Sertifikaatkursus voltooi!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

certificate graduation2

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing se eerste siklus voltooi!

Certificate

Dit was met groot vreugde dat die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) die instelling van `n Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing aan die begin van 2014 aangekondig het. En op Donderdag 26 Augustus vanjaar het hierdie eerste groep die siklus van 9 kursusse voltooi!

Blaai na onder vir foto’s …

Gelukkige Aftrede

Written by Wilma le Roux on . Posted in Predikante begeleiding, Taakspanne

Communitas bied vanaf 11-13 Oktober 2016 die kursus Gelukkige Aftrede aan by Communitas op Stellenbosch. 

Pension next exit

 

Die program is daarop gerig om jou verstaan van aftrede teen die agtergrond van jou geloofservaring te verdiep.

  • Deon Bruwer kyk na die voorbereiding vir aftrede op ‘n persoonlike en emosionele vlak.
  • Die program kyk ook na jou unieke persoonlikheidsamestelling vir jou persoonlike program vir die bestuur van jou unieke aftredeplan
  • Kenny Raats deel op die laaste dag sy praktiese ervaring uit die Pensioenkantoor oor aftreeprodukte, belasting implikasies, slaggate om te vermy en belangrike beleggingskeuses wat betyds gedoen behoort te word.

Kontak Adrienne vir meer in ligting oor die kursus.
Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: Aftrede

Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit Pension next exit

Communitas-samesyn

Written by Wilma le Roux on . Posted in Argief, Communitas Inligting, Ekklesia, Personeel, Taakspanne

Op Maandag 11 Julie toe die meeste van Communitas se personeel weer terug op kantoor was na ‘n lekker winterbreek, het die dames besluit om pannekoek te bak in die boonste kombuis en almal  in die gebou te nooi om te kom saamkuier  met lekker koffie en pannekoek. (Eintlik het Adrienne en Mathilda al die werk gedoen!) Amanda was so gaaf om ‘n yslike kaaskoek te organiseer, en skielik was daar ‘n fees waar twee nuwelinge verwelkom is (Pieter van der Walt wat op 1 Augustus as PSD:Navorsing aansluit en Isabelle Murray wat op 1 Junie begin het as Argiefbeampte); twee verjaarsdae gevier is (Amanda van Niekerk, 26 Junie en Peter Adams, 30 Junie) en die personeel van Communitas se verskillende afdelings saam met dié van Ekklesia, die Seminarium en die Argief kon kuier en mekaar beter leer ken, en sommer net die nuwe kwartaal en die lewe vier!
Hier onder is ‘n paar foto’s om dit uit te beeld: (kliek op Continue Reading) – elke foto se byskrif verskyn bokant die foto.

Nuwe Pelgrimstap (Vervolg)

Written by Wilma le Roux on . Posted in Communitas Inligting, Gemeentebegeleiding, Nuus, Predikante begeleiding, Taakspanne

Pelgrimstap deel 2 voltooi

pilgrim

Frederick skryf die volgende vanaf Genadendal:

Ons het giateraand in Genadendal aangekom na vier dae wat ons deur die mooiste dele denkbaar gestap het en buiten die eerste dag byna perfekte weer gehad het. Langs die pad het ‘n verskeidenheid van gemeentes ons baie hartlik verwelkom en hulle verhale vir ons vertel. Die verhale van die Rhynse Kerk, Moederkerk, Pniel Congregational kerk en slawemuseum, die Hugenote by Franschhoek, Villiersdorp en die verhaal van die Graaf-familie en uiteindelik die Morawiërs se verhaal by Genadendal, het ons verryk en hoop gegee.

Ons is oral met gasvryheid ontvang en het potensiële vennote van die Pelgrimstog ontmoet. Ons het die daaglikse ritme die Keltiese gebedeboek gevolg en het langs die pad diep geestelike gesprekke gehad oor onsself en ons land en haar mense. As pelgrim beweeg  jy stadig deur die armste dele van die dorpe en het jy spontane gesprekke met arbeiders en werkloses, wat ook maar dikwels te voet is.

Die ure op die pad is heilsaam vir jou siel. Die ritme van die stap maak jou gedagtes oop en ontvanklik. Die skoonheid van die skepping van ‘n panoramiese uitsig bo uit die berge tot die jangroentjie wat nektar oes in ‘n blom hier reg voor jou, herstel die goedheid van God se bedoeling met die skepping in jou.

Dankie vir Neels en Louise Jackson wat die hele pad saamgestap en, het Gielie wat twee dae saam gestap het.

Ons Pelgrimstog sal nou eersdaagse gestap kan word van Stellenbosch via Pniel, Franschhoek, Villiersdorp, Genadendal, Volmoed, Hermansus, Gansbaai, Baardskeerdersbos, Elim, tot by Agulhas en die Suidpunt van Afrika

Baie dankie aan almal wat die pelgrims ondersteun het met boodskappe en gebed.

Ons gee ook met dankbaarheid erkenning aan Neels en Louise Jackson vir die pragtige foto’s waarmee hulle ons gehelp het om in die gees saam te stap.

Hier onder is ‘n verdere fotobeeld van Dag 3 en 4 se roetes (Kliek op Continue Reading):