{ARGIEF}

Leesrooster

Woord en fees – Advent 2019 tot Koninkrykstyd 2020

Woord en fees is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Die liturgiese voorstelle gee riglyne wat die gebruiker sal...

read more

Februarie 2019 riglyne

vir huiskerke en selgroepe met die Leesrooster sleuteltekste as basis. Tweede Week na Epifanie 20 Januarie 1Kor.12:1-11 Elke lidmaat is nodig Ysbreker Hou jy daarvan om deel te wees van ‘n span, of verkies jy om dinge alleen te doen? Vertel ons daarvan. Lof en...

read more

Alles wat asem het, loof, loof die Heer

By die Vroue Wêreldbiddag op Joubertina het Coreen Oelofsen die wonderlike poëtiese boodskap gelewer oor Lof aan God. Coreen is ‘ n oud-onderwyseres met die gawe van kreatiewe kommmunikasie.

Verlede week het ek ‘n sms kettingboodskap gekry wat lui:

  • Vroueharte verstaan mekaar.
  • Hulle ondersteun mekaar.
  • Hulle is daar vir mekaar.
  • Hulle dra mekaar.

Dit is presies waaroor die Vroue Wêreldbiddag gaan.

Vroue dwarsoor die wêreld ondersteun mekaar om ‘n gebedsmag te wees wat intree by God vir alle volkere en nasies in hul unieke omstandighede van oorlog, aardbewings, isunami’s, vloede, droogte, brande, hongersnoord, epidemies, onderdrukking en armoede.

Te midde van al hierdie tragedies, rampe en haglike toestande, stel die vroue van Karmeroen vanjaar ‘n groot uitdaging aan die wêreld met hul oproep uit Psalm 150: 6.

“Alles wat asem het, loof, loof die Heer!”

Ons loof God met lofprysing, maar wat is lofprysing?

read more