    Siende daar potensieel 4 Sondae is waarop die Springbokke kan speel, moet ons die geleentheid benut om veral mans en gesinne te bedien. 
b)    Omskep eredienste kreatief deur vertoning van wedstryde te inkorporeer met getuienis lewering en gesinsaktiwiteite.
c)    Gebruik getuienisse op DVD soos, The Prize DVD, van Campus Crusade of ander rugby getuienisse soos Pierre Spies DVD
d)    Moenie dienste afstel nie, maar gaan kreatief te werk om veral mans te trek.

7.    Ontbyt geleenthede (Manne bedienings fokus)
a)    Manne ontbyt geleenthede, gevolg deur die kyk van ‘n wedstryd of anders om.
b)    Besigheids ontbyt geleenthede, met die kyk v/d wedstryd.


2049394_medium

Opleidingsgeleenthede vir Hope Through Sport

Written by webmeester on . Posted in Nuus

Kids Games is normaalweg ‘n vankansieprogram gefokus op laerskoolkinders, wat kinders uit die breë gemeenskap betrek deur spel, sport en leer deur ervaring aktiwiteite. Dit is ‘n bybelse kurrikulum wat die afgelope 10 jaar met groot sukses wêreldwyd toegepas word. Met hierdie opleiding wil ons kerke en instansies aanmoedig om vakansieprogramme aan te bied in die week van 3 – 7 Oktober. Dit val in die tyd van die Wêreld Rugbybeker en gee ons die geleentheid om kinders in ons gemeenskappe te bereik.








Datum: 21 & 22 September 2011

Plek: Vineyard Christian Fellowship church, Stellenbosch

Aanwysings na Christian Fellowship church:

Kerk in  Andringa Straat, oorkant PnP  sentrum en na aan BP garage en MC Donalds. Vanaf R44 Adam Tas Rd draai in Merriman Ave, ry in Merriman Ave in die rigting vd Universiteit en draai links in Andringa Straat by die BP Garage se Robot, ry oor 4 rigting stop, kerk is links op 1ste vloer.

Koste: R40 p/p (sluit in werkboek, kurrikulum en ligte verversings), betaalbaar op dag van kursus

Tye: Woensdag – 9h30-14h00, Donderdag – 9h30-14h00

RSVP: 20 September 2011

Marlene Marais 082 291 9201 mmarais@telkomsa.net




Datum: 23 & 24 September 2011

Plek: NG Kerk Bellville-Wes, nr 10, 8ste laan, Boston, Bellville

Aanwysings na NG Kerk Bellville Wes

Vanaf N1: Vat Durban Rd afrit (exit 23, R302), ry in die rigting van Voortrekker str, draai regs by 2de robot in Frans Conradie Rd, draai links by 2de robot in Boston Straat, draai regs in 8ste laan. Kerk is aan die linkerkant van straat.

Koste: R 40 p/p (sluit in werkboek, kurrikulum en ligte verversings)

Tye: Vrydag – 17h30-21h00, Saterdag – 8h30-17h00

RSVP: 22 September 2011

Kontak persoon: Marlene Marais 082 291 9201, mmarais@telkomsa.net






Die storie agter die GKS skildery

Written by webmeester on . Posted in GKS

skilderygks

As jy by die GKS-kantoor in Bellville sou instap, hang daar dieselfde skildery as die een wat op ons webblad verskyn. Die skilder, Amanda Cliengen, deel met ons wat die inspirasie daaragter was.

Die titel is van die skildery is “Almal wat dors het kom drink”…

Die tema het ek uitgedink toe die GKS-personeel met my gesels het oor hoe hulle die skildery sien (spesifiek Marinda Schreuder), …. met ‘n effense kinderlikheid en dog iets sterks. Die GKS handleiding  is in my hand gestop om as verdere inspirasie te dien sodat ek deur die skildery iets van die taakspan se werkplek kon verstaan. Daarom die skape van ‘n skildery wat ek eentyd gesien het en by my gebly het. Ek dit goed gevind het om dit op die tema te gebruik en dit dui ons is almal skape wat gelei moet word. Die kerk dui op “God” met “kleur” (die lewe is vol kleur en die Godsdiens is vol kleur) waarnatoe ons almal oppad is en tog die kinderlikheid wat ons almal in ons het om steeds te bly glo. Dan aan die regterkant die “logo” teken van julle boekie wat wys hoe die gesin gelei word deur die pa na die kerk. Dan is daar ook die duif met die takkie in sy mond wat dui op lewe buite wat nog groen is en altyd water nodig het. Die water kry ons in ons Godsdiens …

As jy meer wil weet van Amanda Cliengen se kunswerk, gaan gerus na die volgende webwerwe toe:

Amanda Cliengen op Facebook

Vars Uitdrukkings van die kerk en Kerkplanting

Written by webmeester on . Posted in Kerkplanting

Tydens die kursus wat hy in Kaapstad aangebied het was dit duidelik dat ons baie kan leer by die “Fresh Expressions Institute” wat ses jaar gelede deur die Anglikaanse en Methodiste kerk in die VK begin is waarvan Bishop Cray die spanleier is.  Intussen het die netwerk uitgebrei met verskeie ander denominasies.

Wat is ‘n fresh expression of church?

Dit verwys na ‘n andersoortige styl van kerkwees vir die veranderde kultuur waarin mense vandag leef. Die doel hiermee is om mense te bereik wat nie deur gevestigde bedieninge (gemeentes)  bereik word nie.  Minstens 1/3 van die inwoners in die VK was nog nooit gedurende hulle leeftyd in enige kerk betrokke nie.  Die Kerkleiding van bg. denominasies is oortuig dat ‘n dubbelloop benadering (mixed economy) gevolg moet word om alle mense te bereik, d.w.s. tradisionele gemeentes sowel as “vars uitdrukkings” van kerkwees.

Die gevolg hiervan was dat daar letterlik honderde “vars uitdrukkings” die afgelope paar jaar deur hierdie beweging ontwikkel is. Net in die Methodiste kerk alleen is die afgelope paar jaar ‘n 1200 nuwe gemeentes begin.

Hierdie “vars uitdrukkings” sluit bv. in: ‘n “Surfer” gemeente op Polzeath strand, ‘n Jeugkerk in ‘n skaatsplankpark, ‘n selkerk in Meyerside polisiestasie, ‘n gemeente in die konferensie kamer van ‘n pub. So is daar letterlik honderde voorbeelde. 
‘n “Fresh Expression” is dus ‘n nuwe geloofsgemeenskap.  Dit is nie ‘n nuwe evangelisasie metode waardeur buitekerklikes bearbei en ingeskakel word by bestaande gemeentes nie. Dit is ook nie ‘n brugbouprojek om mense voor te berei om later by ‘n gevestigde gemeente in te skakel nie.  ‘n Fresh Expression of Church is 

KERK OP ‘N NUWE MANIER

Watter metode word gevolg om Fresh Expression Gemeentes te vestig? 

Die verhaal wat Bishop Cray van so ‘n Fresh Expression vertel het illustreer die metode wat hulle volg om so ‘n bediening te vestig duidelik.

‘n Kerkie wat letterlik teen ‘n bekende “Surfer”strand gestaan het, het nog net twee senior lidmate oor gehad.  Hulle het alles probeer om mense in te trek, maar onsuksesvol.  Op ‘n Sondag kyk hulle uit na die strand en sien die honderde “surfers” en begin navraag doen oor die behoeftes van die surfers.  Storte, toilette en kuier area was ‘n groot behoefte. Die kerkie word omskep om ‘n kuierplek vir die surfers te word waar ‘n verskeidenheid van hulle behoeftes aangespreek word, ook hulle geestelike behoeftes en so ontstaan ‘n nuwe surfer gemeente. 

‘n Belangrike uitgangspunt wat ons met hulle deel, is dat daar nie net een model van nuwe gemeente ontwikkeling is wat in alle situasies toegepas kan word nie. Die proses om sulke bedieninge te vestig word konsekwent toegepas en lyk soos volg:

1.    Luister – Daar word na God en die gemeenskap wat bereik moet word, goed geluister deur tye van afsondering asook met mense te gesels, plekke te besoek en vrae te vra.  Die Heilige Gees word vertrou om behoeftes uit te wys.

2.    Dienslewering – Op grond van die behoeftes word daar op kreatiewe en goedbeplande aksies besluit om die gemeenskap te dien. 

3.    Evangelisasie – Diegene wat gedien word, word ook met die Evangelie bedien.  Die voorbeeld van Christus wat tussen mense kom woon het en daarna met hulle oor die Koninkryk van God gepraat het vorm die teologiese begronding van hierdie proses. (Incarnational Mission)

4.    Dissipelskap – Dit is die begin van ‘n dissipelskapproses wat o.a. beteken om mense in ‘n geloofsgemeenskap op te neem.

In die meeste gevalle word mense eers op hierdie stadium in ‘n erediens opgeneem waar die gemeentelede die styl van die diens bepaal. 

Wat was opvallend van Biskop Cray se aanbieding?

1.    Nasionale Sinodes het die noodsaaklikheid en dringendheid van Nuwe Gemeente Ontwikkeling besef en daarom sterk besluite geneem wat rigtinggewend leiding aan Streekssinodes en Ringe hieromtrent gegee het.

2.    Personeel en ander bronne is beskikbaar gestel om hierdie visie te dra en leiding op grondvlak hieroor te gee.  24 Personeellede hanteer hoofsaaklik die werk van die instituut. 

3.    Op plaaslike vlak is hierdie dubbelloop benadering ook omarm en word dit positief ondersteun deur leraars, kerkrade en gemeentes.   Ruimte word volledig gegee vir sulke ontwikkelings naas gevestigde bedieninge.

4.    Opleiding speel ‘n groot rol in dit wat die afgelope paar jaar gebeur het.  Een dag bekendstellingskursusse word landswyd gedoen, ‘n ses weke kursus word gereeld aangebied en ‘n Een jaar kerkplant kursus vir voornemende kerkplanters.

5.    Ekumeniese samewerking word in hulle funksionering, besluitneming en bediening uitgeleef.

Mag ons in die familie van NG Kerke in SA ook in die volgende 5 jaar getuienisse hoor van honderde Nuwe Gemeente Ontwikkelings.

Wenke vir voornemende kerkplanters

Written by webmeester on . Posted in Kerkplanting

Tien jaar gelde het ekself met kerkplant-drome in my oë gespring en “die ding” geprobeer. Hoewel dit nie ‘n rasende sukses was nie – die bediening het na vier jaar saamgesmelt met ‘n groter makrogemeente in die betrokke stad (Centurion) – kan mens terugkyk op die ondervinding en met dankbaarheid teenoor die Here getuig van blywende resultate uit die projek: Mense het daadwerklik tot bekering gekom; daar is vandag nog mense aktief in die sendingveld as gevolg van die bediening; vriendskappe is gesmee wat tyd, konflik en afstand deurstaan het; en, les bes, kosbare teologiese lesse is geleer.

Hier is ‘n sewetal van die lesse wat ek geleer het en dalk met voornemende kerkplanters kan deel:

1. Maak seker van jou roeping

Voordat jy enigsins kan begin prakties raak in jou beplanning, moet jy klarigheid kry oor ‘n paar sake. Die belangrikste hiervan is die kwessie of jou oortuiging om ‘n kerk te plant, deur God gegee is. Mens plant nie ‘n kerk omdat jy in konflik staan met jou gemeente se bedieningstyl, jou kollegas of omdat jy nog altyd jou eie ding wou doen nie. Kerkplanting is ‘n missionêre roeping, gefokus op buitekerklike mense, mense wat nie deur die tradisionele kerk bereik word nie. Dis innoverend want dit soek na alternatiewe maniere van evangelisasie om mense wat skepties staan teenoor die kerklike organisasie in ‘n verhouding met Christus in te trek.

Voornemende kerkplanters moet ook seker maak van hulle persoonlikhede en gawes. Kerkplanting is verhoudingsgedrewe, prakties en innoverend. Tipiese kerkplanters moet teologies goed onderlê wees, maar prakties ingestel wees. Hulle moet kan organiseer en motiveer, die roeping in grypbare beelde kan kommunikeer, en bowenal die pastorale insig hê om vreemde mense onvoorwaardelik te bevriend.

2. Werk deur die kerklike strukture

Voordat mens kan kerkplant, moet jy seker wees jy het al die burokratiese prosesse bestuur. Die liggaam van Christus word nie gedien deur persone wat buite-om strukture werk nie. Mens besef dit dikwels nie, maar enige kerkplant toon dikwels binne drie jaar al die sosiale  kenmerke van ‘n tipiese gemeente. Gevolglik is dit noodsaaklik dat die leierskap van jou gemeente in ‘n gesonde, opbouende verhouding staan met omliggende gemeentes, die kerklike strukture wat die projek goedgekeur het (hetsy die kerkraad, ring of sinodale kommissie) en met die predikante saam met wie jy in breër verband moet werk. Dikwels verstaan hierdie mense nie die noodsaak, aard of unieke uitdagings van die projek nie en die kerkplanting kan as ‘n bedreiging beskou word. Die enigste manier waarop dit “geneutraliseer” kan word, is voortdurende en opbouende verhoudings wat wedersydse respek kan help bou.

3. Bou ‘n gefokusde leierskapspan

Kerkplanting is nie ‘n eenpersoonsaak nie. Die bedieningsmodel is immers nooit een van ‘n dinamiese, charismatiese pastor wat oor al die gawes in hom/haarself beskik nie. 
Dis ‘n geïntegreerde span van geroepenes wat verstaan dat die kerk ‘n span leiers is wat nie almal oor formele teologiese opleiding hoef te beskik nie. Indien hierdie beginsel nie in die DNA van die nuwe gemeente ingebed word voor kerkplanting nie, gaan dit binne drie jaar ‘n tipiese herder-kudde bediening wees.

Hierdie leierskapspan word nie bepaal deur vakante posisies in ‘n organigram nie. Jou grootste uitdaging is om persone saam te trek wat die roeping verstaan, die passie vir buitekerklike persone demonstreer, en bereid is om onder jou leierskap te werk. Dis belangrik dat hulle nie met ‘n eie agenda deel raak van die projek nie, maar dat hulle die agenda wat die Here op jou hart gelê het, verstaan en deel. Daarna kan julle saam na elke spanlid se gaweprofiel, spesifieke talente en hulle eie roeping kyk en uit dit uit moet die organigram vloei. 

As pastorale leier is dit jou verantwoordelikheid om in hierdie leierskapspan in te belê: hulle geestelike ontwikkeling te fasiliteer, bedieningsvaardighede te help kweek deur hulle aan groei-geleenthede bloot te stel, hulle taakomskrywings in die span te bestuur, en bowenal hulle vriend/vriendin te wees.

4. Ken jou omgewing

Die sendinggeskiedenis het ons geleer dat mens nie ‘n vreemde struktuur op mense kan afdwing nie – die Europese kerkstrukture het bv nie in Afrika gewerk nie. Net so ook werk die tradisioneel-gereformeerde pastorale modelle nie in ‘n kerkplantingsituasie nie. Trouens, geen model – hoe suksesvol dit ookal op ‘n ander plek gewerk het – kan sondermeer oorgeplaas word in ‘n ander konteks nie. Gevolglik moet elke kerkplanter sy/haar omgewing “eksegetiseer,” oftewel ‘n deeglike voorafstudie doen van die gemeenskappe waar die kerk moet funksioneer. Sake soos kultuur, ouderdomsverspreiding, inkomste, sosiale en maatskaplike probleme, die spiritualiteit van ander kerke in die gemeenskap en toekomstige planne wat die stadsraad kan hê, moet in ag geneem word.

5. Definieer jou bedieningstyl vooraf

Kerkplanting is nie veronderstel om ‘n alternatiewe aanbiddingsgemeenskap te wees vir ongelukkige lidmate van tradisionele gemeentes nie. Daarom moet jy en jou leierskapspan vooraf besluit watter teologiese, en spiritualiteitswaardes vasgelê sal wees. Nuwe gemeentes trek dikwels ‘n verskeidenheid soekers, mense wat alternatiewe geestelike tuistes soek. Dit bring hulle spiritualiteitsverwagtings dikwels in direkte botsing met die bloudruk van julle roepingsplan. Konflik in kerkplantings lê dikwels op die terrein van erediensstyl, kleingroepfunksionering en -leierskap, genadegawes, die sakramente, ens. Kerkplantspanne is gewoonlik so verleë oor nuwe leiers dat hulle hierdie verwagtinge probeer akkommodeer, ten koste van die oorspronklike roeping. Hoewel hierdie saak hoegenaamd nie staties is nie, is dit raadsaam om veranderinge aan bedieningstyl met ‘n langtermynplan te bestuur. Kleiner groeperings loop die risiko om koerswysigings binne weke te wil deurvoer, terwyl die gemeenskap wat bedien word, nog nie eens gewoond geraak het aan die bestaande styl nie. Stel ‘n bedieningsplan op en hou daarby.

6. Vergeet van getalle

Die meeste voornemende kerkplanters het kennis gemaak met die suksesverhale van die “bedryf:” Willow Creek met sy twintigduisendplus kerkgangers, Yoido Full Gospel Church met sy driekwartmiljoen sellede, om maar enkeles te noem. Trouens, wanneer mens ‘n nuwe bediening vestig, is die druk groot om getallegewys “kritiese massa” te bereik – genoeg mense in die eredienste/kleingroepe om nuwelinge te laat tuis voel, of om die finansies selfstandig te maak, of om die bediening se standhoudendheid te waarborg.

Vergeet daarvan. Om mense in die koninkryk van Christus in te bind, is nie ‘n skape-tel oefening nie. Die Here voeg self die mense wat deur die bediening bereik word, by. As mens se fokus verskuif van hierdie waarde af na die bereiking van numeriese doelwitte, word elke individu ‘n blote getal, iemand wat wegdoenbaar is as die towergetal verbygesteek is.

7. Verhoudings, nie strukture

Laastens, en in direkte samehang met die voorafgaande punt: kerkplanting gaan oor mense. Elke persoon wat deur die bediening bereik word, is deur God gestuur, of hy/sy gelowig is of nie. Indien die hele kerkplantspan nie bereid is om elke, enkele persoon onvoorwaardelik te aanvaar en lief te kry nie, word die bediening uiteindelik gereduseer tot nog ‘n gemeente met ‘n alternatiewe bedieningstyl. Die bedoeling is om die gemeenskap te bereik met Jesus se verlossende liefde, en nie om ‘n gemeente te vestig nie. Die fokus moet dus wees op die mense in die gemeenskap en die bediening se primêre roeping hierin is om met mense in interaksie te tree, verhoudings te bou, respek te hê en liefde te demonstreer.

Uiteraard is hierdie sewetal wenke die druppel in ‘n baie groot emmer. Meer inligting is egter bekombaar. Vir daadwerklike hulp en bystand kan jy by die kantoor vir Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking aanklop.

Die doop in die eerste eeue en vandag

Written by webmeester on . Posted in Leierskap

Uiteraard nie. In kontekste wat met die noemers gemeente-ontwikkeling of nuwe gemeente-ontwikkeling gekwalifiseer kan word, word hierdie vrae dikwels op ‘n spits gedryf. Vanuit verskillende oorde is al pogings tot antwoorde gebied met verskeie grade van bevrediging. Een van die meer bevredigende antwoorde wat vir ‘n wyer spektrum van kontekste leidrade gee is te vinde in die kerkgeskiedenis, meer presies die liturgiegeskiedenis.

Regoor die wêreld kyk kerke vandag na ‘n ou proses wat bekend staan as die kategumenaat, wat die naam is vir die doopritueel en doop-proses soos wat dit in die kerk van die eerste eeue daar uitgesien het. Daar is baie redes hiervoor dat daar juis nou weer so ‘n belangstelling in hierdie proses is, maar een rede hang saam met die opkoms in die belangstelling in ekklesiologiese begrippe soos missionêr en (nuwe) gemeente-ontwikkeling. Die besef dat die kerk en elke gemeente in haar wese gestuurd is en as sodanig moet kerk wees daar waar die gemeente haarself bevind, asook die toenemende mate waarin verskillende grense (denominasioneel, kultuur, taal) binne een gemeentelike opset vervloei, het teoloë weer na die kategumenaat laat kyk.

Vele gemeentes regoor die wêreld streef na gestuurdheid en ook diversiteit, en sodra dit gebeur, dan is die vraag na die plek en rol van die doop gou op die tafel.

So kom ons gaan maak ‘n vinnige draai in die liturgiegeskiedenis, spesifiek die eerste drie en ‘n half eeue en kyk hoe die doop as rituele proses daar uitgesien het. Ons lens sal spesifiek histories en antropologies wees, m.a.w. ‘n kykie na die historiese bedding waarin hierdie ou proses ontstaan en gefloreer het (tot ‘n mate vergelykbaar met ons eie), asook die besondere wyse waarop mense op ‘n integrale wyse daarby betrek is.

“Christene word gemaak, nie gebore nie”…

..is ‘n opmerking van die kant van die teoloog Tertullianus wat teen die einde van die tweede en begin van die derde eeu in Noord-Afrika gewerk het. Hierdie oortuiging van hom kom ook duidelik na vore in die wyse waarop hy gestalte gegee het aan die doopritueel (kategumenaat) in sy werk. Ons kan rofweg uit sy geskrifte, te same met die geskrifte van ander uit hierdie tyd (soos Justinus se eerste Apologie, die reisiger non uit Spanje genaamd Egeria se reisbeskrywings en die Apostoliese Tradisie van Hippolitus) herkonstrueer hoe die doop in daardie eerste eeue daar uitgesien het. In kort (en let wel dit was lank!): 

  • diegene wat hulle wil laat doop, groot en klein, meld hulle met ‘n getuie by ‘n doopkategeet aan;
  • hulle word dan ondervra na die redes waarom hulle gedoop wil word en die getuie getuig oor hul lewenswandel;
  • na keuring volg ‘n onderrigperiode van 3 jaar waartydens hulle op ‘n aparte plek in die gemeente sit tydens eredienste en nie aan die Nagmaal deelneem nie;
  • in hierdie tydperk moes hulle ook voortdurend barmhartigheidswerk doen en ontvang hulle deurgaans onderrig in die Christelike leer en lewenswandel;
  • tydens Lydenstyd in die derde jaar het ‘n intensiewe veertig dae van onderrig en geestelike verdieping gevolg. Kandidate het hier ook die disciplina arcani (geheime dissipline) ontvang wat beteken dat dit wat hulle geleer het slegs vir hulle en nie vir enigeen bedoel was nie. En vir die volle duur van Lydenstyd het hulle nie gebad nie en gevas;
  • die doop self was skouspelagtig en het oor die drie dae van Paasnaweek gestrek.


Vanaf Goeie Vrydag tot en met hanekraai op Sondagoggend het hulle intensiewe onderrig ontvang, deeglike selfondersoek gedoen en ook meer intensief nog gevas. In die oggendure het hulle, terwyl hulle na die Weste (die rigting van die dood waar die son ondergaan) kyk, hulle ou lewe afgesweer en dan, soos die dag breek na die Ooste gedraai en hulle geloof in Jesus Christus bely. Met hanekraai is hulle, die babas en kleintjies eerste en so verder na gelang van ouderdom, kaal gedoop (mans en vrouens apart) in ‘n groot doopvont (in die vorm van ‘n doodskis, want vandag sterf jy met Christus om vir ewig met Hom te lewe) vol kleurryke mosaïeke van die voorgangers in die geloof. Na die waterdoop (drie maal onder in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees) is hulle die hande opgelê, met geurige olie gesalf, ‘n wit doopkleed omgehang en is daar vir ‘n persoon ‘n lamp in die hand gegee. Hierna is die Paaslied “Christus het opgestaan en ons met Hom” ingesit en al singend het die pasgedooptes oorbeweeg na die kerk om deel te neem aan die Nagmaal (‘n regte ete vir mense wat vir veertig dae gevas het!). Aangekom by die kerk het elkeen eers nog, voordat hulle kon weglê aan die kos van die Nagmaal, aan ‘n lepel met melk en heuning geproe (as voorsmaak van dit wat werklik op elkeen van hulle wag) en daarna kon hierdie uitgehongerde mense weglê aan varsgebakte brood en ander kos, soveel as wat hulle wou! (En ek vermoed daarna het jy reguit in die bed gaan klim en soos ‘n klip geslaap);

  • en vreemd genoem, eers in die agt dae na die doop, is die betekenis van die doop en Nagmaal sélf aan hierdie nuwe lidmate verduidelik (die sogenaamde mistagogiese kategese). Hulle het lering in die volle leer van die kerk ontvang in die voorafgaande drie aar, behalwe in die betekenis van die sakramente. Dié moes jyself eers beleef het, alvorens jy kon hoor wat dit beteken!


Hierdie beskrywing van die kategumenaat in die eerste eeue was baie opsommend sodat ‘n mens net ‘n idee kan vorm van hoe ‘n luisterryke en uitgebreide proses die doop in die eerste eeue was. Dit was eers vanaf Augustinus se tyd ‘n eeu of so later dat hierdie proses stadigaan verdwyn het, hoofsaaklik a.g.v. die feit dat die Christelike godsdiens die staatsgodsdiens geword het en die konteks so drasties verander het en groot hoeveelhede mense derhalwe by die kerk aangesluit het (alhoewel daar nog ander redes ook is).

Enkele vraende roetemerkers

Wanneer ‘n mens nou dink aan hierdie eerste eeue van die geskiedenis van die kerk en die wyse waarop die doop gevier is, en dit vergelyk met ‘n (N)GO konteks vandag, dan is die vraag wat ek wil vra, watter historiese en antropologiese roetemerkers kan ons vir ons eie dag daaruit aflei? Dit is natuurlik gevaarlik om te dink dat wat 1800 jaar gelede rondom die Middellanse See gebeur het, net so toepasbaar kan wees in ons situasie. Daar sit nietemin ‘n skat van wyshede opgesluit in hierdie ou proses waarvan enkeles vermoed ek, ons eie nadenke rondom hierdie sake kan verryk. Ek noem so paar voor die handliggendes:

  • Hoe geïntegreerd is liturgie (doop) en lering in ons gemeentes? Of is dit heeltemal aparte sake? In die eerste eeue is lering, liturgie én sosiale betrokkenheid in een proses betrek.
  • Is ons doop-praktyke belewenisse wat die mens as ‘n liggaamlik-sintuiglike wese aanspreek? Hoe ‘awe-inspiring’ (soos een liturgis die kategumenaat beskryf) is ons doopbediening of doopherinnering?
  • Toegang tot die kerk (d.m.v. die eenmalige doop) was moeilik en juis dit het vreemd genoeg ook aan die geloof ‘n besondere aanloklikheid verleen. Hoe lyk sake in ons dag? Ook die rol van die disciplina arcani en die feit dat jy eers die doop beleef het, alvorens jy die betekenis daarvan ontvang het … skuil daar hierin miskien iets gereformeerdes…van God se genade wat ons eie verstaan en respons op daardie genade voorafgaan?
  • Hoe betrokke is die groter geloofsgemeenskap (byvoorbeeld getuies, kerkraad en ouers) by die groter doop-proses?
  • Bekering was in die eerste eeue ‘n lang proses van geestelike groei en volwassewording …eers die lering en water, dan handeoplegging en melk en heuning en dan voortdurend die brood en wyn. Hoeveel maak ons in ons dag van die sakrament van die Nagmaal as toe-eieningsgeleentheid vir die doop? En van belydenisaflegging?
  • Volgens Alan Kreider het die kategumenaat ‘belief, ‘behaviour’ en ‘belonging’ gestimuleer. Tot hoe ‘n mate kry ons praktyke dit vandag reg?
  • Sou ‘n mens die groter proses van die kategumenaat, natuurlik in ‘n sterk aangepaste vorm, nie kon gebruik om ‘n pad met voornemende doopouers te stap nie, of dalk met ‘n belydenisklas? In sekere GO-areas sou so ‘n proses verseker ook van waarde kon wees vir volwassenes wat vir die eerste keer by ‘n gemeente aansluit.


Ons is ook vandag al hoe meer in situasie waar lidmaatskap van ‘n kerk nie ‘n gegewe is nie en waar mense glad nie meer bestaande praktyke klakkeloos aanvaar nie. 

Miskienkan hierdie stukkie geskiedenis ons tog help met kreatiwiteit in hierdie verband. En ja, alles in ag genome kan ‘n gemeente baie mooi verrykende dinge in plek sit en werklik diepgaande erns maak met die doop oor ‘n lang periode, en steeds gaan jy hoor: “Dominee, is die groot- of kleindoop nou die regte een? En wat van herdoop?”

  • Sien ook die reeks “Die lang pad van bekering” in NGTT 48 (2007).

Ander webskakels

Written by webmeester on . Posted in GKS

Gaan loer gerus by die volgende webwerwe in …

  

 ABID
ABID (Argief en Bestuursinligtingsdienste van die NG Kerk) ook bekend as die ARGIEF.

 
Communitas
Communitas lewer al vir meer as ‘n dekade fasiliteringsdienste aan gemeentes.
 
Bybel-Media
Hierdie tuisblad bied toegang tot al die produkte en dienste van die volgende instansies wat deel is van Bybel-Media.
 
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is om bekostigbare Bybels vir almal beskikbaar te stel.
 
Christene.co.za
Ons bied top Suid-Afrikaanse Christelike inhoud. ‘n Omvattende diens waar alle Christene ongeag hul denominasie , welkom sal voel.
 
Christian AIDS Bureau for Southern Africa
CABSA is ‘n diensorganisasie wat vir mense wat met MIV leef in die bres tree. Ons ontsluit die potensiaal van gemeentes om versorgende Christen gemeenskappe te wees wat versoening en hoop bedien in die konteks van die MIV pandemie. / CABSA is a ministry that advocates for people living with HIV. We unlock the potential of congregations to be caring Christian communities ministering reconciliation and hope in the context of the HIV pandemic.
 
CLF
CLF verskaf al meer as 50 jaar lewensveranderende gratis lektuur aan mense wat smag na die Woord van God.
Deo Gloria Books for Africa
Deo Gloria Books for Africa is �n Internetgebaseerde Boekwinkel, wat boeke verkoop deur ons webwerf, spesifiek teologiese literatuur: nuut, tweedehands, asook antikwaries.
Die Bybel in Afrikaans
Welkom by die amptelike tuiste van die 1933/53- en die 1983-vertaling op die Internet.
Die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit
Dit is verteenwoordigend van ‘n groot aantal tradisies binne die Christendom en fokus veral op geloofsverdieping deur middel van meditasie en kontemplatiewe gebed.
Extreme Life
Die Extreme Life Opvoedkundige Trust is opgerig om by te dra tot die gesonde ontwikkeling van kinders en jongmense in Suid-Afrika.
Fakulteit Teologie: Stellenbosch
Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch.
Fakulteit Teologie: Pretoria
Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye w�reld van die teologie nader aan die predikante te bring.
Fakulteit Teologie: Bloemfontein 
Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat.
Gemeentedienste Netwerk
Gemeentedienste Netwerk (GDN) is ‘n omvattende een-stop-toegangspunt tot bedieningshulp vir gemeentes, wat teologies verantwoord, navorsingsgebaseerd en prakties is.
Gospel for Asia
Gospel for Asia is ‘n inheemse sending-organiasie wat al vir langer as 27 jaar sendelinge oplei en kerke in Asi� plant met kantore ook in Suid-Afrika.
Hugenote Bybelinstituut
Ons doel is om elke student toe te rus met ‘n verrykte kennis van die Woord van God, ‘n verskerpte gesindheid van toewyding aan die diens van die Here en ‘n praktiese vaardigheid om vir die Here te werk.
Hugenote Kollege 
Die Hugenote Kollege stam uit drie opvoedkundige instellings wat vroe�r in Wellington bestaan het, nl. die Hugenote-seminarie, die Hugenote-universiteitskollege en Friedenheim.
Institute for healing of memories 
The Institute for the Healing of Memories seeks to contribute to the healing journey of individuals, communities and nations.
Jan Kriel Instituut 
Jan Kriel Instituut – Waar u kan help om ‘n kind met epilepsie of spesiale onderwysbehoeftes ‘n kans te gee.
Kerkbode
Vandag se kerkkoerant vir vandag se kerkmense.
LIG
LIG :: Naaswenner in CBSA-wedstryd vir Christelike tydskrifte.
NGTT
Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif
Radiokansel
‘n Dinamiese en kragtige Christelike radiostasie wat waarde aan die bre�r Christelike gemeenskap in Suid-Afrika toevoeg.
Sentrum vir Kontekstuele Bediening 
Ons missie is om Christen leiers wat voltyds of deeltyds in die bediening is, toe te rus en op te lei.
Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging
Die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging (SAKOV) beywer hom vir die bevordering van die Protestantse kerkmusiek in die Afrikaanse kerke en funksioneer as ‘n professionele liggaam in belang van die kerkorrelis.
Woordwyser
Woordwyser – ‘n dag-vir-dag Bybelleesprogram vir 2007.
Durbanville Kinderhuis
Durbanville Kinderhuis lewer met die hulp van God se liefde professionele en ondersteuningsdienste aan sorgbehoewende kinders en hul ouers om hulle weer in gesonde gesinsverband te herenig.
Lux Verbi-BM
Die uitgewer wat omgee wat Christene lees.
Seisoen van Luister
In die Seisoen van Luister fokus ons opnuut op die luister na die sprekende God. Ons slagspreuk is: God praat, leef luisteryk!

SEBIVA
Die Sentrum vir Bybelinterpretasie en �vertaling in Afrika (SEBIVA) se aanlyn-dienspunt vir ernstige eksegete. Hier kan eksegete en vertalers met mekaar in gesprek tree, en mekaar ook van raad bedien.