WIE HOU NIE VAN GESKENKE NIE?

Written by webmaster on . Posted in Jeug en familie

Dis darem heerlik om ‘n geskenk te kry! Die ekonomie plaas oral druk op ons en aan die einde van die jaar wil ons nog spaar vir Kersgeskenke ook! Het jy geweet ‘n doelwit van KIX is om gratis materiaal vir Kinderbedieninge dwarsoor Suid-Afrika te verskaf? Dis darem heerlik om te weet dat daar nog kwaliteit hulpbronne vrylik beskikbaar is om jou te ondersteun in jou roeping om kinders te bedien. Dis ‘n heerlike geskenk! En nog ‘n groot droom is dat ons volgende jaar ons materiaal ook in Engels beskikbaar sal hê.

Kix Koester Kinders – derde kwartaal

Written by webmaster on . Posted in Jeug en familie

Dis winter!

Ons is in die tweede helfte van die jaar!! Dis winter, dis koud. Dit word gou donker en ons hoop dit sal baie reën. Dit beteken gewoonlik dat Kix-byeenkomste swakker bygewoon word. Die skryfbehoefte-mini projek is ‘n wonderlike manier om Kix-kinders te motiveer om te kom ÉN om ‘n verskil te maak. Sending is tog die hartklop van Kix! En dit is boonop in die winter dat mense in nood die swaarste kry…

Teen hierdie tyd weet jou groep al dat die Kix-projek van die jaar Kix Koester Kinders genoem word en dat ons geld insamel vir skryfbehoeftes vir die behoeftige crèches in Malawi. Julle kan egter ook bykomend ‘n plaaslike organisasie wat fokus op vroeë kinderontwikkeling, ondersteun. Op hierdie manier kry die Kix-kinders eerstehandse blootstelling aan die nood in julle eie omgewing.

Hoe vind ons ‘n plaaslike projek?

  • Dink aan al die plekke in jul dorp of omgewing wat met babas of kleuters werk (sien die “infographic” vir idees).
  • Kies ‘n paar plekke en lê besoek af om inligting in te win (een of twee leiers kan gaan).
  • Kies daarna een plek waar jul as Kix-groep ‘n praktiese verskil kan maak deur bv. iets in te samel (soos doeke, klere, speelgoed of blikkieskos) of iets te maak (soos kaartjies, prente, ‘n banier of koekies).
  • Beplan ‘n besoek om ‘n oorhandiging te maak en so die Kix-kinders aan die gemeenskap bekend te stel.
  • Neem foto’s en stuur dit na jeug@sun.co.za. Ons plaas dit graag in die Kix.Kom.
  • Hou vol om deurgaans die inligting oor Malawi te deel en daarvoor geld in te samel.

Mag Jesus jul harte warm hou hierdie wintertyd!

Kix Koester Kinders – tweede kwartaal

Written by webmaster on . Posted in KIX-KOM

Ons is so opgewonde oor die eerste kwartaal!! Die Nuwe Testament ontmoetings het tot heerlike byeenkomste gelei. Ons was ook baie opgewonde om te hoor hoe verskillende skole en kerke die Kix-materiaal gebruik. Enigiemand is welkom om ‘n Kix-groep by ‘n nasorg, gemeenskapsaal of kerk te begin. Die volledige inligting oor hoe om dit te doen en hoe die materiaal werk is ook aanlyn beskikbaar.

Hierdie jaar se projek, “Kix Koester Kinders”, fokus op die ondersteuning van voorskoolse kinders plaaslik asook die werk wat in Malawi in kleuterskole gedoen word. Ons is so opgewonde oor die terugvoer wat ons reeds ontvang van Kix-groepe wat geld insamel – die Kix-kinders is vol entoesiasme om die skryfbehoefte “mini’s” bymekaar te maak!

Kontak gerus die Jeugkantoor vir enige navrae.

e-pos: jeug@sun.ac.za

telefoon: 021 808 9050

Saamdoen-dinge vir Paasfees

Written by Wilma le Roux on . Posted in Familiebediening, Jeug en familie

Paaspakkie

Saamwees vir Paasfees

17 Saam lees, gesels en doen
aktiwiteite vir die Paasvakansie
 
Die Jeug- en Familiebediening van die Wes-Kaap Sinode bied hierdie jaar ʼn Paasfees pakkie vir families wat hulle oor die 17 dae van die April vakansie saam die hele gesin (selfs oupa en ouma) kan doen.

Hierdie pakkie fokus op die groot Lydensweek en die betekenis van Paasfees met behulp van tekste, besprekings en aktiwiteite vir elke dag.

Elke dag het ʼn kaartjie met ʼn spesifieke teks en aktiwiteitsverduideliking op, sowel as ʼn spesiale item wat in aktiwiteit gebruik kan word.

Gemeentes kan hierdie pakkie teen R50 per pakkie bestel deur die sinodale Jeugkantoor te kontak by jeug@sun.ac.za.

LW: Daar is slegs 500 pakkies beskikbaar

  • Bestellings en betalings moet teen Vrydag 17 Maart 2017 in wees.
  • Alle pakkies moet Vrydag 24 Maart by Communitas in Stellenbosch afgehaal word.
Die pakkie se drukstukke sal ook gratis elektronies beskikbaar wees op dinkjeug.ngkerk.net teen Vrydag 17 Maart vir gemeentes wat ver is en dalk die pakkies self vir hul gesinne wil saamstel.

Vir enige navrae kontak José by die sinodale Jeugkantoor: jeug@sun.ac.za.

Projek 2017: Kix Koester Kinders

Written by webmaster on . Posted in KIX-KOM

KIX moedig kinders deurentyd aan om ook ‘n omgee vir die wêreld te ontwikkel. Daarom is daar ook elke jaar ‘n na-buite gerigte projek wat deur al die KIX-groepe saam ondersteun word. Die KIX-projek fokus hierdie jaar op die ondersteuning van vroeë kinderontwikkeling (VKO) en word genoem “KIX Koester Kinders”. Daar is twee bene – ‘n sending been en ‘n plaaslike been.

1.  Die sending been

Die idee is dat julle as groep deur die jaar geld insamel vir skryfbehoeftes vir die 5 behoeftige kleuterskole in Malawi met wie KIX ‘n verhouding het. Die kinders in jou KIX-groep raak op dié manier bewus van ‘n ander land, kultuur en taal en hulle leer hoe God wêreldwyd vir sy kinders sorg. Ons sal al die inligting oor hierdie deel van die projek verskaf.

Stap 1: Maak die kinders bewus van die projek en opgewonde om ‘n verskil te maak

Stap 2: Deel gereeld inligting (foto’s en stories) oor die Malawi créches.

Stap 3: Leer saam die woordjies in Chichewa.

Stap 4: Besluit hoeveel jul wil insamel en gebruik die skryfbehoefte handwerk items as motivering. (Sien bl. XXXX vir die besonderhede.) Maak dit ‘n groeppoging en hou die kinders weekliks op hoogte. Julle kan selfs jul gemeentes motiveer om ook by te dra.

2.  Die plaaslike been

Dit sal goed wees om egter ook in jou eie gemeenskap (of naby aan julle) ‘n plaaslike inisiatief te ondersteun. Wat kan julle doen?

Stap 1: Dink aan ‘n plek wat babas of klein kinders in jul gemeenskap versorg. (Kliniek, hospitaal, kinderhuis, sopkombuis, plek van veilige bewaring, pleegouers, kango-ouers, ens.)

Stap 2: Identifiseer ‘n behoefte waarmee jul kan help (dalk speelgoed of klere insamel, kaartjies maak, speel met kinders of gebed).

Stap 3: Deel inligting en foto’s met jou KIX-groep en bid vir hulle. (Onthou om ook terselfdertyd vir die kindertjies van die Malawi-been van ons projek te bid.)

Stap 4: Reël ‘n KIX-uitstappie om hulle te gaan besoek.

KIX 2017 – ‘n Nuwe Jaar Vol Opwinding

Written by webmaster on . Posted in KIX-KOM

Welkom aan almal wat deel is van die KIX-familie… by kerke, skole, Kinderbondtakke, kleuterskole, nasorg, kategese groepe en nog baie meer!

DIE KIX-DROOM

Die Kix-droom is dat daar in elke gemeenskap ‘n KIX-groep sal wees, hetsy by die kerk, skool, kleuterskool of nasorg, waarin elke kind Jesus kan ontmoet en saam die Bybel kan leer ken. Dankie dat jy deel is hiervan!

KIX 2017

ONTMOETINGS

Daar word elke kwartaal 6 – 8 lesse (ons noem dit eerder ontmoetings) op die webblad gelaai. Ses of sewe ontmoetings gaan oor die Bybel. Ons is hierdie jaar opgewonde om chronologies deur die Nuwe Testament te reis! Daar is elke kwartaal ook ‘n spesiale les oor of idees vir die kerkjaar (byvoorbeeld Paasfees, Kersfees, ens.). Daar is selfs iets vir spesiale geleenthede soos Moederdag en Lentedag.

KIX-PIRASIE

Elke KIX-groep het vrywillige leiers nodig. Dit is tieners of volwassenes met ‘n liefde vir Jesus en kinders wat kan help met groepwerk en om verhoudings te bou. Gebruik die begin van die jaar om genoeg leiers te werf deur die KIX-droom met hulle te deel. Die KIX-aanbieder het ook die verantwoordelikheid om die leiers te versorg. Gebruik die KIX-pirasie om jou leiers geestelik op te bou.

DIE KIX-PROJEK

KIX moedig kinders deurentyd aan om ook ‘n omgee vir die wêreld te ontwikkel. Daarom is daar ook elke jaar ‘n na-buite gerigte projek wat deur al die KIX-groepe saam ondersteun word. Die KIX-projek fokus hierdie jaar op die ondersteuning van vroeë kinderontwikkeling (VKO) en word genoem “KIX Koester Kinders”. Daar is twee bene – ‘n sending been en ‘n plaaslike been.

1.  Die sending been

Die idee is dat julle as groep deur die jaar geld insamel vir skryfbehoeftes vir die 5 behoeftige kleuterskole in Malawi met wie KIX ‘n verhouding het. Die kinders in jou KIX-groep raak op dié manier bewus van ‘n ander land, kultuur en taal en hulle leer hoe God wêreldwyd vir sy kinders sorg. Ons sal al die inligting oor hierdie deel van die projek verskaf.

Stap 1: Maak die kinders bewus van die projek en opgewonde om ‘n verskil te maak

Stap 2: Deel gereeld inligting (foto’s en stories) oor die Malawi créches.

Stap 3: Leer saam die woordjies in Chichewa.

Stap 4: Besluit hoeveel jul wil insamel en gebruik die skryfbehoefte handwerk items as motivering. (Sien bl. XXXX vir die besonderhede.) Maak dit ‘n groeppoging en hou die kinders weekliks op hoogte. Julle kan selfs jul gemeentes motiveer om ook by te dra.

2.  Die plaaslike been

Dit sal goed wees om egter ook in jou eie gemeenskap (of naby aan julle) ‘n plaaslike inisiatief te ondersteun. Wat kan julle doen?

Stap 1: Dink aan ‘n plek wat babas of klein kinders in jul gemeenskap versorg. (Kliniek, hospitaal, kinderhuis, sopkombuis, plek van veilige bewaring, pleegouers, kango-ouers, ens.)

Stap 2: Identifiseer ‘n behoefte waarmee jul kan help (dalk speelgoed of klere insamel, kaartjies maak, speel met kinders of gebed).

Stap 3: Deel inligting en foto’s met jou KIX-groep en bid vir hulle. (Onthou om ook terselfdertyd vir die kindertjies van die Malawi-been van ons projek te bid.)

Stap 4: Reël ‘n KIX-uitstappie om hulle te gaan besoek.

KIX OP DIE INTERNET

Jy kan KIX op pinterest volg: www.pinterest.com/k_kom/ en op facebook onder www.facebook.com/KixKinderbediening/ of www.facebook.com/groups/475678379142624/

Ons bid vir julle in dankbaarheid (volgens Paulus se gebed in Efesiërs 1: 15-23) dat julle hierdie jaar Jesus se geskenke van wysheid, hoop, rykdom en krag deur Sy Gees sal ontvang!

KIX 2017 ONTMOETINGS