Herontwerp Jeugbediening

Written by Frederick on . Posted in Jeug en familie

Dit het tyd geword dat gemeentelike jeugbediening herontwerp word


Frederick Marais


Ek is die afgelope tyd genader om by  ‘n aantal prosesse waar aanstellings van jeugwerkers of die beroeping van jeugpredikante ter sprake is,advies te lewer.  Ek het gemengde gevoelens daaroor, aan die een kant dankbaarheid dat daar mense is wat met passie oor Jeugwerk in die gemeente en die kerk praat en dinge wil doen.  Aan die ander kant is ek baie onseker of ons wat getrokke is(ekself ingesluit) bereid is om die probleem van kinder en jeugbediening in die oe wil kyk.


Ek nie aldag oortuig dat die meer aandag gee, of meer poste skep of meer geld gee die eintlik probleem met Jeugwerk gaan oplos nie.  Ek dink die probleem le veel dieper.  Ek dink nie die vraag is hoe kan ons die jeug beter bedien nie, maar hoe kan ons die jeug bedien sodat hulle – kom ons se maar- twee jaar nadat hulle belydenis afgele het, ‚n gelukkig tuiste in die gemeente vind en oor die vermoe beskik om op ‚n geintegreerde manier hulle getuienis uit te leef.  Die probleem is daarom mi nie, om maniere te vind wat die kinders en jomgmense sal stimuleer om meer by ons jeugwerk betrokke te raak nie, maar wanneer hulle betrokke geraak het, watter „produkte“ ons jeugwerk lewer.  Hieroor is ek baie bekommerd. Ek dink dit is noodsaaklik dat ons jeugwerk her-ontwerp sodat die meer fundamentele vrae aangespreek word.


So hier is my advies in ‘n neutedop- as julle ‘n jeugleraar wil beroep gaan julle eindig met ‘n gefurstreerde  en moontlik uitgebrande man of vrou na 3 jaar, maar erger die jeug wat julle deur die jeugwerk van die gemeente bedien het, sal nie meer in die gemeente wees nie, want jeugwerk kan  kinders maklik vervreem van  die ouer of jonger mense in die gemeente- tot so ‘n mate dat die kinders die gemeente eenvoudig verlaat om ‘n bediening te gaan soek wat meer lyk soos hulle jeugbediening in die gemeente.


Kom ons wees dapper genoeg om die waarheid in die oe te kyk- Jeugwerk(soos wat ons dit tradisioneel ken) sal fundamenteel herdink moet word. Min mense het die moed om dit te se juis omdat ons bang is om tot jeugvyande verklaar te word.  In my geval is my intensie presies die teenoorgestelde.  Dit is juis ter wille van die jeug wat ek wil pleit dat ons begrafnis hou van jeugwerk en hulle terug verwelkom in die gemeente.



 


Hoekom dink ek jeugwerk soos wat ons dat al die jare geken het is dood?



  • Omdat ons dink jeugwerk is iets wat jy doen en nie iets waaroor jy ernstig hoef te dink nie.  Jeugwerk is daarom vol van planne en resepte waarvan sommige soos my ouma se kook en geniet boek lyk- oorgebruik en regtig nie meer gesond nie- met apologie aan die skrywers van Kook-en-Geniet.  Ons herontwerp die kampprogram, kry nuwe ysbrekers kry nuwe name om dieselfde bedizening net op te dollie en is kwaad vir die kinders omdat hulle dit agterkom en nie so entoesisties meedoen as toe ons kinders was nie.  Dit alles binne die bekende denk-kassie van jeugwerk.  Ek weet van byna geen – gelukkig is daar ‘n paar uitsonderings- gemeentes waar die mense wat met die jeug werk nie lei aan hierdie sieke van die oorgebruik van ou paradigmas nie. Jeugwerk is dood omdat daar te min mense is wat die moed het om begrafnis te hou en te se die koning is kaal. Ons behoort ons beste studente nou aanmoedig om te help met navorsing sodat ons die kinder en jeugbediening kan herontwerp.

  • Jeugwerk as spesialiteit los van ander bediening versterk die marginalisering van die jeug terwyl dit die teenoorgestelde pleit.  By hoeveel sinodes ringe en kerkrade voer die arme jeugwerkers nie ‘n opdraende stryd teen die magte om darem ‘n bietjie geld te kry of innings te kry by die erediens nie.  Ons wen die argument gewoonlik gegrond op ‘n emosionele pleidooi dat ons darem nie ons jeug wil verlooor nie, maar verloor die oorlog omdat dit ons in ons pleidood vir jeugwerk die jeug nie ‘n guns doen nie maar eintlik die marginalisering van kinders en jongmense in die gemeente bevorder.

  • Jeugwerk vorm maklik ‘n onheilige alihansie met die markgedrewe generasie proses in ons samelewing.  Kom-ons-bedien-elke-generasie-apart want so kan ons maksimaal aan hulle behoefte voldoen.  Wil iemand nie asseblief vir my uitspel wat die langtermyn gevolge hiervan vir die kerk en gemeentes is nie? Ek weet generasies geniet die baie waneer ons aan hulle behoeftes aandag gee, maar wat gebeur nou as hulle die stoute skoene aantrek en besluit om uit die generasie te groei? Wat is die werklike effek van generasiedenke as dit kom by geloofsvorming en tuiskoms in gemeentes?

  • Jeugwerk en sy sussie kategese sal moeilik in hulle huidige gestalte die verbeelding aangryp omdat dit nie daarin slaag om geloofsvroming te stimuleer en te bevorder wat kinders help om hulle identiteit in Christus te vind en intergreer nie.  Jeugwerk en kategese  wat  afgesonder, lees apart van die res van die gemeente funksioneer ontwikkel byna altyd in die rigting van vermaak maar is bloedarmoedig in terme van identiteitsvormende strukture.  Ons uitdaging is om kategese wat in klasse plaasvind te herontwerp na ‚n proses van  geloofsvorming wat jongmense help om hulle identiteit in Christus te leer ontdek en te internaliseer met hulle lewe.  Hiervoor is mentoraatsverhoudings bv deurslaggewend.  Identiteit wat net binne een generasie gedefenieer kan word, het nie ‚n groot kans om die toets van die tyd te oorleef nie.

 



In ‚n navorsingsprojek van die AJK, Die  Familie-Gemeente-Projek is ons nou reeds in ons tweede jaar aan die soeke  na ‚n alternatief vanuit die perspektief van die familie.  So stadig maar seker begin ons patrone raaksien wat ons baie opgewonde maak.  Ons sal nie wil beweer dat osn al die antwoorde het nie , het ons iets van ‚n nuwe- of is dit eintlik maar ‚n baie ou paradima.  Ek noem ses voorlopige gevolgtrekkings:



  1. Eredienste wat oor ‚n medium tot langtermyn groei is eredienste waar meer as een generasie intensioneel verwelkom word.  Dit is nou eredienste waar kinders, kinders mag wees en grootmense hulle nie soos kinders hoef te gedra nie.

  2. Die generasie-bedieninge beweer dat mense beter bedien word in konteks van hulle generasie se behoeftes.  Dit wil vir ons lyk asof die eintlike behoefte is aan die bevordering van die verhoudinge tussen die generasies- die „the magic is in the mix“ en nie in die bestandele nie.

  3. Gemeentes waar kontak tussen generasies bevorder word is daar tekens van ‚n verjonging in terme van die lidmaat profiel.

  4. Kontekste waar gelowiges van meer as een generasie saam is om in hulle geloof groei, is welliswaar moeiliker om te skep en in stand te hou , maar die uitkomste toon tekens van ‚n dieper groei en groter volhoubaarheid. Mentorskap lyk vir ons na een van die moontlike alternatiewe vir die vasgeloopte situasie met die kategese.

  5. Gemeentes waar daar doelbewus gepoog word om meer as een generasie in hulle besluitnemings-strukture in te sluit, slaag beter daarin om inpak te maak in hulle gemeenskap, omdat  hulle ‚n beter prentjie ontwikkel van wat werklik aangaan in die gemeenskap.

  6. Gemeentes waar kinders en jongmense nie net bedien word nie, maar toegelaat word om ook te bedien, se „kinder- en jeugbediening“ toon tekens van nuwe lewe.

Ek dink dit is die moeite werd om hierdie voorlopige gevolgtrekkings ernstig op te neem. Dit bly verstommend hoe die Here in elke vasgeloopte situasie weer nuwe perspektief gee.



 

Die Familie Konsensuspunte

Written by Frederick on . Posted in Jeug en familie

Die Familie
Opmerkings oor Bybels/teologiese konsensuspunte  as normatiewe riglyn vir ‘n publieke gesprek oor die aard en waarde van die familie in die samelewing


Frederick Marais


 


Verantwoording


Die rede vir hierdie poging om ‘n christelike konsesus oor die familie te vind het te make met twee ontstellende realiteite rakende families in ons samelewing:



  • Die familie as instelling beleef tans ‘n krisistyd wat byna onge-ewenaar is in die geskiedenis.

  • Die kerk en veral hoofstroomkerke het soos baie ander samelewingsinstellings “stil” geraak in hulle beskerming en bevordering van die familie in die samelewing.

Hierdie is kort opmerkings oor moontlike konsensuspunte vanuit ‘n Bybels/teologiese vertrekpunt.  Uit die aard van die saak sal alle Christene en teoloee nie in akoord wees hiermee nie, maar ek is van oordeel dat die opmerkings wel verteenwoordigend is van ‘n hopelik groeiende konsensus, of dat dit debat sal stimuleer in die soeke na ‘n werkbare konsensus.  Ek is bewus van broosheid van elk van die onderstaande punte as “konsensuspunte” maar hoop dat die noodsaak vir ‘n soeke na konsensus met groter konsensus ontmoet sal word.  Indien dit die geval is sal die poging geslaag het in sy/haar doel.





  


Daar is ‘n paar redes waarom ek van oordeel is dat daar nie langer gewag kan word om konsensus onder christene te soek rakende die familie nie:



  • Hoewel daar uiteenlopende standpunte gehuldig word, kan ons nie toetree tot die publieke- en ook kerklike debat indien ons nie ‘n ernstige poging aanwend om konsensus onder ons as christene te ontwikkel nie.  Dit beteken nie dat ons oor alles hoef saam te stem nie, maar wel dat ons moet probeer om dit wat ons as normatief sien rakende die familie moet debateer en formuleer om in ‘n posisie te wees om getuienis te lewer oor die familie in ons gemeenskap.  In die proses sal ons moet leer om te onderskei tussen interessante debatspunte en sake wat van wesenlike aard is.  So bv is ek van mening dat die homoseksualiteit-debat ‘n belangrike debat is, maar dat ons daarteen moet waak dat dit die familie-debat skaak.

  • Sonder ‘n minimum konsensus sal dit vir kerke en gemeentes onmoontlik wees om ‘n bedieningsteorie vir families te ontwikkel.  Hoewel die debatte rondom die familie nie maklik in hierdie tyd tot rus sal kom nie, kan ons eenvoudig nie eers wag totdat alles klaar uit gepraat is voordat ons met aktiewe ondersteuning aan families begin nie. Die krisis rakende families is eenvoudig te fel hiervoor.  ‘n Minimum konsensus as vertrekpunt vir aksie is beter as debat sonder enig aksie.  Met minimum konsensus word hier gesien as ‘n vertrekpunt wat (hopelik) kan groei soos wat aandag aan die saak gegee word.

  • Dit is verder belangrik dat die uitdaging van konsensussoeke met inagneming van die huidige konteks aanvaar word.  Die skade van ‘n nostalgiese konsensus oor wat ons in die verlede van die familie beleef het, kan onberekenbaar skade aan die toekoms van die familie berokken.

Met normatiewe riglyne word hier veral Bybelse uitgangspunte tov die familie bedoel.  Hoewel ons nie die Ou- en Nuwe Testamentiese getuienis oor die familie kan reduseer tot ‘n enkel “Bybelse familie” of  ‘n enkel “bybelse getuienis” oor die familielewe nie, kan ons aan die ander kant nie ook maak asof die Bybel neutraal of koud staan teenoor die familie as sulks nie.  Ek sal graag wil argumenteer dat die familie sentraal staan in die boodskap van die Bybel en dat dit bv byna onmoontlik is om oor God, geloof en die geloofsgemeenskap te praat sonder om familiale terminonlogie te gebruik.


In hierdie dokument word daar deurgans na die familie of familielewe verwys met ‘n baie spesifieke doel naamlik om ‘n meer inklusiewe taal vir familielewe te ontwikkel wat ‘n verskeidenheid van familie soorte en strukture insluit.  In Afrikaans dui gesin gewoonlik op die nukluere gesin wat met bloedverwantskap gevorm word aan.  Statisiek toon aan dat die verskeidenheid van families wat vandag in ons samelewing vookom nie aan hierdie beskrywing voldoen nie.  Familie is veel meer van ‘n inklusiewe term wat die verskeidenheid van familiestrukture insluit.
Moontlike normatiewe Bybels/teologies vertrekpunte rondom die familie





  


Konsensuspunte



1. Christene leer verstaan wat familie beteken vanuit hulle verstaan van God as’n drie-enige relationele wese.  In eenheid en verhoudings tussen Vader Seun en Gees vind Christene ‘n voorbeeld van wat dit beteken om verbind te wees aan mekaar en in verhouding tot mekaar te leef.(Joh 17)  Dit is vanuit hierdie verhoudings wat afgelei word wat dit beteken om familie vir mekaar te wees.  Die Drie-eenheid konstitueer familie.


2. Christene is in die eerste plek deel van die  nuwe familie van God. Hulle “weer-geboorte” (1Pet 1:23) is self meer betekenisvol as hulle fisiese geboorte omdat dit hulle deel maak van ‘n nuwe familie wat self kan beteken dat hulle moet breek met hulle familie van bloedverwantskap. (Matt8 21-22)   Bloedverwantskap is dus nie die enigste of belangrikste manier waarop ons deel kan wees van ‘n familie nie.  Hoewel lidmaatskap van die familia Dei en van ‘n bloedfamilie nie noodwendig as teenoor mekaar gesien moet word nie, is daar vanuit die perspektief van veral die Nuwe Testament ‘n orde in prioriteit.  Dit is vir alle christene beskore om deel van ‘n familie te wees ongeag hulle familiale status in die samelewing.


3. Die Bybel sien die onderlinge verhoudinge van die familie groei vanuit ‘n verbintenis-wat sy ontstaan te danke het aan God se verbond met Israel, en deur Jesus Christus met sy kerk. Vir christene is die kruisdood van Christus die voorbeeld van wat ‘n selfverlonende lewensverbintenis beteken.(IJoh 4:10) Familiale verhoudinge is daarom vir die Bybel verbondsverhoudinge waar ‘n lewensverbintenis gemaak is.



4.  Onvoorwaardelike liefde is ‘n sentrale Bybelse tema(opdrag) wat veral binne die intimiteit van die familie  ingeoefen en daarbuite uitgeleef behoort te word. Om in liefde te leef teenoor alle mense is die belangrikste opdrag aan almal binne die familie van God. Hierdie opdrag tot liefde relativeer alle vorms van blinde gesag waar een persoon alleen op grond van sy of haar geslag gesag het bokant iemand anders.(Ef 5:25) Beide die Ou- en  die Nuwe-testament is afwysend teenoor enige vorm gesag in die familie wat verhoudinge sou afbreek.(Ef 6:4)  Die NT en spesifiek Christus is subversief tot patriargie en matriargie.



5. Die Bybel se verstaan van geslagtelikheid het te make met gelykheid en uniekheid. Man en vrou is as gelykse geskape an die beeld van God(Gen 2:27) Binne die familie van God is elke man, vrou en kind nie dieselfde nie, maar uniek ooreenkomstig die gawes wat hulle ontvang het.( 1Kor 12; Ef 4) Hulle posisie en funksie binne die familie word meer bepaal deur hulle interafhanklikheid as hulle selfstandigheid.


Praktyk opmerking:



  • Die kerk behoort die regering en ander instansies te steun in hulle poging om ‘n gemeenskap te skep waar geslagtelike gelykheid bevorder word.  In die proses behoort te kerk krities te kyk na manlike of vroulike dominansie in eie geledere.

  • Daar behoort spesiale aandag geskenk te word aan die probleme wat mans ervaar in die familiale- en gemeenskaps kontekste.  Dit is bekend dat ‘n baie groot persentasie van samelewingsprobleme direk aan hierdie probleem toegeskryf kan word.

  • Vroue wat toenemend toetree tot die arbeidsmark verkeer onder geweldige druk tov dubbele verantwoordelikhede by die werk en by die huis.  Hierdie probleme kom veral voor in gemeenskappe waar ‘n eerste generasie “werkende” vroue voorkom.

 


6. Kinders is volledig mens-geskape na die beeld van God (Imago Dei)- en word nie eers mens as hulle volwasse is nie. Net so is  ouer mense en gestremdes ook nie minder mens omdat hulle nie meer so funksioneel vir die gemeenskap is nie. Hulle verdien daarom dieselfde respek as enige ander mense in die gemeenskap.


Praktyk opmerking:



  • In ‘n land waar brose mense so maklik uitgebuit word deur ander met mag en krag is hierdie perspektief baie belangrik en behoort dit tydig en ontydig bevorder te word.
     


7. Familie is nie alleen die primere konteks waarbinne geloofs (- en etiese) vorming (waar lewe en belydenis mekaar ontmoet) plaasvind nie, maar dien as ‘n noodsaaklike integrasiepunt vir die inoefening en toepassing van geloof en etiek in die lewe.


 


Praktyk opmerking: 


 



  • Die kerk sal sy praktyk van geloofsonderrig weg van die familie weer in oorweging moet neem.  Die regering en ander instansies wat poog om ‘n morele herstel in die gemeenskap te bewerkstellig moet oortuig word dat dit baie moeilik kan plaasvind sonder dat die familie ‘n nasionale prioriteit word.  Herstel van waardes sal moeilik weer posvat voordat families meer funksioneel is nie.

 


8. In die verhale van die Bybel is families  eie  aan hulle tyd en vertoon daarom ‘n wye verskeidenheid van strukture en funksies. Die Bybel is sensitief vir die impak van die veranderende sosiale omgewing op die familie. Die Bybel sien dit wel as taak vir die geloofsgemeenskap om die familie te beskerm teen enige sosiale en ekonomiese uitbuiting wat die individu en die familie sal benadeel.  Dit is veral opvallend dat kwesbare familie-lede soos die weduwees, die wese en die vreemdeling uitgesonder word vir spesiale beskerming.



Praktyk opmerking: 


Die implikasie is dat ons opnuut sal moet kyk na die destruktiewe inpak wat die vryemarkstelsel het op die werksure van ouers.  Hierdie perspektief is belangrik vir ons hantering van die



  • MIV/Vigs situasie soos bv VIGS wesies

  • Huishoudelike geweld soos verkragtings

  • Die voorkoms van huishoudings waar kinders die hoof is ens.


 
9.  Die Bybel sien twee getroude volwassenes as die ideaal vir die konteks waarbinne kinders grootgemaak behoort te word, maar benadruk ewe sterk dat geen familie soos bv sg enkelouer families gestigmatiseer behoort te word nie.



10.  Ouers word ‘n leiersposisie gegee in die familie, maar telkens vermaan om die gesag nie te misbruik nie, maar te gebruik om kinders voor te gaan in voorbeeld. Die Bybel handhaaf die interafhanklikheid van verskillende generasies .  In hulle interafhanklikheid vorm die generasies ‘n gemeenskap van sorg wat al die lewensfases insluit.


Praktyk opmerking:



  • Die behoefte aan ouerleiding waar ouers toegerus word met vaardighede om hierdie leiersposisie te kan inneem is kritiek

11 Families behoort nie in isolasie te leef nie, maar behoort ook vandag saam met ander families ‘n sosiale tapeserie(gemeenskap) van sorg te vorm waarbinne kinders kan grootword en ouer mense versorg kan word. Families is in beide die Ou- en Nuwe Testament ‘n hoeksteen vir die bou van  ‘n gesonde en regverdige gemeenskaplewe.


 



 


Enkele belangrike bronne:


Ammermann, Nancy  Work, Family and Religion in Contemporary Society
& Wade Roof(1995)  Routledge
Browning, Don S &  Reweaving the Social Tapestry
Gloria G Rodriguez(2002) Towards a Public Philosophy and Policy for Families
    W.W. Norton & Company
Burger, C.W. &  Draers van die waarheid
Ian Nell(redd)(2002)  Nuwe Testamentiese visies van die gemeente
    BUVTON
Olson, Richard P   A New Day for Family Ministry
& Joe Leonard(1996)  Alban
Perdue, Leo G(red)(1997) Families in Ancient Israel
    Westminister John Knox Press
Rendle, Gill(2002)  The  Multigenerational Congregation
    Alban
    Strengthening American Families
    The American Assembly

Jeug en familie

Written by Alta Marais on . Posted in Jeug en familie

Jeugkantoor

Sharon en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel. Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die Evangelie weer ervaar.

Kinderbediening

Jy ken dalk die naam Kinderkrans. Baie mense sal kan getuig hoe die Kinderkrans ’n bepalende rol in hulle lewe gespeel het. KIX  (Kinders in Christus) is ons nuwe naam en poog ons om die bediening uit die namiddag-in-die-kerksaal-vir-verbondskinders-byeenkoms te verbreed na skole en créches om ook kinders van ongelowige ouers te bereik.

Maar wat jou bediening se naam ookal is, alles wat ons hier in die Jeugkantoor het, is tot jou beskikking.

Les materiaal:

God se incredibles’. Dit gaan oor 5 geloofshelde van die Bybel, maar dis nie net die voor-die-hand-liggendes nie.  Die volledige pakket, wat ook ’n CD insluit, is teen R50 + Posgeld by die Jeugkantoor beskikbaar.

KIX.KOM: Bestel gerus ons kwartaalblad, voorheenTouleiertjie, nou KIX.KOM (Kieksdotkom). Die tipe materiaal wat in die blaadjie verskyn, kan van professionele Kinderbedienaars wat reekse wil hou, tot vrywilligers wat nie langer as 30 minute voorbereidings tyd het nie, bedien.

Verskeie boeke:  Saamgestelde lesmateriaal vir verskillende ouderdomme en seisoene van die Kerkjaar.

Plakkers: Welkom by KIX, verjaarsdag plakkers (verskeie beskikbaar) sowel as blanko plakkers

Kix Kreatief :  CD en boekie – ballon figure, klei en ander kreatiewe aktiwiteite om aan te bied. R50 plus posgeld.

Pre-Teen lesse vir 9-12 jariges:  6 lesse wat oor 12 geleenthede gebruik sou kon word sowel as ‘n skattejag. R50 plus posgeld

Laai die pryslys hier af

Kontak: Sharonby 021 808 9050 of e-pos jeug@sun.ac.za as u belangstel om meer uit te vind.

Jeugwerkers

Die hoofkantoor van die NG Kerk se Jeugwerkers is hier by ons in Bellville. Hier kan jy alles kry van hoe jy ’n jeugwerkerspos vestig tot advertensies, onderhoudsvrae, salariskale, pligtestate en indiensnemings formuliere. Die dokument wat die meeste aangevra word, nl. die pligtestaat en salarsisskaal, word aangeheg. Moedig Jeugwerkers om aan te sluit by die Kerklike Jeugwerkersvereniging – aansoekvorms beskikbaar by die Jeugkantoor. Die KJWV het ‘n Lifeway produk wat te koop aangebied word.  Hier is regtig hulp met tieners, maar dit kan ook vir Bybelstudiegroepe gebruik word: Fuel 1.1 en Fuel 1.2 gaan help om die Bybel te leer ken.  Koste R300 elke (posgeld uitgesluit). Bestel by021 808 9050 of e-pos jeug@sun.ac.za

NOUS groepe

Is jy lus om deel van ’n groep te word of om self een te stig waar julle ermerging teologie wat eintlik “ancient” teologie is, praat? Dan is die NOUS-groepe net vir jou! Die woord “NOUS” is Grieks en Louw & Nida skryf soos volg daaroor: “The etymology of nous can be traced back to the root, meaning “to sniff”, which suggests a ‘way of acquiring knowledge’ through the sense of smell”. Die selfstandige naamwoord is weer iets soos “commonsense” of “wisdom” of “gut-feeling”. Ons wil dus sulke groepe bemagtig om te kyk of hulle nie self kan uitsnuffel wat die waarheid vir hulle konteks en tyd is nie.

Die volgende “clips” is reeds beskikbaar in die Jeugkantoor:

Mure lewer kommentaar oor die tipe gemeenskap (community) wat ons stig en wat ons vergader om te verskyn voor die aangesig van die Here (dis amper soos die intree-lied van die erediens) Truspieëltjie – wil gesprek stimuleer oor ons Godsbeeld sodat ons kan weet wie die God is wat ons roep en vir wie ons aanbid (2de element in die liturgie)

Appels verduidelik waar God aan die werk is en hoe ons Hom kan beleef (3de element, God wat met ons praat)Sushi daag jou uit om nie soos die Farisseers meer bekommerd te wees oor die reiniging-rituele as oor mense nie. As God mense roep, sal ons ons hande moet vuilmaak in die seer van ander.

Hekel nooi jou uit om ‘n nuwe begin te maak, te besef dat aan die einde van elke pad daar ‘n nuwe reis begin (4de element (op) soek). Spring – daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

 

Papiervliegtuig  –

Psalm 8 sê dit is in die teenwoordigheid van die Grootheid van God dat ons vlerke kry, dat ons nuut sal leer speel, omdat die Een voor wie ons speel, ons laat vlieg!

 

Wyn –

 

 

Joh 2:1-11 – met die water wat in wyn verander het, het ‘n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. God maak ons vry van verleentheid en neem ons in die rigting van vreugde.

 

 

Paint by numbers – leer om te soek na vreugde in elke oomblik, volg vir Jesus na wat dikwels buite die lyne geverf het.

Lepel lewe met hoop!

Bogenoemde is as pakket beskikbaar @ R150-00 of kan individueel aangekoop word @ R30-00 elk.  Bestel by die Jeugkantoor

 

 

 Familie-eredienste

 

Die SJK,  in samewerking met  JONK en Bybel-Media,  maak weekliks ’n PowerPoint preek aan die hand van die leesrooster-fokus teks wat kan dien as hulp om eredienste vir ’n wyer ouderdom-span te hou. Dit vind goeie byval by predikers en geestelike leiers en tans word dit deur meer as 700 mense weekliks afgelaai. Gaan kyk gerus by www.nous.org.za en maak gebruik van die honderde PowerPoint’s wat in die afgelope bykans 5 jaar  uitgewerk is. ‘n Word doc van elke preek is ook beskikbaar.

 

Jeugkantoor: Bellville

Gielie Loubser: gielie@sun.ac.za

Sharon Naude: jeug@sun.ac.za

Tel: 021 808 90 50

Faks: 086 530 2439

Kerklike Jeugwerkers

Laai Bylae A Pligtestaat vir 2012 hier af.Dit is deel van die Kerklike Jeugwerkers inligting.