Leesrooster

Die redaksionele Taakspan vir die jaarlikse Woord en Fees, asook Woord en Lewe, is verantwoordelik om twee publikasies aan gemeentes beskikbaar te stel vir bediening wat baseer is op die teksrooster van die Revised Common Lectionary. Ons berei preekriglyne en liturgiese hulpmiddels voor vir die gebruik van predikante met die oog op die eredienste van Sondae. Ons ontwikkel ook materiaal vir daaglikse meditasie met die oog op ondersteuning aan lidmate van gemeentes. Met hierdie twee publikasies bedien ons gemeentes met 'n geïntegreerde model waarin die Bybelteks vir die week sentraal staan en gemeentes binne verskillende kontekste en omstandighede kan nadink vanuit 'n gemeenskaplike teks vir die week.
 
Kontakbesonderhede:
* 021-8741486 (Eddie Orsmond)
* Preekstudies: Eddie Orsmond - simon1@paarlmail.co.za
* Liturgiese riglyne: Neels du Plooy - neelsdup@mweb.co.za
* Woord en Lewe (Lidmate): Nelis du Toit - nelis.dutoit@gmail.com

Alles wat asem het, loof, loof die Heer

Written by Frederick on . Posted in Leesrooster

Jesus sê in Matt. 22: 37

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.”

Met lofprysing gehoorsaam ons die grootste gebod, want daarmee sê ons vir God: “Ek het U lief, O, Heer.”

Net soos Maria in Betanië haar Here se voete met die kosbare Nardusolie gesalf het, net so salf ons in die Gees ons Here se voete met die geurige olie van lofprysing.

Die drie aromatiese bestanddele van lofprysing is:

Lof, dank, aanbidding.

  • Ons loof Hom omdat Hy goed is, omdat Hy die enigste, ware, lewende, oppermagtige en alwyse God is. Ons loof Hom vir Sy liefde waaraan daar geen einde is nie.
  • Ons dank Hom vir Sy skepping, dat Hy ons gekies het om deel daarvan te wees, vir al Sy weldade en genadegawes, Sy nimmereindigende seëninge en Sy groot, reddende Verlossingsdaad.
  • Ons aanbid Hom deur die knie te buig in stille ootmoed en eerbied voor Sy goddelike glorie, goddelike majesteit en goddelike heerskappy, terwyl ons die Grootheid van Sy Almag met bewondering en verwondering in ons hart bedink.

Wie moet God loof en prys?

“Alles wat asem het, loof, loof die Heer!”

Mense, diere op die land en in die see, voëls, insekte en plante.

Die psalmdigters beweer selfs met beeldspraak en personifikasie dat nie net alles wat asem het nie, maar alles wat God geskep het, die Here loof.

Hoe moet alles wat asem het, die Here loof?

God stel nie voorwaardes en eise aan die lofprysing van Sy skepsele nie. Alles wat asem het, loof die Here deur slegs met blydskap te wees waarvoor hulle geskape is.  Ons moet elke dag ons asem-wees met vreugde vier, want daarmee juig ons voor God: “Ek lewe!”

In Ps 8 sê Dawid:

“Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.”

Wie is vroliker as ‘n kind? Wie lag lekkerder as ‘n baba?

Ps 148:

“Prys die Here vanuit die aarde; jong manne en meisies grysaards saam met jeugdiges.

Wie waardeer nie die krag en skoonheid van die jong man en meisie nie?

Grysaards lewe hul geloof en deel hul lewenswysheid uit.

Jeugdiges storm met oorgawe borrelend en bruisend deur hulle lewensdae.”

In Ps 148 word ook die son, maan, sterre, weerlig, hael, stormwind en vrugtebome opgeroep om die Here te prys.

Watter boer kon nog nie God loof vir sy vrugteboord in volle drag nie?

‘n Perskeboord in bloeiselprag bly ‘n lus vir die oog.

Met groot ontsag aanskou en ervaar ons die krag en mag van weerlig, hael, stormwind, water en vuur.

Ps. 98 sê ook:

“Die aarde en alles daarop moet juig
Die riviere moet hande klap.
Die berge moet juig.”

Die riviere se kabbelig is hul handeklap in applous vir God se skepping. In hul applous juig die berge staande in hul glorieryke majesteit met hul sneeukrone bekleed.

Daar moet ‘n bloudruk van lofprysing aan die Skepper in die wese van alles wat asem het, ingebou wees, want wat anders kan ‘n kanarie dring om agter die tralies van sy klein koutjie uit volle bors ‘n jubelsang te lewer?

Het julle al die sierlike lugvertoning van ‘n swerm swaeltjies op ‘n stil somersaand aanskou? Hulle swenk en swaai gelyk in gelid en met die fynste presisie kan hulle op volle spoed gelyk omkeer en van rigting verander, steeds in gelid.

Hoe kry hulle dit reg? Wie gee die bevele? Hoekom doen hulle dit? Hulle is nie op trek nie, soek nie kos nie, bou nie nes nie. Hulle loof hul Skepper deur met vreugde hul swaeltjie-wees te vier! En wat van ‘n skool visse wat uitgelate en lewensbly uit die see spring om net vir ‘n oomblik die son op hul blink lywe op te vang voordat hulle weer in die water terugplons?

Is dit nie suiwer lof aan die Skepper nie?

God stel geen eise aan ons vir ons lofprysing nie en ons mag geen eise aan God stel nie.

Ons mag nie sê: “Here as U my genees, sal ek U die res van my lewe loof en prys of, Here, as U my huwelik red, sal ons altwee U elke dag loof en prys nie.”

Wil God nie hê ons moet Hom loof en prys vir wat ons oor het nadat ons verloor het nie?

Dink maar aan Grieta Kemp in die siekeboeg van Huis Formosa.

Sy sit in ‘n rystoel, maar vol blydskap babble sy vrolik voort.

Sy sê die Here het haar voete aangeraak, maar nie haar hande nie, en daarmee sal sy doen wat sy kan.

En wat kan sy nie! Sy vertroetel die bedlëendes met ‘n lekkernytjie wat sy hul self voer – ‘n stukkie sjokolade hier, ‘n beskuitjie daar. (alles is binne hul dieetvoorskrifte natuurlik).

Sy waak met deernis soos ‘n Florence Nightingale oor hulle en verrig met liefde klein takies waarvoor die besige personeel geen tyd kan spaar nie, soos bv. hul benodigdheidjies by die CMR winkeltrollie te koop en af te lewer. Sy hou ook noukeurig boek van hul geldjies in hul beursies.

Ek het al by geleentheid vir haar gesê: “Grieta, die Here sal jou seën.”

Toe antwoord sy: “Hy seën my al klaar so baie. As Hy my nog moet seen, sal dit te veel wees.”

Hoe loof sy nie die Heer deur net elke dag Grieta met blydskap te wees nie!

Voel ons vanaand dalk ver van lofprysing af?

Wil ons saam met Dawid in Ps. 13 uitroep:

Hoe lank sal U my bly vergeet, Here?

Vir altyd?

Hoe lank moet ek elke dag deurbring met droefheid in my hart?

Tog loof ons God deur ons na Hom te wend in ons nood en te bely: U is my enigste hulp en troos, die grootste Geneser, die sterke Verlosser.

Jesaja 42:10 nooi ons egter:

“Sing vir die Here ‘n nuwe lied.”

Kom ons skuif ons klaagliedere ‘n bietjie opsy en sing vir die Here ‘n lied van lofprysing en aanbidding om ons liefde aan Hom te betoon. As lofprysing opgaan, kom seën af.

In Ps 91: 14 gee die Here ‘n wonderlike woordbelofte aan ons:

“Omdat hy my liefhet sal ek haar red, sê die Here.”

Mag elke vrou se huis deurtrek word met die geurige olie van haar lofprysing wat soos ‘n wierookoffer elke dag opstyg en mag die Here se onbeskyrflike vrede en seen soos ‘n lieflike, sagte, milde reën op haar huis neerdaal.

“Alles wat asem het, loof, loof die Heer!”

Tien redes waarom ek die leesrooster gebruik: ‘n getuienis

Written by Frederick on . Posted in Leesrooster

Onlangs sê ‘n vriend van my dat ‘n lidmaat kla daaroor dat hy sê hy gebruik die leesrooster.  Die preek moet mos onder leiding van die Gees in die prediker se hart gebore word?  Hy gebruik nog steeds die leesrooster – hy noem dit net nie so nie.  Maar dis jammer.

Dit het my laat dink.  En ek deel net ‘n paar van my los gedagtes.  (In Meimaand se Kruisgewys het Eddie Orsmond meer volledig en teologies daaroor geskryf):

  1. Ek is alleen in die gemeente.  Ek moet elke Sondag preek.  My ervaring en my hart en my verwysingsraamwerk is net so klein.  Die leesrooster  “gee my en die Gees”   net baie meer om mee te werk.  So, glo ek, word ek ook nie  net gevorm deur my behoeftes en verlangens nie maar deur die Woord en die ritmes en seisoene van die kerklike jaar  (en die groot dinge wat God-drie-enig  vir ons gedoen het)
  2. In my vier jaar op Cradock het ek – danksy die leesrooster  – al uit elke boek van die Bybel gepreek.   Sonder die leesrooster sou ek dit dalk  in tien jaar reggekry het.  En met moeite.  Of dalk nie.
  3. Ek vertoef deesdae by tekste wat ek voorheen sou vermy het.
  4. Dit voel vir my – en dit is dalk subjektief –  of ek my dmv die leesrooster  ONDER die Woord stel en nie OOR  die Woord nie.
  5. Ons weet die leesrooster bevestig ons eenheid met die kerk oor die wêreld en hier plaaslik omdat duisende  christene dieselfde teks lees en oordink.
  6. Ons weet ook mos dat dit ons meer vertroud maak met die Bybelse en kerklike seisoene en feeste. My kinders – en hopelik ‘n paar in die gemeente – herken die meeste christelike simbole en lydens- en advents-kalenders is nie meer vir hulle snaaks nie.  Ons gebruik die leesrooster nie slaafs nie – maar gereeld – in huisgodsdiens, wyksbyeenkomste  en kleingroepe.
  7. Ek wonder nooit meer wat om te lees by saalopeninge, oue-tehuis-bidure, prysuitdelings of wat ook al nie.  Een van die leesroostertekste is altyd relevant.  En die Psalm help my sommer om te weet wat om te bid ook.
  8. In ons gemeente leef ons nie “vanuit” die teks nie, ons leef  “na die teks” toe.  Maw ons plaas op die aankondigings wat volgende week se fokusteks is en dan lees ons dit saam die week, kom met vrae en lewer waardevolle insette.  Ons maak saam preek.
  9. Ek weet maande vooruit wat ‘n spesifieke Sondag se teks is… maar net om dit elke Maandag al te weet en Maandagoggend doelgerig te lees en voor te berei – is so bevredigend.
  10. Ek kan saam met ander kollegas oor dieselfde teks dink en opgewonde raak, stories en beelde en eksegese uitruil en ietsie voel van – ons is nie alleen nie!

Fokustekste vir Leesrooster 2010

Written by webmeester on . Posted in Fokustekste

Fokustekste vir die Leesrooster 2010 (Laai dit af in Word formaat)

 

Advent 2009 tot Koninkrykstyd 2010 – Jaar C

 

Datum en Sondag

Teks

1

29 November 2009 Eerste Sondag in Advent

Jeremia 33:14-16

2

6 Desember 2009 Tweede Sondag in Advent

Maleagie 3:1-4

3

13 Desember 2009 Derde Sondag in Advent

Sefanja 3:14-20

4

20 Desember 2009 Vierde Sondag in Advent

Miga 5:2-5a

5

25 Desember 2009 Kersfeesdiens

Jesaja 9:2-7

6

27 Desember 2009 Sondag ná Kersfees

1 Samuel 2:18-20, 26

7

3 Januarie 2010 Epifaniefeesdiens

Psalm 72

8

10 Januarie 2010 Eerste Sondag ná Epifanie

Lukas 3:15-17, 21-22

9

17 Januarie 2010 Tweede Sondag ná Epifanie

Johannes 2:1-11

10

24 Januarie 2010 Derde Sondag ná Epifanie

Lukas 4:14-21

11

31 Januarie 2010 Vierde Sondag ná Epifanie

Lukas 4:21-30

12

7 Februarie 2010 Vyfde Sondag ná Epifanie

Lukas 5:1-11

13

14 Februarie 2010 Sondag van die Verheerliking

2 Korintiërs 3:12-4:2

14

17 Februarie 2010 Aswoensdag

 

15

21 Februarie 2010 Eerste Sondag in Lydenstyd

Lukas 4:1-13

16

28 Februarie 2010 Tweede Sondag in Lydenstyd

Psalm 27

17

7 Maart 2010 Derde Sondag in Lydenstyd

Psalm 63:1-8

18

14 Maart 2010 Vierde Sondag in Lydenstyd

Psalm 32

19

21 Maart 2010 Vyfde Sondag in Lydenstyd

Johannes 12:1-8

20

28 Maart 2010 Sesde Sondag in Lydenstyd – Palmsondag

Lukas 19:28-40

 

29 Maart tot 1 April 2010 – Groot Lydensweek

 

21

2 April 2010 Goeie Vrydag

Psalm 22:1-18

22

4 April 2010 Paasfees

Handelinge 10:34-43

23

11 April 2010 Tweede Sondag van Paastyd

Handelinge 5:27-32

24

18 April 2010 Derde Sondag van Paastyd

Handelinge 9:1-6 (7-20)

25

25 April 2010 Vierde Sondag van Paastyd

Handelinge 9:36-43

26

2 Mei 2010 Vyfde Sondag van Paastyd

Johannes 13:31-35

27

9 Mei 2010 Sesde Sondag van Paastyd

Johannes 14:23-29/5:1-9

28

13 Mei 2010 Hemelvaart – Pinkster begin

Handelinge 1:1-11

29

16 Mei 2010 Sewende Sondag van Paastyd

Johannes 17:20-26

30

23 Mei 2010 Pinksterfees

Johannes 14:8-17 (25-27)

31

30 Mei 2010 Triniteitsondag

Johannes 16:12-15

32

6 Junie 2010 Eerste Sondag van Koninkrykstyd

Psalm 30

33

13 Junie 2010 Tweede Sondag in Koninkrykstyd

Galasiërs 2:15-21

34

20 Junie 2010 Derde Sondag in Koninkrykstyd

Galasiërs 3:23-29

35

27 Junie 2010 Vierde Sondag in Koninkrykstyd

Galasiërs 5:1, 13-25

36

4 Julie 2010 Vyfde Sondag in Koninkrykstyd

Galasiërs 6 (1-6) 7-16

37

11 Julie 2010 Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Kolossense 1:1-14

38

18 Julie 2010 Sewende Sondag in Koninkrykstyd

Genesis 18:1-10a

39

25 Julie 2010 Agste Sondag in Koninkrykstyd

Genesis 18:20-32

40

1 Augustus 2010 Negende Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsmaand(1)

Kolossense 3:1-11

41

8 Augustus 2010 Tiende Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsmaand(2)

Jesaja 1:1, 10-20

42

15 Augustus 2010 Elfde Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsmaand(3)

Jesaja 5:1-7

43

22 Augustus 2010 Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsmaand(4)

Jesaja 58:9b-14

44

29 Augustus 2010 Dertiende Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsondag

Lukas 14:1, 7-14

45

5 September 2010 Veertiende Sondag in Koninkrykstyd

Lukas 14:25-33

46

12 September 2010 Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd

Lukas 15:1-10

47

19 September 2010 Sestiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (1)

1 Timoteus 2:1-7

48

26 September 2010 Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (2)

1 Timoteus 6:6-19

49

3 Oktober 2010 Agtiende Sondag in Koninkrykstyd  – Seisoen van die Skepping (3)

2 Timoteus 1:1-14

50

10 Oktober 2010 Negentiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (4)

2 Timoteus 2:8-15

51

17 Oktober 2010 Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Jeremia 31:27-34

52

24 Oktober 2010 Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Jeremia 14:7-10, 19-22

53

31 Oktober 2010 Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Hervormingsondag

Lukas 19:1-10

54

7 November 2010 Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Lukas 20:27-38

55

14 November 2010 Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Lukas 21:5-19

56

21 November 2010 Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Lukas  23:33-43

 

Fokustekste 2008/9

Written by webmeester on . Posted in Fokustekste

Laai hier die lys van fokustekste vir 2008/9 af.




Datum en Sondag

Teks

30 November 2008 Eerste Sondag in Advent

Ps 80:1-7

7 Desember 2008 Tweede Sondag in Advent

Ps 85:1-2, 8-13

14 Desember 2008 Derde Sondag in Advent

Luk 1:47-55

21 Desember 2008 Vierde Sondag in Advent

2 Sam 7:1-11, 16

25 Desember 2008

Kersfeesdiens

Joh 1:1-14

28 Desember 2008 Sondag ná Kersfees

Heb 1:1-4 (5-12)

4 Januarie 2009 Epifaniefeesdiens

Jes 60:1-6

11 Januarie 2009 Eerste Sondag ná Epifanie

Ps 29

18 Januarie 2009 Tweede Sondag ná Epifanie

1 Sam 3:1-10 (11-20)

25 Januarie 2009 Derde Sondag ná Epifanie

Jona 3:1-5

1 Februarie 2009 Vierde Sondag ná Epifanie

Deut 18:15-20

8 Februarie 2009 Vyfde Sondag ná Epifanie

Jes 40:21-31

15 Februarie 2009 Sesde Sondag ná Epifanie

2 Kon 5:1-14

18 Februarie 2009 Aswoensdag

22 Februarie 2009 Sondag van die verheerliking

Mark 9:2-9

1 Maart 2009 Eerste Sondag in Lydenstyd

Mark 1:9-15

8 Maart 2009 Tweede Sondag in Lydenstyd

Rom 4:13-25

15 Maart 2009 Derde Sondag in Lydenstyd

Eks 20:1-17

22 Maart 2009 Vierde Sondag in Lydenstyd

Ps 107:1-3, 17-22

29 Maart 2009 Vyfde Sondag in Lydenstyd

Jer 31:31-34

5 April 2009 Sesde Sondag in Lydenstyd: Palmsondag

Jes 50:4-9a

10 April 2009 Goeie Vrydag

Heb 4:14-16; 5:7-9

12 April 2009 Paasfees

Jes 25:6-9

19 April 2009 Tweede Sondag van Paastyd

Hand 4:32-35

26 April 2009 Derde Sondag van Paastyd

Luk 24:36b-48

3 Mei 2009 Vierde Sondag van Paastyd

Hand 4:5-12

10 Mei 2009 Vyfde Sondag van Paastyd

Hand 8:26-40

17 Mei 2009 Sesde Sondag van Paastyd

Hand 10:44-48

21 Mei 2009 Hemelvaart – Pinkster begin

Ps 110

24 Mei 2009 Sewende Sondag van Paastyd

1 Joh 5:9-13

31 Mei 2009 Pinksterfees

Hand 2:1-21

7 Junie 2009 Triniteitsondag

Jes 6:1-8

14 Junie 2009 Eerste Sondag in Koninkrykstyd

1 Sam 15:34-16:13

21 Junie 2009 Tweede Sondag in Koninkrykstyd

1 Sam 17:57-18:5, 10-16

28 Junie 2009 Derde Sondag in Koninkrykstyd

2 Sam 1:1, 17-27

5 Julie 2009 Vierde Sondag in Koninkrykstyd

2 Sam 5:1-5, 9-10

12 Julie 2009 Vyfde Sondag in Koninkrykstyd

Ef 1:3-14

19 Julie 2009 Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Mark 6:30-34, 53-56

26 Julie 2009 Sewende Sondag in Koninkrykstyd

Joh 6:1-21

2 Augustus 2009 Agste Sondag in Koninkrykstyd

Joh 6:24-35

9 Augustus 2009 Negende Sondag in Koninkrykstyd

Joh 6:35, 41-51

16 Augustus 2009 Tiende Sondag in Koninkrykstyd

1 Kon 2:10-12; 3:3-14

23 Augustus 2009 Elfde Sondag in Koninkrykstyd

Ps 34:15-22

30 Augustus 2009 Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd

Mark 7:1-8, 14-15, 21-23

6 September 2009 Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Mark 7:24-37

13 September 2009 Veertiende Sondag in Koninkrykstyd

Mark 8:27-38

20 September 2009 Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (1)

Ps 1

27 September 2009 Sestiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (2)

Ps 124

4 Oktober 2009 Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (3)

Ps 8

11 Oktober 2009 Agtiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping (4)

Ps 22:1-15

18 Oktober 2009 Negentiende Sondag in Koninkrykstyd

Mark 10:35-45

25 Oktober 2009 Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Hervormingsondag

Mark 10:46-52

1 November 2009 Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Heb 9:11-14

8 November 2009 Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Heb 9:24-28

15 November 2009 Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Heb 10:11-14 (15-18), 19-25

22 November 2009 Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Joh 18:33-37

Die inhoud van die Leesrooster

Written by webmeester on . Posted in Argief

Die Leesrooster kombineer/integreer drie belangrike lyne:

  1. Die kerklike jaar met die gepaardgaande simboliek;
  2. Die sewe geloofsgewoontes;
  3. Die verskillende stasies of fases van die luistersiklus.
3.1 Die Kerklike Jaar

Die RCL (Revised Common Lectionary) met sy fokus op die seisoene van die kerklike jaar vorm die basis en struktuur vir die Leesrooster. Ons lees die tekste saam met die RCL en volg die seisoene vanaf Advent tot Koninkrykstyd. Die Leesrooster-tekste (in aansluiting by die RCL) sluit tematies by die seisoene van die kerklike jaar aan en fasiliteer sodoende die vertelling van God se heilsplan. Aan die hand van die kerklike seisoene word die meester-verhaal van God se betrokkenheid by die mens en wêreld jaarliks vertel.

Die seisoene van die kerklike jaar sluit sinvol aan by die luistersiklus en word in die leeshulpe veral gebruik om die fokus op – en rus by God – te fasiliteer. Die tweede stasie van die luistersiklus is die ingaan in God se tyd. Die fokus is op God se eiesoortige tyd, soos verteenwoordig deur die seisoene van die kerklike jaar. God se tyd konfronteer ons met sy werklikheid binne ons geskiedenis. Soos reeds hierbo aangedui, is daar by elke dag ’n oefening vir stilword by God.

3.2 Luistersiklus

Die siklus bestaan uit drie bewegings met agt stasies. Die drie bewegings beklemtoon verskillende fases van die lees en luister proses.

Die eerste fase is dié van rus. Dit bestaan uit twee stasies: ingenooi deur God & ingaan in God se tyd, met die klem op voorbereiding om God te ontmoet.

Die tweede fase is dié van hoor, met die fokus op luister na die Woord, na mekaar en na die omgewing. Die tweede fase bestaan uit vier stasies: luister na God se Woord; luister na mekaar; luister na ander en die tye & luister weer na God se Woord.

Die derde fase is dié van leef, waarin dit gaan om die uitvoering van die Woord in antwoord op wat God vir jou bekend gemaak het. Die derde fase bestaan uit twee stasies: fokus op wat God nou doen & antwoord met ons lewe.

Die agt stasies van die luistersiklus is:

  • Stasie een – ingenooi deur God, beklemtoon dat God ons uitnooi om in sy teenwoordigheid te verkeer. Hier dink ons oor waarmee ons na God toe kom en wat ons van hom verlang.
  • Stasie twee – ingaan in God se tyd. Dit raak die seisoene van die kerklike jaar. Ons raak bewus van God se ruimte en wat dit nou vir ons beteken. Hier kan twee geloofsgewoontes ter sprake kom. “Ons gebruik simbole” wat help om ons geloof in stand te hou en “Ons vier fees” oor die geloof in God drie-enig en wat Hy in elke seisoen van homself aan ons openbaar.
  • Stasie drie – luister na God se Woord laat ons op die teks fokus en daarmee worstel. Dié stasie van die luistersiklus stem ooreen met die sewende geloofsgewoonte “Ons ontmoet God”, wat die Bybel saam met ander wil lees om dit nuut te verstaan.
  • Stasie vier – luister na mekaar. Ons wil hoor wat God vir ander deur die teks gegee het en dit as woord ontvang. Hierdie stasie bevat elemente van die geloofsgewoonte “Ons vertel stories” wat na ons verhaal kyk om mekaar te help om die uniekheid daarvan te ontdek.
  • Stasie vyf – luister na ander en die tye. Hiermee betrek ons diegene wat nie teenwoordig is nie en probeer dink hoe hulle die teks sou hoor. Die geloofsgewoonte “Ons vertel stories” is weer toepaslik. Nog ’n geloofsgewoonte, die van “Ons droom saam” is hier toepaslik. Ons wil mekaar help dink oor watter tipe mense ons wil wees.
  • Stasie ses – luister weer na God se Woord. Nou luister ons nuut na die teks en kyk weer na alle perspektiewe. Raak bewus van hoe die teks jou ruk of troos. Die geloofsgewoonte “Ons ontmoet God” is relevant.
  • Stasie sewe – wat God nou doen. Dink na oor moontlikhede wat God vir jou ontsluit het in die tyd met die luistersiklus. Dink na oor waar jy tans vir God sien werk en waartoe Hy jou roep om betrokke te raak en nuwe geleenthede te ontgin.
  • Stasie agt – antwoord met ons lewe. Ons dink nou aan konkrete moontlikhede oor hoe ons die genade wat God vir ons gegee het kan uitleef of aan ander gee. Hoe kan ons mekaar ondersteun? Op dié punt is drie geloofsgewoontes toepaslik. “Ons droom saam” om duidelikheid te kry oor watter tipe mens ons wil wees. “Ons reik uit” en besluit om by mense in nood betrokke te raak. “Ons maak tyd vir mekaar” en besluit om ons dagboeke, begrotings en horlosies in te stel met wat ons sê ons glo.
3.3 Waardes van die luisterseisoen

Die luistersiklus is gebaseer op die oortuiging dat ’n luisterende kerk volgens vier waardes leef: Leerbaarheid; Vertroue; Deernis; Openheid.

  • Leerbaarheid beklemtoon dat ons nooit alles wat God vir ons wil gee en leer, klaar ontvang en verstaan nie. Dié waarde wil ons aanmoedig tot ’n bereidheid om altyd weer na God te luister en sy Woord ernstig op te neem.
  • Vertroue beklemtoon die noodsaaklikheid van ’n ruimte waarbinne mense mekaar met integriteit kan ontmoet en teenoor mekaar oopmaak. Dit beklemtoon ook ons fundamentele houding teenoor God. Dié waarde wil ons aanmoedig om ’n geloofsgemeenskap van karakter te wees waarbinne mense die lewe met vertroue met mekaar kan deel.
  • Deernis beklemtoon God se onuitspreeklike barmhartigheid en selfprysgawe ter wille van ons. Dié waarde wil ’n lewensbenadering van ontfermende liefde, sorg en barmhartigheid teenoor ander aanmoedig.
  • Openheid beklemtoon die aanvaarding van en oopstelling teenoor ander mense. Dié waarde wil ons aanmoedig om onsself oop te stel vir ander mense en hul uniekheid, asook vir die nood van die breër wêreldgemeenskap. Die waarde van openheid sê dat daar rykdom is in verskeidenheid. Dit moedig ook ontvanklikheid van diversiteit aan.

Hierdie waardes vorm deel van ’n Bybelse wêreldbeeld. Dit vorm ook die basis van ’n Christelike lewenshouding wat help om karakter te ontwikkel. Wanneer die luistersiklus se metode van luisterende lees toegepas word, is dit belangrik om by die verskillende stasies na te dink oor hoe hierdie waardes ter sprake kan kom en waar jou eie karakter nog ontwikkel kan word. Waardes pas by die geloofsgewoonte “Ons droom saam”, waar ons mekaar help om duidelikheid te kry oor watter tipe mense ons wil wees. Die waarde van deernis pas byvoorbeeld by die geloofsgewoonte “Ons reik uit” met sy fokus op betrokkenheid by mense in nood.

Die belangrikheid van waardes in die ontwikkeling van gemeenskapsidentiteit word al hoe meer besef. Die Heartlines Massa Media Projek, wat ’n nasionale debat oor ’n menswaardige samelewing in Suid-Afrika wil stimuleer, gebruik hierdie waardes as uitgangspunt. Hierdie projek fokus op die agt waardes: aanvaarding, verantwoordelikheid, vergifnis, volharding, deernis, eerlikheid, selfbeheer en genade. Tans word die belangrikheid van waardes ook deur die International Transformation Network beklemtoon. Intussen ontwikkel Character Counts SA uitstekende materiaal en verskaf ook opleiding. In die luistersiklus se derde beweging, wat op leef fokus, moet ons ook hierdie breër debat in ons land onthou.

Veranderings aan die Leesrooster

Written by webmeester on . Posted in Argief

* Die Leesrooster vir Lidmate sluit by die NG Kerk se seisoen van luister aan. Dis ’n poging om lidmate te help om ’n metode van luisterende lees te ontwikkel.
* Die redaksie het lesers se terugvoer gebruik om die boek betekenisvol vir persoonlike en groepsgebruik te maak. Ons probeer doelbewus om ’n daaglikse leeshulp te ontwikkel wat ’n verdieping kan teweegbring in die omgang met God en sy Woord. Die onderskeie weke is aan 12 verskillende medewerkers toegeken, wat elkeen sy/haar eie styl het. Dit kan vir sommige mense steurend wees, maar ons glo dit bied afwisseling en vier die diversiteit in die kerk van Christus. Geniet dus elke medewerker se styl en poging om jou te bedien.
* Die Riglyne vir Kategese is weer deel van die Leesrooster vir Lidmate. Ons het wel by Sondag ’n aanpassing gemaak teenoor die vorige jaar. Op Sondae val die klem op stilword en fokus op God. Die riglyn vir kleingroepe of kategese word verskuif na die einde van die week se daaglikse riglyne. Ons dink die aanbieding is dan minder direktief. Mense wat nie vir groepe of kategese voorberei nie kan slegs die daaglikse riglyne gebruik. Bylaag 3 (Die Bybel in die kategese) en Bylaag 4 (Gereformeerde Belydenisskrifte) agter in die boek, kan met vrug in beide klein- en kategese groepe gebruik word.
* Die metode van luisterende lees is ’n belangrike benadering tot Bybellees. Beide groepe en individue kan dit gebruik. Die luistersiklus kan in elke situasie gebruik word, en volgens die situasie aangepas word.
* Die luistersiklus se metode van luisterende lees bied ’n model waarvolgens gelowiges verantwoordelik en gekonsentreerd met die Bybelteks besig is. Hopelik kweek dit ’n vaardigheid wat lesers help om langer met die Bybelteks self te werk en meer vrae te vra oor dieselfde teks.
* Die luistersiklus behandel elke week ’n ander teks. Dit fokus elke dag vanuit ’n ander hoek daarop. Dit ontwikkel die besef dat verskillende perspektiewe op die teks verskillende vrae ontlok, om uiteindelik verskillende insigte en antwoorde te bied. Bylaag 1 agter in die boek bevat ’n artikel oor die vraag hoe ons die Bybel kan lees sodat ons dit beter kan verstaan. Bylaag 3 is ’n artikel oor die Bybel se gebruik in kategese.
* Volgens ons terugvoer wil lesers meer tekste hanteer. Ons het dus plek-plek in die leeshulpe aangedui dat lesers ook die ander RCL-tekste (wat boaan ’n week se riglyne verskyn) kan lees. Ons moedig lesers aan om die ander tekste self te lees, al fokus die leeshulp op ’n spesifieke teks. Gebruik die RCL-tekste vir gebed en stilword aan die begin van ’n sessie, of Dinsdae vir die luister na mekaar as bykomende perspektief uit die Woord. Soms word dit so in die leeshulp aangedui.
* Stilword by en fokus op God is ’n belangrike deel van elke dag se oefening. Soms word die leser gehelp om hom/haar voor te berei op God se teenwoordigheid. Waar daar nie ’n riglyn is nie, kan lesers hul eie praktyke gebruik of ontwikkel. Ons maak maar net voorstelle. Wees gerus kreatief in hoe jy die oefening aanpak.

Die ontstaan en waardes van die Leesrooster

Written by webmeester on . Posted in Argief

Die Leesrooster-projek het in 1995 ontstaan toe ’n groepie leraars uit die VGK en NGK bymekaar gekom het om saam te werk aan ’n ‘handleiding’ wat lidmate kan help om die preek van Sondag uit te leef in die week. Dit was almal leraars wat besluit het om die teksrooster van die Revised Common Lectionary in hul prediking te volg.
Soos wat die projek uitgebrei – en meer mense belanggestel en saamgewerk het -het ons vir ons waardes geformuleer wat as riglyne kon dien vir die werk wat ons saam doen.
Ons gebruik die RCL (Revised Common Lectionary) omdat ons ons lidmate vastigheid wil gee; ’n vastigheid wat in die tradisie van die kerk en ekumene gewortel is. Lees gerus Bylaag 2 agter in die boek vir ’n stukkie geskiedenis oor die RCL.
* Die ontwikkeling van lidmate, predikante, kleingroepe en gemeentes moet gedien word in die:
– skryf / ontwikkelingsproses;
– die tipe boeke wat ons die lig laat sien;
– die boeke se pryse wat so laag moontlik gehou moet word.
– Daar is kopiereg op die konsep van die projek, maar nie op die boeke nie.
– Gemeentes mag kopieë maak vir hulle afkondigingsblad.
* Lees die Bybel binne die ritme van die Kerkjaar-seisoene.
* Hierdie is ’n diensprojek. Medewerkers word daarom nie vergoed vir hulle diens nie.
* Omdat die projek gerig is op bemagtiging van lidmate, predikante, kleingroepe en gemeentes is dit ’n informele proses wat nie formeel gekoppel is aan ’n kerklike kommissie nie.
* Ons doel met hierdie projek is om die vereniging van die NG Kerk, VG Kerk, RCA en NGKA te bevorder. Die Belydenis van Belhar vorm deel van ons belydenisgrondslag. Sien Bylaag 4 agter in die boek vir geskiedenis en raamwerke van die Gereformeerde Belydenisskrifte.